Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Algemene info

9669
10 Natuurlike Libido Opkikkers vir vrouens
Vertaal deur Janet Kieswetter

Source: http://health.howstuffworks.com/sexual-health/sexual-dysfunction/top-10-natural-ways-to-boost-libido.htm
Dr Catherine Hood skryf die volgende 10 natuurlike maniere om jou libido te verhoog voor.

1) Geniet ’n glasie wyn
Paulus sê ’n bietjie wyn is goed vir die maag. Dit help ook vir matige angs en help mens om te ontspan. ‘n Glasie wyn of kelkie terwyl jy en manlief na die sterre kyk, is ‘n goeie voorloper van intimiteit.

2) Kosse met kink
Kosse wat seksueel suggestief lyk, soos aspersies en piesangs asook oesters, bevat sink wat nodig is vir ’n gesonde libido.

3) Stadig met die sigarette
Hou op rook. Rook vernou mens se bloedvate sodat minder bloed by die geslagsdele kan uitkom en dus minder opwekking veroorsaak. Rook drein ook jou energie.

4) Oefen. . . oefen. . .oefen!
Bly fiks. Oefening verbeter bloed-vloei wat weer ’n positiewe uitwerking op jou libido het. Ook, as mens oefen, voel jy goed oor jouself en ’n goeie selfbeeld is altyd goed vir seks!

5) Indien nodig, verloor gewig.
As jy hou van hoe jy lyk, is dit altyd goed vir jou seksdrif.

6) Eet reg
Genoeg vrugte en groente gee jou liggaam die nodige minerale en anti-oksidante wat jou liggaam gesond en aan die gang hou.

7) Sensuele massering
Sensuele aanraking na ’n lang harde dag, doen wonderwerke vir jou libido.

8) Neem Horny Goat
Horny Goat Weed, ook bekend as Epimedium of Yin Yang Huo, is ‘n natuurlike plantaardige produk wat beide mans en vrouens se libido verhoog.

9) Neem Gingko
Gingko Biloba is ‘n krui wat van die blare van ’n gingko biloba boom gemaak word. Dit stimuleer bloed-vloei na die brein en seksuele organe.

10) Werk aan jou selfbeeld
Voel goed oor jouself! As jy neerslagtig is, doen iets lekker wat weer die huppel in jou stap sal terugsit.


Continue reading
1829
“Timothy Kieswetter het hier baanbrekerswerk gedoen. Deur die fisiese, emosionele en godsdienstige aspekte van seksualiteit suksesvol te kombineer in ’n gesonde geheel. Hierdie is ’n waardevolle boek, vir die moderne Christen-man.” - Elmari Craig – Skrywer van Die A-Z van Seks

Kan 'n Christenman sy seksualiteit geniet sonder om sy geloof prys te gee?
Wat Adam my van seks geleer het beantwoord hierdie vraag.


Die woord seks en seksualiteit maak die meeste van ons ongemaklik, veral as dit in dieselfde konteks as die Bybel en Christenskap gebruik word. Baie mans sukkel om hul seksualiteit en Christenskap bymekaar te bring sonder om daaroor skuldig te voel.

Hierdie boek kyk na Bybelkarakters vanuit ʼn heeltemal nuwe oogpunt om te sien watter lesse aangaande seksualiteit ons van hulle kan leer. Vanaf Adam wat deur Eva se kaal-lyfie betower was tot Jesus wat owerspel vergewe het. Jy gaan lees van Abraham se lae libido, Simson se hoë libido, Ruben wat verlief op ʼn cougar was en Dawid se sekskapades. Jy gaan ook lees van Solomo wat ʼn duisend vrouens gehad het tot en met Paulus wat eerder glad nie wou trou nie. Hierdie boek raak alle seksuele onderwerpe aan waarmee die moderne man vandag mee gekonfronteer word. Dit sal jou insig gee in jou eie seksualiteit en hoe om dit te kan geniet en uit te leef soos God dit oorspronklik bedoel het

PRE ORDER die boek in SEP en ontvang 'n GRATIS CD getitel "Hoe Eva haar Adam kan help"
Bestel aanlyn by www.gesondeseks.co.za of skakel 0861112329 om telefonies jou bestelling te plaas.

Meer oor die Skrywer:
Timothy Kieswetter is ʼn Bybel- en seksualiteit-kenner. Na skool het hy teologie gestudeer en was ʼn jeug-pastoor by ʼn gemeente in Johannesburg. Hy het ook ʼn hele paar jaar daarna interkerklik bedien. Hy is tans besig met sy meestersgraad in seksuologie aan die Akademie vir Seksuologie van Suid-Afrika. Hy is ʼn gereelde skrywer vir Intiem-tydskrif asook spreker oor die onderwerp van gesonde seksualiteit. Hy is reeds vir 8 jaar gelukkig getroud met Janet. Saam het hulle twee pragtige dogtertjies, Janéy en Ilani.

Woorde van Lof vir "Wat Adam my van Seks geleer het":

Timothy is iemand wat dit oor bestaande grense van beperkings waag. Wat Adam my van seks geleer het, is ʼn openbaring van God se plan met ons seksualiteit. Wat voorheen as vooropgestelde taboes beskou is, word ʼn deur tot ʼn nuwe vars en spontane verhouding met God en jou huweliksmaat. Dit gee jou vrymoedigheid om jou seksualiteit sonder skuld en skaamte te kan uitleef. As Timothy se ouers, erken ons sy passie vir mense en dat hy die volledige mens; gees, siel en liggaam wil verryk om sodoende bestaande verhoudings en families te versterk. Knap gedaan Timothy! Ek weet hierdie boek gaan almal wat dit lees baie seën.
- Gary en Rhona Kieswetter, Bedieningsegpaar

Om oor seks te skryf, sit nie in enige ou se broek nie. Om seks vanuit ‘n Bybelse perspektief te benader, nog minder! Tog is seksualiteit so ‘n alledaagse deel van ons menswees. Christene s’n ook ... en, glo dit of nie, Bybelkarakters s’n ook. Eindelik is ons Suid-Afrikaners op ‘n plek waar ons dit nie meer agter bakhande hoef te fluister nie: Seks ís ‘n wonderlike geskenk vanaf God! En dit is tyd om daaroor te praat, te redeneer, te sing en te skryf. So, dankie aan Timothy Kieswetter wat, met die skryf van dié boek ‘n baie taai tema soos ‘n moderne, dapper Dawid met sy kettie aangepak het. Die resultaat is ‘n eerlike, openhartige boek, geskryf op ‘n humoristiese en eenvoudige trant. ‘n Boek wat elke man, getroud én ongetroud, van enige ouderdom moet deurlees en as gids langs sy bed moet hou. Tussen die letters word vae Bybelfigure ménse. Manne wie se stories jou ‘n paar goeie wenke kan gee oor temas wat strek van vaderliefde tot libido-verskille, van vlerksleep tot voorspel. Ook ernstige temas soos prositusie en buite-egtelike verhoudings word kaalhande getakel, sonder dat Timothy preek of oordeel.

Hy skryf op ‘n prettige, lighartige manier, maar kry dit tog reg om die karakter van hierdie geestelike Bybelmanne vlees te gee. Die stories, lesse vir die moderne man, asook wetenskaplikes se siening oor die betrokke temas, maak van die boek ‘Wat Adam my geleer het van seks’ ‘n lekkerleesboek wat die leser laat met ‘n dieper verstaan van eeue-oue worstelinge wat elke hedendaagse Adam vandag nog moet deurtrap.
– Annelize Steyn, INTIEM Tydskrif

Nadat mens hierdie boek gelees het, kyk mens met nuwe oë na die Bybel. Timothy kry dit reg om wonderlike Bybelse-waarhede oor seksualiteit, wat te lank verborge gebly het, vir mens prakties verstaanbaar te maak en dit is bevrydend. Soos die Woord tereg sê “die waarheid sal jou vrymaak.” Na ons oor die afgelope 18 jaar meer as 3000 pare beraad het, kan ons met reg sê dat seksualiteit in die meeste huwelike ’n uitdaging is en daarom is ons baie opgewonde oor die hoeveelheid paartjies wat hierdeur gehelp gaan word.
- Gustav en Elna Muller, Huweliksberaders

Timothy Kieswetter verstaan die dinamika van manwees en intimiteit in die lig van die bedryfstelsel van Jesus Christus padlangs en suiwer. Hy weet dat God in die verhoudingsbesigheid is. In hierdie boek het hy ʼn vars inslag rondom die vereistes wat God stel vir manne. Ek is gek oor die manier hoe hy die Woord oopbreek, so sonder om akademies te raak, lekker op die man-af gemaklik, maar met soveel impak dat ek amper ʼn paar keer sonder voortande gesit het.

Ek het die voorreg om met hom te deel deur middel van die radio medium op ʼn gereelde grondslag binne die geselsprogram, Gesonde Seksualiteit, op Radio Namakwaland. Hierdie boek maak die evangelie relevant en toepaslik om die daaglikse hekkies van manwees te identifiseer, want dit gaan jou vir altyd anders laat dink en optree binne jou unieke verhouding.
- Jan-Hendrik Kleynhans, omroeper, Radio Namakwaland 93.4fm

Uiteindelik iemand wat die guts het! Timothy het nie net die guts om oop en eerlik oor seksualiteit te praat nie . . . hy gaan selfs ʼn paar stappe verder en verbind (ongehoord) seksualiteit en Bybelse karakters kreatief met mekaar. Hierdie boek gaan vir seker nuwe denke stimuleer, vlakliggende vrae ontblood en heel waarskynlik gesonde seks as klimaks tot gevolg hê!
- Johan Beukes – Geestelike leier, Mosaïek gemeente

In Wat Adam my van seks geleer het word bekende Bybelfigure gebruik om die oeroue en moderne uitdagings van seksualiteit op ʼn verstaanbare en toeganklike wyse uit te lig. Deur die fokus op die lesse vir die moderne man en veral ook deur die goed nagevorsde wetenskaplike inligting wat bygewerk is, kan die leser van onnodige skuldgevoelens en taboes ontslae raak en kan seksualiteit ʼn gesonde en regmatige plek in die totale menswees in terme van liggaam, siel en gees inneem.

Timothy Kieswetter het hier baanbrekerswerk gedoen. Deur die fisiese, emosionele en godsdienstige aspekte van seksualiteit suksesvol te kombineer in ʼn gesonde geheel. Hierdie is ʼn waardevolle boek, vir die moderne Christen-man.

Seks is goed. Seks is ʼn gawe van God en seks is ʼn plesier. Met liefde en intimiteit word dit sielskommunikasie!
- Elmari Mulder Craig, Seksuoloog

Timothy is ʼn kenner van die Bybel en seksualiteit. Hy ontsluit die geheimenisse van die Bybelfigure se seksualiteit op ʼn vars en verfrissende wyse. Timothy beweeg met wysheid, kennis en vaardigheid binne die pole van humor en erns, teorie en praktyk asook geloof en werklikheid. Hy het drie jaar se intensiewe akademiese opleiding in seksologie met lof geslaag. Tans werk hy aan sy Meestersverhandeling waar hy navorsing doen oor die Christelike-geloof en seksualiteit.
- Prof Johann Lemmer, President van die Akademie vir Seksuologie van Suid-Afrika

PRE ORDER die boek in SEP en ontvang 'n GRATIS CD getitel "Hoe Eva haar Adam kan help"
Bestel aanlyn by www.gesondeseks.co.za of skakel 0861112329 om telefonies jou bestelling te plaas.
Continue reading
2369
Seks na Swangerskap
Geskryf deur Janet Kieswetter

Wat ‘n opwindende tyd in ‘n vrou se lewe! Wanneer sy mamma word vir die eerste of tweede of derde keer! Soveel emosies wat veg vir aandag. Soms is daar te veel wat aangaan, en al wat jy kan doen is ‘smile and wave’. Hulle het jou gewarsku dat jy min gaan slaap en baie besig gaan wees, maar niks wat hulle gesê het nie kon jou regtig voorberei vir hierdie nie! Dis ‘n geval van ‘jy moet dit beleef om regtig te verstaan’.
En soos die dae aangaan en jy kom in die routiene van baba voed en doek omruil, bad en aantrek, sis en slaap as baba slaap, hang jou man in die agtergrond met ‘n bietjie onsekerheid. Hoe kan hy help? Of is hy net in die pad? En hy help met die karstoeltjie en dra die bad vol water en jaag die familie huis toe as hy sien dit raak vir jou te veel. Deur die nag is jy amper nie bewus van hom langs jou nie. Jys in ‘n dwaal tussen voedings en slaap en die pure plesier van daai klein baba lyfie wat jy moet versorg en liefkoos. En as jy ‘n baie geduldig man het, sal hy jou nie benader vir seks vir ten minste 3 weke nie. Hy weet dinge is nou rof vir jou. Maar hy mis jou.
Maar daar is ‘n paar dinge wat jy moet oorbrug voor jy weer kan seks kan waag met jou man.

Jou Lyf
Natuurlike gaan die maagie nie dadelik weg nie. En as jy keiser gehad het is daar ‘n wond, moontlik ‘n litteken. Tussen melk en bloed, lek jy amper uit elke gaatjie. Dalk het jy steke of ‘n skeur wat moet genees. Jou lyf was deur ‘n groot beproewing, dit kort bietjie TLC en wie beter om dit vir jou te gee as die liefde in jou lewe! Maar jy het ook nuwe bates! Lekker ronde melk borste! Selfs jy moet herken hulle lyk goed! Gewoonlik is jou borste seer en teer so hy kan kyk maar hy mag nie vat nie!

Seks idees om jou skaamheid oor jou lyf te oorkom:
- Seks met julle klere aan. Dra romp of sny gat in ou jeans sodat hy moet hard werk om by jou uit te kom!
- Blinddoek hom!
- Seks in die donker.
- Kry ‘n nuwe haarstyl en koop nuwe slaap klere waarin jy goed voel. Laat die rekmerke en ekstra gewig jou trofee wees wat verkondig jys nou mamma!

Die hormone
Dalk sukkel jy met Baby Blues. Jy wissel af tussen histeries lag tot huil en snik in jou kussing. Libido is skoonveld! Righthealth.com sê dat verlies van libido kan as gevolg van na-geboorte depressie wees. Dis baie normaal om ‘n beitjie af of selfs depressief te voel na die geboorte van jou baba. Snaaks dat die groot vreugde wat jy verwag het, nie nou daar is nie. Dis amper ‘n anti-klimaks. Indien, hierdie gevoel nie na 10 dae self weggaan nie, praat met jou dokter daaroor en kry hulp.
Die ander ding wat vrouens moet onthou is dat wanneer ‘n mamma borsvoed, word oksitosin afgeskei wat die band tussen ma en baba versterk. Hierdie is God se manier om ‘n gesonde band te laat vorm. Daar is dikwels soveel van hierdie hormoon, dat die band tussen man en vrou daaronder lei. Die vrou kry al die fisies aanraking en liefkosing wat sy begeer van borsvoeding en die sorg van haar baba. Haar begeerte vir haar man daal. Wat is die oplossing? Man en vrou moet kreatiewe maniere vind om die band tussen hulle weer te versterk.

Kreatiewe idees om die band tussen man en vrou weer te versterk:
- Speel bordgames of strip poker. Die verandering van aktiwiteit sal jou goed doen.
- Gaan inry toe saam met die baba. Jy kan borsvoed in die kar.
- Kom uit die huis en gaan piekniek.
- Soek ‘n quiz op die Internet waar julle moet vrae beantwoord oor mekaar, sodat julle beter mekaar kan leer ken. (www.quizcat.com)

Jou emosies
Daars onsekerheid, doen jy die regte ding? Daars ‘n nuwe oorweldige besorgheid vir hierdie klein bondeltjie. Jy is verantwoordelik. Sonder jou, gaan sy dood! Wat ‘n reuse las en voorreg! Jy weet jou man wag vir seks, en lateraan voel dit vir jou dat hy nog ‘n kind is by wie jy moet uitkom. Maar onthou, jy hunker ook na liefde en bemoediging. Jy het nodig dat hy jou net vashou en vir jou sê dat jy great doen!

Idees om jou emosies onder beheer te kry:
- Gesels met jou ma of beste vriendin oor alles wat jy deurgaan.
- Skryf in jou dagboek of ‘n brief aan jou man waar jy hom vertel hoe jy voel.
- Sluit aan by Babycentre.com of Immergroenouerskap.co.za waar jy lees van ander mammas wat deur dieselfde gaan en jy kan vrae vra en chat oor jou eie stryd.

Jou tyd
Soveel mense wil die nuweling kom besoek en jou huis is heeltyd vol mense. En as jy ‘n oomblik het vir jouself wanneer jy nie gaan uitpass van die moegheid nie, is daar baie dinge wat jy graag wil by uit kom. Hoe maak jy tyd vir manlief sonder dat dit voel soos nog ‘n werkie op jou lysie wat jy moet afkrap? Meeste dokters raai aan dat ‘n vrou 4-6weke wag om weer seks te hê na geboorte. Dit gee die wond tyd om te genees.
En jy so moeg! Jy kan nie lekker dink of funksioneer as mens so moeg is nie. Slaap is prioriteit #1!

Idees om tyd te maak vir jou man:
- As jy klaar paar ure geslaap het en jy het opgestaan om jou baba te voed, en jy klim terug in die bed, neem dan die tyd om jou man te nader vir seks. Die 15min gaan jou baie goed laat voel. Seks is soms ‘n ontlaaiding. Dit gee uiting tot baie frustrasies en emosies.
- Nooi jou man om middae huis toe te kom vir lunch en ‘n bietjie ekstra. Ek het gevind dat ek so moeg is teen die aand se kant, dat enige lus wat wel daar was deur die dag is nou nie meer te vinde nie.
- Maak plan vir oppassers so gou as moontlik. Dit is moeilik om weg te gaan van jou baba af, veral as jy borsvoed, maar 2 ure is al wat jy nodig het om weer met jou man te connect.

En toe julle dit probeer het, was dit seer
Baie vrouens ondervind ongemak wanneer hulle weer gemeenskap het na geboorte. Elizabeth McGee verduidelik op haar webwerf (http://worry-free-c-section.com/blog/1146/how-to-have-safe-sex-after-c-section) dat om die baba uit te haal, was daar baie getrek en gerek aan jou spiere en ligament deur ‘n keisersnit. Dit kan veroorsaak dat jy weer soos ‘n maagd voel met penetrasie seks. Dit gaan beteken dat jy en jou man dinge weer stadig neem en jou vagina stadig weer gewoond maak aan sy penis. Dit gaan dalk net een keer neem of meskien ‘n hele paar keer so volg hierdie stappe om dit te vergemaklik:
1. Gebruik KY-Jelly of ander lubrication.
2. Laat jou man jou klitoris kielie sodat jy ontspan en oop maak vir hom.
3. Vind ‘n posisie wat vir jou werk. Vrou bo gee jou meer beheer.
4. Man moet stadig beweeg en eers net die punt van sy penis insteek. Laat hy dan in en uit, elke nou en dan ‘n bietjie dieper. As dit te seer raak, vra hom om te stop.
5. Kommunikeer konstant met jou maat sodat hy verstaan hoe jy voel en dit nie persoonlik neem nie.

Dit hoef nie penetrasie seks te wees nie
Nou is die tyd om te liefkoos en aan te raak sonder dat die al die pad hoef te gaan. Kielie en vroetel met mekaar. Orale seks kom nou handig! Gesels oor al jou gevoelens en bekommernisse. Laat jou man jou bedien deur voete of rug te masseer, bad te tap en tee aan te dra. Kreatiewe maniere om weer die begeerte terug te bring in die slaapkamer
5 goeie redes om weer seks te hê na geboorte:
1. Om weer intiem met jou geliefde te voel.
2. Om goeie hormone af te skei sodat jy beter voel.
3. Om fun te hê en te lag saam met jou eggenoot.
4. Om julle huwelik weer te versterk, wat weer gesond is vir jou kinders.
5. Om weer sexy en begeerlik te voel.

Onthou, alhoewel jy die mamma is, het jou man ook Pa geword. Hy het ook nuwe emosies en gedagtes om mee te cope. Laat hy jou daarvan vertel. Hierdie kan ‘n spesiale ondekkingsreis wees waar julle mekaar in julle nuwe rolle leer ken en waardeer, sonder om die paartjie wat julle eens was te verloor.
Continue reading
2198
Stuur jou vrae na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Vraag:
My dogtertjie is nou 4 en half jaar oud..sy het eergister by die huis gekom van die skool af en sy het uit die bloute aan tafel gesê dat babas uit jou piepie uit kom..ek het net gevra ..wie se so..en sy sê toe haar maatjie by die skool.. later het sy my badkamer toe geroep en gesê dat haartjies op jou piepie groei, ek het weer gevra 'oh wie se so..en sy sê toe weer die maatjie..en toe vra ek en wat sê sy nog.. en toe sê sy dat die maatjie het genoem dat sy moet op die klimraam bo gaan lê en toe vat sy aan my piepie..en gister het ek haar onder 'n stoel gekry waar sy haar broekie wegskuif en aan haar self vat...ek het haar net geroep en haar aandag afgetrek met 'n werkie wat sy vir my moes doen ....sy het vanoggend vir my gesê ook sonder dat ek haar gevra het dat haar maatjie haar in die sandput gewys het om daar te vat..hoe weet ek hoeveel van die dinge is waar en hoe hanteer ek my kind en die skool..ek het haar vandag by my gehou en net gesê ons gaan bietjie dorp toe.. ek het 'n afspraak met die juffrou vanmiddag..hoe hanteer ek die skool? My kop sing al want ek weet nie wat om te dink van alles nie...

Antwoord:
Geagte Bekommerde-Ma.
Ek hoor jou bekommernis, maar ek wil jou terus stel dat dit alles normaal is. Hierdie is 'n goeie geleëntheid vir jou om die verhouding tussen jou en jou dogter te versterk en te sement vir daardie moeilike tienerjare wat voorlê. Neem jou dogtertjie uit vandag en gesels met haar oor seksualiteit. Vra vir haar wat se vraagies het sy nog oor iets wat haar maatjie genoem of gedoen het en dan beantwoord jy dit eerlik sonder om vir haar meer inligting te gee as wat sy voor vra.

Die speel met haarself is baie normaal en gesonde seksualiteit sluit in 'n gesonde kennis van jou eie liggaam. Kinders gaan deur fases van ondekking en ek glo dat ouers dit op ‘n gesonde manier kan fasiliteer. So lank as dit nie ‘n obsessie raak nie, is dit nie gevaarlik nie. Wat jy gedoen het deur om jou kind te vra om ‘n werkie te kom doen is uitstekend! Jy het nie met haar geraas nie, maar ook nie aandag gegee aan wat sy doen nie.

Jy hoef ook nie te bekommerd te wees oor die maatjie wat aan haar vat en dinge leer nie, want wat jy hier beskryf is baie normaal en onskuldig. As jy of die juffrou gaan raas en 'n ding daaroor gaan maak gaan hulle meer stoute dinge doen in die geheim. Daar moet toesig wees op die speelgrond om te kyk dat kinders nie seer kry nie. Kinders moet geleer word om nee te sê. Maar dokter-dokter speel gaan daar wees en kinders moet eerder aangemoedig word om bene te verband en pleisters op te sit plaas, in plaas daarvan om aan mekaar se privaatdele te raak.

Leer jou kind dat seksualiteit gesond en goed is deur om nie negatief oor sulke dinge op te tree nie. Ek verstaan dit laat mens skrik, maar jou kind weet nog nie alles wat jy weet nie. Vir haar is dit net nog ‘n interresante liggaamsdeel. Volwassenes maak dit vuil of lelik deur hulle optredes. Jou kind moet veilig by jou voel sodat sy alles met jou kan kom gesels.
Leer haar die verskil tussen wat is vir privaat en wat mens nie in die publiek mag doen nie.

bv. Dit is okay om saam met jou maatjie te praat oor sulke dinge, maar nie okay as iemand aan jou vat waar jy nie van hou nie.

Hoe jy hier gaan optree sal 'n groot onderbewuste boodskap vir jou dogtertjie stuur oor hoe om oor seksualiteit te voel.

Maak hierdie 3 punte vas:
1. Jy kan altyd met mamma kom gesels
2. Seksualiteit is gesond en goed
3. Wat is okay in publiek en wat moet privaat gehou word

Sterkte met vandag en moenie worry nie jy het tot dus ver alles reg gedoen. (dalk kan jy die juffrou meeting kanselleer of net vra om 'n oogie te hou, maar ek is net bang sy reageer te streng en dan maak dit die kinders net meer nuuskierig)

Ook sal ek noem net om veilig te wees om nie jou dogtertjie na die maatjie se huis laat kuier of alleen te veel met haar sal speel nie. By die skool en by jou huis, in 'n groep is fine, maar ons weet nie waar kry die maatjie haar seksuele informasie vandaan nie en ons wil nie jou kind aan daardie source blootstel nie.
Continue reading
1689
Deur Janet Kieswetter

Gryp haar! Nie vir seks nie, net vir soene! ‘n Vrou geniet onverwagte bewyse van jou liefde. Wees super-charmanties en druk haar (saggies) vas teen ‘n muur en vry haar!
Reël om haar te ontmoet vir ontbyt of koffie deur die dag. Die ongewone tyd laat haar voel soos jou skelmpie wat wegglip om met jou te wees.

Baie belangrik: Gee vir haar vryheid en ruimte om te slaap as sy moeg is. Haal die druk van seks heeltemal af! Die voordeel hiervan is dat sy jou begin verlang en tyd maak om jou te nader!
Maar saam met hierdie tips is ook ‘n waarskuwing om nie te lank vir haar die leisels te gee nie. Op ‘n stadium, moet jy as man, weer man wees en vat wat joune is! Dit laat haar voel dat jy haar begeer. Ja, dis moeilik. “Wat wil sy hê?” Vra jy. Jy gaan moet leer om haar te lees en sy moet leer om met jou te kommunikeer. “Nie nou nie” beteken wag tot sy inisieer. En as sy te moody begin raak, het jy te lank gewag!
Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top