Artikels

Wees die CEO van Jou Huwelik

Registeer hier en kry vinnig toegang na die GRATIS ebook "Wees die CEO in Jou Huwelik"

Ons almal smag na ʼn Happy Ever After-huwelik, ’n huwelik waar jy en jou geliefde hand aan hand die toekoms ingaan, met niks wat julle van mekaar kan wegskeur nie.
Maar dit is geen geheim dat hierdie Happy Ever After-huwelik nie so algemeen is soos Walt Disney dit kommunikeer nie en dat gesonde seks nie so algemeen is soos Hollywood dit vertolk nie.

  • Verhoudings is moeilik.
  • Verhoudings is ingewikkeld.
  • Verhoudings is kompleks.
  • Verhoudings is uniek.
  • Verhoudings is wat die deelnemers daarvan maak.

Geen gesonde huwelik of vervulde sekslewe gebeur sommer vanself nie!
Selfs die verliefdheidsgevoel heel in die begin was nie vanself nie. Verliefdheid is meer as net onstabiele random chemistry wat tussen twee vreemdelinge plaasvind. Die verliefdheidsgevoel is jou liggaam se manier om aan jou te kommunikeer dat hier moontlik iemand is wat vir jou goed sal wees, jou gelukkig sal maak, iemand met wie jy saam oud kan word.
Dit is soos die voorskou van ’n film; dit gee jou ʼn indruk van moontlike geluk, maar wanneer die film nie uitdraai soos die voorskou belowe het nie, voel mens gekul en soek jy jou ‘geld’ terug. Baie mense voel so in hulle huwelik; gekul.
Hulle vra hulleself:

  • Waar is die verliefdheidsgevoel?
  • Waar is die beter lewe wat aan my belowe is?
  • Waar is die fantastiese seks wat in my oor gefluister was?
  • Waar is my Happy Ever After?

ʼn Gesonde Huwelik en ʼn vervulde sekslewe verg konstante aandag. Dit is iets wat jy nie net kan los en hoop dit gaan vanself gebeur nie. ’n Gesonde huwelik beteken beide eggenote moet aanhoudend daarin belê en dit saam evalueer om te sien waar jul kan verbeter.
In hierdie GRATIS e-boek wys ek julle hoe om julle huwelik weer op koers te kry na “Happy Ever After” deur om julle praktiese stappe en beginsels te leer hoe julle jul eie; CEO, HUWELIKSBERADER, LIFECOACH, SEKSUOLOOG EN MENTOR vir julle huwelik te wees.

Registeer hier en kry vinnig toegang na die GRATIS ebook" Wees die CEO in Jou Huwelik"

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top