Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Timothy Kieswetter

Timothy Kieswetter

Timothy has not set their biography yet

3294

 

Ek het hierdie brief onlangs van een van ons Gesonde Seks fans gekry:

“Hi Timothy, ek en my man het onlangs julle Gesonde Seks blad op Facebook ontdek en kon aanklank vind by baie van die ander mense se probleme en julle raad. Een punt wat ons verhouding van 9jaar ‘n groot knak gee is elke keer wanneer ons baklei. Hy wil skel en sleg sê en ek bly liewer stil (stilstuipe soos almal sê) soms vir 2-3 dae tot ek weer beter voel.

Watter een is beter, die skel en seermaak of die stilbly tot die storm verby is?

Baie dankie”

Een van die eerste boeke wat ek gelees het, wat ‘n blywende impak by my gelos het, is Stephen Covey se “The 7 Habits of Highly Effective People.” Daarin het hy my geleer dat as jy nie net tevrede moet wees met twee opsies nie. Dit is nooit “either” “or” nie. Daar hoef nie net jou opsie of myne te wees nie. Want dan het jy ‘n wenner en verloorder. Wat van ‘n opsie waar albei partye wen? Die oomblik wanneer julle baklei of vassit oor iets en dit lyk net of daar twee opsies is, stop dadelik met julle bakleiery en dink saam aan ‘n derde opsie. Vierde, vyfde, selfs sesde opsie!

Stilstuipe en skel en slegsê is nie die beste twee opsies nie. Begin om jouself daarin te oefen om vir daai derde alternatiewe manier te soek. As ons dit nie doen nie, gaan ons altyd wil doen wat ons wil doen. Verstaan dat ons almal het ‘n sekere “default” manier om te baklei. Dit is gekoppel aan ons persoonlikheid en aan hoe ons deur ons ouers geprogrammeer is om te baklei.

So as jy geprogrammeer was om stilstuipe te gebruik as ‘n vorm van manipulasie en jou persoonlikheid vermei konflik, dan sal jy vir 2-3 dae onttrek.

As jou man uit ‘n huis kom waar pappa en mamma op mekaar gegil en skreeu het, sal hy natuurlik na daardie vegstyl toe gaan.

Die eerste stap wat julle moet besef, is daar is meer as net hierdie twee maniere om konflik in julle huwelik op te los.

Stap twee is om die voor en nadele van elke metode te identifiseer.

Dan stap drie is om met hierdie voordele ‘n nuwe alternatiewe oplossing tot julle probleem en baklei strategie te vind.

Stilstuipe:

Voordele – Gee vir jou emosies kans om tot ruste te kom en dan wanneer jy praat sodat jy met meer kognitiewe kommunikasie kan voortgaan.

Nadele – Wanneer jou emosies bedaar het en die situasie nie meer “top of mind” is nie, is dit makliker om net van alles te vergeet en aan te beweeg asof niks gebeur het nie. Hierdie is baie problematies want daar bly onderliggende gevoelens teenoor mekaar wat julle net verder van mekaar laat wegdryf.

 

Skel en slegsê:

Voordele – Jy gee uiting tot jou emosies en baie keer is die konflik vinnig oor en verby.

Nadele – In die hitte van die oomblik sê jy dinge wat seer maak en wat nie meer regtig nodig is om jou emosies te deel nie. Jy raak nou net lelik.

Nou ek gaan hierdie artikel anderste eindig as gewone artikels. Ek gaan nie vir jou my alternatiewe manier van baklei gee nie. Eerder gaan ek dit uitgooi vir julle om vir my julle alternatiewe konflikhantering te stuur. Gebruik die voor en nadele van die Stilstuipe en Skel en slegsê om julle te help om julle nuwe manier van konflikhantering te maak.

Om dinge verder interessant te maak, gaan ek die top 5 reply’s wat ek by julle kry vir die Gesonde Seks Fans gee om voor te stem en die een wat die meeste stemme kry gaan my ‘Ontbyt in die bed en Seks in die Kombuis’ en ‘Wat Adam my van Seks Geleer het’ e-boeke wen.

 

Inskrywings vir die kompetisie sluit Vrydag die 6de Maart. So maak seker jy reply op hierdie email jou alternatiewe manier van konflikhantering. 

3143

Ek het nog nie veel aandag aan die “BLY KALM”  beweging gegee nie. (Dalk is ek te veel van ‘n rebel om te doen van wat ander doen.) Maar ek het vandag die wysheid agter die twee woorde BLY KLAM besef. Studies wys dat ons al hoe vlakker begin asem haal, ons oefen minder en stres meer. Dan bereik ons ‘n punt waar ons uitbrand. Om uit te brand is nie iets wat oornag gebeur nie. Dit is iets wat opbou en opbou en as jy nie “BLY KALM” nie, gaan jy uitbrand.

Continue reading
3273


Wilskrag. Die krag om jou wil te gebruik. Dit is ons gunsteling ‘go to’ antwoord vir iemand wat lyk of hy/sy ʼn bietjie slapgat is of nie daardie selfsugtige gewoonte of verslawing kan of WIL afskut nie. Byvoorbeeld - wanneer jy konstant met jou man baklei, omdat hy aanhoudend sy vuil klere en nat handdoekke op die vloer gooi en net daar los.

 

“Gebruik net jou wilskrag en tel jou klere op.”

Of die warmbloedige een onder julle wat die hele tyd vir seks moet smeek.

“Gebruik net jou wilskrag en inisieer en geniet seks.”

 

Ek moet bieg die tweede voorbeeld is dalk nie in dieselfde kategorie van eenvoud as die eerste een nie, maar vir die warmbloedige persoon voel dit of hulle maat net nie genoeg WIL het om so lus te wees soos hulle nie.

 

Die “WIL” is ʼn baie komplekse en individuele ding. Net omdat ek “iets WIL” -  beteken dit nie dat ander, selfs my huweliksmaat, dieselfde WIL het nie.

Maar wat van die WIL om my vrou of man gelukkig te hou?

Wanneer  ek sien dat dit vir my maat belangrik is, hoekom WIL hy/sy my dan nie gelukkig maak nie?

 

Daar het interessante navorsing uit die neurologiese gemeenskap gekom waar hulle die krag van die WIL in die brein gevind het. Hulle beweer dat jou wilskrag baie soos die van ‘n spier is wat jy kan oefen, maar meer belangrik, is dit iets wat jou kan moeg maak ook.

Hulle vergelyk dit met die gevoel van oormatige oefening by ‘n gimnasium. Ons almal het dit al ten minste een keer gedoen. Oefen ons arms en bene baie hard, net om met moeite te gym te verlaat, die kar versigtig in te klim en te bid op pad huis toe dat jy nie met hierdie jellie arms en bene ʼn ongeluk gaan maak nie.

Net so is dit dan ook  met ons wilskrag. Jou wilskrag word deur die loop van die dag gebruik om reg of beter op te tree teenoor dinge soos –  wat om te eet?, moet ek mooi praat met my skoonouers?, gaan ek my baas se onbeskoftheid aanhou opvreet?. Al hierdie dinge dreineer jou wilskrag.

Hierdie dreinering van jou wilskrag word genoem Willpower depletion.” Of dan “ Wilskrag Uitputting”

En as ʼn huweliksberader kan ek vir jou sê dat die meeste van die paartjies se bakleiery rondom klein onbelangrike dinge gesentreer word ,en dit in sy beurt dreineer hulle wilskrag om mooi en respekvol teenoor mekaar op te tree. Wanneer die groot geskil kom, soos ʼn skoon slaapkamer of seks vanaand of nie, het beide nie genoeg krag oor om hulle WIL te gebruik om mekaar eerste te stel nie.

Verstaan dat ons elkeen net ʼn seker hoeveelheid krag het om ons WIL te gebruik in elke dag. Wanneer jy dit verstaan ,kan jy ʼn bietjie meer empatie vir jou huweliksmaat hê, wanneer hulle nie doen wat jy vra of voor hoop nie, want jy verstaan dit is nie omdat hulle nie WIL nie, maar omdat hulle nie meer genoeg krag oor het nie.

Oefeninge hoe om jou wilskrag te versterk.

1.            Verwyder die besluitneming oor klein alledaagse takies.  Stel ‘n vaste roetine vir jouself op wat die besluitneming uitwis.

In roetine het jy nie ʼn keuse nie, jy MOéT, daarom gebruik ek nie my WIL nie, maar volg net ʼn roetine. Dit is nie iets waaroor ek hoef te besluit nie. Dit is deel van my daaglikse roetine en daarom doen ek dit. Dit verg geen verdere gedagte nie. Zone uit as jy moet, maar tel die verdomde nat handdoek op en hang dit op.

Maak ʼn seks-dag vas op julle kalender. Maak nie saak wat gebeur deur die week of hoe ek voel nie, Vrydae aande of Saterdae oggende is ons seks-dag. Ek hoef nie daaroor te besluit of dink nie, ek hoef nie wilskrag te gebruik nie. Ek volg net roetine.

2.            Wanneer  jy sien jou maat se wilskrag is gedreineer, weerhou daarvan om enige vereistes aan hulle te stel. Die kanse dat dit in ʼn geveg gaan ontaard - is groot. Help jou maat om sy wilskrag te rus en doen die besluitneming vir hom/haar.

Bv. Liefie ek sien jy is moeg vandag. Ek het sommer jou klere vir jou opgetel en in die wasgoedmandjie gesit. Kom sit en ek maak gou vir jou ʼn lekker koppie tee.

Of

Skat, ek sien jy is gedaan, kom lê, dat ek jou rug masseer. (En na ʼn goeie 30 minute van masseer kan jy haar begin vry en oorgaan seks toe.)

 

Skryf in by ons Gesonde Seks Mentorskap program om jou huwelik en sekslewe te versterk en te verryk. Kliek HIER.

 

 

8500

Ek dink almal besef vandag dat sommige huwelike nie werk of gered kan word nie en dat die enigste/beste opsie vir só ʼn persoon is om te ontsnap van die giftige, gewelddadige en emosionele vernietigende verhouding. En omdat ons hierdie besef, loop ons die gevaar die oomblik wanneer ons, in ons eie huwelik tekens van pyn, seer, verwerping en trauma sien, lei ons af dat ons huwelik ook maar “doomed to fail” is.

Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top