Van Seuntjie tot Man in jou Huwelik

Die hartseer ding oor hierdie onderwerp is dat ek nie eers mense hoef te oortuig dat daar ʼn neiging en ’n probleem in ons gemeenskap is rakende mans wat nog soos seuntjies optree. Hierdie “seuntjies” is nog selfsugtig, eiesinnig, boelies, jaloers, oorsensitief hulle wil steeds net partytjie, drink en so min as moontlik verantwoordelikheid aanvaar.

Die probleem lê nie daarin om al hierdie dinge te doen nie, maar elke ding het sy plek en sy tyd. Die probleem is dat wanneer die man trou, kinders kry, oortyd begin werk, verantwoordelikheid moet neem vir rekeninge en pensioenplanne; begin die seuntjie in hom terugbaklei en wil hy eerder net speel.

Dit forseer gewoonlik die vrou om meer in die “ouer” rol vir die gesin in te beweeg. Nou kan die seuntjie-man terugsit, sy sport kyk, met pelle kuier en doen wat hy wil terwyl sy mamma-vrou alles agter hom skoonmaak en vir hom aandra. En natuurlik moet sy ook seks verskaf wanneer hy daarvoor lus het.

Hierdie seuntjie-man en mamma-vrou verhouding is ʼn doodloopstraat wat nie net julle huwelik gaan beëindig nie, maar ook julle menswees sal vernietig. Ek glo dat die meerderheid van die mans wat sukkel met die seuntjie in hulle nie hierdie dinge aspris doen nie, maar net nie weet hoe om hierdie seuntjie in ʼn man te laat ontwikkel nie.

Daarom hierdie Gesonde Seks Mentorskap e-Kursus.

Waarna kan jy uitsien:
Les 1 - Die huwelik is moeilik.

Les 2 - Jy is nie so belangrik soos jy dink jy is nie.

Les 3 - Jou lewe gaan nie net oor jouself nie.

Les 4 - Jy is nie in beheer van jou gesin nie.

Les 5 - Jou huwelik sal eendag doodloop, maar nie jou liefde nie.

 

Getuienisse

Watse impak het die Gesonde Seks Mentorskap e-Kursusse al op julle huwelik gehad?

“Dit het 'n baie groot impak gemaak, veral omdat my man met PE sukkel. Ons doen elke aand die oefening. Ons het ook geleer van watse soene elkeen hou en wat werk. Baie dankie” – Anoniem van Gauteng

“Verbetering in intimiteit asook n langer saam wees tydens seks” – Anoniem van Kaapstad

“Om oop te wees met mekaar en as iets pla praat daar oor moet dit nie in hou nie.” - Anoniem van Bloemfontein

“Verstaan mekaar se behoeftes beter. Ondersteun mekaar meer.” – Anoniem van Pretoria

“Ek het baie gesukkel met jaloesie en selfbeeld. Daar was n spesifieke les wat dit aangespreek het wat my baie gehelp het.” – Anoniem van Klerksdorp

“Beter orgasmes en lekkerder penetrasie” – Anoniem van Natal

“Ek as vrou sal nie meer so preuts wees nie, meer dinge probeer” – Anoniem van Pietersburg

“Ek voel dat dit reeds n inpak gemaak het, en dat ek wel squirting bemeester en dit nooit besef het nie. Ons werk nou aan veelvuldige orgasmes vir ons albei. Ons geniet ons seks lewe en deel graag met mekaar oor alle aspekte van genot wat ons beleef. Gelukkig is beide ek en my man baie lief en groot aanhangers van gesonde seks en die erotiese opkikkering. Lank lewe gesonde seks vir jonk en oud. Baie dankie” – Anoniem van Johannesburg

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top