|
Gesonde Seks MentorskapBelê in jou verhouding met 'n e-pos per week
Kliek hier om in jou verhouding te begin belê. Wat is Gesonde Seks mentorskap? As jy Gesonde Seks op Facebook of Youtube volg, gaan jy liries wees oor ons nuwe Gesonde Seks mentorskap-program. Dit maak nie saak in watse stadium van jou huwelik jy is nie, die mentorskap-program is daar om advies en ondersteuning te verleuen in alle areas van jou huwelik. Word deel van Gesonde Seks mentorskap en ontvang elke week ʼn epos wat gekoppel is aan 'n kursus van jou keuse. Daar is 'n reeks kursusse waarvan jy kan kies en elkeen is geskryf om jou in 'n spesifieke area van seksualiteit te help. Hetsy dit is om ʼn knaende probleem op te los, jou nuwe tegnieke te leer om van jou 'n seks-godin te maak of jou huwelik te versterk.
Vir wie is die Gesonde Seks Mentorskap? Hierdie is nie ʼn mentorskap-program slegs vir paartjies met probleme of uitdagings nie, maar vir elkeen wat 'n begeerte het om in sy/haar huwelik te belê. ʼn Kursus strek gewoonlik oor twee weke of 'n maand en jy kan elke keer 'n nuwe kursus uit ons verskeidenheid kies. Nadat jy ʼn kursus gekies het, ontvang jy elke week ʼn nuwe les per e-pos. Dit bevat praktiese oefeninge en riglyne wat die Gesonde Seks-teorie maklik in 'n Gesonde Seks-huwelik sal omskep.
Wat is die kostes? Vir slegs R100 p.m word jy aktief deel van ons Gesonde Seks mentorskap-program. Elke week ontvang jy 'n les per e-pos en aan die einde van die kursus sal jy die opsie hê om jou volgende kursus te kies. Daar word elke maand 'n nuwe kursus bekendgestel en daar sal dus nooit 'n tekort aan Gesonde Seks advies wees nie! Die kursusse wissel van geestelike onderwerpe tot suiwer seksuologies temas. Daar is iets vir die persoon wat nog skugter is oor sy/haar seksualiteit asook iets vir die waaghalsige avontuurlustiges!
Gesonde Seks Mentorskap e-pos kursusse tans beskikbaar:
|



