Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Gesonde Seksualiteit op Radio Namakwaland

1637

Jou liefdes maat of vrou hou aan karring oor jou onvermoeë om romanties te wees.
Timothy,
Dit is miskien nie belangerik vir ons as mans nie, maar dit laat haar hart vinniger klop, en dan as ons wil eerlik wees, doen sy goedjies wat jou hart vinniger laat klop, so dalk is dit die moeite werd om te leer wat romanse is!
Die groot vraag is, wat beskou Evas as romaties?
Ps. “Timothy hier het ons ernstige hulp nodig” – skryf ‘n luisteraar

V. Neem haar uit op afsprake? Ons mans is mal oor burgers of hoe?
A. Die grootste ding wat ‘n vrou wil sien is dat sy vir haar man die belanrikste ding in die lewe is. Jy moet haar anderste (beter) behandel as enige iets anderste in jou lewe. Met dit sal dit vir jou ‘n goeie fondasie skep om romanties te wees.

Afsprake stuur ‘n baie duidelik boodskap. “EK MAAK TYD VIR JOU” Jou vrou sien dat al die ander belanrike dinge in jou lewe kry ‘n tyd en plek in jou dagboek, en as jy haar daar ook in pen, verhoog jy dadelik haar belanrikheid.

Dit maak die ete of fliek so veel meer amptelik vir albei. Baie maal nadat jy vir ‘n lang tyd al getroud is of al kinders in die huis het is dit so maklik om dinge saam te doen sonder om regte “saam” dit te doen.


V. Is dit ‘n ingesteldheid
A. Nie almal hou van roetine of vasgestellede ‘dates’ nie. Maar dit is ‘n baie goeie manier om in die gewoonte te kom om wel vir mekaar spesiale tyd te maak.


V. Hoe belangerik is moeite?
A. Elke persoon kan hierdie vraag vir hulleself antwoord deur om ‘n maklike formule te gebruik (Moeite = Resultate)

Die moeite wat jy insit het ‘n direkte uitwerking op die resultate wat jy gaan uitkry.


V. Speel verrassings ‘n rol en het jy voorstelle?
A. ‘n Onverwagte geskenk op ‘n onverwagte tyd!

‘n Bos blomme na ‘n gisteraand se bakleiry sal haar help om jou te vergewe, maar ‘n bos blomme afgelewer by haar werk of langs die baba doek om ruil tafel sal vir jou baie meer resultate bring.

Ek wil net hier noem dat as jy romanties wil wees net om vanaand te score, dan mis jy die punt heeltemal. Die doel van om jou vrou te romantaseer is om ‘n atmosfeer en kultuur te skep van ‘n intieme huwelik


V. Wat van clichés? Kers ens.?
A. Daar is ‘n rede hoekom iets ‘n cliché geword het... want dit werk!!!

Ete by kerslig, sjokolade op die bed, rooi roos blare gestroei in die slaapkamer. Haar gunsteling musiek wat in die agtergrond speel.


V. Is dit regtig nodig om haar dit te vertel wat sy weet, soos ek is lief vir jou, jy’s pragtig?
A. Hierdie laat my dink aan die ou oomie wat na 30 jaar se huwelik nooit vir sy vrou gese het hy is lief vir haar nie. Toe iemand vir hom vra hoekom nie, se hy dat toe hy op hulle trou dag vir haar gese het hy is lief vir haar het hy dit bedoel, en as hy ooit van plan verander sal hy haar inlig.

Om komplemente te gee en vir haar en te se jy is lief vir haar is om jou emosies vir haar te wys en dit is soms moeilik vir mans om te doen.



V. Ek wonder partykeer of ek oplettend genoeg is?
A. Ons let dinge op wat vir ons belanrik is. Nuwe model van jou motor of die verandering in die Springbok span.
As jy ‘n atmosfeer en fondasie skep om jou vrou anderste (beter) te hanteer, sal jy meer oplettend wees.




Continue reading
0
Timothy,
Om naak voor jou vrou te staan, emosioneel, spiritueel en fisies is van die moeilikste dinge wat enige man kan doen. Op geen ander stadium is jy meer kwesbaar as op daardie oomblik wanneer jy oop en eerlik voor haar staan.

V. In daardie lig is dit duidelik hoekom moderne mans gryp na ding waaragter hulle kan skuil soos alkohol byvoorbeeld?

A. Die mense se eerste reaksie is homself (sy naaktheid) te bedek. Omdat ons ‘n diep innerlike openbaring het dat ons te kort kom. Dat ons in ons naaktheid nie die mas kan op kom nie.
Dit het begin met Adam en Eva. Nadat hulle gesondig het, was daar iets missing en hulle het dit probeer wegsteek vir hulleself en vir ander. En vandag nog raak ons dronk, raak ‘workaholics’ enige iets om agter weg te skuil dat ons beste is nie goed genoeg nie.

V. Hoe belangrik is dit om jouself so bloot te stel, wat as sy nou alles van my weet ?

A. ‘n Gesonde huwelik is een waar hulle ‘naaktheid’ tekortkominge, foute en slegte gewoontes okay is met mekaar. “Ek is lief vir jou net soos jy is.” En dit is slegs in so ‘n naak voor mekaar staan verhouding, waar jy werklik kan groei.

!!Maar as jy jouself die hele tyd probeer bedek, al jou foute verskoon, verdrink of wegsteek hoe kan jou vrou of man ooit die werklike jy aanvaar!!

Wat vir my baie interessant is dat toe Jesus op die kruis vir ons sterf en al die sonde van die wêreld op hom te neem, sê die Bybel dat hy kaal was. Hy het die wêreld se naaktheid voor God die Vader geneem en gesê dit is wie ek is, daar is niks wat ek wegsteek of ontken nie.

… en God het dit so aanvaar!
V. Om veilig te voel met my vrou klink vreemd, maar dit is nie, gestel ons hou vakansie met vriende en my vrou se vriendin is getroud met 'n spier-paleis is dit belangrik om dit met haar te kan deel , en dat sy my laat veilig voel, Timothy het jy raad?

A. Jy bedoel, jy is jaloers en jy soek jou vrou se versekering dat sy darem nog van jou bierpens hou? Om jou vrese, angs en emosies te kan identifiseer en met jou vrou of man te deel is die mees kragtigste wapen om te groei as mens en in die verhouding.
Ek sê gereeld vir my vrou, daardie man intimideer my, ek voel nie waardig om met so ‘n persoon te gesels nie, ens.

!!Ek ken my kaalheid, en dit is okay want my God en my vrou aanvaar my net soos ek is!!
Continue reading
1764
Stuur jou vrae na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
V: Ek en my beste vriendin gesels graag oor ons huwelike. Ons deel sekswenke en ek sal haar vertel as ek weer kwaad is vir my man. Onlangs het ons saam met hulle gekuier (haar man is ook vriende met my man) en iets is gesê wat hom laat besef het ek bespreek ons sekslewe met haar. Hy was woedend. Ek sien niks daarmee verkeerd nie en voel dis vir my beter om teenoor 'n vertroueling te bieg as wat ek opkrop. Is dit okay om jou man en jou sekslewe met jou beste vriendin te bespreek? En waar trek 'n mens die streep?

A: Ek dink meer mense moet begin gesels oor hulle huwelike - die goeie en die slegte daarvan. Die idee dat 'n mens nie uit die slaapkamer mag praat nie, laat baie huwelike in die donker. Ons gesels tog oor alles anders in ons lewe met ons vriende soos ouerskap, werk, geloof, dieet, ensovoorts. Dié 'geselsies' het 'n dubbele doel in die sin dat dit vir jou 'n uitlating gee wat keer dat jy nie alles hoef op te krop nie. En tweedens dien dit as 'n manier om jouself en situasies teen ander te meet. Die meeste mense wat na my kom vir berading is vas oortuig dat hulle die enigste mense is wat met hierdie probleem sukkel. Gedagte begin dan in hulle rond maal: “Dit maak hulle abnormaal, 'n duidelike teken dat daar fout is met hulle, dat hulle iets verkeerd gedoen het”, en so raak die angs groter en groter. 9 uit 10 moet ek vir hulle vertel dat hulle probleem is eintlik 'n baie algemene een en is nie reg 'n probleem nie. Maar hoe sal jy weet dat jou huwelik normaal is as jy nooit daaroor praat met ander mense nie?
Omdat ons nie buite die slaapkamer gesels nie, word ons seksuele frustrasies op gekrop en weet ons nie altyd of ons sakeprobleme normaal is of professionele ingryping verg nie.
Noudat jy die voordele van 'uit die slaapkamer praat' met 'n vertroulike vriendin ken, moet ek jou ook inlig oor die potensiële slaggate, en ook waar om die lyn te trek:

1. Wees versigting om nie jou man se karakter en integriteit af te breek terwyl jy jou gevoelens ontlaai nie.

2. Ek glo aan 'n intieme huwelik waar man en vrou naak voor mekaar staan (Genesis 2:25). Wat dit beteken, is dat daar geen geheime heers tussen 'n paartjie nie. Só iets kom altyd uit en dan is dit nie net dit wat jou man moet verwerk nie (mans in baie skamer oor hul seksualiteit as vroue!), maar ook die leun.

3. As jy jou man toestemming gee om ook sy seksuele frustrasies met sy vertroulike vriend(e) te bespreek, sal hy dalk meer inskiklik wees oor jou openhartigheid teenoor jou vriendinne.

4. Onthou egter: Niemand mag gesels as julle nie eers self met mekaar daaroor gepraat het nie.

Om met jou vriendin te gesels, gaan jou dalk beter laat voel, maar dit gaan nie jou seksprobleme oplos nie. Die enigste oplossing is om oop en eerlik met jou man te gesels. Sodoende sal jul huwelik groei.

Stuur jou vrae na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Continue reading
1585
Timothy,
Voorbereiding bring voorspoed... het die een oom ‘n gesegde in ons gemeente! En hoe meer ek daaroor wonder hoe meer word ek gekonfronteer oor my perspektief op wat voorbereiding behels,..
i. Wanneer begin ek my voorbereiding? (Timothy party ouens dink voorbereiding hanteer net die trou reëlings, die res sal ek uitwerk soos krampe terwyl ek loop, help asseblief!)
ii. Wat kwalifiseer my as die perfekte maat, is die kriteria vir gereedheid ouderdom en dies meer?
iii. Onthale en rokke vs reinheid en romanse, wat is die verhouding (Parts in relations to?)

Antwoord:
i. Niemand pak enige iets groots aan sonder die nodige voorbereiding. Jy mag dit dalk net net maak sonder die nodige voorbereiding, maar jy sal nooit wen of goed doen nie.

• Die kanse dat jy mr right dadelik gaan ontmoet, en dadelik verlief raak ens is min
• Jy het ‘n beter kans om in iets te hardloop en seer te kry. Hand op wie al seer gekry het in ‘n verhouding?
• Kom ek vertel vir jou wat het ek gedoen toe ek met Janet uit gegaan het om ons voor te berei vir die huwelik.

1. Ons het oor belanrike dinge gesels wat baie keer tot argumente gelei het
2. Ons het niks onder die mat in gevee nie, soms net vir ‘n rukkie laat af koel
3. Nie toe gelaat dat ons fisiese liefde oorneem oor ons vriendskap en commitment liefde nie
4. Gereeld met vriende en familie gekuier. (Idea inplaas van saambly)
5. Gereeld vir mekaar gevra hoe kan verbeter

• Teen die tyd toe ons trou het ons presies geweet wie ons maat is en wat om te verwag.

ii. Sjoe, my skoonpa het vir my persies dieselfde vraag gevra toe ek sy dogter vra om te trou toe ek net 20 jaar oud was.

• Het ek God se vreude oor my verhouding met Janet?
• Het ek genoeg geld om vir haar te sorg?
• Is ek volwasse genoeg om ‘n man te kan wees? (Al was ek te jonk om ‘n wettiglike dokument teken nie ;)

iii. Elke vrou het ‘n begeerte om met ‘n wit rok by haar troue af te stap. Mans moet hiervoor luister en dit respekteer.

• Maar vir baie is die uiterlike beeld wat hulle vir die publiek wys meer belanrik as wat regtig in hulle verhouding aangaan. Dan gaan geen wit rok, ring aan jou vinger, sny van die trou koek enige iets vir jou beteken nie.

• Wees eerlik met jouself en met jou maat en laat julle ware verhouding mense beindruk nie net die mooi tradiesies nie.
Continue reading
7158
RAAD OOR IMPOTENSIE
Stuur jou vra na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hi Timothy

Ek en my man het nie huweliksprobleme waarvan ek kan kla nie maar, ons het probleme in die slaapkamer. Hy dink nie so nie, maar dis vir my 'n probleem. Hy sê dat seks nie vir hom belangrik is nie, dis nie waaroor die huwelik gaan nie. Ek stem, dit is nie waaroor die huwelik gaan nie, maar dis tog 'n baie belangrike deel van die huwelik. Hy sal 3 weke en langer laat verby gaan waarin hy nie eers 'n poging aanwend om seksueel te verkeer nie, ek het dit getoets, geen aanleiding gegee nie om te kyk hoe lank sal hy daarsonder bly. Dit is seker nie die regte ding om te doen nie, maar dit laat my voel of ek nie begeerlik is nie. Ek was baie oorgewig maar het nou 16kg verloor, maar dinge het nie verbeter nie, ek het gedink dit is a.g.v. die oorgewig dat hy nie belangstel nie.

Ek het al met hom gepraat daaroor, die 'ek voel-begrip' gebruik, maar dit het nie veel gehelp nie. Hy is nog deeltyds in die weermag, en was onlangs vir 'n mediese ondersoek wat deur die weermag vereis word. Hy is 'n roker en die dokter het vir hom gesê dat hy die rook moet los, maar hy doen ook nie dit nie. Ek vermoed dat die feit dat hy rook veroorsaak dat hy dalk tot 'n mate impotensie het, hy kan byvoorbeeld nie die daad voluit doen nie, dan raak hy pap, as ek dit so kan sê.

As ek die email teruglees dan lyk dit of ek en hy probleme het, maar miskien kan jy raad gee. Ek kan my nie indink om by enigiemand anders seksuele bevrediging te kry nie, ek is lief vir hom en is aan hom verbind met die verbond van God.

Ek stuur nou maar die mail, al praat jy my net moed in, want ek sien nie 'n oplossing vir die probleem nie, hy is maar erg hardkoppig, of is alle mans maar so, ek praat nie graag oor goed tussen ons wat my pla nie, ek wil nie 'n druppende kraan wees nie. Ek hou nie daarvan om te kla nie, mans kla so maklik oor hulle vroue wat gedurig kla oor goed wat nie reg is nie. Ek maak iets reg as dit verkeerd of stukkend is, maar hierdie een is vir my 'n tameletjie.

Baie dankie vir jou aandag
Groete
Anoniem

Hi Anoniem
Dankie vir die vrymoedigheid wat jy neem om vir my te email, ek weet dit is nie altyd maklik om oor 'n mens se seksuele probleme te praat nie.
Maar ek wil verseker vir jou moed in praat!

Ek sal dink dat die grootste probleem van jou man se lae libido "sex drive" is gewortel in die verleentheid wat sy impotensie vir hom bring. Vir 'n man is impotensie amper net so goed soos selfmoord. Mans het baie sterk identities’-ankers in hulle seksualiteit en vermoë om deur vrouens
seksueel begeerbaar gevind te word.

En met impotensie val baie van die man se manwees, selfbeeld en seksuele-identiteit weg.
En deur om seksuele situasies te vermei (in jou geval 3 weke sonder enige seks) hoef hy nie sleg te voel oor sy impotensie nie, want hy keer homself om in die eerste plek daar te gaan.

En ja, ek stem 100% saam met sy dokter oor die rook. In seksuologie het ons 'n spreekwoord wat sê "Met elke sigaret wat jy opsteek val een ereksie plat"
So hoe meer jy rook, hoe meer ereksies gaan jy verloor en hoe groter die kans vir impotensie.

Daar is pille op die mark wat sal kan help met impotensie, maar om oor te skakel na 'n gesonde dieet en leefwyse is baie beter. Dit sal goed wees as jou man terug gaan na sy dokter toe om te gesels oor sy impotensie en dalk 'n voorskrif te kry.

Dit is nou op 'n biologiese vlak, en op 'n emosionele vlak kan jy vir hom laat verstaan dat jy 100% okay is met sy impotensie, dat hy nie minder van 'n man is vir jou nie, maar vir eers sal dit ‘n goeie ding wees as jy nie meer elke dag vir hom vra vir seks nie. Hierdie gaan net meer druk op hom sit, waarvan hy net sal wegskram. Sit hom neer en sê vir hom dat jy graag wil seks het met hom, maar jy gaan vir hom spasie gee om nie meer so onderdruk te voel nie.

En op 'n seksuologie praktiese vlak, kan julle die 'wil hê' deel 'n bietjie aanpas.
In plaas van penetrasie-seks, fokus julle eerder op sensuele-seks of speel-seks.
Eksperimenteer met orale seks, masturbasie, erotise tas en massering, fantasie uit-speel, koop vir jou 'n 'nurse outfit' of wat ook al hy van hou en jy in gemaklik is. Dit is belangrik dat jou man vooraf weet dat wanneer hy nou met jou vry, gaan dit nie eindig in seks nie. Bly weg van penetrasie-seks vir ‘n tydperk wat julle op saam besluit, en geniet ‘tiener-seksualiteit’ weer waar jy kreatiewe manier vind om mekaar te geniet sonder om saam te slaap.

Hou aan om oor die onderwerp te gesels tussen julle twee, sonder om soos 'n druppende kraan te klink, (soos wat jy dit so mooi gestel het). Verstaan, vir hom is impotensie seksuele identiteit selfmoord.

MAAR dit hoef nie te wees nie, want omtrent alle mans gaan een of ander tyd in hulle lewe met 'n fase van impotensie sukkel. DIT IS NORMAAL. Maar ons moet probeer om dit net by 'n fase te hou. As dit kronies word kan dit 'n groot probleem veroorsaak in die huwelik.

Ek hoop ek kon vir jou moed in praat en tog genoeg vertel dat dit 'n area is wat aangewerk moet word.
Daar is nog BAIE ander aspekte wat 'n rol sal kan speel in jou man se 'lae libido' en impotensie en sonder om met hom te gesels en vrae te vra kan ek ongelukkig nie meer spesifiek vir julle help nie.

So hier is wat ek voorstel julle moet doen:
* Hou aan gesels oor julle seksualiteit
* Maak 'n afspraak by die dokter en kry medikasie wat sal help met die impotensie
* Moenie so baie penetrasie-seks gefokus wees nie, fokus op sensual en seksuele "speel" meer
* As daar 'n naby seksuoloog of seksualiteit berader is, sal dit goed wees om vir so paar sessies saam te gaan.

Alle sterkte en julle is meer as welkom om vir my enige iets nog te vra of om nog "speel"-seks ideas te kry.

Gesonde Seksualiteit
Timothy Kieswetter
www.gesondeseks.co.za

Stuur jou vra na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top