Timothy Kieswetter is 'n Bybel- en seksualiteitskenner. Na skool het hy teologie gestudeer en was 'n jeug-pastoor by 'n gemeente in Johannesburg. Hy het ook 'n hele paar jaar daarna interkerklik bedien. Hy is tans besig met sy meestersgraad in seksuologie aan die Akademie vir Seksuologie van Suid-Afrika. Hy is 'n gereelde skrywer vir Intiem-tydskrif asook spreker oor die onderwerp van gesonde seksualiteit. Hy is reeds vir 9 jaar gelukkig getroud met Janet. Saam het hulle twee pragtige dogtertjies, Janéy en Ilani.
Getuienisse
"Ek en my vrou het nog altyd 'n wonderlike huwelik gehad, maar nadat ons albei deelneem aan die gesprekke op die Gesonde Seks Facebookblad het dinge net verbeter en is ons nader aanmekaar as ooit tevore. Ons kry mekaar op die Facebookblad en praat dan elke dag oor die sake wat daar bespreek word.
– Jacques Botha, Pretoria.
"Timothy Kieswetter is hier besig met baanbrekerswerk. Deur die fisiese, emosionele en godsdienstige aspekte van seksualiteit suksesvol te kombineer in 'n gesonde geheel."
- Elmari Craig – Skrywer van Die A-Z van Seks
"Timothy is iemand wat dit oor bestaande grense van beperkings waag. Wat Adam my van seks geleer het, is 'n openbaring van God se plan met ons seksualiteit. Wat voorheen as vooropgestelde taboes beskou is, word 'n deur tot 'n nuwe vars en spontane verhouding met God en jou huweliksmaat. Dit gee jou vrymoedigheid om jou seksualiteit sonder skuld en skaamte te kan uitleef.
"As Timothy se ouers, erken ons sy passie vir mense en dat hy die volledige mens; gees, siel en liggaam wil verryk om sodoende bestaande verhoudings en families te versterk. Knap gedaan Timothy! Ek weet hierdie boek gaan almal wat dit lees baie seën.
- Gary en Rhona Kieswetter, Bedieningsegpaar
Wat ek alles aanbied
Omdat elke mens se seksualiteit uniek en kompleks is, is daar nie een antwoord vir almal nie. Sekere biologiese, psigologiese, en godsdienstige redes word jou eie unieke seksuele bloudruk gevorm wat jou die unieke mens maak wat jy is. Met Gesonde Seks praat ek met elke mens op sy vlak – of jy nou konserwatief of oopkop is oor die tipe van goed is. Dit maak nie saak wie jy is nie, God het jou as 'n seksuele wese geskape met die doel dat seksualiteit vir jou 'n seëninge sal wees en nie 'n straf nie.
Hier is 'n paar van my dienste:
- Praatjies oor seksualiteit met enige groep en van enige ouderdom - Berading vir paartjies en individue - Vraag en Antwoord op my Facebookblad - Webjoernaal-inskrywings oor aktuele seksuele sake - Wit warm wenke en gesonde seks huiswerk op my Facebookblad