Die A-Z van Seksvoorligting (Webinar 29 Jan 2020)

HOE EN WAT OM JOU KIND VAN SEKS TE LEER

Die blommetjies en bytjies was nog altyd ‘n moeilike en ongemaklike onderwerp vir mammas en pappas om met hulle onskuldige engeltjies oor te praat. Maar nou dat die regering dit in die skool kurrikulum gaan sit, los dit baie met angs en meer vrae as antwoorde.
 
My naam is Timothy Kieswetter, die stigter van die Gesonde Seks Facebook blad, en seks terapeut en komediant. Ek nooi jou om saam met my die slaggate van seks voorligting te vermei en jou kinders toe te rus met die nodige gesonde seksuele kennis, informasie en gesindheid.
 
In hierdie LIVE Webinar (Webshow) gaan ek jou die nodige toerusting gee hoe om hierdie nuwe skool kurikkulum voor te spring en jou kinders die nodige seksuele IQ te gee wat hulle nodig het, om enige iets wat hulle daar buite mag vind, te kan gesond hanteer.
 
In hierdie LIVE Webinar gaan ek jou vertel presies WAT en HOE om jou kind te leer oor seks. Ons gaan gesels oor wat is die regte ouderom om mee te begin. Watse feite om uit te los en hoekom is dit belangrik om wel hierdie gesprek met jou kinders te hê.

Omdat dit ‘n LIVE Webinar gaan wees, gaan jy ook die geleentheid kry om LIVE jou anoniem vrae te vra, wat ek dan dadelik sal kan beantwoord.
As jy nie die LIVE uitsending sal kan bywoon nie, of gemis het, sal jy altyd die replay van die LIVE webshow kan kyk. (Jy gaan net nie jou vrae kan vra nie, so maak seker jy neem deel aan die LIVE uitsending.)

29 Januarie | 21:00
Kostes R69

Webinar kan LIVE gevolg word op jou foon of rekenaar.

As jy klaar jou R69 betaal het, sal jy outomaties geneem word na die webinar registrasie blad. Sien jou die 29ste Januarie om 21:00 op die internet.

Pay