Besprekings

Seks is ʼn onderwerp wat heeltemal te lank geïgnoreer was en baie mense het die persepsie dat seks vuil, sleg en lelik is. Die boodskap wat ek wil oorbring is dat seks ʼn wonderlike deel uitmaak van God se plan met die huwelik en dat daar niks is wat ons nie oor kan praat nie. Ek spreek enige ouderdomsgroep toe en bedien elkeen op sy eie vlak. Bespreek my gerus vir jou volgende huweliksverrykingseminaar, voorligtingsessie, kerkdiens of selgroep!

E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Sel: 082 565 7373

Bank besonderhede

Bank: ABSA
Rekening naam: Gesonde Seks
Tipe rekening: Tjek
Rekening nommer: 406 825 2287
Takkode: 632005

Berading

My spreekkamer is in Pretoria en om in te kom vir so paar sessies bly die beste vorm van berading. Die eerste sessie is altyd 'n dubbel sessie (1h30) wat R500 beloop en daarna enige enkel sessies is R250. My berading ure is gewone werksure. Jy kan 'n afspraak maak deur om vir my te skakel of 'n e-pos te stuur.

Adres: 698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria


Berading vir paartjies
Huweliksberading is niks nuuts nie en is tot baie mense se voordeel. Daar is honderde selfhelp boeke oor die huwelik. Waarop ek in my berading sessies egter fokus is die seksualiteit van die paartjie. Seksualiteit is 'n area van die huwelik wat nog nie baie oor 'positief' gepraat en geskryf van is nie, maar speel tog so 'n sleutel rol in enige gesonde huwelik. Ek help paartjies om weer die passie tussen mekaar te vind wat eens op 'n tyd wit warm gebrand het. Ek help ook baie paartjies om mekaar se seksualiteit te verstaan en ruimte te maak daarvoor.


Individuele berading
Ons vergeet soms dat die "ons" in elke huwelik bestaan uit "ek" en "jy". Soms is die fokus te sterk om die "ons" te red dat ons nalaat om na "jou" te kyk. 'n Huwelik is so sterk soos wat die individue daarin gesond is. Om 'n gesonde seksuele individuele identiteit te ontwikkel is van kardinale belang voordat jy 'n goeie huweliksmaat kan wees. Na een of twee sessies met 'n paartjie sal ek baie maal aanbeveel om eers die "ons" berading eenkant toe te skuif sodat ons vir die volgende paar sessies net kan fokus op die "ek" en "jy".


Berading via Skype
Moenie bekommer as jy berading verlang, maar nie in die Pretoria area woon nie. Danksy die digitale tegnologie is daar verskeie maniere beskikbaar om jou te help. Berading via Skype werk presies soos enige normale berading sou, behalwe dat jy by jou huis is en ek by my kantoor en ons al twee sit voor die rekenaar. Die betaling en ure is presies dieselfde as normale berading. Al wat jy moet doen vir berading via Skype is om dit te spesifiseer in jou email en my te add op jou Skype. My Skype naam is Timothy.Kieswetter


E-pos berading
E-Pos berading is meer kort termyn, waar jy net ietsie vinnigs wil uitsorteer of dalk te skaam is om van aangesig tot aangesig te gesels. E-Pos berading bestaan uit ten minste 3 E-posse wat ek vir jou stuur en beloop teen R75 per e-pos.


Telefoniese berading
Telefoon berading is vir die mense wat nie toegang het tot 'n rekenaar nie, maar wat steeds hulp verlang. Een telefoon sessie is slegs 30min lank en kos R200. Jy kan 'n telefoniese afspraak reël met my deur om my kantore te skakel by 086 111 2329.


Groep sessies
Soms is dit makliker om advies te ontvang as dit nie spesifiek tot jou gerug is nie. Stuur vir my 'n e-pos as jy belangstel om deel te neem aan een van my volgende groep sessies asook watse onderwerp jy in belangstel. As jy genoeg vriende en familie het om jou eie groepe op te maak, sal ek uitkom en julle kom bedien in meer van 'n selgroep opset.

E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Sel: 082 565 7373