Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Gesonde Seksualiteit op Radio Namakwaland

1989
i. Wanneer pare in die huwelik mekaar konfronteer kan die gevolge astronomies wees, die Bybel nie so duidelik nie en seks word nou ʼn magtige gereedskapstuk vir manipulasie. Hoe kan ons van mekaar sinvol verskil?

Antwoord:
1 Korintiërs 7 : 4 – 5“Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir ‘n bepaalde tyd”

Praat met mekaar en werk aan die probleem sodat dit net tydelik is.

• Die grootste probleem is dat paartjie nog as 2 individue sien en nie as ’n intieme paartjie nie.

• Soen vir Wen/Wen oplossings

• Vermei ALL or NOTHING terme

• Dit is gewoonlik alles oor ons eie EGO

• 2 tiepe maniere om met mekaar te verskil : Harde emosies of Sagte emosies
o Bv. Harde emosies = Jy is nooit lus vir seks nie, jy is altyd besig met ander dinge!
o Bv. Sagte emosies = Ek mis jou lyf, ek mis daardie spark wat ons op ’n tyd gehad het!

Harde emosie is altyd aanvallend, waar sagte emosie is eerlik en kwesbaar. Harde emosie wys jy jou vuis en sagte emosie wys jy jou hart.

• Moenie aanvallend praat nie, plaas jouself in ’n kwesbare posisie en gebruik die woord “ek voel”
• Ontwikkel ’n NO JUDGING ZONE Geen oordeel zone.

• Seks tip: Eyes wide open. Volgende keer wanneer julle seks het, kyk mekaar in die oë. Dit gaan julle forseer om weg te beweeg van 2 individue tot meer ’n intieme paartjie
Continue reading
1891
Waar vind ek nog tyd vir seks?
Waar vind ek nog tyd vir seks?
Timothy,
“Nee wag, wag net so ʼn bietjie”... ʼn opmerking van ʼn luisteraar wat vra ... ” of die twee manne wat soggens so lekker oor seksualiteit gesels kinders in die huis het?”
Uit die epos deur die luisteraar blyk dit dat werklike intiemiteit slegs moontlik is wanneer jy ongetroud en kommerloos die lewe kan geniet.
i. Timothy hoe maak ek intimiteit ’n werklikheid in ʼn besige skedule van mens-wees, ma-wees en vrou-wees?
ii. Sal ek spontaniteit prysgee?
iii. Is dit volhoubaar?...”Laaste ding is dat ek verwagtinge by my man wil skep en dit nie kan volhou nie.”

Antwoord:
i. Ja, ek het kinders in die huis. My oudste dogtertjie is amper 3 en my jongste meisiekind is 4 maande. En ja ek en my vrou maak nog tyd vir ons sekslewe.

Ek is altyd verstom hoe sommige mense sekere dinge met hulle geld kan koop, as ek weet hulle kry so veel soos ekke. Hoe kan hy dit bekostig? Jy maak ‘n plan vir wat vir jou belangrik is. As ‘n dit vir jou belangrik is om die nuutste 4X4 te ry, dan vind jy geld daarvoor.

As jou sekslewe vir jou belangrik is, dan vind jy tyd daarvoor!
En ja soms gaan jy seker besluite moet neem om tyd daarvoor te neem, bv. daar was ‘n paartjie by my vir berading. Vir die laaste 4 jaar slaap hulle kind saam met hulle in die bed. SIT DIE KIND IN SY EIE KAMER. Hy sal huil vir ‘n paar dae, maar druk deur, want jou SEKSLEWE is vir jou belangrik!

Ons het ‘n valse persepsie dat om jou kinders eerste te stel in jou lewe is die beste ding vir hulle. Dit is nie so nie! Die beste ding vir jou kinders is om jou man of vrou eerste te stel in jou lewe. Daar is te veel ouers wat beter verhoudings het met hulle kinders as met hulle huweliksmaat.

So in ander woord, voordat jy die balans gaan kan vind tussen jou seksualiteit lewe en jou besige lewe, moet jou seksualiteit vir jou belangrik wees.

ii. Wanneer daar kinders in die huis is, moet jy juis meer spontaan en kreatief wees as ooit te voere.
Maar hierdie gesonde sekslewe met kinders in die huis, het iets nodig, en sonder dit gaan jy baie sukkel... ...’n gesonde verhouding!
Kom ek verduidelik.

Wanneer daar ‘n klein oomblik van geleentheid kom dat julle wel intiem kan raak, MAAR daar is eers stuff wat julle moet deurwerk want julle is kwaad vir mekaar, gaan daar nie genoeg tyd wees om eers weer in mekaar se goeie boekies te kom nie, en dan nog intiem te wil wees nie.

Maar as jy ‘n gesonde verhouding het, en daar is ‘n oomblik van geleentheid. VaVaVoom!!!

iii. Hierdie sluit aan by wat ons laas week oor gesels het, dat jy seksueel selfsugtig moet wees.
As die vrou die hele tyd voel dat sy seks vir haar man moet gee, dan is dit vir haar werk. Net soos wat dit werk is om vir haar kinders te bad, kos te maak en in die bed te sit.
Die vrou moet haar perspektief oor haar eie seksualiteit verander, anderste gaan sy dit nooit kan geniet nie.
So hier is so paar tips hoe om jou sekslewe gesond te hou terwyl daar kinders in die huis is.
• Gee vir jou man ruimte en permissie om te masturbeer. Hierdie sal baie druk van jou afhaal om te voel dat jy altyd aan sy behoeftes moet vervul.
• As jy bekommerd is oor waaraan hy gaan dink as hy masturbeer, gee vir hom verlydelik foto’s van jouself, skep ‘n fantasie waarin jy en hy mekaar kan geniet, wees kreatief en gee vir hom iets om aan te dink.
• Soms is jy net fisies en emosioneel te moeg vir penetrasie, maar dit hoef nie te beteken dat julle nie intiem kan wees nie. Vind ‘n ander manier om intiem te wees, wat jy wel voor kans sien, soos orale seks, gesamelike masturbasie of net erotiese tas. Nie alle intieme tye hoef te eindig in orgasme nie. Laat die opwindend opbou oor ‘n paar dae, tot julle al twee so lus is, jy gee nie om jou slaap bietjie uit te stel nie.
• Deur die loop van die dag, begin solank om aan vanaand te dink! Dit help as jy sexy onderklere aantrek of jouself bederf met ‘n nuwe haarstyl of rok.
• Ontdek en geniet jou eie seksualiteit, lingerie, fantaseer oor jou man, raak verlief op jouself!
• Midnight sex! Maak jou man wakker op ‘n ander manier! Jy voel beter na ‘n paar ure se slaap en staan in elk geval op vir baba. Jou man sal nie lank kwaad bly dat jy hom wakker gemaak het nie.
• Moenie dat jou kind saam met julle in die bed slaap nie, dit is ‘n mood-spoiler.
• Vry mekaar voor die kind. Maak jou kinders groot in ‘n huis waarin dit duidelik is pappa en mamma is nog verlief op mekaar.
Continue reading
2089
Wanneer seksualiteit selfsugtig raak?

Toe het Hy vir die skare gesê: “As enigeen van julle my dissipel wil word, moet jy jou selfsugtige ambisie aflê, elke dag jou kruis opneem en My volg. (Lu 9:23)

Timothy,
Seksualiteit is 'n komplekse aspek van ons persoonlikheid en' self '. Ons seksualiteit is gedefinieer deur seksuele gedagtes, begeertes en verlange asook erotiese fantasieë. In baie maniere is seksualiteit die krag wat ons bemagtig om ons liefde te vertolk en emosionele gevoelens te openbaar teenoor ʼn geliefde ander.

i. Kan ek seksueel selfsugtig wees?
ii. Wat is die gevolg van seksuele selfsug?
iii. Wat is ‘n gesonde seksuele ingesteldheid in ʼn huwelik?

Antwoord:

i. Alle seksualiteit moet selfsugtig begin!
Ons het die idea dat ons seksualiteit aangeskakel word, die oomblik wanneer ons ‘n ring aan ons vinger het, en dan is ons aantreklikheid net tot die persoon wie die ring vir jou aangesit het.
Seksualiteit is nie iets wat bestaan in die huwelik nie, maar eerder is deel van wie onsself is.

Matt 22:39 ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
Die fokus was nog altyd op om jou naaste lief te hê. En in hierdie konteks van ons gesprek is ons naaste ons huweliksmaat. Maar daar is te min gesê oor die ...soos jouself deel. Hoe ek hierdie skrif verstaan is dat die liefde wat my vrou moet ontvang, moet van uit ‘n oorvloei van die liefde van myself wees.

Jy kry...
1) Gesonde seksuele selfsug is om alles van jouself te deel met jou maat
2) Slegte seksuele selfsug is om alles van jouself vir jouself te hou.
Let op dat al twee het nodig dat jy jouself moet ken en lief hê. Dit is wat jy met daardie ‘jouself’ doen wat dit gesond of sleg maak.


ii. Maar wat gebeur as jou seksualiteit net by selfsug bly?

ONS!!!
Die sleutel woord in Christen seksualiteit is ONS. En weereens is die fokus nog al die jare op ONS, maar ons vergeet dat die ONS in ‘n huwelik word opgemaak deur EK en JY
Enige iemand in my opinie wat nie aan hulle ONS huwelik werk nie en vir die ander toe laat om aan SY eie seksuele identiteit te ontwikkel nie, is seksueel selfsugtig.
ONS word opgemaak deur EK en JY. En wanneer EK keer dat JY nie seksueel selfsugtig mag wees elke nou en dan nie, dan weer hoed EK, vir ONS om seksueel te groei!

Bv. As die vrou elke keer ja se vir haar man wanneer hy vra vir seks, is dit onselfsugtig? NEE
‘n vrou moet kan nee sê. Want dit is gesonde selfsug.
Anderste...gaan jy uitgee en uitgee sonder om enige iets terug te kry. So deur om nooit selfsugtig te wees met jou seksualiteit nie, sal jy op ‘n punt kom waar jy siek en sat is om seks te gee vir jou huweliksmaat.

Bv. Moet die vrou permissie gee vir die man om na ‘n strip club toe te gaan as hy wil? NEE
Seksuele selfsug gaan nie daaroor om jou maat seer te maak nie. Seksuele selfsug is om agting te gee vir jou fantasie, begeertes, behoeftes, gedagtes en verlange, BINNE in die konteks van ONS.
Gesonde seksuele selfsug hou geen geheime van mekaar nie, maar skep vir mekaar die geleentheid om ‘kaal voor mekaar te staan, sonder om skaam te voel.’

‘n Gesonde ONS, bestaan uit ‘n gesonde EK en JY!

Slegte selfsug is om alles vir jouself te hou. Jou gedagtes, fantasie...

iii. Daar is ‘n quote wat ek gelees het wat sê “Don’t run down masturbation because it is having sex with someone I love.”

Nou ons praat nie vandag oor masturbasie nie, maar die kruks van dit is dat ons gemaklik moet wees met ons eie seksualiteit want dit is iemand vir wie ek lief is. Ons moet begin lief raak vir onsself!
God ons gemaak het met ‘n seksuele identiteit wat los staande is van jou huweliksmaat.
Is dit Bybels? Gen 2:25b “man en vrou staan kaal voor mekaar, sonder om skaam te voel”

Daar is 2 aspekte hoe om gesonde seksuele selfsug in jou ONS huwelik toe te laat.
1) Staan kaal voor mekaar (Loving yourself part)
Man en vrou moet weet hoe lyk hulleself, kaal. Jy moet gemaklik wees met jou eie seksualiteit, sodat jy weet wat jy vir jou huweliksmaat wys!

2) Sonder om skaam te voel (Loving each other part)
Hierdie is die verantwoordelikheid van jou maat om vir jou die ruimte te gee om in jou eie seksualiteit kaal te staan, sonder dat jy skaam voel.
Continue reading
1652
Erotiek en geloof is daar ʼn vennootskap?

“Soen my weer en weer! Jou liefde is lekkerder as wyn. (Ho 1:2)
Timothy,
Godsdiens en erotiek word vanweë verskeie misverstande as opponente beskou. Die ou Grieke se dualisme, wat sterk tussen siel en liggaam onderskei, is aangeneem. Daardeur is die geloof in God, wat alles – ook die seksuele – goed geskape het, verloën.
i. Is seks heilig of vleeslik, hoe onderskei ek?
ii. Wanneer ons van seks praat, was dit God se bedoeling bloot net as ʼn fasilitering van ʼn voortplantings-daad of iets geesteliks?
iii. Ek verstaan Jesus het mense uitgenooi na ʼn volle viering van die lewe in oorvloed, hoekom het seks so ʼn vuil gevoel ontketen?
iv. Wat is die sleutel tot die versmelting van die twee konsepte, kan dit opgesluit wees in seksualiteit wat met liefde geïntegreer word?

Antwoord:

i. Nadat God mens gemaak het, het Hy gesê dit is goed. Seks organe, hormone, seksuele drange, sensualiteit en seks is gemaak deur God, so daarom kan dit net goed wees.
Soms word seks gebruik om ander seer te maak, maar dit maak seks nie sleg nie, net die misbruik of die gebrek aan kennis daarvan.
Daar moet geonderskei word tussen die misbruik van seks en seksualiteit/seks dit self. Net omdat so baie mense seks gebruik met selfsugtige motivering en dalk ‘n gebrek aan kennis rondom dit het, maak nie seks self sleg nie!

ii. God het seks met 3 funksies gemaak en al 3 is goed!

Prokreasie
Gen 1:28 - “Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit.”

Verhouding bou
Gen 2:24 - “Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.”

Genot
Gen 2:25 - “Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie.”

En dit sluit die vrou se genot ook in. God skape die vrou met ‘n klitoris wat geen prokreasie rol het nie, maar slegs daar is vir Genot
Asook orgasme het geen rol met prokreasie nie, slegs verhouding bou en genot

NB!! Hierdie 3 is ook nodig vir ons Geestelike lewe. Ons moet dissipels maak, ons moet in ons persoonlike verhouding met God groei en God wil he ons moet dit geniet.


iii. Die oortuiging dat erotika en geloof geskei is van mekaar vind sy wortel in baie se oortuiging dat ons as mens is sleg en sondig en nikswerd nie.
So hoe kan seks, wat so duidelik deel van die vlees, die mens is, moontlik iets goeds kan wees.
Ek wil egter nie hierdie dogma nou aanvat nie, net eerder se dat ek glo dat Ons is in God se beeld geskape, en dat God ons Goed geskape het, en maak nie saak wat Adam en Eva verkeerd gedoen het nie, Jesus het alles reg gemaak.

Sondeval =NIE= Seksualiteit

Gen 3:7-8 - “Hulle al twee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere. ... en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin.”

As die sondeval = aan seksualiteit so hulle skaam vir mekaar gewees het. Van mekaar weggekruip het. Maar hulle was skaam vir God, hulle het van Hom weggekruip.
Adam en Evan het agtergekom dat hulle nie op hulle eie in “Paradys” kan bly nie
Sondeval het ons afhanklik van ‘n verlosser gemaak.

iv. Dit is slegs wanneer ‘n mens so ‘n uitkyk oor self het (Jn 10:10), voordat jou siening oor seks of erotika sal kan verander.
2 Aspekte om iets (seksualiteit) te bemeester - Erich Fromm “The art of loving”
1. Bemeestering van die teorie
2. Bemeestering van die prakties

Ons wil dadelik spring na die prakties, wat om te doen en wat om nie te doe nie. MAAR ons verstaan nie eers die teorie nie.
Continue reading
2425
Seksuele wellus

Timothy daar is twee pertinente skrifgedeeltes waar die woord maan oor seksuele wellus;

         i.            “Ek het myself belowe dat ek nooit na ’n jong meisie sal kyk om haar te begeer nie. (Job 31:1)

       ii.            Moenie opgewonde raak omdat sy mooi is nie. Moenie dat sy jou vang met die gefladder van haar wimpers nie. (Sp 6:25)

Hoe moet ek as gelowige seksuele wellus verstaan in die gees van die twee skrif gedeeltes?

 Antwoord:

Laas week het ons gesien dat Mat 5:27 “pluk jou oog en kap jou hand af” vers het nie te doen met seksuele wellus nie, maar verwys na die man se gesindheid binne-in die huwelik.

En ons het gesien dat jy nie jou oë hoef uit te pluk omdat jy na mooi vrouens kyk en daarvan hou nie.

NB! God se wette is nie in direkte kontras met sy reëls nie.

God se natuurlike wet van seksualiteit is : Mans word visual gestimuleer en gaan seksueel opgewek raak wanneer hy ’n mooi liggaam sien.

Wat is Seksuele wellus dan?

Daar is 2 dinge wat seksuele wellus opmaak.

1)      To separate, (Om te skei van)

Job 31:1                -              “Ek het myself belowe dat ek nooit na ’n jong meisie(to separate; a virgin from her privacy) sal kyk om haar te begeer nie”

Mat 5 begeerte vir n beter huweliks-maat    Job31 begeerte vir n mooier seks-maat.

Def. Seksuele Wellus is wanneer ’n man iets seksueel vat by ’n vrou wat sy nie bereid was om te gee nie.  {bv. om met haar uit te trek in jou gedagtes, date rape, “ag toe bokkie, as jy my liefhet sal jy met my slaap” 

SELFS om ’n male chauvinist te wees is ’n vorm van Seksuele Wellus, want dit ontneem die vrou van haar waarde. 

2)      Not being responsible to (Om nie verantwoordelikheid te neem vir)

Job 31:9-10         -              “ As ek my deur ‘n ander se vrou laat verlei het en gretig geloer (lokval lê en wag) het na my buurman se deur, laat my vrou dan vir ‘n ander man koring maal, laat ander by haar slaap.”

Seksuele plesier                                              =             Manlike verantwoordelikheid

{Bv. Maak ’n vrou swanger                          =             Jy moet vir die kind sorg}

{Bv. As jy ’n meisie soen                               =             Moet jy vir haar ’n bos blomme koop :)

In opsomming:

Seksuele wellus is NIE    = om seksueel opgewonde te raak wanneer jy ’n mooi liggaam sien nie.

Seksuele wellus      IS      = om iets by ’n vrou te neem wat sy nie vir jou wou gegee het nie. (Om haar mense wees nie te respekteer nie)

                                                + om nie verantwoordelikheid te neem vir jou seksuele plesier.

Luister na my advies en dit sal jou lewe red, sê die skrywer van Spreuke

Spreuke 6:25  -           “Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie”

Net soos in Mat 5 praat hierdie van ’n hart-gesindheid en nie net van die daad van kyk nie.

{Toe ek my vrou vir die eerste keer gesien het, het ek baie gekyk, maar dit was oraait want sy terug gekyk :)

Maar ons almal het al gehou dat vrouens al gesê het dat “daardie man se kyke laat hulle vuil voel!”}

Die manier hoe jy na ’n mooi vrou kyk, verklik jou hart’s gesindheid.

  1. Respekteer ’n vrou se waarde, regte en menswees

  2. Neem verantwoordelikheid vir jou aksies

Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top