Welkom by Gesonde Seks!
Ek glo dat Gesonde Seks bevorder gesonde huwelike en vir te lank is die onderwerp van seksualiteit ’n taboe onderwerp om oor te praat, veral onder Christene. My passie en bediening is juis om die sensuele, passie, seksuele kennis en erotika terug te bring in die konteks van Gesonde Seks. Vir baie mense is dit moeilik om die ‘gesondheid’ daarvan raak te sien en voel asof dit persies die teenoorgestelde is van wat God bedoel het met intimiteit.
Het jy geweet dat in die Bybel is daar net een boek wat eksklusief oor net een onderwerp handel? Hooglied, is van voor tot agter deurweek met die sensuele, passie, seksuele en erotika. Met ander woorde Gesonde Seks.
Onthou Gesonde Seks is nie ’n bestemming wat jy kan bereik nie, maar eerder die gesindheid waarmee jy die wedloop van jou seksuele lewe hardloop.
Nuutste Artikels

David - Is jy skaam omdat jy kinky is? David - Is jy skaam omdat jy kinky is? “Terwyl die ark die Dawidstad ingekom het, het Saul se dogter Mikal deur die venster afgekyk. Sy het koning Dawid...

Josef - Versoeking by die werksplek JOSEF - Versoeking by die werksplek “Na sy bevordering in sy eienaar se huis het dié se vrou na Josef gekyk en vir hom gesê: "Kom slaap by my.” - Genesis...

