Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Seksologie artikels

3093
Gesonde Seks Huiswerk #15
Elke dag van die Week Seks


In die begin van ’n verhouding hoef niemand vir seks te skimp, vra of smeek nie – dit gebeur net. Die passie tussen mekaar is wit warm en baie seks is gewoonlik wat volg. (Hierdie is dalk meer van ’n mite as realiteit nie, want ek sien baie nuwe paartjies wat van die begin af sukkel met Gesonde Seks.)

So hierdie huiswerk is vir beide dan. Die paartjies wat al lank saam met mekaar is en waar seks slegs elke nou en dan gebeur, dalk na ’n skimp hier en daar. Asook vir die paartjie wat nog veronderstel is om nog oor te loop met wit warm passie vir mekaar, maar wat agtergekom het Gesonde Seks is harde werk.
Vandag se huiswerk is meer van ’n uitdaging. Ek daag jou uit om al jou ander issues net vir ’n week een kant toe te skuif en seks eerste te plaas. Elke dag van die Week Seks. Geen verskonings, geen verwerping, geen smekery, net eenvoudig Elke dag van die Week Seks.
Net soos wat ’n persoon oefening moet doen om fiks te bly, moet ons ook gereeld Gesonde Seks doen om seksueel fiks te word.
Hier is vir julle so paar posisies om te help as julle ’n bietjie vashaak. (Hierdie posisies is ’n uittreksel uit my boek “Wat Adam my van Seks geleer het” – Salomo, Kamma-kamma of Kama Sutra. Bestel my boek via www.gesondeseks.co.za )

1. Die man bo
Hierdie is by verre die mees gewildste seksposisie en staan as die sendeling-posisie bekend. Dit is waar die man bo op sy vrou lê. Hierdie posisie kan baie romanties wees aangesien julle vir mekaar kyk en in mekaar se ore kan fluister. Hierdie posisie ly homself toe dat jy die meeste van die werk doen en jou vrou meer ʼn passiewe rol speel. In hierdie posisie het jy in die algemeen minder beheer oor wanneer jy ejakuleer.
Daar is twee variasies van dié posisie wat maak dat jy jou vrou se G-kol beter met jou penis kan stimuleer. Die eerste manier is om ʼn stewige kussing onder jou vrou se lae rug te plaas sodat haar heupe in ʼn 30 grade helling lê. As jy voel dat jy sterk genoeg is, kan jy ook haar heupe self oplig terwyl jy haar penetreer.
Jou vrou kan ook haar bene optrek en met haar knieë teen jou bors druk. Hierdie posisie verander die vorm van haar vagina om stywer om jou penis te pas. As sy gimnasties is en kans sien, dan kan sy met haar enkels op jou skouers rus terwyl jy penetrasie met snelheid en diepte afwissel.

2. Die vrou bo
Wanneer die vrou bo lê, is sy in beheer van die diepte, tempo en hoek van penetrasie. Sy kan regop sit, vorentoe of agtertoe leuen. Sy kan selfs omdraai en met haar rug na jou toe sit. Wanneer jou vrou bo is, kan sy meer aktief deelneem aan die liefdemaaksessie en kan jy weer die kans kry om ʼn meer passiewe rol in te neem. Jy hoef nie heeltemal niks te doen nie, jy kan steeds jou hande gebruik om jou vrou se borste en klitoris te streel terwyl sy op ritmiese bewegings fokus.
Hierdie posisie is ook baie gewild in seksterapie; dit help die man om in beheer van sy ejakulasie te wees en dis makliker vir die vrou om ʼn orgasme te hê.

3. Penetrasie van agter
Jy kan jou vrou van agteraf penetreer terwyl sy lê, handeviervoet kniel of staan. Sommige mense hou nie van hierdie posisie nie omdat die man en vrou se gesigte weg van mekaar is. As julle eerder intiem wil wees, dan is hierdie dalk nie die beste posisie nie.
Hierdie is ʼn baie meer erotiese posisie en kan baie ekstra sensasie vir beide van julle bied. Om te voel hoe jou vrou se boude teen jou skrotum druk, verskaf daardie ekstra bietjie plesier wat dalk al wat nodig is om julle liefdemaaksessie sensasioneel te maak. Dit laat jou ook toe om haar baie diep te penetreer; wees net sensitief vir haar voorkeure – sy mag dalk nie daarvan hou om té diep gepenetreer te word nie. Jy kan jou hande op haar heupe plaas om te help met die ritmiese bewegings of jy kan haar klitoris of borste masseer. Jou vrou kan ook haar een hand neem en jou skrotum masseer.

4. Sy aan sy
As julle in die bui is om vir ure lank in mekaar se arms te lê en intieme liefde te maak, is hierdie een van jou beste posisies. Omdat penetrasie moeilik is terwyl julle sy aan sy lê, begin dalk eers in die gewone sendeling-posisie voordat julle dan stadig omdraai.
Hierdie posisie laat nie diep penetrasie moontlik nie en die tempo waarteen jy in en uit haar kan beweeg is baie stadig aangesien jou penis baie maklik uit haar vagina kan glip. Hierdie posisie werk goed indien jou vrou swanger is. Jy kan dan ook agter haar lê as haar maag te groot is.
Onthou net dat elke seksposisie het sy eie voor- en nadele en jy moet die regte posisie vir die regte luim waarin julle verkeer identifiseer.

5. Kniel, sit en staan
In elk van die posisies kan een of beide van julle kniel, sit of staan. Hierdie posisies kan julle op amper enige plek doen en is julle nie tot die slaapkamer beperk nie.
Wat ek wil hê jy moet snap is dat jou sekslewe nie vervelig hoef te wees nie en jy hoef nie net een posisie te hê nie. Julle kan gerus met verskillende posisie en style eksperimenteer sodat jy en jou vrou ook soos Salomo en sy beminde saam hooglied kan maak!
Continue reading
2785

Gesonde Seks Huiswerk #14

Strip Speletjies


Gesonde seks bestaan uit 3 dele: Prokreasie seks, Verhouding Seks en Rekreasie Seks
1.Prokreasie seks is seks wat plaasvind met die doel om ‘n baba te maak. Ook daardie tydperk wanneer vroulief met die een oor luiset na haar man se liefkosings en met die ander oor na haar pas-gebore baba se slaap geluidjies. Die fokus is meer op die kinders. Onthou, hierdie is net tydelik. Geduld en ‘understanding’ is nodig.
2.Verhouding seks is daardie intieme konneksie wat die vlam van liefde laat gloei in julle harte. Dis vol emosie en die kersie op die koek is gelyktydige orgasme. Die fokus is op jou maat. Jy wil hom/haar graag plesier. Dis onselfsugtige seks en dit bou julle verhouding.
3.Rekreasie seks is prettig en genotvol. Dis wanneer julle iets nuuts probeer en lag oor mislukkings. Dit sluit ook masturbasie in. Die fokus is meer op self maar ook wedersydse plesier.

En dis die fokus van vandag se Gesonde Seks Huiswerk: rekreasie seks. Spesifiek, Strip Speletjies. Na aanleiding van die week se live chat op Intiem se wall oor “Hoort wellus/erotika in die huwelik?” het ek dit goed gedink om sulke seksuele speletjies voor te skryf omdat ons glo dat Ja! Wellus hoort in die huwelik! Man en vrou moet mekaar se lywe begeer en aangetrokee voel aan hulle maat.

So haal daardie pak kaarte uit, pool tafel of skaakbord en kies ‘n speletjie wat vir julle gaan werk. Een waar die verloder, ‘n kledingstuk moet verwyder. Dit kan poker wees, (as julle gemaklik is daarmee) of selfs net Snap. As julle uit klere hardloop, kan julle oor gaan in seksuele gunsies. Die wenner van die rondte kan vra vir ietsie lekkers.

Net ‘n waarskuwing: As julle ‘n onopgeloste saak het of daar is iets onderlangs waaroor julle nog nie gesels het nie, gaan dit moeilik wees om af te skud en saam te lag. Praat die ding uit, moet dit nie net onder die mat vee nie!

Hoop julle het ‘n fantastiese naweek!
Continue reading
1737
Gesonde Seks Huiswerk #13
Libido Booster


Nie alles van Gesonde Seks is prakties nie maar behels ook ’n groot deel van teorie. En met vandag se Gesonde Seks Huiswerk gaan ons ’n bietjie meer op die teorie van Libido Boost fokus. Libido is ’n term wat verwys na jou seksuele dryf. Dit verskil van persoon tot persoon en kan wissel van heeldag lus tot altyd geblus. Dit is wanneer man en vrou mekaar op die twee uiterste van hierdie libido-spektrum vind dat daar gewoonlik rusie in die slaapkamer ontwikkel.

Die doel met vandag se Gesonde Seks huiswerk is om nader aan mekaar te beweeg en saam te speel eerder as teenoor mekaar te staan en baklei. Kom ons veronderstel dat dit die vrou is wat nooit lus is vir seks nie, (ek belowe jou daar is baie mans wat ook aan hierdie kant van die libido-spektrum hulleself bevind.) en die man altyd lus het, gaan een van twee dinge gebeur. Een gaan gebruik voel en die ander gaan verwerp voel.

So hier is wat jy moet doen om mekaar in die middel te ontmoet.

Stap 1: Besef dat jy en jou maat is albei seksueel al voel dit nie vir jou so nie.
Stap 2: Besef dat Gesonde Seks speel ’n belangrike rol in enige Gesonde Huwelik.
Stap 3: Bepaal waar op die libido-spektrum jy is.
Stap 4: Bepaal waar op die libido-spektrum jou maat is.
Stap 5: Om die aantal Gesonde Seks wat uniek aan julle verhouding is te bepaal sal die getal in die middel van julle posisies op die libido-spektrum wees.

Bv. Vrou sal 1 keer per week seks wil hê, waar die man dit 7 keer ’n week sal wil kry. So om mee te begin probeer om mekaar in die middel te vind en strewe na so 3.5 keer per week. (Die 0.5 is daar vir die keer wat jy of jou maat net genoeg krag het om te begin, maar nie klaar te maak nie.)

P.S Natuurlik is daar baie faktore wat ’n invloed op jou libido kan hê en dit moet nie geïgnoreer word nie, maar hierdie Gesonde Seks Huiswerk is ’n eenvoudige en maklike manier om oor Gesonde Seks te begin gesels en na te strewe.

God seën en Gesonde Seks
Timothy Kieswetter – Bybel en Seksualiteit kenner
Continue reading
2084

Gesonde Seks huiswerk #12
Voet seks


Voete is die mees algemeenste fetish wat jy kry. ’n Fetish is wanneer ’n objek of nie-seksuele liggaamsdeel die oorsaak is van jou seksuele opwekking. Baie seksuoloë probeer ontslae raak van die negatiewe stigma wat saam met ’n fetish gaan en hier by Gesonde Seks glo ek dat die hele liggaam ’n bron van seksuele plesier kan wees.
So vandag gaan ons ’n bietjie van die seksuele krag wat in voete gestoor is gebruik maak. Ons voete het meer as 7200 senuweepunte wat tot elke area van ons liggaam strek. Die belangrikheid hiervan was so vêr terug soos 2330 B.C ontdek. En vandag se huiswerk is om voet seks meer deel van julle seks repertoire te maak.

Voetjie-Voetjie
Dit is waar alles begin het. Dink terug aan daardie heel eerste ‘per ongelukkig’ voet kontak onder die tafel in die restaurant. Julle is nog skaam vir mekaar en weet nie lekker hoe die ander persoon oor jou voel nie, so jy gee net so ligte skoppie. As dit goed gaan, kry jy ’n skoppie terug. As dit sleg gaan kan jy dit altyd blameer op die klein tafel of die kram in jou been.
Daar is so baie boodskappe wat deur kom wanneer julle voetjie-voetjie speel dat dit ’n absolute moet is om seker te maak julle bou en onderhou die Gesonde Seks atmosfeer tussen julle. So volgende keer wanneer julle gaan uit eet, langs mekaar sit en TV kyk of saam ’n fliek gaan kyk of net in die bed lê, moenie vergeet om voetjie-voetjie te speel nie.

Voet massering
Voet massering is ’n baie belangrike manier om vir jou maat die boodskap te stuur dat jy raaksien alles wat jy vir my doen. Ek sien die stres wat jy onder is. Ek herken dat jy baie hard werk om ’n goeie maat te wees. So kom sit hier en ontspan terwyl ek jou voete was en masseer.
Hierdie boodskap word nie oorgedra deur seks of hulp in die kombuis nie, maar slegs deur om tyd te spandeer met jou maat se voete.

Voet grooming
Baie mense voel baie skaam oor hulle voete en gaan deur baie moeite om dit weg te steek. Spandeer tyd om jou eie voete te versorg. Versorg mekaar se voete. Gaan gereeld vir pedicures. Die eerste stap om soos ’n seksgodin te voel is om jou voete te versorg.

Voet soene
Die meeste van ons is baie kielierig wanneer iemand aan ons voete vat en daarom kan jy net met ’n bietjie ‘fine tuning’ daardie tergende aktiwiteit van kielie omswaai tot ’n baie erotiese aktiwiteit, deur om mekaar se voete te soen en vry. (Dit is wys om eers dit te doen nadat die voete gewas is.)

Voet masturbasie
Nou kom ons by die crème de la crème van voet seks: Voet Masturbasie. Doen dit reg en dit kan een van die mees erotiese en plesier verskaffers wees in jou seksuele arsenaal. Maak gebruik van genoeg smeermiddels om te verhoed dat jy nie mekaar seer skaaf nie. Moenie dadelik met voet masturbasie begin nie, laat toe dat dit oorloop van ’n vorige voet aktiwiteit.

Vrouens: As jy dink jou man hou van ’n blow-job of hand-job wag tot jy vir hom ’n voet-job gee. Die definisie van kinky is om op ’n ander, nie gewone manier jou liefde aan mekaar seksueel te wys en hierdie is 10/10 op die kinky skaal. Laat jou man opsit sodat hy mooi kan sien wat jy aan hom doen. Gaan sit tussen sy bene, leun ’n bietjie agtertoe waar jou hand jou ondersteun. (jy het nie jou hande hier nodig nie). Vryf eers saggies oor sy penis, skrotum en pubiese hare. Begin dan om stadig en versigtig sy voorvel af te trek om die kop te ontbloot. Wanneer jou man wit warm is neem jy sy penis tussen jou twee voete en begin hom so op en af masturbeer. Volg sy cues wat vir hom werk en hy sal jou dank.

Mans: Voet masturbasie vir ’n vrou gaan nie daaroor om te kyk of jy jou toon in haar vagina kan druk nie. As jy haar krap met jou nael dan is dit verby met jou. Eerder fokus op die vulva en nie op die vagina nie. Die vulva is die uiterlike dele van jou vrou se genitalieë. Die labia-majora en minora (groot en klein lippe) en die klitoris. Vryf ook oor haar pubiese hare en saggies werk rondom haar vagina opening. Wag tot sy so lus raak vir jou en jou nooi om haar te besit.

Continue reading
1934
Gesonde Seks huiswerk #11
Masseer Seks


Vir baie mans is die woord ‘voorspel’ ’n tipe TV-program en vir vrouens ’n vaagweg droom. Wanneer couples besluit of voel om seks te hê is dit gewoonlik net dit wat gebeur. Hulle trek uit, raak styf, maak ’n bietjie nat met spoeg en pomp tot orgasme. Hierdie is nie Gesonde Seks nie.

Gesonde Seks is nie orgasme gedrewe nie. Gesonde Seks is nie ’n spray-on-tan nie, dit is bak in die son. Bak julle in mekaar se liefde, passie en seksualiteit? Of is dit net iets wat julle aframmel?

Voorspel 101 - Spandeer meer tyd aan die NIE-Seksuele dele voordat jy aan beweeg na die seksuele areas.

Mans: Moenie dadelik jou hand op jou vrou se borste of genetalia plaas nie. Werk jouself daarna toe.

Vrouens: Leer jou man wat vir jou lekker is en vir jou werk, praat met hom, stuur hom, plaas sy hand waar jy dit wil hê en dan maak bemoedigende geluidjies om hom daar te hou. (Moenie te opgewonde raak met die geluide nie, want dan gaan hy dit sien as ’n teken om aan te begeer.)
So vandag se huiswerk is juis om maksimum tyd te spandeer om in mekaar se seksualiteit te bak sonder om dadelik na seks toe te draai.

Masseer Seks.
Ons weet alreeds dat jou brein is die mees kragtigste en belangrikste seks orgaan, maar wat is jou grootste seks orgaan? Jou vel.

Gaan koop masseer olie of selfs baba olie en bederf mekaar tot ’n ordentlike ‘full-body’.
Neem jou tyd om tot die seksuele areas te kom en wanneer jy daar is neem jou tyd totdat jou maat kom.


Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top