Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Seksologie artikels

2768
Gesonde Seks Vrydag Huiswerk #2
Seksuele Fantasie Assessering

Hierdie is nog ’n hulpmiddel wat ek ontwerp het om paartjies op dieselfde bladsy te kry. So baie probleme in huwelike en veral in die slaapkamer is as gevolg van ’n gebrek aan kommunikasie, of altans korrekte kommunikasie. Hierdie week se Gesonde Seks Vrydag Huiswerk gaan oor om mekaar se seksuele fantasie met mekaar te deel. (Ek moet dalk ’n waarskuwing gee hierso. As julle ’n bietjie ‘trust issues’ het in julle huwelik is dit dalk nie die beste idee om julle seksuele fantasieë met mekaar te deel nie.) Hierdie huiswerk is vir sterk verhoudings wat sal baat vind deur om hierdie huiswerk te doen, in plaas van verdere afbreek en twyfel te saai.

Seksuele fantasieë is iets wat nie regtig aangemoedig word in ’n Christen se lewe nie. Inteendeel is dit iets waaroor ons gewaarsku word. Nou ek wil nie hier die reg of verkeerd van seksuele fantasieë bespreek nie, maar eerder hoe om dit te gebruik vir die goed in plaas van die sleg van jou huwelik.

Ek sal in ’n volgende Gesonde Seks huiswerk met julle praat oor my tegniek ‘Fantasie ontlonting’, maar vir nou moet ons by die begin begin. En dit is om mekaar se seksuele fantasieë te leer ken.

Jy sal sien in die skets hieronder dat daar ’n gesiggie in die middel van klomp kringe is en met die 10 mees algemeenste fantasieë daar langs aan. Wat jy moet doen, is om ’n lyn te trek van die fantasie aan die linker kant tot een van die kringe aan die regter kant. As jy baie van ’n fantasie hou sal jy die lyn trek tot die kring wat die naaste aan die gesiggie is, maar as die fantasie jou walg dan sal jy die lyn trek tot die buitenste kring.

Nadat jy en jou maat julle eie fantasieë gemerk het, vergelyk dit met mekaar s’n. Kyk waar julle ooreenkom en waar julle verskil. Leer wat jou maat oor fantaseer en vind uit wat vir jou maat afsit. Hierdie is die eerste stap om julle fantasieë in ’n veilige Gesonde Seks verhouding uit te leef.

Neem deel aan my Gesonde Seks Facebook gesprekke en volg die Gesonde seks huiswerk elke vrydag daar. www.facebook.com/gesondeseks
Continue reading
2284
Gesonde Seks Vrydag Huiswerk #1
Ken mekaar se erotiese plekke

Wanneer ek paartjies uitvra oor hulle liefde roetines dan is dit altyd vir my verstommend hoe vinnig hulle deur die voorspel deel spring om by die seks deel uit te kom. En die wat wel voorspel doen, is beperk tot soene en ’n bietjie mekaar se genitalia gryp en vryf.
Onthou terug toe julle nog net uitgegaan het, die speletjies wat julle uit gedink het net om aan mekaar te raak, te kielie en te vryf. Die rede hoekom baie huwelike hulle verliefdheid gevoel verloor vir mekaar is want hulle is nie meer sensueel met mekaar nie.

Die verskil tussen sensualiteit en seksualiteit is die doel wat na gejaag word. Seksualiteit se doel is altyd orgasme, waar die doel van sensualiteit is om te flirt, terg en te verly. Seksualiteit is baie gefokus op jou eie plesier waar sensualiteit meer gefokus is op jou maat se plesier.

Ek gee vir julle ’n prentjie van ’n man en ’n vrou se liggaam. Neem tyd en merk al jou erotiese plekke op jou liggaam. Jy gaan geneig wees om dadelik die genitalieë te merk, maar ek wil hê jy moet ’n bietjie meer jou liggaam verken. Weet jy dat jou vel is jou grootste orgaan en het BAIE verskillende erotiese plekke.

So die Gesonde Seks huiswerk vir die naweek is om jou erotiese plekke te identifiseer en dan om te kyk of jy nie meer erotiese plekke kan verken of versterk nie.

Die voordeel is wanneer jy jou erotiese plekke versterk het, kan jy daardie sensualiteit saam met jou neem wanneer julle oorbeweeg na seksualiteit. Bv. As jou vrou se grootste erotiese plek op haar lyf haar ore is, dan sal jy volgende keer wanneer julle seks het, dit vryf saam met julle ritmiese seks bewegings. As jou man se erotiese plek sy nippels is, maar seker jy lek, byt of knyp dit soos wat hy jou penetreer. Hierdie sal soos ’n turbo op ’n kar wees.

Wanneer julle mekaar se erotiese plekke meer aandag begin gee, sal nie net die voorspel lekkerder raak nie, die intensiteit van orgasmes wat julle sal bereik tydens die seksuele deel van julle liefde-making sal astronomies ook wees.
(As jy nog nie deel is van Gesonde Seks se Facebook bladsy nie, word jy hartlik uitgenooi om saam te kom gesels www.facebook.com/gesondeseks)


Continue reading
0
Daar is ’n stuk in die kinder-animasie ‘Toy Story 2’ wat vir my sowaar is. Mr. Potato Head is in ’n speelgoedwinkel om vir sy vriend Woody te soek, wanneer hy vir Barbie sien. Haar beeldskone voorkoms, lang hare, tergende glimlag is dit alles wat Mr. Potato nodig gehad het om sy Woody te vind! Hy keer homself om enige iets met Barbie te waag deur om hom te herinner dat hy gelukkig getroud is. “I’m a married spud, I’m a married spud”, het hy oor en oor vir homself gesê.
Hierdie het ons ‘default’ antwoord en verdediging geword teen moontlike egbreuk. Dat solank ek gelukkig in my huwelik is en lief bly vir my vrou of man dan vrywaar dit my van enige sulke onheil. Ons dra selfs ’n ring aan ons trou vinger om ons aan hierdie feit te herinner. Hierdie ‘default’ antwoord sit verskriklik baie druk op die huwelik - dat jy ALTYD gelukkig moet wees en dat jy ALTYD lief moet voel vir jou huweliksmaat. Ongelukkig, is die rede vir buite egtelike verhoudings nie uitsluitlik te doen met hoe lief jy jou maat het nie, of hoe gelukkig jy in die huwelik is nie.
Natuurlik sal ongelukkigheid in jou huwelik nie enige situasie help nie, maar ek wil vandag gesels oor die ‘affair’ wat ons nie sien kom nie. Die een wat ons bekruip en voordat ons ons oë kan uitvee vind onsself om dinge te sê soos: “Dit het net gebeur.”

As ek dit moet opsom sal ek sê dit is om op die verkeerde tyd op die verkeerde plek te wees. Amper soos wat Josef homself in bevind het toe hy in Potifar se huis gewerk het (Gen39). Potifar het nie baie goed na sy vrou omgesien nie en so het sy emosionele behoeftes gehad. Sy was nie gelukkig in haar huwelik nie (Verkeerde tyd). Die Bybel sê dat toe sy en Josef alleen in die huis was, het sy hom bespring en hom gesmeek om met haar te slaap (Verkeerde plek). Nou Josef kon dit ‘cool’ speel en maak dat dit hom nie pla of tempteer nie. Hy is ’n goddelike man so hy kon dink dat hy sterk genoeg was om die temptasie te weerstaan. Ek glo dat met so ’n gesindheid sal dit net ’n kwessie van tyd wees voordat hy wel ingegee het. Wat is die beste manier om uit ’n verkeerde tyd en verkeerde plek temptasie te kom? Hardloop!
Daar is te veel van ons wat met ’n gesindheid van hoogmoed rond beweeg dat omdat ek gelukkig getroud is en lief is vir my huweliksmaat, sal niks gebeur wanneer ek myself in ‘verkeerde tyd – verkeerde plek’ situasie bevind. Ons sê: “Ek sal maklik die versoeking kan weerstaan.” Maar partykeer moet jy vir ’n sexy kollega by die werk ’n bietjie meer vermei of die koue skouer gee voordat jy ’n koue stort nodig kry.

Wat kan ek doen om nie in die ‘affair’ gat te trap nie?
Daar is ’n paar dinge wat jy moet begryp wat jou sal help om nie blindelings in ’n ‘affair’ in te loop nie.

1. Erken dat jy en jou huweliksmaat, seksuele wesens is, afsonderlik van jou.
Hier maak baie van ons ’n kardinale fout wanneer ons dink dat die dag toe ons getrou het, word ons seksualiteit aangeskakel en is slegs aangeskakel deur die persoon met wie ons getrou het.

Dit veroorsaak dat ons glo dat ons niemand anders aantreklik sal vind nie of buite ons huwelik seksueel gestimuleer kan word nie. Dis mos nie waar nie! Jy en jou eggenoot bly seksuele individue wat moontlik heeldag seksuele gevoelens en gedagtes het afsonderlik van jou. Ons elkeen het ‘n seksuele geskiedenis wat ons seksuele voorkeure en optrede nou beïnvloed. As jy dit besef, sal jy jou huweliksmaat seksueel beter wil leer ken.


2. Erken daar is mooier mense daar buite as jy
Wow, regtig! Dink jy jy is die beste en mooiste? Nee, die meeste van ons doen nie, maar tog kry ons so seer wanneer ons huweliksmaat ’n opmerking maak oor ’n ander sexy man of vrou.
Wanneer jy besef dat daar konstant mooier mense gebore word as jy en dat jou huweliksmaat ’n seksuele mens is afsonderlik van jou, hoef jy dit nie meer persoonlik te neem nie. Want net omdat daar ander mooi mense is wat jou man of vrou aanloklik vind, beteken nie dat jy nie goed genoeg is nie.

Bv. Jou man kom by die huis en vertel vir jou van sy dag en noem Amanda ’n bietjie te veel vir jou. Jy reageer dadelik en raak aanvallend en bevraagteken sy gevoelens vir Amanda. Hierdie is die verkeerdste reaksie wat jy kan doen. Want wat jy doen, is om iets wat natuurlik en realiteit is (beginsels 1 en 2) in iets lelik en vuil te maak. Hy sal nooit weer enige van sy gevoelens vir Amanda of enige iemand anderste ooit weer met jou deel nie. Hy wil nie weer oop en eerlik met jou kommunikeer net sodat jy hom kan oordeel en hamer daaroor nie. Nou is al die natuurlike gevoelens (God het die man gemaak om van mooi vrouens te hou) in ’n donker privaat kamertjie toegesluit. En waar iets eers niks was nie, het nou ewe skielik die potensiaal om te ontwikkel in ’n affair, want sonde broei in duisternis.

Die beste manier vir die vrou om te reageer op haar man se gevoelens wat Amanda by hom opwek, is om ook haarself kwesbaar te maak. (Genesis 2:24 Man en vrou het naak voor mekaar gestaan en geen skaamte geken nie). Sy kan iets sê soos, “Sjoe, ja ek het haar prentjie op Facebook gesien en sy is nog als mooi.” Dadelik wys sy vrou vir hom dat sy hom verstaan en nie gedreig voel deur die ander vrou nie. Dit laat haar man haar waardeer en admireer en versterk die liefdesband tussen hulle. Dit hou die lyne van kommunikasie oop sodat die man vrymoedig voel om weer iets ‘kaal’ met sy vrou te deel sonder dat sy ontplof. Die kanse dat hy homself in die verkeerde plek op die verkeerde tyd gaan bevind met Amanda is ook minder.

3. Erken dat jy en jou huweliksmaat moontlik kan ‘cheat’
Ons is op die ou ent net mens. Die Bybel waarsku ons teen hoogmoed, dat sodra ons dink ons staan dat ons nie val nie. En om terug te kom na die storie van Josef, omdat hy bewus was van sy vleeslikheid en omdat hy nie blind was vir dit wat Potifar se vrou in hom laat opstaan het nie, het hy homself ‘forcefully’ – selfs ongeskik, uit daardie situasie verwyder. Deur om eerlik met jouself te wees oor jou feilbaarheid, sal jy meer versigtig wees om verkeerde tyd- verkeerde plek situasies te vermy.

Ten slote:Ek dink dit is gepas om alles op te som met nog ‘n les wat ons van Mr. Potato in Toy Story kan leer. In hierdie scenario besluit hy hy wil sy kwaad-stel oe uit haal en aansit. Maar sonder om te kyk haal hy sy ekstra paar skoene uit dit in die plek van sy oe en hardloop in die muur vas.
As ons wil blind bly tot ons vleeslikheid, realiteit en gesonde seksualiteit ignoreer loop ons ook die kans op teen die muur vas te hardloop. Deur om jou oe oop te hou tot wat rondom jou en in jou aangaan, sal jy van ver af Potifar se vrou sien aan kom en vir jou genoeg kans gee om te hardloop.

Continue reading
2041
Erotiese Soen

‘n Soen kan so baie dinge beteken. Ons soen ons kinders, ons soen groet as ons so geleer is, ons soen selfs ons skoonma’s as ons braaf is. Terwyl ons nog ge-date het, was soene eufories. Maar so baie van die huwelik paartjies wat my kom sien kla dat of hulle nie genoeg soene kry nie of dit net nie meer lekker vind nie. In sommige kulture word ‘n soen meer eroties en intiem gevind tussen twee mense as wat seks beskou word.
Een van die redes hoekom die soen sy regmatige plek in baie huwelike verloor het, is omdat dit beskou word as iets om klaar te kry voordat jy kan seks hê. Ironies genoeg die meeste mense wat so voel oor seks, kla ook dat hulle seks ook nie meer so lekker en opwindend is nie. ‘n Soen word beskou as iets wat tieners doen wanneer hulle nie mag seks hê nie, of ouer mense wat nie meer seks wil hê nie. Dr Andrew Stanway beweer dat ‘n paartjie wat meer gereeld soen sê vir hom baie meer van die huwelik se seksuele en algemene gesondheid as wat gereelde seks vir hom sê.
Interessant dat die meeste prostitute sê dat hulle nie bereid is om hulle kliënte te soen nie, want dit los hulle vir hulle eie liefdes verhoudings.
Nadat jy anderste begin dink oor soene en begin opgewonde raak om die erotiese soen terug te bring in jou huwelik in, is die eerste ding wat jy moet doen om die soen uit die slaapkamer te bring. Die soen is nie meer die voorganger van seks nie. Die soen is die petrol wat jy in jou en jou maat se seksualiteit-tank gooi. Hoe meer jy deur die dag soen, hoe verder sal jy kan gaan in die slaapkamer.

Wat kan jy doen om jou soen meer eroties te maak?

• Maak seker jy is lekker genoeg om te soen. Hierdie sluit beide mond higiëne in as ook om terug te soen. Daar is baie min wat meer afsitting is as wanneer jou maat nie positief reageer op ‘n soen of enige ander seksuele daad nie.
• Neem elke geleentheid om mekaar te soen.
• Vermei die gewone soen op die lippe vir ‘n rukkie en eksperimenteer met ander plekke op jou maat se gesig en lyf om daardie soen te plant. (Jy sal vinnig agter kom daar is baie verskuilde sensitiewe plekke waarvan jy nie gewet het nie)
• Blinddoek jou maat terwyl jy die soen werk doen. Dit gaan meer fokus op die gevoel-sensasie sit as ook op die fantasie en opgewondenheid van hierdie ‘vreemde-soen’.
• Wissel jou soene af met sagte – harde soen, kort pik soen en lang gevoels soene.
• Moenie bang wees om jou tong te gebruik nie.
• Byt, blaas, knibbel, suig en trek is alles deel van die erotiese soen.
• Soen ‘n bietjie met jou oë oop, veral as jy jou maat op die lyf soen.
• Breek die soenery op om in mekaar se oë te staar, voordat julle verder soen.
• Luister vir enige positiewe terugvoer wat jou maat gee. Wanneer jy al die regte knoppies druk, bly bietjie langer daar.
• Soen jou maat waar sy gesoen wil word. Baie vrouens geniet dit nie as hulle mans hul borste of nippels soen nie. Soen haar waar dit haar sal bly maak en sy sal die guns ruil.

Onthou net, die erotiese soen is meer as net voorspel of iets wat tieners of jong verliefdes doen. Dit is jou beste manier om jou eie en jou maat se seks dryf hoog te hou as ook om daardie diep liefdes gevoelens te kommunikeer vir wat jy geen woorde voor het nie.
Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top