God het seks gemaak en gesê dit is goed!


Toe jy die titel lees, het jy moontlik gedink, “Ja, ek twyfel nie dat God seks gemaak het nie,” maar hoekom sukkel sekere mense om dit te geniet? Wat keer mense om hulle seksualiteit te geniet sonder om skuldig daaroor te voel? In dié kursus gaan ons kyk na huidige denkpatrone wat jou opinie van seks gevorm het. Hoekom glo sommige mense dat God nie van seks hou nie?

Jy gaan leer wat om te doen as die verkeerde vorm van seksualiteit (seksuele misbruik) jou seergemaak het.

Hoe om genesing te ontvang en herstel te beleef in die area van seksualiteit.

Maak gereed vir ʼn Bybelstudie wat as jy wil uitvind wat God van seks dink, moet jy Sy boek lees!

Die eerste e-pos sal binnekort in jou inbox wees!

Waarna kan jy uitsien:
· Les 1 - Wat het hulle jou van seks geleer?
· Les 2 - As seks jou seer gemaak het
· Les 3 - God se doel met seks
· Les 4 - God het jou liggaam vir seks gebou

Getuienisse

Watse impak het die Gesonde Seks Mentorskap e-Kursusse al op julle huwelik gehad?

“Dit het 'n baie groot impak gemaak, veral omdat my man met PE sukkel. Ons doen elke aand die oefening. Ons het ook geleer van watse soene elkeen hou en wat werk. Baie dankie” – Anoniem van Gauteng

“Verbetering in intimiteit asook n langer saam wees tydens seks” – Anoniem van Kaapstad

“Om oop te wees met mekaar en as iets pla praat daar oor moet dit nie in hou nie.” - Anoniem van Bloemfontein

“Verstaan mekaar se behoeftes beter. Ondersteun mekaar meer.” – Anoniem van Pretoria

“Ek het baie gesukkel met jaloesie en selfbeeld. Daar was n spesifieke les wat dit aangespreek het wat my baie gehelp het.” – Anoniem van Klerksdorp

“Beter orgasmes en lekkerder penetrasie” – Anoniem van Natal

“Ek as vrou sal nie meer so preuts wees nie, meer dinge probeer” – Anoniem van Pietersburg

“Ek voel dat dit reeds n inpak gemaak het, en dat ek wel squirting bemeester en dit nooit besef het nie. Ons werk nou aan veelvuldige orgasmes vir ons albei. Ons geniet ons seks lewe en deel graag met mekaar oor alle aspekte van genot wat ons beleef. Gelukkig is beide ek en my man baie lief en groot aanhangers van gesonde seks en die erotiese opkikkering. Lank lewe gesonde seks vir jonk en oud. Baie dankie” – Anoniem van Johannesburg

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top