Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Seksologie artikels

2387
Josef
Seks tydens swangerskap
“Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem." - Matteus 1:25

Meer oor sy storie

Jesus se maagdelike geboorte is een van die hoekstene van ons geloof. Die Heilige Gees het Maria bevrug sodat dié profesie vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en ʼn Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken: God met ons.”

Terwyl die wêreld op die maagd Maria gefokus is, vergeet almal waardeur arme Josef moes gaan. Hy moes uitvind dat sy aanstaande swanger is en hy weet vir ʼn feit dat hy nie die pa is nie. Dit moes vir hom baie erg gewees het! Dit het hom so ontstel dat hy besluit het om die verlowing te verbreek. Daardie selfde nag nog het ʼn engel aan Josef verskyn en alles aan hom verduidelik en vir hom gesê dat hy die seuntjie Jesus moet noem .
Josef het wakker geword en gedoen soos wat die engel van die Here hom beveel het. Tot die dag wat Jesus gebore was (en ek is seker tot ʼn rukkie daarna) het Josef nie seks met Maria gehad nie.

Les vir die moderne man

Ek dink almal is eens dat daar nooit weer ʼn maagd was wat swanger geword het nie – alhoewel sommige vrouens dalk al die verskoning probeer het! Wat op dees aarde is die les wat ons hieruit kan leer? Jy mag nie seks hê as jou vrou swanger is nie? Geensins nie! As julle albei lae libido’s het of vreeslike goeie selfbeheersing, dan is nege maande seker nie te lank om te wag nie!

Ongelukkig is hierdie ook die tyd wat baie mans ontrou aan hul vrouens is. Baiekeer sien die man sy vrou anders wanneer sy swanger is. Hy begin haar as ʼn ma sien en nie meer as sy lover nie en dis dan wat sy oë dwaal. Maar moet nie die fout maak om te dink dat dit nét mans is wat gedurende hierdie tydperk rondloop nie! Sommige vrouens se seksdrang styg geweldig gedurende swangerskap wat maak dat sy konstant seks wil hê. Omdat haar man haar vir bogenoemde redes nie meer begeer nie, mag dit dalk sy wees wat seksuele bevrediging op ander plekke gaan soek.
Kom ons wees eerlik, swangerskap is ʼn geweldige draaipunt julle huwelik maar ook in jou en jou vrou se lewe. Vir sommige raak die lewe dan net beter maar vir ander word dit ongelukkig slegter. Sommige huwelike val uitmekaar na die geboorte van ʼn kind as gevolg van ʼn gebrek aan kennis. . .

Die belangrikste hoeksteen van enige verhouding is kommunikasie. As julle oop en eerlik met mekaar kan kommunikeer dan is die kans vir misverstande skraal. Ons het reeds in vorige hoofstukke (Salomo veral) gesien dat God nie net seks gemaak het vir voortplantingdoeleindes nie. Daarom sal jy ook nie ophou om seks te hê as jou vrou swanger is net omdat julle uit die aard van die saak nou nie meer nodig het om seks te hê nie.
Baie paartjies is huiwerig om seks te hê tydens swangerskap omdat hulle bang is dat die baba kan seerkry. Tensy jy ʼn Babiloniër is, hoef jy nie daaroor bekommerd te wees nie! Die baarmoeder is baie vêr vanaf die vagina – hopeloos te vêr vir jou om by te kom! Ander is weer bekommerd oor die veiligheid van die baba wanneer die vrou ʼn orgasme kry – maar hierdie is ook nie rede om besorg te wees nie. Alhoewel die baba sal rondbeweeg tydens julle liefdemaaksessie, is daar geen negatiewe gevolge vir die baba nie.
Ek wil noem dat as jou dokter kommer uitgespreek het oor moontlike komplikasies tydens die swangerskap, is dit die beste om eerder seks te vermy solank as wat die dokter dit aanbeveel.

Man tot Man
Swangerskap hoef nie vir jou nege maande se droogte te beteken nie. Baie vrouens se seks drang is op haar hoogste tydens hierdie tydperk. Maak daarvan gebruik!


Wat sê die wetenskaplikes

Om seks te hê tydens swangerskap sal julle julle posisies moet aanpas om plek te maak vir jou vrou se maag. Vermy enige posisie wat druk op jou vrou se maag plaas. Die beste posisie vir jou is om onder of agter jou vrou te wees en haar van agteraf te penetreer. Enige staan posisie sal ook werk.
Daar is ’n hele paar voordele om seks te hê tydens swangerskap:
• ʼn Paartjie wat ʼn gesonde sekslewe tydens swangerskap het, lê ʼn goeie fondasie vir die toekoms. Omdat hierdie ʼn tydperk is wat mans en vrouens geneig is om ontrou aan mekaar te wees, is dit belangrik vir paartjies om seksueel daar vir mekaar te wees.
• Omdat meer bloed na die vrou se genitalieë vloei, raak dit makliker vir die vrou om ʼn orgasme te bereik. Baie vrouens wat nog altyd gesukkel het om ʼn orgasme te kry, sal dit nou baie maklik vind.
• Baie mans vind dit eroties om te sien hoe sy vrou se lyf tydens swangerskap verander. Haar borste is groter en haar figuur is voller. Haar hare blink en haar vel is seepglad; die afwesigheid van haar maandstondes dra ook by tot ʼn begeerlike lyf.
• Om sy vrou swanger te maak gee enige man se selfbeeld ʼn hupstoot! Wat beter bewys is daar nie van jou eie manlikheid as om pa te word nie?
• Baie paartjies kom uit hul gewone seksuele roetine en begin mekaar weer van vooraf ontdek. Baie paartjies ontdek weer die genot van gesamentlike masturbasie en orale stimulasie.


As jy hierdie hoofstuk geniet het, dink ek jy sal absoluut mal wees oor my boek "Wat Adam my van Seks geleer het". Gaan na www.gesondeseks.co.za om jou kopie te bestel vandag.

Continue reading
1975
Gesonde Seks Huiswerk #19
Buitelug Seks


Dis somer in Suid-Afrika en die lekker warm weer moet gevier word – Gesonde Seks Styl!
Hoe langer ’n paartjie getroud is, hoe groter is die kans dat hulle elke keer op dieselfde plek, selfde tyd gaan liefde-maak.

Hier by Gesonde Seks is ons 100% vir monogamistiese verhoudings. Met ander woorde, die persoon aan wie jy ewige trou beloof het, is die persoon met wie jy Gesonde Seks beoefen. Om seker te maak dat jy vir die res van jou lewe met dieselfde persoon gaan seks het, moet jy tyd, plek en posisie afwissel om seker te maak die liefdes-vonke bly spat.

Met vandag se huiswerk gaan ons op uitstappie – na buite! Daar is niks meer romanties en avontuurlustig as om liefde onder die sterre te maak nie!

As jy dalk nie kans sien om seks in die buitelug te hê nie, stel ek voor jy begin met ’n romantiese piekniek. Speel voetjie-voetjie, lê op mekaar se skoot, streel mekaar se hare en vry mekaar soos verliefde tieners! Enige iets solank jy jou seks buitelug neem.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2011
Continue reading
1766

Gesonde Seks Huiswerk #18
Kama Sutra Reeks – Kissing at Dawn

Ons eindig vandag met ons eerste Kama Sutra Reeks hier by Gesonde Seks, met ’n lekker staan posisie, genoem “Kissing at Dawn”.

Die hele doel met die Kama Sutra Reeks is nie om noodwendig vir jou ’n stap1 tot 10 tegnieke te wys wat jy stiptelik moet volg nie, maar eerder om die ‘speel’ die ‘tsâchaq’ (lag, terg, speel en om jouself te geniet) in julle sekslewe weer te laat ontvlam.

‘n Kaggel sonder ‘n vuur is soos ‘n huwelik sonder wit warm seks.

Hou aan om hierdie posisies te oefen, asook om julle eie weergawes van die “Unicorn’s Horn, Splitting the Bamboo en Kissing at Dawn” deel te maak van julle sekslewe.

Vandag se Kama Sutra posisie is genoem: Kissing at Dawn (McKenzie, 2005)

So maak mens

Hierdie is ’n lekker posisie om te doen wanneer julle saam stort of in die oggend julle slaapklere verruil vir julle werksklere. Die lekkerte van hierdie posisie is dat dit nie altyd hoef te eindig met penetrasie seks nie en kan net ’n lekker “Kiss at Dawn” wees.

Al twee moet kaalvoet wees. Die kaalheid van die res van jou kan julle maar bepaal oor hoeveel tyd julle het. Die vrou staan voor haar man en plaas haar arms om sy nek en begin hom liggies soen. Dan plaas sy albei haar voete bo op haar man se voete.

Die soen intensiveer tot diep, passie volle soene. Julle sal voel hoe die seksuele energie deur julle liggame beweeg van julle lippe tot julle voete.

Die vrou kan ook een van haar bene oplig en om die man se heup swaai. Hy kan dit met sy hand ondersteun.
Hier kan julle besluit of die “Kissing at Dawn” al die pad na seks toe gaan, of dit net ’n lekker dink aan my deur die loop van jou dag soen gaan wees.

Bibliografie:
McKenzie, E. (2005). Kama Sutra Pleasures: 52 Sensational Positions to Enhance Your Love Making. London: Hamlyn.


Continue reading
1883
Gesonde Seks Huiswerk #17
Kama Sutra Reeks – Splitting the bamboo


Ons het laas week begin met ons eers Kama Sutra Reeks hier by Gesonde Seks. Ek glo dat julle die Unicorn’s horn geniet het. So paar punte wat ek net wil uitlig oor hierdie Kama Sutra posisies. Die meeste van hierdie posisies is nogal moeilik om eers in te kom en as jy in posisie is, is dit moeilik om te weet hoe om dan te beweeg. Of julle lag so baie van al die probeer dat julle nie vêrder op die seks kan fokus nie. Hierdie is alles deel van die seksuele speel wat Gesonde Seks bevorder.

Wenke om die Kama Sutra posisie te bemeester:

1. Gebruik baie lubrikasie
2. Pas die posisies aan om by julle eie liggame en voorkeure te pas
3. Laat toe dat die passie wat wit warm tussen julle brand julle neem na wat ook al vir julle gemaklik is,
al is dit terug na die sendelings-posisie
4. Maar seker julle het genoeg voorspel gedoen

Vandag se Kama Sutra posisie is genoem: Splitting the bamboo (McKenzie, 2005)

So maak mens

Die vrou lê met haar rug op die bed. Sy lig haar bene op om vir haar man ruimte te maak om nader te skuif. Die man sit nou naby genoeg om sy vrou te penetreer. Die vrou plaas een van haar bene op die man se skouer en die ander been rondom sy lyf. Sy kan ook haar boude ’n bietjie oplig om te help met die man se ritmiese bewegings. Hierdie is ’n baie intense posisie omdat die man oor sy vrou kyk en sy lê oop voor hom. Die oog kontak is ook baie intiem in hierdie posisie en gee ook geleentheid vir die man en vrou om die plesier op mekaar se gesigte te aanskou. Speel rond met die hoek van penetrasie asook die snelheid van die beweging en die posisie van die vrou se bene sodat dit vir julle albei plesier verskaf.

Bibliografie:
McKenzie, E. (2005). Kama Sutra Pleasures: 52 Sensational Positions to Enhance Your Love Making. London: Hamlyn.

Continue reading
1905


Gesonde Seks Huiswerk #16
Kama Sutra Reeks – Unicorn’s horn

Laas week se Gesonde Seks huiswerk was om jou seks-fiks te kry vir die Kama Sutra Reeks wat ek vir die volgende paar weke elke Vrydag ’n nuwe posisie vir jou gaan leer.
Kama Sutra is een van die oudste en mees bekendste teks oor seksualiteit. Dit is meer as 2000 jaar gelede geskryf deur ’n Indiese Sage. Kama Sutra beteken die kuns van liefde. Dit is nie net seks posisies nie, maar beginsels en riglyne oor hoe om seksueel te verkeer.

Baie Christen voel ongemaklik met Kama Sutra omdat dit nie “Christen” is nie. (Ek gaan in die toekoms ook ’n Hooglied Reeks doen.)
In die geskiedenis van Christendom was daar nie toe gelaat om positief oor seks te skryf nie, daarom is daar 'n tekort aan Christen seksuele literatuur.
Een van my kolegas het eendag vir my gevra “Jy moet seker baie ongemaklik voel as ’n Christen tussen al hierdie seks-dinge?” My antwoord was eenvoudig: “Glad nie, inteendeel, ek is baie op my gemak, want dit is my God wat hierdie seks-dinge gemaak het en vir ons gegee het om te geniet.”

So kom ons begin met die eerste posisie – die Unicorn’s horn. (McKenzie, 2005)

So maak mens.

Die man sit op die vloer met sy rug reguit. Hy sprei sy bene oop en laat toe dat sy vrou tussen sy bene sit, met haar rug na hom. Gebruik hierdie tyd om in haar nek te soen en mooi woorde in haar oor te fluister. Sy kan haar vingers oor sy bene streel.

Nadat julle mekaar geliefkoos het en die man ’n stewige ereksie het, kan die vrou haar boude oplig om sodoende toe te laat dat haar man se penis in haar kan in kom. (As julle sukkel met penetrasie in hierdie posisie kan jy altyd so rukkie eers terug keur na die missionary posisie toe om seker te maak dat die man en vrou albei aroused is.) Hierdie posisie is die vagina styf om die penis en dus is enige klein beweging sensitief en sal plesier verskaf.
Die man en vrou kan beurte neem om bewegings te maak. Die man kan op druk en die vrou kan met haar heupe in ’n sirkel beweging beweeg asook op en af.

Hierdie posisie maak dit ook toeganklik tot die vrou se klitoris deur hom en haar.

As jy hierdie posisie na die volgende vlak toe wil neem, doen dit voor ’n vol lengte spieël.

Bibliografie:
McKenzie, E. (2005). Kama Sutra Pleasures: 52 Sensational Positions to Enhance Your Love Making. London: Hamlyn.

Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top