Langafstandverhoudings

Al hoe meer paartjies word gekonfronteer met die uitdagings en eise wat gepaardgaan met 'n langafstandverhouding. Of jy of jou maat nou in die buiteland werk, weg van die gesin en of jy in 'n reisendeverhouding is waar jy/of jou maat Maandagoggend reeds donker uit die huis is en dalk eers teen die einde van die week terug is, dit bring sy eie uitdagings.

Daarom is dit so belangrik dat julle jul doelwitte, verwagtinge en die uitdagings wat dit meebring eerlik sal bespreek dan behoort julle presies te weet hoe die ander maat se hart klop rondom dit.

Hierdie kursus is juis so saamgestel dat julle oor hierdie aspekte sal praat. Daar is vrae saamgestel wat julle dalk op jul eie kan deurwerk en dan, wanneer julle saam is, dit dan tot op die been deur te praat! Dit is 'n goeie vertrekpunt om hierdie tipe verhouding te maak werk!

So, skop uit jou skoene en kry vir jou 'n koppie koffie, pen, papier en gaan sit iewers rustig.

Waarna kan jy uitsien:
Les 1 - Wat het ons hier gebring?
Les 2 - Wat anker julle verhouding?
Les 3 - Hoe gaan ons ons verhouding maak werk?
Les 4 - Die uitdagings van 'n langafstandverhouding!

 

Getuienisse

Watse impak het die Gesonde Seks Mentorskap e-Kursusse al op julle huwelik gehad?

“Dit het 'n baie groot impak gemaak, veral omdat my man met PE sukkel. Ons doen elke aand die oefening. Ons het ook geleer van watse soene elkeen hou en wat werk. Baie dankie” – Anoniem van Gauteng

“Verbetering in intimiteit asook n langer saam wees tydens seks” – Anoniem van Kaapstad

“Om oop te wees met mekaar en as iets pla praat daar oor moet dit nie in hou nie.” - Anoniem van Bloemfontein

“Verstaan mekaar se behoeftes beter. Ondersteun mekaar meer.” – Anoniem van Pretoria

“Ek het baie gesukkel met jaloesie en selfbeeld. Daar was n spesifieke les wat dit aangespreek het wat my baie gehelp het.” – Anoniem van Klerksdorp

“Beter orgasmes en lekkerder penetrasie” – Anoniem van Natal

“Ek as vrou sal nie meer so preuts wees nie, meer dinge probeer” – Anoniem van Pietersburg

“Ek voel dat dit reeds n inpak gemaak het, en dat ek wel squirting bemeester en dit nooit besef het nie. Ons werk nou aan veelvuldige orgasmes vir ons albei. Ons geniet ons seks lewe en deel graag met mekaar oor alle aspekte van genot wat ons beleef. Gelukkig is beide ek en my man baie lief en groot aanhangers van gesonde seks en die erotiese opkikkering. Lank lewe gesonde seks vir jonk en oud. Baie dankie” – Anoniem van Johannesburg

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top