Affair-proof jou huwelik

Hierdie kursus is ʼn gevorderde kursus en ons beveel dit slegs aan vir paartjies wat al lank saam is en nie sku is oor hul seksualiteit nie. Die standpunte wat ons hier met julle gaan deel is radikaal en nuut. Dit gaan goeie kommunikasie vereis en julle beslis uitdaag!

Ons stel voor dat jy eers die kursus, Leer hoe om beter te kommunikeer, voltooi  voordat jy hierdie een aandurf.

Tydens hierdie kursus moet julle gereed wees vir intense gesprekke! Om ʼn huwelik affair-proof te maak is beslis nie kinderspeletjies nie! Hierdie kursus gaan jou leer hoe om met oop oë deur seksuele versoekings te gaan sodat jy nie eendag nadat jy alles verloor het sal terugkyk en sê: “Dit het net gebeur, ek kon nie myself keer nie.”

Waarna kan jy uitsien:
Les 1 - Mites in die huwelik
Les 2 - Verstaan jou maat se seksualiteit
Les 3 - Belangrike seksuele waarhede wat jy moet aanvaar
Les 4 - Bestuur jou seksualiteit en jou huwelik

 

Getuienisse

Watse impak het die Gesonde Seks Mentorskap e-Kursusse al op julle huwelik gehad?

“Dit het 'n baie groot impak gemaak, veral omdat my man met PE sukkel. Ons doen elke aand die oefening. Ons het ook geleer van watse soene elkeen hou en wat werk. Baie dankie” – Anoniem van Gauteng

“Verbetering in intimiteit asook n langer saam wees tydens seks” – Anoniem van Kaapstad

“Om oop te wees met mekaar en as iets pla praat daar oor moet dit nie in hou nie.” - Anoniem van Bloemfontein

“Verstaan mekaar se behoeftes beter. Ondersteun mekaar meer.” – Anoniem van Pretoria

“Ek het baie gesukkel met jaloesie en selfbeeld. Daar was n spesifieke les wat dit aangespreek het wat my baie gehelp het.” – Anoniem van Klerksdorp

“Beter orgasmes en lekkerder penetrasie” – Anoniem van Natal

“Ek as vrou sal nie meer so preuts wees nie, meer dinge probeer” – Anoniem van Pietersburg

“Ek voel dat dit reeds n inpak gemaak het, en dat ek wel squirting bemeester en dit nooit besef het nie. Ons werk nou aan veelvuldige orgasmes vir ons albei. Ons geniet ons seks lewe en deel graag met mekaar oor alle aspekte van genot wat ons beleef. Gelukkig is beide ek en my man baie lief en groot aanhangers van gesonde seks en die erotiese opkikkering. Lank lewe gesonde seks vir jonk en oud. Baie dankie” – Anoniem van Johannesburg

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top