Orgasme 101

Hierdie kursus beoog om jou alles van orgasmes te leer. Wat is dit? Hoe werk dit? Hoe kan ek meer daarvan kry?

Baie paartjies se sekslewens is glad nie orgasmies nie. Statistieke veronderstel dat slegs 30% van vrouens tydens penetrasie orgasme kan bereik en daar is selfs vrouens wat diep in hul getroude lewe nog nooit ’n orgasme bereik het nie. Daar is ook baie mans wat te vinnig klimaks bereik en nie die stamina het om die vrou tot haar orgasme te help nie.

Hierdie kursus gaan al die bogenoemde kwessies en meer aanspreek. Dit gaan ook vrouens leer hoe om “squirting” te ervaar en vir mans hoe om multi-orgasmes te kry.

Waarskuwing: Hierdie orgasme kursus is net vir mense wie ’n stel van twintig trappe kan klim sonder om uitasem te wees of borspyn te beleef

Waarna kan jy uitsien:
Les 1 - Wat is 'n orgasme
Les 2 - Mites rondom orgasmes
Les 3 - Orgasme probleme
Les 4 - Die vrou wat sukkel om te klimaks
Les 5 - Die man wat te vinnig kom!
Les 6 - Vir die vrou - Leer hoe om te squirt!
Les 7 - Vir die man - Leer hoe om multiple orgasmes te kry

Getuienisse

Watse impak het die Gesonde Seks Mentorskap e-Kursusse al op julle huwelik gehad?

“Dit het 'n baie groot impak gemaak, veral omdat my man met PE sukkel. Ons doen elke aand die oefening. Ons het ook geleer van watse soene elkeen hou en wat werk. Baie dankie” – Anoniem van Gauteng

“Verbetering in intimiteit asook n langer saam wees tydens seks” – Anoniem van Kaapstad

“Om oop te wees met mekaar en as iets pla praat daar oor moet dit nie in hou nie.” - Anoniem van Bloemfontein

“Verstaan mekaar se behoeftes beter. Ondersteun mekaar meer.” – Anoniem van Pretoria

“Ek het baie gesukkel met jaloesie en selfbeeld. Daar was n spesifieke les wat dit aangespreek het wat my baie gehelp het.” – Anoniem van Klerksdorp

“Beter orgasmes en lekkerder penetrasie” – Anoniem van Natal

“Ek as vrou sal nie meer so preuts wees nie, meer dinge probeer” – Anoniem van Pietersburg

“Ek voel dat dit reeds n inpak gemaak het, en dat ek wel squirting bemeester en dit nooit besef het nie. Ons werk nou aan veelvuldige orgasmes vir ons albei. Ons geniet ons seks lewe en deel graag met mekaar oor alle aspekte van genot wat ons beleef. Gelukkig is beide ek en my man baie lief en groot aanhangers van gesonde seks en die erotiese opkikkering. Lank lewe gesonde seks vir jonk en oud. Baie dankie” – Anoniem van Johannesburg

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top