Tantric Seks


Baie Christene raak baie ongemaklik wanneer ons blootgestel word aan iets nuuts en vreemds. Daarom wil ek van die begin af jou te rus stel dat ek niks hier op Gesonde Seks vir jou sal bekend maak wat met die Woord bots nie. In die komende weke sal ons die wonders van Tantric Seks ontdek binne in ʼn Christelike konteks.

Baie paartjies vind dit moeilik om intiem te wees sonder om seks te hê. Ek het so rukkie gelede ‘n Gesonde Seks uitdaging gestel om naak in mekaar se arms op te krul en net mekaar vas te hou en met mekaar te gesels. Geen seks of funny business nie.

Baie het dit moeilik vind, want ons is so gekondisioneer om seks te hê dat ons sukkel om intiem te wees. Maar hierdie is ʼn patroon wat ons moet breek en vinnig. Antwoord hierdie vir my. As ons intimiteit kan meet, hoe baie daarvan sal ʼn 5 minute pomp sessie vir jou gee teenoor ʼn 30 minute naak in mekaar se arms lê?

Ek dink ons is al so blootgestel aan casual seks en van Gesonde Seks kennis ontneem, dat seks selfs in ʼn liefdevolle verhouding baie casual is en lae intieme waarde in hou vir ons.

Gesonde Seks maak ruimte vir die af en toe 5 minuut quickie, maar slegs binne ʼn intieme verhouding. Sonder hierdie intieme verhouding sal daar altyd een persoon wees wat soos ʼn gebruikte seks objek voel. Na ʼn rukkie voel die gebruikte seks objek niks meer nie. Seks het casual geword. Seks het leeg geword. Seks het sy prioriteit verloor. Seks het sy genot verloor. Seks het sy krag verloor.

Nee, seks het nog nooit sy waarde verloor nie.

Want jy het net nog nooit ware seks, Gesonde Seks, beoefen nie. As jy graag aan die intimiteit van jou sekslewe wil werk, wil ek dit sterk aanraai dat jy in skryf vir ons Gesonde Seks Mentorskap program en begin met ons nuutste e-pos kursus, getitel: “Tantric Seks 101”

Waarna kan jy uitsien:
Les 1 - Wat is Tantric Seks en mag 'n Christen dit doen?
Les 2 - Die basiese beginsels van Tantric Seks
Les 3 - Ontdek mekaar se erotiese plekke
Les 4 - Voorspel op steriods
Les 5 - Seksuele Intiemiteit
Les 6 - Tantric Seks Posisies

Getuienisse

Watse impak het die Gesonde Seks Mentorskap e-Kursusse al op julle huwelik gehad?

“Dit het 'n baie groot impak gemaak, veral omdat my man met PE sukkel. Ons doen elke aand die oefening. Ons het ook geleer van watse soene elkeen hou en wat werk. Baie dankie” – Anoniem van Gauteng

“Verbetering in intimiteit asook n langer saam wees tydens seks” – Anoniem van Kaapstad

“Om oop te wees met mekaar en as iets pla praat daar oor moet dit nie in hou nie.” - Anoniem van Bloemfontein

“Verstaan mekaar se behoeftes beter. Ondersteun mekaar meer.” – Anoniem van Pretoria

“Ek het baie gesukkel met jaloesie en selfbeeld. Daar was n spesifieke les wat dit aangespreek het wat my baie gehelp het.” – Anoniem van Klerksdorp

“Beter orgasmes en lekkerder penetrasie” – Anoniem van Natal

“Ek as vrou sal nie meer so preuts wees nie, meer dinge probeer” – Anoniem van Pietersburg

“Ek voel dat dit reeds n inpak gemaak het, en dat ek wel squirting bemeester en dit nooit besef het nie. Ons werk nou aan veelvuldige orgasmes vir ons albei. Ons geniet ons seks lewe en deel graag met mekaar oor alle aspekte van genot wat ons beleef. Gelukkig is beide ek en my man baie lief en groot aanhangers van gesonde seks en die erotiese opkikkering. Lank lewe gesonde seks vir jonk en oud. Baie dankie” – Anoniem van Johannesburg

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top