Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Gesonde Huwelik

Artikels oor alles wat 'n Gesonde Huwelik maak werk

5117

 

 

Ons almal het nodig om te hoor “Ek is lief vir jou” net so veel soos wat ons nodig het om hierdie vir iemand te kan sê. En omdat ons weet hierdie is so belangrik, is dit maklik dat die woorde “Ek is lief vir jou” kan verander in ‘n rympie. ‘n Rympie wat ek opsê wanneer ek gou vinnig iets in my huwelik moet fix.

 

Amper soos wat gebed is. Ons weet dit is belangrik om te bid en daarom leer ons onsself allerhande gebed-rympies. Rympies wat al sy waarde en krag al lank terug verloor het, want dit word gebruik nou as ‘n quick-fix towerstafie gebruik.

“Ek is lief vir jou” is die enkel mees gebruikte sin wat in huwelike net nie meer geglo word nie. Ek sien daagliks paartjies wat op hulle skoon-ma se graf sweer dat hulle nog lief is vir mekaar. Maar die ander persoon weier om dit te glo. “Ek het dit al te veel keer gehoor en te min keer gesien.”

 

Sien “Ek is is lief vir jou” kan so maklik gesê word sonder om enige iets van die spreker te kos. En dit is dan nie ware liefde nie. Ware liefde kos iets. So as jy vir jou maat sê “Ek is lief vir jou”, dan moet dit jou iets kos.

Dit moet jou tyd kos. Tyd om jou foon neer te sit, oogkontak te maak en dit dan te sê.

Ongemaklikheid kos. Om in ‘n groep van jou werkskollegas vir jou maat te sê, “Ek is lief vir jou”

 

Om werklik lief te hê, moet jou ‘n beter mens maak. Jy kan nie liefde gee en ontvang en dieselfde persoon bly nie. Ware liefde verander jou net soveel soos wat dit die ontvanger verander.

 

So hier is vir jou twee woorde, wat baie moeilik rympies word en wat amper elke keer iets van jouself gaan kos asook om te help op jou persoonlike groei reistog:

 

DANKIE en JAMMER

 

DANKIE en JAMMER sien raak die persoon vir wie jy dit sê. Waar “Ek is lief vir jou”, gaan meer oor jou en hoe jy op daardie oomblik voel as wat dit gaan oor die persoon wat dit ontvang. En daarom voel die persoon steeds ongewaardeer en nie raak gesien in die huwelik nie.

 

Maar DANKIE en JAMMER gaan nie oor jou nie. Dit is direk gekoppel aan die ander persoon.

 

Dankie vir wie jy is.

Dankie vir wat jy doen.

Dankie vir JOU.

 

JAMMER is nog sterker as DANKIE. Jammer breek af die onbewuste magstryd in elke huwelik. “My way or the highway”

 

Ons almal wil die laaste sê sê. Ons almal wil reg wees.

 

 

Maar JAMMER draai weg van jouself en lê jy jouself neer voor jou maat. Jammer is ‘n tipe van ‘n liefdesoffer. Ek offer my opinie op. Ek offer my gevoelens op. Ek offer my vrese op. Ek offer my tyd op. Ek offer my siening op.

5000

Paartjies wat nog nie kinders het nie ken nie iets soos ‘n “date-night” nie, want dit is net soos enige ander dag van die week vir hulle. Hulle “date-night” elke aand. Maar die oomblik wanneer jy kinders kry, moet jy eintlik moeite maak om weer ‘n gesprek tussen pappa en mamma te stimuleer. Jy (die vrou) reël ‘n babysitter en gewoonlik ook die plek of fliek wat julle gaan sien, en dan moet Pappa dit neerpen in sy dagboek, dan kan jy begin uitsien daarna. Die aand is jy so moeg, jy wil eintlik net vroeg gaan slaap! Sal die oppasser omgee as jul nie uit gaan nie, maar sy nog die kinders in die bed kry? wonder jy.  Manlief spoor jou aan en jy soek deur jou kas vir iets moois. Nadat jy jou mooi klere afgestof en aangetrek het - net om agter te kom jy het ‘n bietjie dikker geraak vanaf jy laas hierdie aandrok  aangetrek het – klim julle vinnig in die kar sonder dat julle kinders jul sien gaan, want dan gaan hulle die hele aand huil.

 

Julle arriveer, nie by die beste of jou gunsteling restaurant nie, want hy is aan die ander kant van die stad, so julle eet maar eerder by die naaste een aan die huis. Jy bestel dadelik, want jy wil nie die kinders te lank alleen los of die babysitter meer betaal as wat jy vir hierdie T-Bone gaan betaal nie.

Jy eet net helfde van jou kos en besluit jy sal ‘n woefkardoes neem, want dit is tyd om huis toe te gaan. Die woord woefkardoes laat jou dink aan jou seuntjie wat dit so geniet om oor en oor te sê. Jy verlang skielik huis toe.

Het ek genoem dat jy deur dit alles elke 5 minute op jou foon kyk of daar enige boodskap is van die oppasser wat jou laat weet dat jou jongste weer iets in sy neus opgedruk het. En as daar geen nuus van die oppasser is nie, moet jy die gevoel veg om nie die buurvrou te bel en vra dat sy op-‘check’ op die babysitter nie, om te hoor hoekom alles so stil is. Ek oordryf seker. Ek is seker al die mamma’s skakel maklik af en kyk diep in hulle maat se oë die hele tyd. 

Nee, nie heeltemal nie want hy is op sy foon besig om sy game te speel/e-pos te stuur/met sy buddy te chat en jy besluit dit is ‘n goeie tyd om gou ‘n foto van jou “date-night” se kos te neem en op Facebook te plaas.

En wanneer julle wel oog-kontak maak, selfone is neergesit, vind julle dat julle niks het om vir mekaar te sê nie. Daar is ‘n ongemaklike stilte tussen julle, wat julle vinnig besluit om te breuk deur om julle fone weer te check.

Hierdie tipe “date-nights” moet eerder gelos word, want dit werk nie. Dit help nie jou huwelik nie, dit bring julle nie nader aan mekaar nie. Dit beklemtoon net dat julle afgesny is van mekaar.

So hier is wat ek voorstel julle van nou af doen. In plaas van ‘n “date-night” reël julle ‘n DISCONNECT-NIGHT of in suiwer Afrikaans, ‘n Ontkoppel Aand. Ek het hierdie idee gekry tydens ‘n Eskom beurtkragaand. Kinders was vroeg in die bed, fone is pap, TV is swart, rekenaar slaap, te donker om boek te lees (is daar nog mense wat boeke lees?) en heeltemal te vroeg om te gaan slaap.

In hierdie ontkoppel van al die lawaai rondom ons, iewers in die wete dat daar niks anderste is om te doen nie, vind jy weer jou maat deur om net eerlik en lank, lekker te gesels. Dit neem soms moeite om niks anders te vind om te doen nie, behalwe praat met jou maat. Partykeer is die emosionele belegging te veeleisend en daarom val mens maklik terug op die ander ‘veilige’ aktiwiteite. Tegnologiese dinge vra nie dat jy met emosies moet deel nie. Hulle vra nie dat jy onselfsugtig moet luister nie. Ons moet waak darteen dat ons lui raak vir mekaar en die ‘issues’ wat ons eintlik in ons huwelik moet aanspreek, en tegnologie kies as ‘n uitweg, ‘n wegkruip plek, ja, selfs ‘n toevlug.

 

So vir jou volgende “Date-Night” raak ontslae van al die dinge wat raas rondom jou. Sit af jou foon, nie net neer nie, en forseer jouself om deur die ongemaklik stilte wat eers daar tussen julle heers te beweeg, sodat julle DISCONNECT van die wêreld en mekaar probeer vind.

4145

Ek het onlangs ‘n artikel gelees oor wat maak suksesvolle mense suksesvol. Dit het drie punte uit gelig wat suksesvolle mense doen wat onsuksesvolle mense nie doen nie.

 

Die eerste een punt was dat suksesvolle mense nie afgesit word deur dinge wat hulle nie ken of uitdaag nie. Suksesvolle mense het net so veel uitdagings as onsuksesvolle mense, maar word nie daardeur afgesit nie. Hulle trek hulle sokkies op en dryf daardeur, waar ander die handdoek ingooi met sinne soos “Ek weet nie hoe nie”, “Ek kan nie”, “Ek het nog nie dit gedoen nie”, “Dit is te moeilik”, “Dit gaan te lank vat”, ens.

Die tweede punt wat hierdie artikel genoem is dat suksesvolle mense nie terug gehou word deur hulle eie perfeksionisme nie. Dat hulle bereid sal wees om aan te beweeg al is iets nie perfek nie, maar net goed genoeg, waar baie onsuksesvolle wat selfs baie meer talentvol is as suksesvolle mense, onsuksesvol bly omdat hulle konstant besig is om perfektheid na te strewe en nooit eintlik aan te beweeg met iets anderste nie.

Die derde punt het ek nou vergeet, maar ek sal raai dit is om dinge neer te skryf sodat jy dit nie vergeet nie. Maar ek gaan nou nie terug gehou word deur die feit dat ek nie die hele artikel kan onthou nie. Die eerste twee suksesvolle eienskappe het my genoeg geïnspireer om hier Gesonde Seks artikel te skryf, “Soms is ‘n OKAY huwelik beter as ‘n perfekte een.”

Daar is ‘n groot mite onder paartjies dat huwelike die gesondste is wanneer alles goed gaan. Ons redeneer as ons so gelukkig voel is ons huwelik suksesvol. Maar ek dink dit is om na die sukses van ‘n oondbak te kyk nog voordat dit deur hitte beproef was. Die sukses van ‘n huwelik word nie gemeet in die huidige emosionele gevoel van die paartjies nie. Dit is eerder hulle vermoë om konstant die groter prentjie in die oog te hou en nie hulleself toe laat om in gesuig te word in die kleinigheid van hulle verskille nie.

Ons almal betree die huwelik met ‘n prentjie van hoe ‘n huwelik moet lyk en hoe ons ideale huweliksmaat moet wees en dalk vir ‘n rukkie in die begin van ‘n huwelik kan ons by hierdie ideale uitkom, maar een of ander tyd gaan ons ‘n fout maak, ons gaan vas sit, baklei en baie kwaad raak vir mekaar. En dit is dan, wanneer dinge nie perfek gaan nie, wanneer ons OKAY moet wees met net OKAY. Ons hoef nie die hele tyd lovie-dovie te wees nie, om ‘n suksesvolle huwelik te hê. Nee, soms wil ek my maat iets aandoen, maar weet jy wat, dit is OKAY.

Om die hele tyd ‘n perfekte huwelik te wil hê, gaan vir jou meer preformance anxiety en angs veroorsaak as wat jy eintlik net kan terug sit en jou huwelik kan geniet.

 

En dit bring my tot die eerste punt van hoe om suksesvol te wees in jou huwelik, om nie af gesit te word deur uitdagings, misverstande, nuwe dinge, konflik. Dis OKAY om sulke dinge te beleef in jou huwelik, ons almal beleef dit. Wat die suksesvolle huwelike skei van die onsuksesvolle huwelike is die wie bereid is om deur hulle fights te fight

2844

Hierdie klink soos ‘n teenstrydigheid en spanning is seker nie die regte woord nie. Ek praat nie van die spanning wat angs veroorsaak nie. Ek verwys hier na die spanning wat opwinding veroorsaak. Ons almal het al gehoor van “opposites attrack”, maar niemand verduidelik dit regtig verder nie.

 

Wel, dit is as gevolg van die opwindende spanning wat tussen hierdie twee opposites is waar die passie en verliefdheidsgevoel in lê.

Continue reading
3051

Hierdie is ‘n vraag wat jou huwelik kan red. Jy sal nie glo hoe baie vrouens kry ek wat kla oor hulle mans wat hulle vuil klere net so op die vloer los, nat handdoeke nie ophang nie en nie help die kombuis skoonmaak na ete nie.

 

Nou ons kan in die dieper sielkundige redes ingaan hoekom mans lui is in die huis. Dit is dalk omdat hulle lank by die werk gewerk het. Dit kan wees dat hulle mamma alles vir hulle gedoen het in hulle kinderjare of dat hulle dink dit is die vrou se rol om haar dankbaarheid aan haar man te betoon wat so goed vir haar sorg.

Wat ook al die motivering is vir hierdie gedrag, dit gaan jou verder van jou vrou dryf en nie nader na haar toe bring nie.

Ek preek hier vir myself ook. Ek is ‘n bietjie lui wanneer dit by huishoudelike dinge kom en dit frustreer Janet baie. Maar maak nie saak hoe hard ek probeer het om te help, die help sal nie vir langer as ‘n dag of twee hou nie. Dan doen ek maar weer my eie ding... wat niks doen is.

Toe ontwikkel ek ‘n tegniek wat my help om te help. Elke keer wanneer ek verby ‘n vuil bord, nat handdoek, stink sokkies, ens., loop dan vra ek hardop vir myself: “En wie dink jy gaan dit doen?”

Hierdie vraag forseer my om ‘n antwoord te kry op my luiheid. Eintlik wil ons mans nie hierdie vraag vra nie, ons wil nie dit antwoord nie, ons wil net hê wanneer ons weer daar verby stap, is dit wonderbaarlik opgeruim.

Maar met hierdie vraag: “En wie dink jy gaan dit doen?” kan ek nie meer ‘n blind oog daarvoor hou nie. As ek myself antwoord “Janet moet dit kom opruim”, (en dit is  gewoonlik die antwoord), dan moet ek sommer haar nou roep om dit te kom doen. En as ek bereid is om dit te doen, mag ek voortgaan om nie ‘n vinger te lig nie. Maar as ek nie Janet wil ‘n opdrag gee om agter my skoon te maak nie, dan moet ek dit SELF doen.

Sien, ons is okei om sekere vanselfsprekende reëls in die huis te hê, maar as ons dit hardop moet noem, sal ons besef dat daardie reëls, van wat ‘n man en wat ‘n vrou moet doen in die huis, maar ‘n bietjie uit oude doos is.

“En wie dink jy gaan dit doen?” het my baie gehelp om my vrou meer te help om my te help.

 

Probeer dit vir ‘n week of so en dan laat weet my of hierdie sin ook vir jou gehelp het om meer by die huis uit te help. Stuur jou terugvoering na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en ek celebrate saam met jou. 

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top