Bou julle intimiteit

 

 - - -

Bou julle intimiteit

Lengte: 5 weke

Jy sal vir die volgende 5 weke die volgende kursus per e-pos ontvang:

Intimiteit! ‘n Woord wat baie meer gewig dra as wat ons besef. Vir sommige mense dra dit soveel gewig dat dit amper soos ‘n vloekwoord is, ons kan dit net nie sê nie. Dan praat ons nog nie eens van die opsie om daaroor te dink of te gesels nie. Maak nie saak hoeveel gewig hierdie onderwerp dra nie, dit is ‘n baie belangrike deel van ons lewens en verhoudings. Ons verwys nie noodwendig na seks wanneer ons van intimiteit praat nie, maar eerder na die emosionele deel daarvan. Die band wat jy en jou maat het en die diepte daarvan. Daar is verskillende vlakke van intimiteit en elkeen van ons lê op ‘n ander vlak. Dit kan bydra dat ons nie verstaan waarom ons of ons maat op ‘n sekere manier optree, dinge op ‘n seker manier hanteer of die reaksies wat opduik in situasies nie. Ons help julle om te kyk na elke vlak, te verstaan wat op elke vlak aangaan, waarom ‘n persoon op hierdie vlak is en hoe om dit dan te bestuur.

 

Die eerste e-pos sal binnekort in jou inbox wees!

Waarna kan jy uitsien:
· Les 1 - Hoe om intimiteit te verstaan en te verdiep
· Les 2 - ‘The Isolator’
· Les 3 - ‘The Pseudo’
· Les 4 - ‘The Merger’
· Les 5 - ‘The Intimate’

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. | www.gesondeseks.co.za

Getuienisse

Watse impak het die Gesonde Seks Mentorskap e-Kursusse al op julle huwelik gehad?

“Dit het 'n baie groot impak gemaak, veral omdat my man met PE sukkel. Ons doen elke aand die oefening. Ons het ook geleer van watse soene elkeen hou en wat werk. Baie dankie” – Anoniem van Gauteng

“Verbetering in intimiteit asook n langer saam wees tydens seks” – Anoniem van Kaapstad

“Om oop te wees met mekaar en as iets pla praat daar oor moet dit nie in hou nie.” - Anoniem van Bloemfontein

“Verstaan mekaar se behoeftes beter. Ondersteun mekaar meer.” – Anoniem van Pretoria

“Ek het baie gesukkel met jaloesie en selfbeeld. Daar was n spesifieke les wat dit aangespreek het wat my baie gehelp het.” – Anoniem van Klerksdorp

“Beter orgasmes en lekkerder penetrasie” – Anoniem van Natal

“Ek as vrou sal nie meer so preuts wees nie, meer dinge probeer” – Anoniem van Pietersburg

“Ek voel dat dit reeds n inpak gemaak het, en dat ek wel squirting bemeester en dit nooit besef het nie. Ons werk nou aan veelvuldige orgasmes vir ons albei. Ons geniet ons seks lewe en deel graag met mekaar oor alle aspekte van genot wat ons beleef. Gelukkig is beide ek en my man baie lief en groot aanhangers van gesonde seks en die erotiese opkikkering. Lank lewe gesonde seks vir jonk en oud. Baie dankie” – Anoniem van Johannesburg

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top