Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Uncategorized

2022
iStock_000008203850Small

Die seksuele misdaad teen vrouens en kinders in Suid-Afrika is ’n nasionale skande. Dit is nie die tiepe skande wat net een kultuur of rasgroep in Suid-Afrika teister nie, maar almal. Dit is die mens se natuurlike instink om weg te draai van enige skande. Ons wil dit nie erken of eers daaroor praat nie, want “sies” is al wat ons kan uiter.

Dit is as gevolg van al hierdie “sies”, taboe en skaamheid oor ons seksualiteit dat ons almal slagoffers word van hierdie seksuele misdaad.

Ek het so baie briewe van mense van aansien in die gemeenskap en kerkleiers al gekry wat my blameer vir seksmisdaad en sê ek maak die volgende generasie se ‘rapists’ groot. Hoekom? Omdat ek openlik en eerlik praat oor seks. Gesonde Seks.

Ek dink dit is juis hierdie preutse  tiepe mense wat die kat aan die gat beet het of self die kat in die donker knyp.

Seksuele misdade is nie as gevolg van seksuele liberalisme nie, maar eerder seksuele onderdrukking. Wanneer ’n persoon sy gesonde seksuele gevoelens, fantasieë en begeertes moet begin onderdruk want hy is geleer dit is vuil, lelik en “sies”, hoe sterker gaan hierdie onderdrukte fantasieë en gevoelens groei in die rigting van iets werklik vuil, lelik en “sies”.

Kom ons neem die Katolieke kerk as voorbeeld. Dit is die kerk wat die meeste preuts is oor seksualiteit en ook die kerk waaruit baie seksuele kwale verskyn wat oor en oor onder die mat gevee word. Wat probeer ons hier doen? Die beeld van die kerk skoon hou terwyl ons gebroke mense in die slag los?

Ek blameer twee oortuigings in ons samelewing vir die hoë getal van seksuele oortredings in Suid-Afrika.

#1           Die man is die baas van die huis.

#2           Seks is ’n man ding.

Beide van hierdie stellings kan en word sterk verdedig en regverdig deur baie en los staande van mekaar sal die meeste oortuig wees van hierdie oortuigings.

Maar dit is wanneer albei hierdie oortuigings so diep in ons samelewing gebêre word, geglo word, dat verkragting maar net ’n normale uitvloeisel word, van die seksueel-onderdrukte atmosfeer wat ons preutsheid geskep het.

Want as die man die baas en die sterker en superior geslag is oor die vrou en seks is maar ’n man ding is, sal dit mos sin maak dat mans geregtig voel om net te vat wat en wanneer hulle wil.

Die laaste drie persone wie ek gesien het vir berading het hierdie twee oortuigings uitgelig vir my.

Persoon #1:

Terwyl haar stiefpa haar verkrag het tussen die ouderdom van 13 – 17 het hy elke keer die volgende vir haar gesê: “Ek maak jou net gereed vir jou huwelik eendag.”

Persoon #2:

Nadat die hoof ouderling haar gemolesteer het op die ouderdom van 7, het die pa sy dogter dadelik na die dominee toe geneem. Net om te hoor dat sy (7jarige dogtertjie) vir God moet bid en jammer sê vir haar sonde dat sy ’n man van God verlei het.

Persoon #3:

Op die bank van ’n sielkundige vertel hierdie vrou vir die man sielkundige van haar verkragting op die ouderdom van 13 deur die ‘jock’ van die skool. Die man sielkundige antwoord haar: “Verkrag is ’n bietjie van ’n sterk woord. Afgedwonge seks onder tieners is nie dieselfde as verkragting nie. Jy moet jou deel daarin erken.”

Solank soos wat seks slegs as ’n man-ding beskou word onder mans wat “baas” voel oor die skoner geslag, in ’n atmosfeer van seksuele onderdrukking en preutsheid, sal seksuele misdaad teenoor vrouens en kinders nooit end kry nie.

My boodskap vir die slagoffers: Die man is nie heerser oor jou nie. Jy is nie daar vir sy seksuele plesier nie. Jy is sy gelyke. Jou stem, jou gevoelens, jou NEE, beteken iets. Jy het jou eie seksualiteit, wat jy moet oppas en beskerm. Geen man mag by jou neem nie en as hy doen, moenie vir een oomblik die leuen glo dat jy dit wou gehad het, hom verlei het, of dat die pyn en seer wat jy voel ’n te sterk van ’n woord of gevoel is. Jy maak saak en daar is hoop en genesing vir jou!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013
Continue reading
1982

Image

Ontbyt in die bed en seks in die kombuis is Timothy Kieswetter se tweede boek waarin hy seks openlik bespreek en beoog om seks as deel van ’n gesonde huwelik te illustreer. Dit maak nie saak wie jy is nie, jy is as seksuele wese geskape met die doel dat seksualiteit vir jou ’n seëning sal wees en nie ’n straf nie. Gesonde Seks bevorder gesonde huwelike en vir te lank is die onderwerp van seksualiteit ’n taboe om oor te praat. Vir sommige paartjies is dit soms moeilik om die ‘gesondheid’ van seks raak te sien en die bedoeling met intimiteit te begryp, wat nog te sê dit in die fynste besonderhede te bespreek. In

 

 

 

Ontbyt in die bed en seks in die kombuis gee Timothy Kieswetter praktiese wenke (en ja, in die fynste besonderhede) hoe om Gesonde Seks te beoefen. Sy doel is om die persepsie dat seks vuil, sleg en lelik is te verander na dat seks ’n wonderlike deel van die huwelik uitmaak. Die boek gee praktiese voorbeelde van hoe om intimiteit in jou huwelik te bevorder en jou huweliksmaat se seksualiteit en sensualiteit te leer ken. ’n Moet-lees vir elke paartjie wat wil leer hoe om dit tussen die lakens warm te hou!

Intiem Tydskrif skryf:

Wat ‘n prettige en leersame boek! Het jy ooit gedink daar kan soveel tipes seks wees? Wel, in hierdie lekker-lees boek, lig Timothy Kieswetter jou nie net in nie, maar hy moedig jou aan om daad by woord te voeg. Die boek bestaan uit kort, toeganklike skryfstukke met verskeie metodes waarmee getroude paartjies hul sekslewens kan opkikker. By elke skryfstuk, is daar ‘huiswerk’ wat hiermee saamgaan. Die boek is beslis nie vir slaapkamerlammetjies nie en jou grense van gaan dalk getoets gaan word, maar dit is ‘n ‘veilige’ boek wat vanuit ‘n Christelike perspektief geskryf is.  Al ooit gehoor van Broek-seks, Skilpad-en-Haas seks en Multiplayer seks (nee, dit is nie ‘n threesome nie!)? Stof af jou stoute skoene en pak saam die boek “Ontbyt in die bed en seks in die kombuis – 52 weke tot ‘n beter sekslewe” aan. Dit is ‘n móét hê huiswerk-boek vir elke Suid-Afrikaanse getroude Christenpaartjie.

 

Bestel jou kopie vandag vanaf die Gesonde Seks website.

Die boek is ook beskikbaar as 'n Amazon Kindle e-book

Continue reading
2174
AD_93889_SANTAJESUS

Kersfees is vir ’n Christen ’n baie belangrike fees en datum op die kalender. Selfs die Christen wat ongemaklik voel met al die ‘pagan’ rituele en kommersialisering daarvan wat in geglip het oor die jare, kan nie die belangrikheid van Kersfees, die geboorte van ons verlosser, Jesus Christus ignoreer nie.

Ek het die hele Desember maand gedink om iets op Gesonde Seks te skryf oor Kersfees, maar daar was geen Gesonde Seks angle wat ek kon vind nie. Jesus was egter by ’n maagd gebore!

Dit was tot en met ek ’n artikel vanoggend gelees het oor Jesus se aardse pa en Maria se man, Josef, wat my dwing om hierdie artikel te skryf: Gesonde “vader” Kersfees.

Ek weet daar is die mense wat baie passie voel oor sekere dinge en Kersfees is een van hulle en daarom begin ek sommer dadelik om te noem dat die doel met hierdie artikel is net om ’n Gesonde Seks les uit te lig en nie om jou siening en geloof rondom Kersfees te verander nie, wat ook al dit vir jou mag beteken.

Dink gou ’n bietjie aan al die Kersfees kaartjies wat jy al ooit gesien het, al die Kersfees liedjies wat jy al ooit gesing het, blyspele wat jy al gaan kyk het, in hoe baie van hulle het Josef ’n groot of enige rol gespeel?

Volgens die skrywer van die artikel wat ek gelees het vanoggend is een van die redes hoekom die Katolieke oor die jare Josef na die agtergrond toe geskryf het, was omdat hulle bang was dat die beeld van ’n man langs die ‘virgin-Mary’ ’n bietjie die ‘virgin’ gedeelte sou in betwyfeling bring.

Maar ongelukkig is daar ’n baie meer drukkende feit wat hierdie wegskuiwing van Jesus se aardse pa en Maria se liefdevolle man reflekteer van ons samelewing. Die afwesige vaderfiguur!

Die paar plekke waarin die Bybel na Josef verwys is alles goeie dele. Hy bly getrou aan Maria, al hoor hy die nuus dat sy swanger is deur Iemand anderste. Hy reël vir sy vrou skuilplek in ’n oorvol Betlehem. Nêrens praat die Bybel van enige vroedvrou wat rondgehang het nie, so dit is vir my aanneembaar dat Josef mos gehelp het met die geboorte van Jesus. Later het hy weer God gehoorsaam om sy vrou en pasgebore seun uit Betlehem te neem om weg te kruip in Egipte om te vlug van koning Herodes. Hierdie is die tweede keer wanneer Josef vir God moes glo met sy geloof en nie met sy Joodse verstand nie. Eers glo hy dat Maria swanger geword het deur God. (Baie vrouens het daardie verskoning al probeer sedert Maria maar ek twyfel of enige iemand dit weer sal glo.) En nou moet Josef, wat ’n Jood is met sy vrou en kind, wat ’n Joodse familie is, na Egipte toe vlug. Egipte vir die Jode hou nie regtig baie goeie herinneringe in nie. (Lees net einde Genesis en begin Eksodus as jy my nie glo nie.) Josef was ook die persoon wat Jesus sy ambag geleer van skrynwerker.

Dit is maar net van die paar verse wat wel na Josef verwys en dit is alles goeie dinge, hoeveel meer moes Josef vir Maria en Jesus beteken het?

So hoekom wil ons nie Josef as deel van die Kersfees storie maak nie? Kan dit net die seks rede wees? Wel, ek weet dat seks ’n onderwerp was wat die vroeë kerkvaders baie moeite gedoen het om te begrawe.

Wat ook al die rede was om Josef uit te skryf van Jesus se lewe, moet ons eenkant toe skryf en hom weer terug in die storie skryf.

Die wêreld is opsoek na ’n gesonde vader figuur en volgens die Bybel het Jesus nie net ’n goeie Hemelse Vader figuur gehad nie, maar het ook ’n gesonde aardse vader figuur gehad.

Maar omdat ons die gesonde vader figuur eenkant toe geskuif het, het daardie leemte gevul geword deur ’n ongesonde vader figuur, naamlik Vader Kersfees.

Die vader tiepe wat een keer ’n jaar opdaag om met geskenke die liefde van die kinders oor te wen. Vader Kersfees het die simbool van die hedendaagse vaderlose figuur geword.

Die vaderlose figuur wat geen emosionele konneksie of verhouding met sy familie hoef te vorm nie, solank soos wat hy materieel vir sy familie kan voorsien het hy sy rol as vader vervul.

Kinders wil, nee, benodig hulle vaders om daar te wees deur die hele jaar. Emosioneel daar te wees. Tyd te spandeer, aandag te gee en onvoorwaarlike lief te hê. Leiding te neem om seker te maak die familie word beskerm en soms beteken dit jy moet teen jou vaderlike verstand gaan en op jou geloof vertrou. Jesus het ’n gesonde vader figuur gehad, so my Gesonde “vader” Kersfees boodskap aan julle is om nie afwesige omkoop Vader Kersfees te naboots nie, maar om die tiepe gesonde betrokke vader eienskappe te naboots wat Jesus se Hemelse en aardse vader getoon het.

 

Jy kan hier die artikel lees: “The Hidden Man of Christmas: Putting St. Joseph back in the picture.” 

 
Continue reading
1692


Die stryd tussen gees en vlees is een wat in elke warmbloedige Christenman woed. In my eie lewe was dit vir lank die nommer een doring in my vlees.

Ek kan onthou hoe ek voor die Here geween het en gepleit het om my seksdrang weg te neem. Ek het nie skuldig gevoel omdat ek iets verkeerds gedoen het nie. Ek het net skuldig gevoel dat ek die hele tyd aan seks gedink het. Alles het my daaraan laat dink. Alles en almal was vir my mooi. En ek kon nie sien hoe dit okay was nie. My hart het agter God gesmag, maar my hormone agter seks. Weet jy wat het die Here vir my toe geantwoord op my versoek om my seksdrang weg te neem? So duidelik soos daglig, antwoord die Here my met die woord: “Nee! Ek gaan dit gebruik tot eer van My koninkryk” Dit was vir my die begin om vrede te maak met my hormone, want dit was deur God vir my gegee, nie as ‘n straf nie maar as ‘n seëning.

Dieselfde hormoon wat jou lus maak, maak jou ook baas!

Ons moenie dink dat die man se seksdrang ‘n bose gees met die naam wellus is nie. Jou seksdrang is niks anderste as ‘n hormoon wat in jou brein en bloed leef. Testosteroon! Hierdie is nie iets wat die duiwel vir die man gegee het nie, maar iets wat God vir die man mee toe vertrou het. Studies het gewys dat dit hierdie selfde hormoon is wat verantwoordelik is vir die man se lewenslus en ambisie in die werksplek asook om hom warm maak in die bed. Kyk na al die suksesvolle manne in die wêreld, en jy sal nie lank hoef te soek voordat jy vind dat hulle ook met ‘n hoe seksdrang worstel. (Tiger Woods, Bill Clinton en Donald Trump is goeie voorbeelde waar sukses in die werksplek is gelyk aan sekskapades.) Die man met lae testosteroon gaan nie net sukkel om die corporate ladder te klim nie, maar hy gaan ook sukkel om die mas op te kom in die slaap kamer.

Mans van die Bybel het ook met hulle seksdrang gesukkel

Job was die rykste en mees suksesvolste man in sy land gewees. Maar hy was ook ‘n man wie se hart na God gedraai was. Sy stryd tussen gees en vlees het hom gebring tot ‘n punt waar hy ‘n belofte gemaak het om nie na jong meisie te kyk en hulle te begeer nie. (Job 31)

Koning Dawid was die mees suksesvolste koning wat Israel nog ooit gehad het, en hy het ook gesukkel om sy testosteroon in toom te hou en het Batseba vir te lank vas gehou. (2 Samuel 11)

Dit is nie verkeerd om ‘n hoe seksdrang te hê nie.

God het testosteroon vir jou gegee om jou te help om ‘n sukses in die lewe te maak en ‘n seks volle huwelik te hê. Wat ons kan leer van al die testosteroon gevulde manne van die verlede is dat dit nie verkeerd is om so te voel nie, maar as ons nie leer hoe om dit te beheer nie het dit die potensiaal om ons lewens en die geliefdes rondom ons baie seer te maak.

So volgende keer as jou lus vir seks jou begin pla, dank God dat Hy jou gemaak het met die regte stuff om ‘n sukses te maak. Vra Hom dan ook vir wysheid om dit reg aan te wend.

 

Wonder jy ooit oor die manne genoem in die Bybel? Abraham, Dawid, Salomo? Het hulle ooit gesukkel met hulle seksualiteit en wat het die Bybel daaroor om te sê? - Ja, maak seker jy lees my boek "Wat Adam my van seks geleer het". Om meer te lees gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012
Continue reading
1568
Baie waar. Genesis 2:25 "Die man en sy vrou het naak voor mekaar gestaan, maar geen skaamte geken nie."

Om perfekte liefde in n huwelik te hê gaan jy moet leer om twee dinge te doen.
#1 Om jou beskermende hoë mure te laat sak (naak staan) en
#2 Om nie iets te sê of doen wat veroorsaak dat jou maat weer daardie hoë mure oprig nie. (aka nie jou maat skaam, skuld of seer te laat voel nie.)
Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top