Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Timothy Kieswetter

Timothy Kieswetter

Timothy has not set their biography yet

2799
     
 

V & A oor Timothy Kieswetter se nuwe boek "Maak jou huwelik Affair-bestand" #2 "KAN 'N HUWELIK 'N AFFAIR OORLEEF?"

Bestel jou "affair-bestand" boek vandag nog!!!

V. Hoe reageer mense gewoonlik wanneer hulle uitvind hulle lewensmaats het ‘n affair?

A.Die beste manier om dit te verduidelik is om dit te vergelyk met ‘n sterfte in die familie. Dit begin met ‘n krippelende skok, waar jy die nuus van die dood of affair verwerp as realiteit. Maar soos wat die skoknuus ‘n realiteit word, begin dit ‘n wêreld van emosies by jou los, alles van haat, woede, pyn en seer tot self-kritiek (“Wat kon ek beter gedoen het?”), skuldgevoelens (“Dalk was dit my skuld?”)

Die belangrikste ding om te verstaan in hierdie tydperk is dat alles wat jy voel of nie voel nie, heeltemal normaal is. Jy moet vir jouself tyd gee vir hierdie skok nuus van die affair om ‘n realiteit te word. Moet asseblief nie enige lewensbesluite neem soos om te skei of om iemand te vermoor in hierdie tydperk nie. Al wat jy nou moet doen is om die deel van jou huwelik wat afgesterf het te rou.

 

redBestel jou kopie van "Maak jou huwelik affair-bestand"

V. Kan ‘n mens regtig van iemand verwag om ooit weer ‘n ontroue lewensmaat te vertrou? Hoe kan iemand wat ontrou was aan sy eggenote, haar vertroue terugwen?

 

A.Hy kan nie. Daar is niks wat die skuldige persoon kan doen om vertroue terug te wen nie. En dit moet ook nie so wees nie, want as jy mooi daaromtrent dink was daar niks in die begin wat hy of sy gedoen het om daardie vertroue te regverdig in die eerste plek nie. Vertroue is nie iets wat verdien word nie, maar eerder iets wat gegee word. Ons besluit wie ons vertrou. Vertroue is iets wat in my beheer is om te gee of te weerhou.

Vertroue kan nie en moet ook nie gekoppel wees aan die vermoë van ‘n persoon om perfek te wees nie, want niemand van ons is perfek nie. Vertroue moet eerder gekoppel wees aan my besluit met wie ek naby my gaan toelaat, met wie ek ‘n toekoms gaan bou, aan wie ek my hart gaan wys, met wie ek my drome gaan deel.

En wanneer ons só na vertroue kyk, is die antwoord verseker JA. Ja daar kan weer vertroue wees in ‘n huwelik nadat iemand ‘n affair gehad het, maar nie omdat hy of sy perfek is nie, maar omdat die ander persoon hulle oorgegee het tot onvoorwaardelike liefde en genade.

 

V. Wanneer is ‘n affair ‘n affair – eers wanneer daar seks betrokke is? Is dit ook ‘n affair indien die ontroue party nie noodwendig ‘n emosionele verhouding met iemand het nie, maar wel soms oppervlakkige seks met ander vroue het?

 

A. Die woordeboek se definisie van ‘n affair is wel eers wanneer dit ‘n seksuele verhouding geword het. Maar in die praktyk kan ek vir jou sê dit is baie meer ingewikkeld as dit. En so ook het ek baie kliënte wat met my sal stry oor presies wat ‘n seksuele verhouding is. So die punt is nie wanneer begin die affair nie, maar eerder wanneer kan ons dit stop sit. En sodra dit seksueel begin raak, is dit feitlik onmoontlik om self dít stop te sit. Ons moet wakker word tot die feit dat seksuele affairs nie net vanuit niks begin nie, daar is ‘n oploop, ‘n opbou wat gebeur voordat dit seksueel raak. En dit is dan wanneer jy nog ‘n kans het om dit stop te sit.

Moet dus nie fokus op “Het ek ‘n affair of nie?”, vra eerder vir jouself die vraag af, waar belê ek tans die meeste van my emosies, tyd en energie. As die antwoord nie by jou huweliksmaat is nie, is jy besig om te belê in ‘n toekomstige affair.

 

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

verbeterV.  Kan berading regtig help om ‘n huwelik ná ‘n affair te “red” – of stel dit maar net die onafwendbare uit?

 

A. Die idee dat die huwelik verby is omdat iemand verneuk het, moet end kry. ‘n Huwelik is deur dik en dun, goeie en slegte tye, en ja soms is daar ‘n dal van doodskaduwee wat ‘n huwelikspaartjie moet deur gaan, maar dit beteken nie die einde van die huwelik nie.

Ons almal wil ‘n sprokieshuwelik hê, waar ons eindig om te sê “They lived happily ever after”. En ons as Christene het daardie belofte, dat dit wel so met ons kan wees as ons Romeine 8:28 lees wat sê “Alle dinge gebeur ten goed vir dié wie Christus lief het.”

Dit is nie waar dat sprokiesverhale nie pyn en seer, monster en drake, slegte mense en krisisse in het nie. Daar is in alle sprokiesverhale ‘n tragedie iewers in die middel. Maar die groot verskil tussen ‘n sprokiesverhaal en ‘n tragedie is hoe die storie eindig. ‘n Tragedie eindig tragies, waar ‘n sprokiesverhaal met ‘n gelukkige einde eindig.

My advies vir alles paartjies wat hulleself in die dal van doodskaduwee van ‘n affair bevind, is om nie nou jou huwelikstorie te beëindig nie, want dan het jy ‘n tragedie op jou hande. Werk daardeur, gaan sien ‘n berader wat julle kan help, kry goeie vriende, raak betrokke by ‘n ondersteunende selgroep. Doen alles in jou vermoë om nie nou julle liefdestorie te beëindig nie, werk daardeur, sodat jy ook eendag kan sê, selfs dit het ten goede mee gewerk, want ons het nie op die liefde opgegee nie.

 

 

V. Hoe weet ‘n mens wanneer jou huwelik, na jou maat se affair, nie meer gered kan word nie, al het julle hard probeer?

 

A. Solank soos wat julle die huwelik wil red, kan hy gered word.

 

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

 

versterkV. In jou boek verwys jy na “Vergifnis en insig”. Kan jy, in ‘n kort paragraad en sonder om verbatim uit die boek aan te haal, verduidelik wat dit behels?

 

 

A.Ons is geleer om te vergewe en vergeet, maar ek dink dit doen meer skade as goed. Vergifnis se doel moet nooit wees om te vergeet nie. Vergifnis se doel is om insig te kry. Insig tot jou maat se seer en pyn, asook insig tot jou eie seer en pyn. Terwyl Jesus op die kruis gehang het en na die soldate gekyk wat hom daar gesit het bespot het, het hy gesê “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

Jesus kon vergewe want Hy het iets meer geweet as hulle. Hy het insig gehad wat hulle nie gehad het nie.

Ek weet jy voel nou pyn en is besig om emosioneel binne jouself te sterf. Maar daar is ‘n opstanding aan die einde van hierdie emosionele dood. Daar is weer lewe hierna, indien jy dit so kies. Moet nie enige iets onder die mat vee, of van jou pyn en seer hardloop nie. Kyk dit in die oë en werk daardeur. Stoei met dit. Vloek dit. Werk met dit.

Want hoe meer insig jy gaan kry, hoe meer gaan jy kan vergewe. Al is die enigste insig wat jy het, dat julle huwelik hierdeur gaan kan kom, is dit genoeg insig om die vergifnis proses aan die gang te sit.

 

 

V. In jou boek verwys jy na “Bou weer julle paradys”. Kan jy, in ‘n kort paragraaf en sonder om verbatim uit die boek aan te haal, verduidelik wat dit behels?

 

A. “Die liefde is blind”, is iets wat ons almal gehoor en selfs beleef het. Dit is hoe liefde begin, blind. Maar hoe meer ons in die rigting van liefde vir mekaar beweeg hoe meer insig kry ons van mekaar en die wêreld rondom ons. En eweskielik is die druk op ons spontane liefde soveel meer as in die “blinde” stadium. Nou moet ons mekaar liefhê, ten spyte van wat ek sien en weet.

En ja, dit is ware liefde. ”Bou weer julle paradys” is om te besef dat ons in die begin blind was vir mekaar en nou sien ons mekaar naak. Dit help ons om nie die verkeerde afleidings te maak, soos dat ons huwelik perfek of sonder foute is nie. Dit help ons op ‘n plek te kom waar ons besef dat hoe meer ons van mekaar weet, hoe harder gaan ons moet werk om verlief te bly op mekaar.

Om te skei en weer blindelings verlief te raak op ‘n vreemde persoon is maklik, maar wat gebeur wanneer jou oë oop gaan in die nuwe verhouding en jy kan sien. Dan sit jy met dieselfde uitdaging om lief te hê ten spyte van al jou maat se tekortkominge.

Die liefde bly nooit blind nie, want dit is oppervlakkig en kan nie waarlik enige vervulling bied nie. ”Bou weer julle paradys” is om oop oë in jou huwelik te gaan en te bly, en moeite te doen om te beskerm en veg vir wat julle het.

 

 

V. In jou boek verwys jy na “Kry afsluiting”. Kan jy, in ‘n kort paragraaf en sonder om verbatim uit die boek aan te haal, verduidelik wat dit behels?

 

A. “Closure” soos die Engelsman sê, is iets wat baie belangrik is vir enige groot gebeurtenis in ons lewe. Die persoon wat die affair gehad het, moet afsluiting kry met die skelmpie en nie net wegstap nie. Ek raai my kliënte aan om ‘n afskeidsbrief te skryf vir hulle skelmpie. Hulle hoef nie dit noodwendig vir die skelmpie ooit te gee nie, dit gaan meer oor om in jou eie gemoed totsiens te sê. Die persoon op wie verneuk was moet afsluit kry en die realiteit van wat gebeur het aanvaar en nie vir ewig met “hoekom?” vrae rondloop nie.

Afsluiting van die affair stel julle in staat om die spesifieke hoofstuk in julle sprokiesverhaal om te blaai en verder te skryf aan julle “Happily ever after” verhaal.

 

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

Bestel nog vandag Timothy Kieswetter se nuutste boek "Maak jou huwelik affair bestand". Besoek ons webtuiste of enige goeie boekwinkel. Die boek is ook beskikbaar op alle eboek platforms.

 

 

Kliek hier vir jou droom huwelik.

of stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

of skakel ons kantore by 086 111 2329

 

Hoofstukke in die boek "Maak jou huwelik affair bestand" 

 

Deel 1: Die ontwikkeling van 'n affair

  • Die paradysprentjie
  • Die emosionele swart gat
  • Die listige slang
  • 'n Onbetrokke, ongewillige, onaktiewe huweliksmaat
  • Die gehiem
  • Die ontnugtering
  • Die wegkruipery
  • Die verskonings
  • Die skeiding

Deel 2: Die herstel na 'n affair

  • Vergifnis en insig
  • Bou weer jul paradys
  • Steun op jou ondersteuningsnetwerk
  • Pasop vir die halfpad-duister-terugslag
  • Jy begin weer dors na iets
  • Kry afsluiting
  • Gee weer, totdat jy jou hele self kan gee.

 

Kliek hier om in jou verhouding te begin belê.

 
     
 



 DIE STRIPSHOW - CENTURION (21 Oktober) Centurion Teater

 DIE STRIPSHOW - BLOEMFONTEIN (26 - 29 Oktober) Andre Huguenot Teater

 

Kom kyk hoe hierdie Bybel en seksualiteitskenner al die seksuele taboes en huwelikmites een vir een vir ons kom weg-strip.

Hy strip darem nie met sy klere nie, maar met sy woorde. Maak seker jy loop hierdie skreeu snaakse komedie nie mis nie.

Lees wat ander van “DIE STRIPSHOW” gedink het.

 

Dit is snaaks...

“Die hele show was amazing! Humor tussen die erns het jou laat lag maar tog laat dink.”

“Die show was so waardevol en so brood nodig in ons tyd.”

“Die Stripshow was skreeu snaaks van begin tot einde.” “Als was flippen snaaks gewees, maar die masturbasie deel het ek uitgehak van die lag. Goeie werk aan almal. Hierdie gaan nog ‘n populere show word in ons land.”

 

Dit is sexy...

“Die strip geel in die begin het die ys gebreek.”

“Die stilletto-ballans-toertjie EN die blou ballas... Ons was in die voorste ry, kon dit nie miskyk nie...”

“Die opblaaspop... Goed om dit uit ‘n ander man se stem te hoor dat die generasie verander en die vrouens is nie net ‘n sekspop nie.”

 

Dit is leersaam...

“Mens kan jou seksualiteit explore en geniet. God het dit gemaak om te geniet.”

“Dat seks nie ‘n taboe is nie. Ek voel Timothy het ook die geloof aspek saam met seks baie intelligent koördineer, sonder om dit vuil en disrespekvol te laat klink.”

“Dit vat skill om so iets aan te vat. Goeie werk Timothy en almal wat aan die show se konteks gewerk het. Ek wil dit graag weer sien, want ek het vriende wat dit sal geniet, want ek het my gat af gelag heeltyd. AWESOME!!!”

 

 

 

CENTURION, 21 Oktober

 

As jy 6 of meer kaartjies vir die CENTURION of BLOEMFONTEIN vertoning koop, skenk ek vir jou my nuwe boek “Maak jou huwelik AFFAIR-bestand” absoluut GRATIS.

 

Centurin kaartjies beskikbaar by Computicket.

BLOEMFONTEIN kaartjies beskikbaar by PACOFS, skakel 051 447 7771

 

 

 

God seën en Gesonde Seks

Timothy en Janet Kieswetter

 

 

 

 
 
  Follow us | facebooktwitterpinterestrss  
 
 
  {unsubscribe}If you don't want to receive our news anymore, unsubscribe{/unsubscribe}  
1472
  {readonline}If you can't see this e-mail properly, view it online{/readonline}  
 
 
   
 
 

V & A oor Timothy Kieswetter se nuwe boek "Maak jou huwelik Affair-bestand" #1

Bestel jou "affair-bestand" boek vandag nog!!!

V. Wat is meer algemeen: ‘n huwelik wat weens die moontlikheid van ‘n affair op die rotse loop – of ‘n huwelik wat op die rotse loop omdat daar reeds ‘n affair is?

 

A. Sekerlik beide, want ek is nie oortuig die toestand van die huwelik moet die blaam kry vir wat één persoon in die huwelik besluit nie. Ons val vinnig in ‘n strik waar ons glo dat dit ons maat se verantwoordelikheid is om my gelukkig te hou in die huwelik en dit sy/haar skuld is wanneer ek nie meer gelukkig is nie. Wanneer ons só redeneer, ontneem ons enige verantwoordelikheidsin van ons eie seksualiteit en besluitneming weg en met daardie gesindheid sal ons nooit ons huwelike affair-bestand kan maak nie. Juis daarom moet die fokus nooit wees om ‘n perfekte huwelik te hê nie, maar eerder op twee gesonde individue in ‘n normale huwelik.

 

redBestel jou kopie van "Maak jou huwelik affair-bestand"

V. Wat beteken dit wanneer ons sê dat ‘n paartjie van mekaar “weggegroei” het en is dit ‘n groot rede vir ‘n affair?

 

A. ‘n Huwelik is ‘n abstrakte konsep waaraan jy nie kan vat nie, anders as jy en jou maat aan die anderkant wat werklik, tasbaar en mens is. Om dan aan te sluit by my vorige antwoord, kan ons die huwelik beskryf as twee individue wat besluit om naak voor mekaar te staan en nie mekaar skaam te laat voel nie. Die “weggroei” van mekaar waarvan ons praat is wanneer:

 

(a.) Ek nie meer “naak” wil staan voor my maat nie. Ook wanneer ek meer geheime begin hou as wat ek deel en wanneer ek al hoe meer in myself intrek en myself isoleer.

 

(b.) Waar ek steeds “naak” is in die huwelik, maar my maat is vyandig teenoor my en afknouerig wat my laat skaam voel oor my emosionele kwesbaarheid in die verhouding. Beide van hierdie individuele probleme sal die paartjie motiveer om weg van mekaar af te groei. En omdat die mens nie gemaak is om alleen te wees nie, gaan ons versoek wees om aan die naaste gewilligste persoon te gryp wat ons “heel” gaan laat voel en dit is persies hoe die meeste affairs begin.

 

V. Op watter punt is dit te laat om ‘n affair te keer?

 

A. Die oomblik wanneer jy nie meer kan wegstap van die situasie, verhouding of Whatsapp gesprek af nie, is dit die oomblik wanneer helder rooi ligte moet afgaan in jou kop dat jy nie meer in beheer is waarheen hierdie “geheime” verhouding jou heen sleep nie. Maar solank soos wat die wil daar is om die regte ding te doen, terug te keer tot jou huweliksmaat, maak dit nie saak hoe vêr jy gevorderd is met ‘n affair nie, vir jou is dit nooit te laat om die affair te eindig en weer aan jou huwelik te bou nie.

 

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

verbeterV.  Is ‘n ongelukkige huwelik ‘n voorvereiste vir ‘n affair? Of gebeur dit ook in huwelikke waarvan die “onskuldige” party glo dat die huwelik “affair-bestand” is?

 

A. Die meeste van die paartjies waarmee ek werk, wat in affairs betrokke geraak het, het nooit uit gegaan om een te gaan soek nie. Daar was nie noodwendig iets fout met hulle huwelik nie, hulle het net eenvoudig blindelings in hierdie “geheime” verhouding ingeloop en so het ‘n affair ontwikkel.

 

Wat ek vir paartjies leer is dat enige iemand op die regte tyd, met die regte persoon in die regte omstandighede ‘n affair sal kan aanknoop. Totdat ons nie hierdie ongemaklike waarheid van ons vleeslikheid kan aanvaar nie, sal ons nooit paraat kan wees om die vroeë waarskuwings tekens raak te sien en daarop te reageer nie.

 

 

V. Is daar “waarskuwingstekens” voor ‘n affair wat die onskuldige party waarsku dat hy/sy dringend moet optree om ‘n affair te voorkom?

 

A. Verseker!. Ons het in ons koppe dat net slegte mense affairs het, maar dit is glad nie waar nie. Mense het affairs. Alle mense het die vermoë om positief te reageer op aandag en liefde, maak nie saak van wie dit af kom nie en wanneer jy lank genoeg jouself bloot stel aan aandag en liefde van buite jou huwelik af, gaan daar gevoelens begin ontwikkel. Nie omdat jy dit nie in jou huwelik kry nie, of omdat jy ‘n slegte mens is nie, maar net omdat jy lank genoeg aandag en liefde ontvang het van iemand anderste. So die eerste en seker die belangrikste waarskuwingsteken is wanneer ons aktief hierdie aandag en liefde van die ander persoon begin najaag en dit begin wegsteek van ons huweliksmaat.

 

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

 

versterkV. Hoe tree iemand op indien hy/sy vermoed dat die ander party dalk ‘n affair gaan hê? Voel hy/sy dalk skuldig en glo dat verandering by homself/haarself moet begin? Voel hy/sy dit is hulle hy/sy eie skuld en dat hulle hulle huwelik beter moes oppas?

 

 

A. Dit is baie algemeen dat ons die fout probeer soek by onsself. Aan die eenkant is dit nie ‘n slegte ding nie, hierdie is wat ons motiveer om te leer van ons foute en te groei as mens. Maar om hierdie blaam op jouself te neem wanneer jou maat oortree het, raak baie ongesond in die sin dat dit nou nie net meer jou maat is wat jou menswees afbreek deur wat hy doen nie, maar jy begin jouself afbreek deur om te glo dat dit jou skuld is dat dit nou met jou gebeur het.

 

Nee, dit is nie jou skuld nie. Jou maat het die besluit gemaak om ‘n affair te hê. Jy kan nie skuld neem vir ‘n besluit wat iemand anderste gemaak het nie. Dit wil nie sê dat jy geen bydrae gehad het in die atmosfeer waarin hierdie affair besluit in gemaak was nie. Ek leer altyd my kliënte dat hulle net verantwoordelikheid moet vat vir wat hulle gedoen het en nooit vir die keuses van hulle maats nie. Bv. Die vrou sal verantwoordelikheid neem dat sy nooit seks vir haar man meer wou gee nie, sodat sy daarvan kan leer en daaruit groei. Maar dit is nie haar skuld dat haar man seks op ‘n ander plek gaan soek het nie. Dit was sy besluit en dus is dit sy verantwoordelikheid.

 

 

V. Indien jy vermoed dat jou huweliksmaat ‘n affair gaan hê, is dit raadsaam om voor die tyd met die ander party – die “skelmpie” - te gaan gesels en hoe moet so ‘n gesprek verloop?

 

A. Die ding wat ‘n affair krag gee, is die geheimsinnigheid daarvan. So hoe vinniger jy alles op die lappe kan bring van die affair, hoe vinniger gaan die affair sy mag verloor. Die waarheid maak vry. Dit is nie maklik of vrywaar dat jou maat nie gaan weghardloop met die skelmpie nie, maar dit is die manier hoe jy mag terugneem in jou huwelik.

 

 

V. Indien ‘n paartjie na jou toe kom vir berading omdat een van die twee ‘n affair oorweeg, watter raad sal jy vir hulle hê?

 

A. Moenie ophou kom vir berading totdat julle presies weet hoekom die begeerte daar is vir die affair nie. Ek sal hulle help om vrede te maak met die feit dat hierdie emosionele seer wat die wortel is vir hulle begeerte om aandag en liefde op ‘n ander plek te kry is deel van wie hulle is en dan om stelsels in plek te stel waarmee jy jou emosionele seer kan bestuur, weg van die affair en na jou huweliksmaat. Verstaan, aanvaar, bestuur. Dit is die 3 stappe tot my huweliksberading.

 

V. Indien ‘n man of vrou besef dat hy/sy op die punt staan om ‘n affair te hê maar nie sy of haar huwelik in gevaar wil stel nie, moet daardie persoon betyds hulp kry of moet die huwelikspaar sáám hulp kry?

 

A. Die individu kan maar eers self gaan vir berading, want ‘n gesonde huwelike bestaan uit gesonde individue. 10. Wat kan jy doen om te keer indien jy besef jy loop self gevaar om in ‘n affair betrokke te raak? Ken jou emosionele seer. Wees bewus van jou kinderdae trauma. Identifiseer jou seksuele voorkeure. ‘n Affair sal altyd na jou toe kom met die antwoord tot al jou probleme. Die oplossing tot al jou seer. Dit sal hemel en aarde vir jou belowe. Maar dit is alles net ‘n leun. Dit is niks meer as ‘n fantasie en ‘n ontvlugting van jou inner pyn nie.

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

Bestel nog vandag Timothy Kieswetter se nuutste boek "Maak jou huwelik affair bestand". Besoek ons webtuiste of enige goeie boekwinkel. Die boek is ook beskikbaar op alle eboek platforms.

 

 

Kliek hier vir jou droom huwelik.

of stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

of skakel ons kantore by 086 111 2329

 

Hoofstukke in die boek "Maak jou huwelik affair bestand" 

 

Deel 1: Die ontwikkeling van 'n affair

  • Die paradysprentjie
  • Die emosionele swart gat
  • Die listige slang
  • 'n Onbetrokke, ongewillige, onaktiewe huweliksmaat
  • Die gehiem
  • Die ontnugtering
  • Die wegkruipery
  • Die verskonings
  • Die skeiding

Deel 2: Die herstel na 'n affair

  • Vergifnis en insig
  • Bou weer jul paradys
  • Steun op jou ondersteuningsnetwerk
  • Pasop vir die halfpad-duister-terugslag
  • Jy begin weer dors na iets
  • Kry afsluiting
  • Gee weer, totdat jy jou hele self kan gee.

 

Kliek hier om in jou verhouding te begin belê.

 

 
 

 

 

 
 
  Follow us | facebooktwitterpinterestrss  
 
 
  {unsubscribe}If you don't want to receive our news anymore, unsubscribe{/unsubscribe}  
3032

My naam is Timothy Kieswetter, Bybel en sekuriteitskenner en saam met my vrou Janet het ons ‘n weeklikse aanlyn program ontwikkel wat huwelike red, sekslewens verbeter en kommunikasie versterk. Deur ons video’s, e-Kursusse, SMS’e en persoonlike begeleiding kan jy die huwelik kry wat jy nog altyd van gedroom het.

 

red"Red jou huwelik"

Ons verstaan dat ‘n huwelik die plek is waar ons veilig in moet voel en wanneer daar faktore inglip wat hierdie veiligheid bedreig, dit baie vinnig ons wêreld onderste bo kan draai en vir ons die bere instuur met vrees, frustrasie en woede. Daarom fokus ons baie in ons Mentorskap program om julle weer by ‘n veilige plek in julle huwelik te bring, ‘n plek waar julle weer naak voor mekaar kan staan sonder om skaam te voel.

 

“Baie dankie vir waardevolle inligting wat ek in ons verhouding kan gebruik.” – Anoniem van Kaapstad

“Julle is uitstekend en doen ‘n wonderlik werk. Hou dit so. Ek was nog nooit so positief oor my huwelik as na hierdie laaste e-Kursus nie. My hart is sommer weer vol hoop vir ons.” – Anoniem van Rustenburg

“Ons huwelik is besig om van nuut af te herstel!!!!” – Anoniem van Benoni

Kliek hier om jou huwelik te red.

 

verbeter"Verbeter jou sekslewe"

Ons verstaan dat seks een van die belangrikste elemente en pilare waaruit ‘n gesonde huwelik bestaan is en daarom fokus ons nie net op die teorie van gesonde seks nie, maar ons deel ook met julle van ons beste wit warm wenke en seks tegnieke wat seker gaan maak julle ‘n vervulde sekslewe in julle huwelik kan geniet.

“Dit is awesome! En baie pret! Ons love die Gesonde Seks huiswerk elke Vrydag!” – Anoniem van Namibië

“Baie dankie Janet vir die wonderlike e-Kursus. Dit het my oë baie oopgemaak. Ek voel glad nie meer skaam om vir my man te sê wat ek wil hê nie en ek voel ook nie meer dat my man my gaan reject as ek die eerste move maak nie. Inteendeel dit maak hom net meer opgewonde vir my. Waar ons miskien een keer ‘n week seks gehad het is dit nou meer soos elke ander dag. Die mentorskap het ons huwelik net sterker gemaak. Dit voel of ons weer is waar ons was toe ons net begin uitgaan het. Dis fantasties. Weereens baie dankie.” Anoniem van Bloemfontein

Kliek hier om jou sekslewe te verbeter.

 

 

versterk"Versterk jou kommunikasie"

Ons verstaan dat sonder kommunikasie, dit feitlik onmoontlik is vir twee om een te word. Sonder kommunikasie kan daar geen kompromie wees nie en sonder kommunikasie is daar geen eenheid en intimiteit nie. Daarom fokus ons om nie net jou te leer hoe om aandagtig te luister nie, maar ons leer jou ook hoe om effektief en duidelik jou punt oor te dra, sodat jou man of vrou jou makliker kan hoor en daarop aandag gee.

“Die e-Kursus het ons gehelp om te verstaan waarvandaan alles kom en om beter te kon gesels oor die onderwerp. Baie dankie.” – Anoniem van Pretoria

“My man het baie goed van my geleer, ek wil amper sê hy het meer insig in my hart na les 4 toe ek daai platform gebruik om my vrese en hartseer te kom neerlê. En ek het nou meer insig in my man se denkwyse en manier van goed sê en doen ontvang. Ons vind baie baat by julle e-Kursusse baie dankie.” - Anoniem van Kaapstad

Kliek hier om jou kommunikasie te versterk.

 

Sluit nog vandag by ons Mentorskap program aan en ons doen ‘n persoonlike intimiteitstoets op julle huwelik, wat vir julle die nodige insig sal gee tot waar julle sterk en kwel punte is en met watter e-Kursusse julle eerste moet begin om so vinnig as moontlik daardie perfekte huwelik te kry waarvan julle nog altyd gedroom het.

Kliek hier vir jou droom huwelik.

of stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

of skakel ons kantore by 086 111 2329

 

Gesonde Seks Mentorskap e-pos kursusse tans beskikbaar:

  • Video Kursus: 6 Weke tot meer gereelde Seks
  • Kry die tipe seks waarna jy begeer
  • Orgasme 101
  • Orale Seks 101
  • Tantric Seks vir Christene
  • Seks Speelgoed 101
  • Die 5 Tale van Liefde
  • Van Seuntjie tot Man in die Huwelik
  • Maak jou langafstandverhouding floreer
  • Hoe om deur julle verskille te werk
  • Huwelik voorbereiding vir verloofdes en pasgetroudes
  • Verbeter jou kommunikasie - (Deel 1)
  • Verbeter jou kommunikasie - (Deel 2)
  • Hoe om met jou kind te praat oor seks
  • God het seks gemaak en gesê dit is goed
  • Affair-proof jou huwelik
  • Salomo se liefdes geheime
  • Die Hooglied-vrou
  • Seks na swangerskap
  • Hoe om te breek met jou pornografie verslawing
  • Hoe om teleurstellings in jou huwelik te verwerk
  • Maak jou saamgestelde gesin werk
  • Styl en voorkoms

Kliek hier om in jou verhouding te begin belê.

1746

 

Ek wil graag vandag se artikel begin met een van Salomo se wyshede. Wanneer dit gekom het by huweliksdinge, het hy geweet waarvan hy praat. Met ‘n duisend vroue het hy verseker dalk nie alles reg gedoen nie, maar hy het beslis geweet wat alles in ‘n huwelik kan verkeerd gaan, en net so ook reg gaan.

Spreuke 10:12

“Haat bring rusie. Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.”

So ‘n eenvoudige kort vers wat só ‘n diep en kragtige waarheid vir ons bevat. Haat bring rusie en liefde bedek wat verkeerd gedoen is.

Visualiseer nou dat jou huwelik twee kamers bevat. Daar is  ‘n haat-kamer en ‘n liefdeskamer. En die kamer waarin jy woon, is die kamer wat jou huwelik die meeste gaan beïnvloed.

Jy mag dalk nou dink dat haat ‘n vreeslike sterk woord is. Jy het nie haat in jou hart vir jou man of vrou nie. Ons eerste gedagte van haat is daai emosie wat jy voel net voordat jy iemand doodmaak, en omdat jy nie regtig jou huweliksmaat wil doodmaak nie, haat jy nie regtig die persoon nie.

Daarom  wil ek graag vir jou uitwys dat haat, soos enige ander emosie, het grade van intensiteit. En maak nie saak hoe oulik jou man of vrou is nie, ons almal het ‘n “haat-kamer” in ons hart.

Daar is ’n aantal duidelike verskille tussen ons haat-kamer en ons liefdeskamer wat vir ons vinnig gaan kan uitwys, in watter kamer ons die meeste van ons tyd in deurbring.

  • Haat word gemotiveer deur wat reg en verkeerd is, waar liefde gemotiveer word deur genade. As jy die hele tyd gefokus bly op die reg en verkeerd in jou huwelik, gaan dit altyd die bitterheid en haat emosies ontlok eerder as genade en versagting.

 

  • Haat fokus altyd op die gedrag van ‘n persoon, waar liefde altyd die groter prentjie probeer insien. Byvoorbeeld;  jou man kom dronk by die huis aan, en dadelik zoom jy in op die negatiewe gedrag van jou man en dit sit jou dadelik in jou haat-kamer. Maar as jy in jou liefdeskamer is, probeer jy altyd die KONTEKS van jou man se gedrag plaas. Jy vra vir konteks deur genade, nie deur kruisverhoor nie. Dan mag jy dalk agter kom dat hy sy werk verloor het, of dat sy pa oorlede is en dan (omdat liefde altyd die konteks najaag en nie die gedrag nie) bevorder intimiteit, in plaas van vyandskap tussen mekaar.

 

 

  • Haat maak jou altyd die slagoffer. Jy begin jammer voel vir jouself, want jy verdien beter. Bly lank genoeg jammer voel vir jouself en jy is een tree nader om in depressie te verval. Liefde aan die anderkant, is nie gefokus op die EIE EK nie, maar op die gebrokenheid van die ander persoon. Omdat dit die groter prentjie en konteks van jou maat se gedrag verstaan, het jy die emosionele kapasiteit om die geveg nie nou oor JOU te maak nie, maar om jou maat se uitskreeu vir aandag en aanvaarding raak te sien.

Gebroke mense gebruik negatiewe gedrag om aandag en liefde te kry. Dit is natuurlik nie die beste manier  om enige van die twee te kry nie. Dus, wanneer  ons in ons haat-kamers bly sal ons presies die teenoorgestelde gee as wat die gebroke persoon soek en benodig. Ons sal net hulle gebrokenheid verder verdiep en só langer vasgevang bly in hierdie negatiewe en ongesonde gedrag siklus.

 

  • Haat oordeel ‘n mens op wat hy gedoen het. Dit is goed om ou koeie op te grawe en maak ‘n gewoonte om ‘n mens se waarde en karakter te koppel aan daardie persoon se foute. Haat laat nooit die verlede rus nie en keer die persoon om ooit aan te beweeg met sy lewe of om reg te maak wat verkeerd gedoen is nie. Hierdie oortreding sal verewig oor die persoon se kop hang soos ‘n swaard.

Liefde werk ‘n bietjie anders. Liefde koppel nie ‘n mens se waarde aan wat ons doen of nié doen nie, maar fokus eerder  op die goddelike potensiaal in elke persoon. Dit spreek tot die goed en mooi in die persoon.

 

In watter kamer bevind jy jouself?

Watter atmosfeer is teenwoordigheid in jou huwelik? Rusie of vrede? Haat of liefde?

 

Die deur tussen jou haat-kamer en jou liefdeskamer is genoeg VERGIFNES. Begin vandag om jouself te vergewe, die mense rondom jou te vergewe en ook God te vergewe. Beweeg uit jou haat-kamer en tree in jou liefdeskamer in, waarin jy mag rus en vrede beleef.

 

 

 

Kliek hier om erens te neem van die gesondheid van jou huwelik en laat toe dat ons julle help om 'n gesonde huwelik en sekslewe te bou met ons verskillende aanlyn self-help programme. Begin jou GESONDE SEKS MENTORSKAP program vandag. e-pos ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kliek hier: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/mentorskap

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top