Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Timothy Kieswetter

Timothy Kieswetter

Timothy has not set their biography yet

143

 

 

'n Kaartspeletjie wat jou HUWELIK en SEKSLEWE

gaan opkikker!!!


Gesonde Seks se gewilde boek

"Ontbyt in die bed en Seks indie Kombuis"

het ons verander in 'n NOG meer PRET

KAARTSPELETJIE.

 

"Ontbyt in die Bed en Seks in die Kombuis" - KAARTSPELETJIE

Jou huwelik het net twee dinge nodig om te floreer: Adrenalien en

Oksitosien Hierdie Ontbyt in die Bed en Seks in die Kombuis -

Kaartspeletjie is spesifiek ontwerp om biede van hierdie hormone vry

te stel. Jy gaan lag, uitgedaag word en diep konneksies maak. Ek

daag jou uit - kies 'n kaart!

 

 

Hierdie Kaartspeletjie bestaan uit konserwatiewe kaarte en wit warm uitdagende kaarte.

Jy kan die uitkoms van die spel bepaal deur jou lus-vlakke.

 

Maar hou ingedagte. Hoe meer jy die spel speel, hoe hoër gaan daai lus-vlakke van jou word.

Luister na een van ons toets spelers se terugvoer:

 

"Ons het die kaartspeletjie gespeel en het baie lekker gelag. My man het die heletyd die "balls" kaartjie gespeel

en ek het maar geblok, blok, blok.

Aan die einde van die speletjie, het die baba weer wakker geword en voordat ons weer onsself kon kry, het ons altwee aan die slaap geraak, sonder om die "aksie" aan die einde van die speletjie te doen.

Sonder om te veel detail te gee, word ek en my man in die middel van die aand wakker met dieselfde idee.

Hmmm, hierdie kaartjies speletjie het verseker ons altwee in die mood gekry vir mekaar."

 

GRATIS POS VIR DIE EERSTE 50 BESTELLINGS

Kliek hier vir jou pakkie kaarte.
https://bit.ly/2uVRlV6

4646

 

Ons eerste AANLYN kursus spesifiek ontwikkel vir die MANNE.

Een van die grootste probleme wat ‘n paartjie in hulle slaapkamer beleef,  is dat dit te vinnig verby is. Die gemiddelde man neem enige tyd tussen 3 tot 5 minute van stimulasie voordat hy sy orgasme bereik, waar die gemiddelde vrou enige tyd vanaf 15 tot 25 minute kan neem voordat sy klimaks bereik.

Hierdie sou nie ‘n probleem gewees het indien die man nog vir sy vrou kon aandag gee nadat hy klaar sy orgasme bereik het nie, maar ons almal weet wanneer ‘n man klaar is, is dit KLAAR.

Hierdie veroorsaak ‘n baie ongesonde patroon waar die man minderwaardig oor homself begin voel as ‘n lover en sy vrou met die afleiding laat, dat sy net nie dieselfde plesier van seks kan geniet as haar man nie. Hierdie lei haar om OF haar orgasmes te fake OF om heeltemal op te gee op hulle.

Mans het al baie dinge probeer om langer uit te hou in die bed, soos om aan skoonma se kuier te dink, voor die tyd te masturbeer of selfs om produkte te gebruik wat die gevoel van die penis verdoof.

HIERDIE TEGNIEKE WERK NIE!

Oor die jare as seks-terapeut het ek geleer wát werk en wát werk nie en is ek baie opgewonde om al hierdie kennis in ‘n 4 maande aanlyn-kursus te sit, wat nie net die man gaan leer hoe om langer uit te hou tydens seks nie, maar hom leer hoe om ook sy eie multiple orgasmes te geniet.

Hierdie ekstra uithou vermoë gaan nie net die man se ego versterk nie, maar ook sy vrou die kans gee om nader aan haar eie seksuele plesier te kom SAAM MET HAAR MAN.

 

Alhoewel hierdie ‘n 4 maande kursus is, kan jy enige tyd kanselleer wanneer jy wil. Jy kan ook die kursus kombineer met hier en daar berading sessies as jy wel in Pretoria area woon.

Indien jy my elke week sou kom sien vir berading sou dit jou R2000 per maand beloop het, maar om op te teken tot hierdie “Multiple Man Orgasme kursus”, kos dit jou ‘n skrale R500 per maand.

 

Daar is plek vir slegs 10 mans in hierdie kursus.

Hierdie 4 Maande aanlyn kursus begin 1 Maart en die sluitingsdatum om in te skryf is 25 Feb.

Gaan van ‘n 100meter sprinter tot ‘n multiple maraton atleet.

 

SKRYF IN

7055

Is jou lus vir seks geblus?

Wanneer laas het jy seks geïnisieer?

Kla jou man dat jy “koud” is in die bed?

Vind jy enige plesier vir jouself uit julle liefde-maak?

Sukkel jy om klimaks te bereik?

 

Indien jy jouself kan identifiseer in hierdie vra, is dit moontlik dat jy met ‘n geblokte libido-vloei sukkel.

Na 6 jaar se seksuologiese berading en duisende anonieme vrae, het ek ‘n terapie ontwikkel om die vrou se libido vloei weer te aktiveer.

Die nadeel van ‘n geblokte libido is dat daar nie gelyke balans in jou huwelik is nie. Hierdie ongelyke magsdinamika gaan daartoe lei dat jou huwelik in ‘n “tit-for-tat” verval. “Ek doen hierdie vir jou so ek verwag hierdie terug” of “Jy het my hier geweier so ek trek hier terug”.

Hierdie tipe verhouding is ‘n ticking time-bomb. Amper asof julle die kinderspeletjie warm-patat speel. Heen en weer gooi julle verantwoordelikhede, aantygings, begeertes en skimpe vir mekaar, tot op ‘n dag wanneer die warm-patat ontplof.

 

DIT ALLES KAN VERMEI WORD DEUR OM ‘N GESONDE INDIVIDUELE LIBIDO VLOEI WEER TE ONTWIKKEL.

 

Wanneer jy weer ‘n gesonde vloeiende libido het, haal jy outomaties al die spanning en druk waarop  jou huwelik rus om perfek te wees, af en gee weer vir julle die geleentheid om as twee gesonde seksuele-mense na mekaar te kom om die oomblik intiem te geniet.

 

Indien jy in Pretoria area woon, stel ek voor dat jy vir berading kom, vir die vinnigste resultate.

Maar as jy te ver bly of nie genoeg tyd het om af te staan vir berading nie, is hierdie “Gesonde Libido” aanlyn-kursus spesiaal ontwerp vir jou.

Dit is ‘n 6 maande kursus, wat vir jou toegang gee tot ons hele Mentorskap program en aanlyn e-kursusse en weeklikse Gesonde Seks SMS huiswerk.

Maar die fokus moet liefs nie op dit wees nie, dit is daar vir jou man om homself besig te hou en voor te berei vir die warm seks godin wat hy oor 6 maande in die bed gaan vind.

Die fokus gaan wees op die 1op1 WhatsApp berading wat ons gaan doen om spesifiek te verstaan waar jou libido-blok vandaan kom en strategies dit begin genees.

ONTHOU!!! Geen vrou word koud gebore nie. God het elke vrou ‘n werkende warm gesonde seksuele-mens gemaak. Dit is buite-faktore wat haar libido rivier opgedam het.

So moenie net aanvaar dat “dit is maar hoe ek is nie”, NEE!!! Daar is ‘n inner seks godin wat smag om uit te kom en die lewe saam met jou te geniet.

 

Alhoewel hierdie ‘n 6 maande kursus is, kan jy enige tyd kanselleer wanneer jy wil. Jy kan ook die kursus kombineer met hier en daar berading sessies as jy wel in Pretoria area woon.

As jy my elke week sou kom sien vir berading sou dit jou R2000 per maand beloop het, maar om op te teken tot hierdie “Gesonde Libido” kursus, kos dit jou slegs R500 per maand.

Ons begin 1 Maart met die kursus en sluitingsdatum om op te teken is die 25ste Feb.

Daar is ook net plek vir 10 dames per keer, so maak seker jy gebruik hierdie geleentheid om binne 6 maande jou inner seks godin te vind en uit te laat.

 

Skryf in HIER

 

772

deur Timothy Kieswetter

Ek het hierdie in my beradings praktyk teë gekom, en ek self het gesukkel om dit te glo, want ons samelewing hou mos van alles wat goed lyk en verwerp alles wat sleg lyk. Die probleem met dít is dat nie alles wat op die oppervlak goed lyk, egter goeie nagevolge het nie, en nie alles wat eers sleg lyk, draai noodwendig sleg uit nie.

Ek het nou alreeds ‘n paar kliënte gesien en beraad wat almal dieselfde patroon vertoon. Hulle sukkel om geluk in hulle huwelike te vind, ten spyte van die feit dat hulle in heel normale huwelike is met ‘n huweliksmaat wat hulle lief het.  Ek het al oor die jare gevind dat daar drie plekke van huweliksprobleme is;

1) my huweliksmaat is die probleem,

2) my omstandighede is die probleem of

3) my kinderjare is die probleem.

Met ‘n bietjie dieper ondersoek in hulle kinderjare in, kom ek agter dat daar niks behalwe geluk, liefde en aanvaarding is nie. Wat op aarde kan dan die probleem wees?

In al hierdie gevalle vertel hulle my van hulle wonderlike verhouding met hulle ouers. Die vrou kliënte vertel van hulle pa’s en die mans kliënte vertel van hulle moeders.

Hulle het almal ‘n buite gewoon sterk verhouding met hulle ouer gehad, en daardie ouer kon net absoluut niks verkeerd doen nie. Hier is nou juis waar die probleem begin. Wanneer daardie rolmodel vir jou toekoms man of vrou absoluut niks verkeerd kan doen nie, en vir jou (as kind) alles in die wêreld doen, lyk dit soos iets wat die samelewing gaan sien as iets goed, maar in werklikheid, het dit baie slegte nagevolge.

Wanneer die rolmodel van die man en vrou in die persoon se onderbewuste nooit ‘n fout maak, nooit teleurstel nie, en hom/haar altyd bo almal en alles stel, gaan daardie persoon verseker huweliksprobleme optel.

Want niks gaan ooit goed genoeg wees nie en geen man of vrou gaan ooit kan opleef teen daardie onrealistiese super-ouer verhouding nie.

Kliënte met super-ouers vind soms onnodig fout by hulle huweliksmaat om hulle onderbewuste se ongeluk te verduidelik.

In berading, begin ons dus nie om aan die huwelik te werk nie, maar om aan die beeld van die pa of ma te werk. Om hulle stelselmatig van die “super held” kategorie te begin speen en hulle as regte mense te sien, met regte foute. En dit is eers wanneer ons suksesvol ons rolmodelle van super helde tot normale mense kan skuif, wanneer ons ons huweliksmaat kan begin waardeer vir wie hulle is.

Met dit in gedagte, het ek my eie verhouding met my dogters gaan ondersoek. En ek vind dat ek toe nie die super held rol vertolk nie. Ek doen nie alles vir hulle nie. Ek kan soms lekker selfsugtig wees. Ek kan ook soms onregverdig pakslae en dissipline gee. En ek stel hulle soms teleur.

Ek is net ‘n normale man. ‘n Normale pa. Wat vir my dogters die rolmodel van ‘n normale man neerlê. Sodat wanneer hulle eendag ‘n normale man trou, sal hulle nie ongelukkigheid voel omdat hy nie alles reg doen nie. 

 

Maar omdat ons gesonde normale rolmodelle wil vertolk, stop ons nie net by die herkenning van ons menslikheid of normaliteit nie, as ‘n verskoning om nie te verander en groei nie. Ons gebruik dit as ‘n springmat om ons verhoudings te verdiep.

So ek leer my dogters dat hulle met my kan kom praat wanneer ek hulle teleurstel of wanneer hulle dink ek is onregverdig, ek sal daarna luister, en ....wag vir dit -  jammer sê en saam aan ‘n opmaak plan werk.

So ouers, moet nie alles vir jou kinders doen en ‘n valse super held rolmodel vir hulle skep nie. Dit gaan hulle ongelukkig maak in hulle huwelik.

Leer hulle eerder dat om ‘n werkende liefdes verhouding te hê, gaan daar teleurstellings wees, hartseer ervaar word en soms foute begaan word. Saam met ‘n openlikheid om daaroor te praat, gekoppel aan die vermoë om maklik en opreg jammer te kan sê en saam aan oplossings en opmaak maniere te kan dink - is hoe ons die verhouding beter gaan verdiep en versterk.

 

Stereotipies is daar gewoonlik twee groepe waarin ‘n ouer kan val. Die super-ouer kategorie of die afwesige-ouer kategorie. Al twee van hierdie gaan jou kind opfoeter. Vind ‘n balans in die middel by die betrokke-ouer kategorie.

Wees net daar vir jou kind, moenie toegang weier tot jou kind nie en moenie jou foute van jou kind wegsteek nie. Met ander woorde, wees ‘n betrokke en eerlike ouer vir hulle en dit sal hulle goed ten staan kom in hulle toekoms wanneer hulle liefde moet vind in die regte wêreld met regte normale huweliksmaats.

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top