Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Seksologie artikels

6125

 

 

Ek is nie iemand wat gewoonlik praat van ‘n blow job nie. Professioneel praat ons eerder van orale seks, al is die wetenskaplike naam fellatio. En alhoewel al 3 hierdie benamings na dieselfde seksuele aktiwiteit verwys, wek dit 3 verskillende emosionele reaksies by ons op.

Blow job, is die lelikste een van die drie. Dit het dadelik ‘n vuil en amper pornografiese energie wat dit opbring. Baie getroude vrouens word sommer dadelik afgesit met hierdie woord.

Orale seks, is iets wat die getroude vrou meer geniet. Dit dra darem steeds intimiteit en voel nie goedkoop nie.

Fellatio, aan die ander kant, is wat vrouens vir hulle mans sal gee, wanneer hulle self nie lus het nie, en net gou vir hulle mans wil uithelp en/of keer dat hulle nie begin rondloop nie. Fellatio is ‘n werk, dit is koud en het nie baie emosies rondom dit nie. Ek doen dit met dieselfde tipe energie en lus as wat ek die huis skoonmaak, skottelgoed was en klere struik.

 

Elkeen van die 3 verskillende orale seksuele aktiwiteite het sy plek in ‘n gesonde huwelik, wat spog met ‘n vervulde sekslewe. En in opvolg artikels sal ek meer uitbrei oor die orale seks en fellatio dinamika van orale stimulasie, maar vandag wil ek met jou praat oor die sielkunde agter ‘n goeie blow job.

 

Ons almal bestaan uit ‘n “masker” en ‘n “shadow”. Ons masker gedeelte is die deel van ons menswees wat ons vir die wêreld wys en wie ons strewe om te wees. Dit is die volwasse en “soet” deel van wie ons is en wat gemaklik in die samelewing inpas.

Ons shadow, aan die ander kant, is wat ons oor skaam voel en met alle geweld wil wegsteek van die samelewing, uit vrees dat as enige iemand sien wat ek regtig dink of voel, sal ek verwerp en gekruisig word.

Maar maak nie saak hoe sterk jou masker is nie, jy sal nooit kan afskeid neem van jou shadow nie. Om mens te wees beteken om beide masker en shadow te wees en iewers tussen die spanning van die twee, waardigheid te vind vir ons en die mense met wie ons in kontak mee kom.

 

Graag wil ek nog ‘n konsep aanraak. Perfekte liefde wat onvoorwaardelike aanvaarding bring. Hoe meer aanvaarding ons voel, hoe gesonder kan ons deur die lewe gaan. Hoe meer verwerping ons mee rondloop hoe meer buite beheer gaan ons gedrag raak, in ‘n vorm van rebellie om die feit te protes dat ek nie goed genoeg is nie.

 

Alle aanvaarding en liefde is lekker, maar nie alle aanvaarding en liefde is dieselfde nie.

As jy iets goed doen, en jy ontvang aandag en liefde daarvoor, met ander woorde ons masker word geprys, voel ons natuurlik goed, maar nie regtig te veel nie, want ons verwag dit. Natuurlik kry ek prys, ek het dan iets reg gedoen.

Maar wat gebeur as jy aanvaarding en liefde ontvang wanneer jy iets verkeerd gedoen het. Met ander woorde, wanneer jou shadow gesien word en nie geoordeel en geskaam word nie. Wat beteken liefde en aanvaarding dan vir jou wanneer jy eintlik straf en oordeel verwag?

Natuurlik is daai liefde en aanvaarding baie meer intens tot wie ons is as dít want ons masker ontvang. Want nou weet ek die liefde en aanvaarding is nie gekoppel aan wat ek gedoen het nie, maar aan wie ek is, afsonderlik van my gedrag.

En dit is wanneer ‘n masker ‘n shadow kan aanvaar en liefhê, dat ons werklik veilig voel in ons verhoudinge en huwelik.

 

En orale seks is die beste om hierdie diep sielkundige boodskap aan mekaar te kommunikeer. My gesig is my masker - daarom sit ek grimering op en skeer my baard, sodat ek mooi lyk en vir die wereld.  My genitalieë is my shadow, daarom steek ek dit weg, sodat ek nie verwerp word deur die wereld nie.

 

So wanneer ons tydens orale seks jou simboliese masker op my simboliese shadow sit, vorm daar ‘n diep intieme konneksie wat elke gesonde huwelik nodig het.

 

En dit is wat ‘n blow job is. Dit is my masker wat vir jou shadow plesier gee en aanvaar.

Daarom is blow job so bietjie vuil, lelik en goedkoop. Want dit verteenwoordig ons shadow. En as jou huweliksmaat vir jou ‘n blow job kan gee, is daar ‘n diep rustigheid wat gebeur in ons binneste. ‘n Rustigheid dat ons okay is. Dat ons nie net masker hoef te wees nie, dat ons shadow ook ‘n regmatige plek in ons holistiese menswees het.

 

 

 

2487
nosex

Nou dat ek almal se aandag het, wil ek net die artikel begin om te noem dat ek ook glo dat die veiligste plek vir seks om plaas te vind is in ʼn gesonde huwelik. En ek dink ook daar is baie onnodige seer en hartseer betrokke in ‘casual sex’.

Wat ek egter nie mee saam stem is die manier HOE die kerk hierdie boodskap van gesonde seks in die huwelik oor die jare oorgedra het en steeds mee volhou.

Ek is al baie lank van die opinie dat die “SEKS VOOR DIE HUWELIK AS SONDEno sex before marriageboodskap nie werk nie. Jy mag dalk vir my wil sê:

“Maar dit is wat die Bybel sê.”

“Moenie God se standaard verlaag nie.”

“Sonde bly sonde.”

Jy hoef nie. My ore tuit alreeds!

As ons regtig-egtig so hard glo dat dit beter is om te wag met seks totdat ons getroud is en dat ons in hierdie besigheid (kerk/Christenskap) is om mense te help, maak dit dan nie sin om alles in ons vermoë te doen om die mense te help om so maklik as moontlik die boodskap te neem en te volg nie? Ek dink aan die spreekwoord, jy kan meer vlieë vang met ʼn bietjie heuning as met baie asyn.

Maar ongelukkig is asyn vir baie jare, generasie en eeue al deel van die godsdienstige juk wat op mense geplaas word. “Draai of braai, boeta!” (Of is dit in hierdie geval “Knyp of buk, sussa!”?)

Is Jesus se onvoorwaardelike liefde, nie ʼn sterk genoem boodskap van oortuiging nie?

Wil nie almal gesonde en lewens van oorvloed geniet nie?

En as ons regtig-egtig glo ons as Christene het die antwoord tot so ʼn lewe, (en ek glo werklik ons het), dan moet ons mos uit ons pad uit gaan om Jesus se woorde in Matteus 11:30 te ego:

“Want My juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.”

Ek sien nie die vingerswaaiende-Bybel onder die arm-draai of braai Jesus hier nie.

Ek sien ʼn Jesus wat die mens verstaan.

Ek sien ʼn Jesus wat die mens lief het.

Ek sien ʼn Jesus wat die mens wil lei, met sagkens en teerheid.

Ek sien ʼn Jesus wat met elke individu ʼn verhouding mee wil aanknoop, inplaas van om net die hemel vol te wil maak.

Ek dink daar is ʼn BAIE beter manier om mense te kry om langer te wag met seks as die baie oneffektiewe vingerswaaiende-Bybel onder die arm-seks voor die huwelik is sonde boodskap.

Maar voordat ek enige aandag kan spandeer aan die nuwe manier, moet ons eers saam stem dat die huidige manier van doen, werk nie.

En hier is hoekom dit nie werk nie. (Wel een van die redes!)

In my navorsing oor die Afrikaanssprekende Christen se seksuele belewenisse, vind ek ʼn effens konserwatiewe blanke dame tussen die ouderdom 35-44. Sy is getroud in haar eerste huwelik. Afrikaans is haar huistaal en sy is lidmaat aan die NG Kerk.

Hier is haar antwoord op my navorsingsvraag:

V: “Watse rol het jou geloof gespeel ten opsigte van jou seksualiteit?”

A: “Die Here het gesê dat seks slegs plaasvind as jy getroud is en omrede dit alreeds voor my huwelik plaasgevind (verkrag en molestering) het dit vir my gevoel asof ek nie meer ʼn kind van God is nie.”

Gee dit so ʼn oomblik om in jou hart te gaan lê.

Het dit jou al getref?

Voel jy die ‘heaviness’ van haar woorde?

Dit suig al die lewe uit jou uit!

Iewers het ons as kerk en Christene hierdie middeljarige Afrikaanssprekende Christen ʼn groot onreg aan gedoen. JA – ONS! Nie haar verkragters en molesteerders nie. Ek en jy. Haar broers en susters in die geloof. Ons het haar laat voel dat sy NIE MEER KWALIFEER OM ‘N KIND VAN GOD TE WEES NIE.

Nie as gevolg van watse erge verkeerd aan haar gedoen was nie, MAAR AS GEVOLG VAN HIERDIE VERDOMDE BOODSKAP VAN SEKS VOOR DIE HUWELIK AS SONDE.

no-sex-before-marriage-with-textSy het groot geword dat die mees belangrikste ding in haar lewe is haar maagdelikheid!

Sy het groot geword dat die grootste sonde wat sy op hierdie aarde kan doen is om nie as ʼn maagd te trou nie.

En hierdie twee beginsels is oor en oor in haar ingedril met die woorde “GOD Sê” en “DIE BYBEL Sê”.

Waar is die sagte juk?

Waar is die ligte las?

Waar is die sagkens?

Waar is die teerheid?

Waar is die arm om die skouer?

Waar is die ween saam?

NEE, al wat sy kry is ʼn vingerswaaiende-Bybel onder die arm-Seks voor die huwelik is sonde.

Ons kan nie verwag dat mense die mooi in seks gaan kan raak sien as die kerk 9/10 keer die klem lê op die sonde nie.

Dit is soos om vir jou kind te leer van gesonde eet gewoontes en al wat jy vir hom sê, gil, skree en indril: “MOENIE JOU KOS OP DIE GROND GOOI NIE!”

Asof dit die kind gaan enige iets positief leer van gesonde eet gewoontes?!

Dit gaan die kind net baie nervous maak wanneer hy saam met jou aan tafel sit en eet.

En bewaar sy siel as hy ooit iets op die vloer mors. Dalk val die vurk, of iemand stap verby en stamp hom en kos val op die vloer.

Die kyk in daardie kind se oë.

Die gevoel in daardie kind se hart.

Die selfbeeld en selfvertrou van daardie kind,... WEG!

Net soos wat ons middeljarige Afrikaans dame gevoel het toe sy kos op die vloer gemors het, per ongeluk! Dat dit haar outomaties diskwalifiseer om by haar VADER se tafel aan te sit.

Wie is ek of jy om mense te diskwalifiseer om aan ons VADER se tafel te sit, as Jesus self nie eers enige iemand diskwalifiseer nie?

Wanneer gaan ons snap dat dit nie is WAT ons sê nie, maar HOE ons dit sê wat die verskil is tussen

Wet en Genade

Dood en Lewe

Sonde en Geregtigheid

Maar hier is die kruks van dit alles. Hier is die stopblok.

Die meeste van ons hou hardkoppig aan glo wat ons hardkoppige voorouers vir ons geleer het oor seksualiteit en spiritualiteit.

Ons sal nie mense soos hierdie middeljarige Afrikaanssprekende NG Kerk-gaanende dame kan help totdat ons nie self ons eie harte ondersoek en ons eie Seks IQ verhoog en gesond kry nie.

So wat van ons leer die mense ʼn nuwe beginsel oor seks voor die huwelik?

Dat daar is een ding wat belangriker is as jou maagdelikheid!

...EN DIT IS JY!

Om meer te lees oor wat ek as Gesonde Seks beskou en wat ek uit die Bybel kry oor seksualiteit, gaan kry my boek “Wat Adam my van Seks geleer het” vanaf ons aanlyn boekwinkel:

http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke
Continue reading
6119
david statue

Kom ons begin by die begin. Is die grootte van ʼn man se penis regtig so ʼn belangrike saak?

Ja en nee. Dit speel ʼn verskriklike groot rol maar ook nie regtig nie. Kom ek probeer my verduideliking so kort as moontlike te hou, terwyl ek dit probeer langer uitrek.

Studies het gewys dat 85% van vrouens is wel tevrede met hulle man se penis grote, maar slegs 55% van dieselfde mans is tevrede met hulle eie grootte.

So die grootte van jou meneer maak nie vir jou vrou soveel saak nie, maar wel vir jouself. (Hou net in gedagte as jy dalk "hang" soos wat jy graag so wou gehang wees, is daar ʼn baie goeie kans dat jou vrou die berge in sal hardloop wanneer sy jou sien.)

Maar omdat ʼn man se ego, manlikheid en seksuele lus direk gekoppel is aan sy beeld van sy penis, maak die grootte wel saak.

Om voort te gaan moet ons na drie kante van hierdie ding kyk.

1)      Hoe groot die penis van die man is wanneer ons dit met ʼn liniaal meet. (Nee, moenie een gaan haal nie.) (Biologiese-grootte)

2)      Hoe groot die penis vir die man voorkom. (Sielkundige-grootte)

3)      Hoe groot is die funksie van die man se penis. (Funksionele-grootte)

1)      Biologiese-grootte

As jy gehoop het ek het oefeninge wat jou biologiese-grootte van jou penis gaan vergroot, mag jy dalk teleurgesteld wees. Jou penis is nie ʼn spier nie, en hy gaan nie groter word soos wat jy hom meer oefen nie. Jou penis bestaan uit weefsel wat vol bloed word soos wat jy ʼn ereksie kry. Die meeste mans se grote tydens ʼn ereksie is iewers tussen 12.9 - 16cm, maar in sy flaccid state, (wanneer hy slap is), is elke man se biologiese-grootte anderste. (Dink net hoe sou die kondoom maatskappy gesukkel het om verskillende sizes te bemark: “Ag shame”, “amper daar”, “normaal”, “geseënd”, “you wish”.)

Sal jy my glo as ek vir jou sê jou penis is eintlik dubbel so lank as wat jy dink dit is?

Die deel van jou penis wat jy sien is maar net die deel wat uitsteek, maar as jy jou vingers neem en voel onder jou skrotum sal jy voel hoe jou penis aanhou binne in jou lyf. (Asb as jy hierdie artikel by die werk of in die woonkamer lees, moenie nou voel nie.) Jy sal dit veral voel tydens ʼn ereksie tussen die anus en skrotum. (Onthou hierdie plek, want dit is die man se turbo knoppie.)

As jy absoluut daarop aandring, kan jy vir ʼn penisvergroting gaan waar hulle jou penis ʼn bietjie meer ‘uitskuif’. So jou penis word nie eintlik groter nie, maar net meer sigbaar.

Daar is ook ander penisvergroting-apparate, soos die penispomp, wat beweer om die penis te vergroot, maar hierdie pomp forseer net meer bloed in jou penis en dus swel jy groter op, maar sodra jy weer gaan sak gaan jy terug keer na jou normale grote. So tensy jy elke keer eers wil pomp voordat jy pomp is dit nie noodwendig vir jou nie. (Wees versigtig, want jy kan ook teveel bloed in jou penis in pomp dat een van jou are bars wat nooit goed is nie.)

Enige ander pille, smeermiddels of wondertegnieke wat beloof om jou biologiese-grootte te vergroot, loop weg daarvan, want dit is alles net geldmaak-gimmicks.

Dit is in elk geval net die eerste 5cm van die vrou se vagina waar al die senuweepunte is, so as die lengte van die penis nie ʼn funksionerende rol speel nie, moet dit meer van ʼn sielkundige rol speel.

2)      Sielkundige-grootte

Mans se identiteit en manlikheid is in baie opsigte gekoppel aan hulle penis en seksuele vermoë. Ons vergelyk onsself van laerskool met ander seuns en begin die “myne is groter as joune” kompetisie. Daar is twee belangrike faktore om hier te adresseer.

Puberteit. Dit is nou maar ʼn feit van die lewe dat sommige seuns vinger en vroeër gaan ontwikkel as ander en dit is waar die sielkundige trauma begin. Die gevoel dat jy nie man genoeg nie. Jy is nog ʼn seuntjie, jy is nie ʼn man nie. En al hierdie “manlikheid” word slegs gemeet deur hoe lank jy meet.

Aan die einde van puberteit is die meeste mans dieselfde grote, maar niks van dit maak saak vir die seun wat laat begin ontwikkel het nie, want in sy kop kan hy nie die mas van manlikheid opkom nie. In sy geestesoog sien hy homself as hierdie haarlose klein "vienna" wat nie eers hang nie, wat net staan, voor twee droë rosyntjies vs. die perdmens. En in sy kop is alle mans perdmense, en net hy nog seuntjie.

Die tweede faktor wat ʼn rol speek in die sielkundige-grootte van ʼn man se penis is illusie.

Ons almal het al ʼn toorkunsie gesien. Het hy regtig die dame in twee gesaag? Het hy regtig die muntstuk laat verdwyn (daar is baie sulke talentvolle mense in Suid-Afrika wat geld laat verdwyn). Dit is alles goeie illusies.

En wanneer jy na jou self kyk, in ander woorde jy buig jou kop en kyk af na jou penis, sal hy kleiner lyk as wat jy reguit kyk na iemand anderste se penis. Omdat jy die hele penis kan sien, inplaas van net die bo deel van jou eie. So wees gerus dat wanneer ʼn ander man na jou penis kyk sal hy dink dis groot.

Moenie eers begin om jouself met die penisse op tv te vergelyk nie, want alles wat jy sien op TV is groter as in die regte wêreld. (Maar dan moet ek hier by voeg dat sommige mans in die porn industrie is meer perd as mens, maar okay, ons praat nou van normale mense.)

So as ons die sielkundige aspekte rondom penisgrote begin verstaan, sal ons begin verstaan dat jy die enigste een is wat jou “klein” penis raak sien. Ander mans sal na jou penis kyk en dink dit is “groot” en ʼn vrou sal na jou kyk en dink, “dit is ʼn penis”.

Maar jy kan darem hierdie illusie tegnieke gebruik om vir jouself groter te lyk.

1)      Skeer al jou pubiesehare af. Jou penis sal dadelik baie groter lyk, want dit is al wat jou oog nou op moet fokus.

2)      Kyk vir jouself meer in die spieël as van bo.

3)      Neem foto’s van jou penis, want dit sal die porn illusie inbring dat alles op tv is groter, beter en sterker.

3)      Funksionele-grote

Nou, ons het alreeds gesien dat vrouens nie so baie gepla is oor ʼn man se penisgrootte nie, of dat die man soos ʼn perd gebou hoef te wees om ʼn goeie sekslewe te geniet nie. Maar wanneer die man sleg voel of skaam voel oor sy penis, sal dit ʼn negatiewe effek hê op sy liefdemaak vermoë.

Vra vir jou vrou om vir jou meneer meer komplemente te gee en ʼn bietjie meer van ʼn big deal te maak van jou penis. (Dit is nie net vrouens met swak selfbeelde wat konstante bemoedigende komplemente verlang nie, ons mans het ook cheering nodig.)

En die laaste funksionele-groote wenk waarmee ek wil eindig, is om alles van jou penis te gebruik om liefde te maak. Jou hele sielkundige-penis asook jou hele biologiese-penis. Onthou daardie turbo knoppie wat ek vroeër van gepraat het. Die versteekte penis aan die binnekant. Plaas ʼn bietjie drukking op daardie turbo knoppie tussen jou anus en skrotum wanneer jy seks het of wanneer jy masturbeer en gebruik so jou penis tot sy volle potensiaal.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

Vir meer inligting oor seksualiteit en hoe jy ook ʼn Gesonde Sekslewe kan geniet, skryf in vir ons Gesonde Seks Mentorskap by www.gesondeseks.co.za
Continue reading
1827
Gesonde Seks Huiswerk #26
Musiek-Seks


Musiek is die enigste iets wat almal kan verstaan – maak nie saak watter ras of klas jy is nie. Dit oorskry alle grense, dit is die oorbruggingsmedium van die individu. Dit het die vermoë om jou emosies aan te raak; dit maak jou rustig as jy kwaad is en dit kan jou opwek met polsende ritme.

As musiek so ʼn kragtige rol in ons lewens speel, hoekom inkorporeer ons dit nie in ons sekslewe nie? Die wêreldbekende seksuoloog, Dr Ruth Westheimer, is eintlik gekant teen agtergrondmusiek tydens seks omdat dit intimiteit kan verdoof. Sy raai aan dat julle eerder op mekaar moet konsentreer as op die musiek.

Vandag se Gesonde Seks Huiswerk werk daarom bietjie anders – jy is nie veronderstel om op die musiek te konsentreer en van jou maat te vergeet nie. Die musiek gaan jou wel help om al jou aandag op jou maat te vestig. Dit sal juis help om die sensasie en seksualiteit tussen julle op te jaag eerder as om dit uit te doof.

Dit is daar om 'n nuwe stomende dimensie in julle sekslewe te bring! Die ritme en atmosfeer gaan die toonsetter wees; julle liefdemakery moet by die musiek pas. As die musiek vinnig en polsend is, moet jou sekspassies ook versnel; as dit weer stadig en rustiger raak, moet jy eerder sensueel en stadig te werk gaan.

Hier is 'n paar wenke:
As jy lus is vir lang intieme-seks, luister na klasieke-musiek.
As jy lus is vir aggressiewe-seks, kan jy nie verkeerd gaan met jou gunsteling rock-en-roll -liedjie nie.
As jy lus is vir passievolle-seks, kan julle altyd na julle gunsteling liefdes-liedjie luister.
As jy lus is vir energieke-seks, dan is die nuutste R&B of pop-album net die ding.

Seks moet meer wees as iets wat julle net doen, maar wanneer seks ʼn melodie uit die hart word, kan julle waarlike Gesonde Seks hê!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012
Continue reading
2318

Gesonde Seks Huiswerk #26
Driekamp Seks


Ons het van geen-seks huiswerk gegaan tot 'n vinnige quickie-seks laas week. Alles was om jou voor te berei vir vandag se Gesonde Seks Huiswerk – driekamp-seks!

Dit gaan baie beslis jou stamina toets! Seks gaan nie meer vir jou iets wees wat jy doen net voordat jy gaan slaap nie – maar iets waarna jy die heeldag gaan uitsien!

Gesonde seks is nie net om mekaar warm genoeg te vry sodat penetrasie nie te seer is nie. Gesonde seks word nie gejaag nie . . . dit neem sy tyd. Dit verken, bewonder en dit vuur die erotiese vlamme van julle seksualiteit aan.
Driekamp-seks bestaan uit drie verskillende dele: Voel vry om dit aan te pas totdat jy gelukkig is. Maar hier is solank iets om mee te begin:

Aktiwiteit 1: Begin met orale seks vir die man. Baie mans sukkel met prematuur-ejakulasie of sukkel om lank genoeg uit te hou om sy vrou te plesier soos wat hy graag wil. Die beste manier om ʼn man beter beheer oor sy ejakulasie te gee, is om vir hom baie seks-oefeninge te gee.
Gebruik al jou kennis om vir hom die beste orale seks te gee, maar moet hom nie klaar maak nie. Kommunikasie is hier van uiterste belang – die man moet vir die vrou sê hoe vêr hy van sy klimaks af is. Stop wanneer dit by 90% kom.
Hierdie mag dalk bietjie oefening neem, maar dit is die moeite werd!

Aktiwiteit 2: Dis nou die vrou se beurt om aan die ontvangkant te wees van orale seks. Die fokus is nou heeltemal op haar. Die man gaan voel asof hy verdere stimulasie nodig hê, maar probeer uithou. Moenie jouself verder stimuleer nie, en moet ook nie dat jou vrou jou verder stimuleer nie. Fokus nou net op die vrou en vat haar hemel toe!
Spandeer genoeg tyd om elke hoek van haar met jou tong en hand te verken. Die wonderlike ding van ʼn vrou is dat sy verskeie orgasmes kan geniet so moenie stop nie! Kommunikasie is belangrik en laat sy jou wys wanneer jy harder, sagter, dieper of vinniger moet werk.

Aktiwiteit 3: Nadat sy orgasme bereik het en sy smeek hom om in haar te kom, behoort die man al bietjie afgekoel het en gereed te wees vir nog. Nou kan julle jul gunsteling seks-posisie inneem en die driekamp saam sterk af eindig!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2011
Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top