Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Timothy Kieswetter

Timothy Kieswetter

Timothy has not set their biography yet

7132

Hierdie is elke ouer se grootste nagmerrie en hoop dat dit nooit met hulle sal gebeur nie. Maar ongelukkig, is hierdie lewensles nie vermeibaar nie en ook moet ons dit nie weg wens nie. Lees gou eers wat een bekommerde mamma vir my gestuur het.

Continue reading
2622

Gesonde Seks Movie review – Friends with Kids

Romanties:                                       3/5

Eroties :                                            2/5

Gesonde Seks Boodskap:              5/5

Ouderdoms beperking:                  16 L,S

Director: Jennifer Westfeldt

Writer: Jennifer Westfeldt

Stars: Jennifer Westfeldt, Adam Scott, Maya Rudoph, Chris O'Dowd

Hierdie fliek het nogal 'n indruk gemaak op my. Nie omdat dit baie snaaks of romanties of mooi is nie. Maar oor die dieper gesprek rondom wat gebeur met 'n huwelik wanneer kinders by kom. Die storie gaan oor Julie (Jennifer Westveldt) en Jason (Adam Scott) wie jare lange vriende is. Hulle het al probeer uitgaan maar gesien daar was nie 'chemistry' nie.

Hulle voel net te veel soos broer en suster. Ironies genoeg, besluit hulle om saam 'n kind te hê. Hulle spekuleer dat hulle sal goeie ouers kan wees en mekaar nog ruimte gee om ander verhoudings te hê en sodoende die horibale bakleiery en lelik word van hulle vriende, uitskakel. Want duidelik het kinders kry hulle vriende se huwelike baie skade aangedoen. Dis duidelik baie stresvol en min lekker om kinders saam met iemand anders groot te moet maak. Of is dit? Die storie is lank en bietjie uitputtend maar die einde los jou met 'n warm gevoel in jou hart.

Die Gesonde Seks les is dat daar 'n konstante soektog in die huwelik is na 'equality'. Ons kompeteer teen mekaar sonder om dit ooit te weet. Dis nog altyd daar maar wanneer kinders arriveer, raak die kompetisie strenger. Ons kyk heeltyd of die ander een sy kant bring. En sodra ons voel iets is ongelyk of onregverdig, is daar gevoelens van resentment. Dit kan opbou as dit nie uitgepraat is nie en lei dan na konflik. Sommige paartjies deel alleste netjies in die helfde. Kinders rondry, inkopies doen, aandete voorberei, selfs nag voedings word ge-alternate. Ander besef weer mamma se talente lê in die huishouding, pappa s'n by die geld inbring. En ander probeer saam saam by alles uitkom.

Het julle 'n sisteem in julle gesin? Het julle al gepraat oor die verdeling van verantwoordelikhede of is dit vanselfsprekend? Voel een dat hy/sy die meeste doen in die gesin? Het julle 'n skeidsregter nodig? Watookal julle opset, die beste plan bly dat twee beter is as een. Baie hande maak ligte werk. 'n Tou met twee stringe is sterker. En 'n huis wat verenig is, bly staan!

Friends with Kids Trailer

2952

Die tweede grootste probleem wat ek in berading sien elke dag is die een van kommunikasie. (Die eerste probleem is seksueel van aard.)  En natuurlik as die kommunikasie sterk tussen die paartjie is, is daar ʼn goeie kans dat die intimiteit ook gesond is.


b2ap3_thumbnail_Kommunikasie.jpg

Soos wat ek na my kliënte luister en kommentaar op Gesonde Seks se Facebook blad lees kom ek agter, ons het ʼn baie groot wanbegrip van wat kommunikasie werklik is. Kommunikasie is vir baie slegs om inligting te verruil. Ek voel, dink of beleef iets en wil dit aan jou bekend maak of ek moet lank genoeg stilbly om jou gevoelens, gedagtes en belewenisse kans gee om verruil te word.

 

Solank soos wat ʼn paartjie se kommunikasie slegs bestaan uit om inligting te verruil, sal hulle nooit intimiteit kan beleef in hulle kommunikasie nie en kan dan maklik disintegreer tot waar die een voel sy inligting is nie meer so belangrik soos die ander een se inligting nie. As dit gebeur dan verdwyn die tye van luister na die ander een se inligting voordat jy gereed maak met jou eie inligting. Omdat jy nou voel jou inligting word nie meer as belangrik beskou nie, begin jy net om harder te werk om JOU inligting aan jou maat oor te dra. Met ander woorde, dit eindig op in ʼn skreeu kompetisie.

b2ap3_thumbnail_Kommunikasie2.jpg

Wat ek vir my kliënte uitwys is dat kommunikasie veel dieper kan wees as net ʼn platform waarmee jy inligting verruil. As jy kommunikasie kan sien as ʼn “plek” in plaas van informasie, het jy sopas ʼn groot paradigma skyf gemaak.

 

Genesis 2:25 praat van die man en sy vrou wat albei kaal voor mekaar gestaan het en geen skaamte geken het nie. Dit beskryf nie wat hulle vir mekaar gesê het nie, maar eerder die konneksie, die plek waar hulle mekaar gevind het.

b2ap3_thumbnail_Kommunikasie3.jpg

Die sleutel om ʼn konneksie te maak tydens kommunikasie is nie om te luister of selfs om terug te reflekteer nie (albei van hierdie is baie goeie en belangrike tegnieke in effektiewe inligting verruiling), want om ʼn konneksie te maak is op ʼn dieper vlak, om jouself in die ander persoon se skoene te plaas. Die konneksie tydens kommunikasie is soos ʼn “Ah-Ha” oomblik. Eweskielik voel dit asof tyd stil staan en die wêreld rondom julle verdwyn.

Julle bevind julleself alleen in ʼn baie intieme en broos plek. ʼn Plek waar woorde nie nodig is nie.

Hierdie is ʼn veilige plek. ʼn Plek van eenheid.

Hierdie is ʼn plek waar jy jouself as individu vir ʼn oomblik verloor en een word met jou maat. Jou vrese, emosies en begeertes het vir hierdie oomblik verdwyn en sonder dat jou maat vir jou enige iets hoef te sê of te verduidelik, weet jy. JY is daar. Julle vind mekaar daar.

Jy sal weet wanneer julle ʼn konneksie gemaak het. Dit is soos ʼn kommunikasie orgasme.

Hierdie artikel is maar net om jou bewus te maak van hierdie intieme “konneksie” plek iewers weggesteek in julle kommunikasie. Vind dit deur om jouself in jou maat se situasie te plaas en die wêreld deur hulle oë te sien en doen dit in dieselfde oomblik waar jou maat dieselfde doen om hulleself in jou skoene te plaas, en daar beleef julle iets wat goddelik is. Waar twee een word.

As julle wil verbeter in julle kommunikasie, skryf in vir ons kommunikasie kursusse op ons mentorskap program.

Verbeter jou kommunikasie Deel 1: 

Verbeter jou kommunikasie  Deel 2: 

 

2782

Daar is baie dinge in die lewe wat ek nie verstaan nie.  Maar een van die dinge wat my die meeste my kop laat krap is die sexy taal gebruik tussen die Afrikanerman en -vrou.

 

“Pappa, gaan ons ‘n bietjie wors braai vanaand?”

“Mamma, ek is lus vir jou tjops!”

Ek weet Oedipus het iets gehad vir sy mamma, maar Mamma Mia, dis net Griekse mitologie. Ons is darem Christene hier.

Ek het nog nooit gehoor waar enige iemand hulle skelmpie pappa of mamma noem nie. (Dit verduidelik dalk die behoefte vir pappa om ‘n skelmpie te hê in die eerste plek!) 

Dit is seker normaal om ‘pappa’ en ‘mamma’ as noem naampies vir mekaar te hê as jy seks slegs gaan gebruik om kinders te maak. Maar ek hoop teen die tyd het paartjies verby daardie eeu oue siening beweeg en darem seks vir meer as net prokreasie geniet.

Baie desperate ‘mammas’ kom na my toe vir berading en beskryf hoe moedeloos en frustreerd is hulle om te probeer om pappa gelukkig te hou. Sy gee hom gereeld seks, weier hom nooit nie, wat meer moet sy doen? Maar gereelde seks en om nooit nee te sê nie, maak ‘mamma’ niks meer as net ‘n flukse huwelikshulp nie.

Die rede hoekom skelmpies, skelmpies word, is omdat daar iemand is wie pappa vir meer sien as net pappa. Sy kyk met honger oë na ‘n sexy, aantreklike man! Sy sien hom buite sy rol as pa van die huis. Laat jou kinders hom pappa noem en jy noem hom enige iets anderste solank dit net in ‘n sexy nighty is!

So vir hierdie Vadersdag, stuur ‘n dankie boodskap vir jou biologiese pa, kry jou kinders om kaartjies te skryf vir hulle pa, en jy drop jou mamma-houding en bring erotika terug in julle sekslewe. (Moenie bekommer nie Erotika is nie ‘n regte persoon nie! Sjoe ons het nog baie werk om hier te doen!)

En ‘Mamma’ mag nie toelaat dat ‘pappa’ sy ding doen en omrol nie. Vra vir meer! Lei sy hand. Wys hom wat jy wil hê! Want jy is nie dan ‘n mamma nie, jy is sy wit warm vrou! Maak seker hy weet dit!

Het jy geweet die man benodig ook genoeg voorspel? Net omdat die man 'n ereksie het, beteken dit nie hy is reg vir seks nie. Hoe meer voorspel jy vir jou man gee (en jy as man vir jouself toelaat - leer 'n bietjie geduld jong!) hoe lekkerder en beter sal die orgasme aan die einde wees, en hoe langer sal jy eintlik kan uit hou met jou seks sessies. 

Maak vandag die laaste Pappa-dag, en jou man se gelukkigste Man-dag!

 

 

As julle sukkel om dit vars te hou in die slaapkamer, maak seker julle skryf in vir ons Gesonde Seks Mentorskap program vir al die tegnieke, wenke en seks advies wat jy benodig vir ‘n wit warm sekslewe.

Kliek hier: Gesonde Seks Mentorskap

 

 

 

 

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top