Die 5 tale van die liefde

Pieter werk baie hard om sy vrou se guns te wen. Hy ruim gereeld die kombuis op, sit die asblik uit, bad die kinders en klim selfs af en toe in die tuin om orde te skep. Tog hou sy vrou aanhou kla dat hy haar nie lief het nie. Hy kan dit nie verstaan nie! Dit voel vir hom asof sy ondankbaar is; sy kla dat sy nie genoeg klere het nie, dat hy nie romanties genoeg is nie. Maar hulle het nie genoeg geld om na duur restaurante te gaan nie, so wat staan hom te doen? Dit voel vir hom of hy haar as man vaal.

Hierdie huwelik se probleem kan eenvoudig opgelos word, Pieter en sy vrou het nodig om mekaar se liefdestale te leer ken. Die doel van hierdie kursus is om jou en jou huweliksmaat se liefdestale (soos geskryf deur Gary Chapman) te ontdek en te verstaan met ʼn Gesonde Seks twist natuurlik!

Die vyf liefdestale is:

  1. Woorde van Lof
  2. Kwaliteittyd
  3. Geskenke
  4. Diensbaarheid
  5. Fisieke aanraking

Hierdie kursus gaan jou deur hierdie vyf liefdestale neem en jou en jou maat help om mekaar beter te verstaan en julle optrede teenoor mekaar aan te pas volgens julle voorkeur liefdestale. Die kursus gaan julle ook help om op die Gesonde Seks manier die liefdestale in julle sekslewe te gebruik. Aan die einde van die kursus sal ons die volledige liefdestaal-toets gee sodat jy seker kan maak wat jou en jou maat laat tick. Elke les sluit ook Huiswerk in sodat julle die liefdestale kan oefen en bemeester!

Getuienisse

Watse impak het die Gesonde Seks Mentorskap e-Kursusse al op julle huwelik gehad?

“Dit het 'n baie groot impak gemaak, veral omdat my man met PE sukkel. Ons doen elke aand die oefening. Ons het ook geleer van watse soene elkeen hou en wat werk. Baie dankie” – Anoniem van Gauteng

“Verbetering in intimiteit asook n langer saam wees tydens seks” – Anoniem van Kaapstad

“Om oop te wees met mekaar en as iets pla praat daar oor moet dit nie in hou nie.” - Anoniem van Bloemfontein

“Verstaan mekaar se behoeftes beter. Ondersteun mekaar meer.” – Anoniem van Pretoria

“Ek het baie gesukkel met jaloesie en selfbeeld. Daar was n spesifieke les wat dit aangespreek het wat my baie gehelp het.” – Anoniem van Klerksdorp

“Beter orgasmes en lekkerder penetrasie” – Anoniem van Natal

“Ek as vrou sal nie meer so preuts wees nie, meer dinge probeer” – Anoniem van Pietersburg

“Ek voel dat dit reeds n inpak gemaak het, en dat ek wel squirting bemeester en dit nooit besef het nie. Ons werk nou aan veelvuldige orgasmes vir ons albei. Ons geniet ons seks lewe en deel graag met mekaar oor alle aspekte van genot wat ons beleef. Gelukkig is beide ek en my man baie lief en groot aanhangers van gesonde seks en die erotiese opkikkering. Lank lewe gesonde seks vir jonk en oud. Baie dankie” – Anoniem van Johannesburg

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top