Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Seksologie artikels

1749
Gesonde Seks huiswerk #10
Pen en Papier seks


Die pen is kragtiger as die swaard. En in seksualiteit is dit nie veel anderste nie. Die van julle wat nou al lank genoeg my skryf volg sal verstaan dat die woord seks nie net verwys na die fisiese daad nie, maar eerder verwys na ’n meer holistiese seksuele identiteit.

In vorige weke se huiswerk het ons gefokus hoe om die fisiese daad van seks op te skut en vars te hou, maar vandag wil ek wyer kyk en sien hoe ons die atmosfeer waarin seks floreer, kan opwakker.

Dit verstom my hoe paartjies met mekaar kommunikeer in die publiek en dan verwag hulle om ewe skielik te spark in die privaatheid van hulle sekslewe. Vrouens hou daarvan om die sin te gebruik “Seks begin in die kombuis.” Met ander woorde, hoe meer die man betrokke is buite die slaapkamer hoe meer betrokke sal die vrou binne die slaapkamer wees.

Maar dieselfde is waar vir die mans. Julle vrouens dink dat mans altyd lus het vir seks en emosies raak ons nie, maar dit kan nie verder van die waarheid wees nie. Hoeveel mans sit in my spreekkamer en huil omdat hulle voel dat hulle vrouens hulle in die publiek kastreer.

So hier is die Gesonde Seks les vandag:

Mans: Los ’n bietjie die chauvinistiese grappies en begin eerder jou vrou die hof maak voor ander mense. Jou vrou sal soos die koningin van jou hart voel.

Vrouens: Sit ’n bietjie ’n wag voor jou mond en moenie net kla oor jou man in die publiek nie. Bou hom op en spog oor hom. Hy sal soos die koning van jou lewe voel.

Net so belangrik soos wat publieke komplemente vir jou maat is, is die privaat liefdes briefies wat julle vir mekaar onder die kussings los. Pen en Papier Seks is om julle liefde, waardering en drome aan mekaar te verklaar. Jy kan vir jou maat ’n gedig skryf, ’n kort verhaal, ’n lied of net een sin uit die diepe van jou hart, maar wat ook al jy doen, kom in die gewoonte om dit gereeld te doen.

Hier is so paar sinne vir jou om mee te begin indien jy skrywersblok beleef.
My grootste droom is...
My grootste vrees is...
My grootste geluk is...
My grootste fantasie is...
Jou lyf laat my dink aan...
Jou reuk laat my dink aan...
Wanneer ek na jou kyk...
Wanneer ek aan jou dink...
Wanneer ons intiem is...

Hierdie is al die redes hoekom ek lief is vir jou!
Continue reading
2472
Gesonde Seks Vrydag Huiswerk 8
Orale seks


Laas week het ons gekyk na die belangrikheid om te moan tydens seks. Vandag se huiswerk gaan dit vir een van julle ‘n bietjie moeilik wees, want jy gaan iets in jou mond hê. Orale seks is vandag se tema huiswerk.
Orale seks is een van daardie taboe onderwerpe, veral onder Christene. Die groot vraag op almal se lippe is: Is orale seks sonde? Nee! Orale seks is ook nie abnormaal nie en dis ook nie nadelig vir jou nie. Maar jy het ook nie nodig om dit te beoefen om ʼn goeie sekslewe te hê nie.

Die meeste mans geniet dit om orale seks te ontvang maar geniet dit veel minder om dit te gee. Baie vrouens voel ook ongemaklik met die idee dat haar man haar dáár liefkoos. Dis waarom dit só belangrik is dat paartjies met mekaar hieroor sal praat om uit te vind waarvan hulle hou en nie hou nie.

DAAROM AS JY OF JOU MAAT NIE GEMAKLIK IS MET ORALE SEKS NIE, MOENIE DIE SAAK FORSEER NIE!!! MAAR MOET DIT OOK NIE IGONOREER NIE. BEGIN TE MINSTE OM MET MEKAAR TE GESELS OOR MEKAAR SE GEVOELENS RONDOM ORALE SEKS.

Wanneer jy nog ‘n beginner is met orale seks, sal dit jou baie help om net te fokus op die volgende:
Suig ʼn bietjie hier en blaas ʼn bietjie daar!

Die hoofdoel met orale seks is nie om vir jou maat tot orgasme te bring nie. Dit is wat die meeste vrouens afsit oor orale seks in die eerste plek. Wie wil nou regtig jou man se sperm in jou mond en op jou gesig hê? En as jou man aandring dat jy sy ejakulasie moet inneem en sluk, sê vir hom jy sal sluk as hy ook van sy sperm sal sluk.

ORALE SEKS MOENIE ‘N WAPEN WEES WAAR DIE MAN DIT TEEN SY VROU GEBRUIK NIE, EN HAAR DAARDEUR SOOS ‘N GOEDKOOP PORN STER LAAT VOEL NIE.

Om orale seks op die Gesonde Seks manier te doen is eerder om jou maat as ‘n koning of koninging te behandel.
So hier is so paar wenke vir die beginners en die wat nog skrikerig is oor hoe om Orale Gesonde Seks vir mekaar te gee.

Hoe om orale seks vir haar te gee:
• Sommige vroue hou nie daarvan as die man te veel rondbeweeg nie en verkies hoofsaaklik stimulering van die klitoris.
• Ander vroue hou daarvan dat die hele vulva, vanaf haar klitoris tot by die anus, gestimuleer word.
• Moenie te vinnig beweeg nie. Gebruik sagte, stadige en ritmiese bewegings van jou tong.
• Jy kan die klitoris ook sagkens met jou tong in die rondte beweeg.
• Moenie te lank aaneen suig of lek nie, breek dit met ‘n bietjie blaas aksie.
• Stimuleer ook die labia minora en labia majora.
• Jy kan ook die vaginale opening met jou tong penetreer.
• Stimuleer die klitoris met jou tong terwyl jy met een of twee vingers die vagina penetreer.
• Stimuleer die perineum met jou vingers of tong.
• Moenie dat jou tong al die werk doen nie. Bebruik jou hande om haar hele liggaam te admireer.

Hoe om orale seks vir hom te gee:
• Moenie te vinnig wegspring nie. Bou stelselmatig op en laat die afwagting van wat kom by jou man opbou
• Begin eers om die penis te lek. Van die top tot sy skrotum. Soos wat jy ‘n roomys sal lek.
• Beweeg met jou tong om jou man se penis soos ‘n paaldanser om ‘n paal.
• Neem sy boonste gedeelte van die penis (penis kop) in jou mond terwyl jy saggies suig. Gebruik dan jou hande om die penis-shaft op en af te beweeg.
• Moenie vergeet om met sy skrotum te speel terwyl jy aan hom lek of suig nie.
• Moenie te lank aaneen suig of lek nie, breek dit met ‘n bietjie blaas op die nat penis. Dit sal ‘n lekker gevoel vir hom gee as ook die afwagtig verder opbou.
• Spandeer baie tyd op die kornale rif, wat net onder die kop van die penis is.
• Stimuleer die perineum met jou vingers of tong.

Dit is altyd ’n goeie idee om eers vir jou vrou/man ’n warm bad te tap voordat jy van ‘die keurige vrugte van haar/sy tuin eet,’ sodat jou maat nie selfbewus hoef te wees oor hoe hul geslagsdele ruik of proe nie.

God seën en Gesonde Seks
Timothy Kieswetter
www.gesondeseks.co.za
www.facebook.com/gesondeseks
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Continue reading
1835

Gesonde Seks Vrydag Huiswerk 7
Moan seks


Toe jy die woord moan lees het jy dadelik seker ‘n prentjie gekry van daardie vrou in die porn movie wat jy per ongeluk gesien het, waar sy so hard moan van plesier dat dit net nie geloofwaardig lyk is nie. Wel is bly om vir jou sê dat jy kan ontspan, dit is nie waaroor die week se Gesonde Seks huiswerk gaan nie. (Julle het egter gevra vir iets makliker as laas week se huiswerk “Masturbasie seks”)

So hierdie week se huiswerk is verseker makliker, maar sal nog steeds vir jou iets nuuts leer en jou seks lewe so veel meer versterk as jy dit deel van julle liefde maak proses kan maak.
So wat bedoel ek met moan seks? Om vir jou maat verbale cues te gee dat jy besig is om lekker te kry. So baie van die paartjies wie na my spreekkamer toe kom verwag van mekaar om seksgod en –godinne te wees, maar is nie bereid om vir mekaar te wys wanneer hulle lekker kry nie. Elke persoon se liggaam is anderste en soms sal jy van iets hou en die ander dag sal dit jou afsit. Daar om is ‘n sagte kreun geluidjie op die regte tyd, so ‘n sterk en duidelik teken vir jou maat dat hulle nou op die regte plek is.

So vandag se huiswerk is iets wat julle nie net eenkeer moet doen nie, maar eerder om in julle seks-roetine in te werk. Verbale syne wat jy aan jou maat kommunikeer dat jy nie net die tyd om wens nie, of dat jy besig is om aan die werk of aand ete te dink nie, maar dat jy regtig daar is, in die oomblik saam met jou geliefde.

God seën en Gesonde Seks
Timothy Kieswetter
www.gesondeseks.co.za
www.facebook.com/gesondeseks
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Continue reading
1781
Gesonde Seks Vrydag Huiswerk #5
Oop oë seks


Laas Vrydag het ons gepraat oor Blinddoek seks en hoe dit ’n paartjie kan help om die verlore vertroue weer op te bou. Dit is dan net vanpas om vandag se Gesonde Seks Huiswerk te maak oor Oop oë seks.

Seks is seker die mees intiemste aktiwiteit wat twee persone kan doen. ’n Letterlike eenwording van liggaam, siel en gees. Seks gaan nie elke keer vir jou voel asof julle ’n diep konneksie maak nie, omdat seks 2 ander funksies ook het (plesier en prokreasie). Maar vandag se huiswerk is gemik op die Verhouding Bou funksie van seks tot die maksimum te neem. Die 2 word 1 seks.

So plaas vir eers daardie kinky dinge een kant, bêre die speelgoed, los die Kama Sutra boek in die kas, vandag is dit ‘old fashion’ missionary posisie. (Man lê bo op vrou).
Maar hier is die twis. Omdat die oë die vensters is tot jou siel, wil ek hê julle moet diep in mekaar se oë staar terwyl julle intiem verkeer. Met elke ritmiese beweging, met elke gevoel, met elke lekkerte, wil ek hê julle moet vir mekaar in die oë kyk. Hierdie gaan moeilik wees vir sommige en jou natuurlike reaksie gaan wees om weg te kyk of jou oë toe te maak. Veg dit en kyk vir mekaar solank as wat jy kan.
Jy sal sien, voel en beleef hoe 2 mense 1 kan word.

God bless en Gesonde Seks
Timothy Kieswetter
www.gesondeseks.co.za
www.facebook.com/gesondeseks
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Continue reading
1508
Gesonde Seks Vrydag Huiswerk #4
Blinddoek seks


Omdat seks een van die mees intiemste dinge is wat jy en jou maat kan doen is dit ook een van die dinge wat die meeste kan seer maak. Seks word baie keer as ‘n wapen gebruik en dit maak seer. En daar is net een rede hoekom geliefdes mekaar sal wil seer maak...verlore vertroue. Vertroue neem jare om opgebou te word, maar kan alles verloor word in oomblik.
Die natuurlike verdedigings metode is nadat jy die eerste keer seer gekry het om nie weer so intiem te verkeer nie, en dit beteken om nie weer jou maat so te vertrou nie. Hierdie raak ‘n bose kringloop wat jou huwelik sal verander in ‘n lewensvonnis in plaas van ‘n lewens ‘honeymoon’.

Ons is mens en ‘n mens sal foute maak. God gee vir ons die enigste antwoord om in ‘n intieme verhouding te bly.
1 Korintiërs 13:4-7
“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”

Dit beteken dat ons nie onsself sal toemaak om weer aan die vertroue in ons huwelik te bou nie.
Vandag se huiswerk is so ontwerp om aan daardie vertroue te bou. Elke een gaan ‘n beurt kry so besluit wie gaan eerste geblinddoek word. Hierdie is nie tyd vir rowwe fantasie rolspel nie, die doel hier is om vertroue te bou, so hierdie is die tyd om super-sensitief en liefdevol te wees tot jou maat wat geblinddoek is. Hierdie oefening is nie vir jou om ‘n kick te kry nie, maar om jou maat te wys dat hy of sy jou kan vertrou met alles.

Nadat die persoon geblinddoek is en op die bed lê, kan jy voortgaan om die persoon te begin uittrek. Jy gaan die persoon moet te rus stel met jou woorde, die hele tyd daardie vertroue meer en meer opbou. Nadat julle al twee kaal is kan jy voortgaan om met liefde te maak. Eers as julle klaar is kan julle die blinddoek afhaal.

(Ek wil net hier by sê dat hierdie vir sommige baie oorweldigende gevoelens laat opbring, dus moet julle vooraf besluit op ‘n veiligheid woord. “STOP” as hierdie woord gespreek word, haal dadelik die blinddoek af EN gesels oor die gevoelens tot op daardie oomblik. Verseker jou maat dat jy daar is vir hom of haar.)

As julle hierdie reg doen sal dit voel asof julle op so ‘n diep vlak ge’ connect’ het dat dit waarlik gevoel het asof 2 mense 1 geword het.

Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top