Seks na swangerskap
Baie vrouens sukkel met hul libido nadat hulle geboorte geskenk het. Daar is soveel faktore wat moontlik verantwoordelik kan wees vir die verlies aan libido. In hierdie kursus bespreek Janet Kieswetter fisiese, emosionele en sielkundige redes daarvoor. Daar is ook natuurlik die nuwe pienkvoet wat 'n vrou uitput en al haar tyd opneem. Hierdie kursus bevat praktiese raad hoe om die baba uit die slaapkamer te skuif tot wanneer om tyd te maak vir liefdemaak as die kleinding eers gebore is. Timothy Kieswetter verduidelik hoe 'n man voel oor die nuwe rol van sy vrou as ma en hoe om nie die sexy vrou waarmee jy getrou het tussen al die vuil doeke te verloor nie!
Waarna kan jy uitsien:
Les 1 - Kry weer jou libido terug
Les 2 - Kry weer jou lewe terug
Les 3 - Ma-wees en sexy-wees
Les 4 - Waar kry ek nog tyd vir seks