Style en voorkoms


Sjuut . . . luister . . . jou klere praat met jou! Wat sê jou kleredrag van jou?

Elke dag word ons geoordeel op die wyse waarop ons aantrek. Party van ons mag dalk introverties wees, maar ons kleredrag praat aanhoudend en hard oor wie ons is, hoe ons oor onsself voel, ons waardes en ons doel.

Ons leef in ʼn wêreld waar ons jaag teen nekbreektempo, alewig op die uitkyk vir slaggate in ons lewenspad. Die eindresultaat is dat ons geleer het om te steun op stereotipes om onmiddellike oordeel te fel. Dit maak ons voorkoms belangriker as ooit tevore. Vandag is daar geleenthede om eerste indrukke te laat werk en daar is ook geleenthede waar eerste indrukke mens faal. Die tipe klere wat jy aantrek, hoe jy dit bymekaarsit en in watter kondisie dit is, vertel meer van jouself as wat jy gedink het!

Dit is baie interessant om ondersoek in te stel oor hoekom ons klere dra en watter inpak dit op ons lewens het en op die mense met wie ons in aanraking kom. Daar is baie redes hoekom ons klere dra: om ons naaktheid te bedek, beskerming, stylering, status en rolverdeling. Hoe ons lyk, het ʼn direkte uitwerking op hoe ons dink, voel en optree. Dit beïnvloed ook wat ander mense oor ons dink, voel en teenoor ons optree.

Ons voorkoms bepaal sê iets van ons persoonlikheid, selfbeeld, sosiale en finansiële status, morele waardes en waardesisteem. Nog belangrike faktore om in ag te neem is lyftaal, afronding en gedrag. Met die eerste indrukke maak ons besluite: hou ek van die persoon, vertrou ek die persoon, wil ek met die persoon besigheid doen of wil ek vriende wees met die persoon. Wanneer jy aantrek volgens jou persoonlikheid, doelwit en sosiale status, gaan jy vind dat jy makliker aanvaar word.

In hierdie kursus gaan ons jou figuurtipe ontleed en idees kry watter klerestyl die beste by jou figuurtipe gaan pas.

 

Waarna kan jy uitsien:
Les 1 - Die verskillende figuurtipes en gesigvorms (mans en vrouens)
Les 2 - Die manlike en vroulike vraestel
Les 3 - Voorkom, en stilering wenke
Les 4 - Klerekasbeplanning

Getuienisse

Watse impak het die Gesonde Seks Mentorskap e-Kursusse al op julle huwelik gehad?

“Dit het 'n baie groot impak gemaak, veral omdat my man met PE sukkel. Ons doen elke aand die oefening. Ons het ook geleer van watse soene elkeen hou en wat werk. Baie dankie” – Anoniem van Gauteng

“Verbetering in intimiteit asook n langer saam wees tydens seks” – Anoniem van Kaapstad

“Om oop te wees met mekaar en as iets pla praat daar oor moet dit nie in hou nie.” - Anoniem van Bloemfontein

“Verstaan mekaar se behoeftes beter. Ondersteun mekaar meer.” – Anoniem van Pretoria

“Ek het baie gesukkel met jaloesie en selfbeeld. Daar was n spesifieke les wat dit aangespreek het wat my baie gehelp het.” – Anoniem van Klerksdorp

“Beter orgasmes en lekkerder penetrasie” – Anoniem van Natal

“Ek as vrou sal nie meer so preuts wees nie, meer dinge probeer” – Anoniem van Pietersburg

“Ek voel dat dit reeds n inpak gemaak het, en dat ek wel squirting bemeester en dit nooit besef het nie. Ons werk nou aan veelvuldige orgasmes vir ons albei. Ons geniet ons seks lewe en deel graag met mekaar oor alle aspekte van genot wat ons beleef. Gelukkig is beide ek en my man baie lief en groot aanhangers van gesonde seks en die erotiese opkikkering. Lank lewe gesonde seks vir jonk en oud. Baie dankie” – Anoniem van Johannesburg

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top