Besprekings

Bespreek Timothy Kieswetter vir jou volgende byeenkoms.

Timothy Kieswetter is ‘n komediant met ‘n Meestersgraad in Seksuologie en eks-pastoor, maar steeds ‘n Christen :)

Hierdie drie aspekte (geloof, seksualiteit en humor) vorm die basis van al Timothy se vertonings. Jy gaan skaterlag en steeds huis toe stap en voel jy het iets geleer asook sommer gratis berading ontvang het. Alles terwyl jou moraliteit en geestelike waardes mooi in plek kan bly.

Seks kan maklik onder die belt en volger word, maar met teologie en seksuologie as agtergrond, navigeer Timothy meesterlik die taboe onderwerp van Gesonde Seks.

Hy is ‘n uitstekende keuse om enige van jou funksies onvergeetbaar te maak.

 

Luister net wat ‘n paar mense van sy vorige vertonings geskryf het:

“Ek het jou show baie insiggewend, leersaam en entertaining gevind”

“Ek kan ook net sê die oog-tot-lyf tip WERK.... Manlief wou weet watter drugs jul uitgedeel het by die show!”

 

Waarvoor kan jy Timothy alles voor bespreek:

LADIES NIGHT (kan ook as ‘n dames oggend werk) is ‘n reeks wat spesiaal ontwerp is vir getroude asook enkel vrouens om hulle eie selfbeeld, seksualiteit en selfwaarde beter te verstaan, aanvaar en te bestuur.

Hierdie is ook almal DressUP partytjies elkeen met sy eie tema, waarby die beste uitrusting op die aand DVD’s en Boeke wen.

 

COUPLES DATE-NIGHT (kan ook as ‘n paartjie-ontbyt werk) is ‘n lekker geleentheid vir man en vrou om die kinders by die huis te los en ‘n aand uit te geniet, terwyl hulle lekker saam lag asook leer oor hoe om hulle liefde vir mekaar wit warm te hou.

 

CORPORATE is Timothy se Engelse reeks van standup comedy wat baie goed werk vir enige jaar eindjaarfunksie of enige corporate shindig.

 

BACHELORETTE PARTYTJIES is Timothy se manier om die gesonde “fun” terug te bring tot Bachelorette partytjies. In hierdie fun show, gaan die bruid met volle vertroue in haar huwelik en huweliksaand kan instap.

 

 

VOL TEATER SHOWS is Timothy se premier shows wat elk 2ure lank is en op die planke van elke teater in die land hoort. Hier aand uit bied vir COUPLES ‘n geleentheid om op te dress, mooi te maak, en ‘n wêreldklas teater komedie te geniet.

 

Vul in die vorm hier onder om 'n kwotasie aan te vra.

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Sel: 082 565 7373

Kontak informasie en meer info oor die bespreking.

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top