Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Uncategorized

1764


SEKS IS NES KOS


Dit is nie altyd dit wat jy wou gehad het
of hoe jy dit beplan het.
Soms gaan jy uit daarvoor,
maar gewoonlik kry jy dit by jou wooning.


Daar is dié wat nie genoeg kan kry
en ander weer wat siek raak net van die gedagte.
Jy hoor van stories
van mense wat sterf van droogtes





Dit word in baie verskillende vorme aan jou bemark.
In gevoer van al die exotiese plekke.
Van dit is duur en ekslusief,
maar amper altyd sal jy die oorskiet mee wegdoen.

Daar is plekke spesifiek gebou waar jy dit kan bestel,
sushi vanaf die roteerende tafel,
koeke binne die klaskas,
maar meer algemeen eindig jy met die dag se special.

Jy sal dit ook vind op die meeste straathoeke,
bekend vir hulle diens naure.
waar jy alles wat jy ooit voor kon vra,
kry deur net jou venster af te rol.

Al hoewel ons dit benodig
is dit nie altyd heilsaam.
Die meeste van die offerings
is maar net om jou lus te versadig

maar doen min vir jou gesondheid.

Vra maar die profesionele critic
die beste en smaaklikste is maar,
dit wat jy by die huis,
saam maak
Continue reading
2091
Soms is daar niks om te sê nie. Ek deel hierdie man se brief aan my met julle nie om julle kommentaar te kry nie, maar net om te luister, in te neem en daarop te reflekteer. Soms moet ons die advies aan ander terug hou en net luister na hulle pyn en seer.

Anoniem skryf:
Dis intresant om boeke te lees oor goeie gesonde sex. Soe ennigge man se droom.
maar nerens lees n mens van as jy getroud is e
n jou vrou kraak jou die afgelop 24 jaar so af oor sex dat sex al n vloek woord geword het in die huwelik nie.Sien ek is n gesonde 50 jaar oud. Getroud op 26. Het nooit sex gehad voor die troue. Het my self gespaar om n pad met my vrou te loop. Het n vrou ontmoet wat gese het sy het die selfde beginsels. Sy is n jaar ouer.

die probleem het al met die eerste nag begin. as jong man is jou hormone hoog en om vir die eerste keer saam met n vrou in die bed te klim wat sy se n maagd is is iets om van te droom. Wel.. kom ons gaan slaap sex kan wag vir later.. se sy. Soe.. dit is veronderstel om die groot oomblik te wees.

Die daar op volgende jare is dit n geval van... soek jy alweer sex. en dit na n week of twee.. of jy moet hoor nou kom dan maar maak net gou.. ek is moeg of besig. Of jy hoor na selfs twee jaar van geen sex, jy is gelukkig my vriendinne se mans is nie so gelukkig. Of jy moet hoor sex is onodig.

Brr. Sien sy werk ook. (Haar keuse), Ons het geen kinders. Het wel probeer.

Wel ander vroue raak al mooier. Die begeerte om iemand te liefkoos raak groot. Ouder dom staan nie stil. om oor sex te praat is taboe by haar want dan hoor jy dis al waar aan jy dink.

Net n huweliks belofte en die gevoel van n man se woord is sy eer hou ons bymekaar.

Nou sien ek jou boeke wat jy skryf hoe wonderlik sex moet wees en jy wonder of die presoon weet waarvan hy skryf. Jy se vir jouself, gee hom net kaans, een van die dae praat hy n ander storie.

Nou moet ek erken, ek vertrou vroue nie meer. Vir my eie vrou voel ek niks meer. Ons leef soos broer en suster in een huis. Ek huil in my binneste al vir jare vir die behoete aan liefde.

Nou is die vraag. Wat moet n man doen?? N callgill kry en die moonlikheid wat siektes mis kyk?? Soos Simson en die ander bybel vegure begin leef??

Jip die lewe is nie altyd n storie boek

 

Gebeur dit met jou dat jy so graag goeie en nuwe seks met jou man wil hê, maar jy sukkel om te dink aan kreatiewe seks idees? Wel, moenie langer bekommer nie. Bestel my boek “Ontbyt in die bed en Seks in die kombuis” om vir die volgende jaar elke week ‘n nuwe vars en kreatiewe Gesonde Seks Huiswerk op jou man uit te oefen.

Om jou boek nou te bestel besoek: http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

Continue reading
1506

deur vrou-anoniem


Pappa Vader my hart is seer
Hoe kan ek dit keer?
My man luister nie na my
Na die dinge wat my onder kry
Dit maak nie aan hom saak
Dit wat my wese raak
Ek voel so leeg en alleen
Hy laat my voel hy is die enigste een
Wat saak maak in die verhouding
Ek voel verstoot en verdring
As hy praat moet ek doen
Is ek maar die ou vrot skoen?
Hy dink ek is onregverdig
Is ek nie 'n bietjie aandag werdig?
'n Bietjie omgee en luister
Na dit wat my hart fluister.
Kwaliteit tyd wil ek graag he
Waar ons ons harte kan uitlê
Waar die een na die ander luister
Daar niks is verduister
Waar alle toewyding aan mekaar
Die storms laat bedaar
Sodat 'n mens mekaar kan verstaan
Soos wat 'n goeie huwelik betaam.

Continue reading
2525
Here ek glo dat U alles goed gemaak het en dus alles goed deur dink het, maar Here as ek na my sekslewe kyk, kan ek soms nie help as om te twyfel nie.

 

Twyfel in U perfekte ontwerp? Dit kan ek tog nie vir lank betwyfel. Twyfel in my eie opregte gedagtes? Dit moet seker die wortel probleem wees. Twyfel in my vrou se liefde vir my? Nee, daarvan is ek verseker.

Here, hoekom het U die man gestraf met sy hoë seksdrang? Ek weet op die huwelikskamp het hulle geleer seks is 'n goddelike geskenk, maar sekerlik net as dit aan jou vrou ook geskenk is. Wat maak ek met dit op my eie? Hoe is dit 'n geskenk as ek voel my vrou reageer slegs uit plig?

Ek wil ook begeer word. Ek wil ook geliefd wees. Ek wil ook een wees met my vrou. Ek wil ook hê sy moet my wil hê. Ek is mos nie dom nie, al hou ek myself so soms, ek weet wanneer sy haar huweliksplig eer. Hoe is dít veronderstel om 'n goddelike geskenk te wees? Moenie my verkeerd verstaan nie, Heer. Dit is nie iets wat ek bereid is om te weier op beginsel nie. U het my tog so geskape? Die drang tot seks is menslik. Manlik?

Hierdie is mos 'n resep vir moeilikheid. Die man altyd lus en die vrou onder huweliksplig. Maar Here, daar is so baie vrouens daar buite wat ook lus lyk. Ek weet dit is net 'n lokval. Dit moet wees, of het ek met my huwelik in die slaggat getrap? Dalk is seks net 'n wapen van die vrou om 'n man te vang en gebruik vir haar eie moederlike instink. Ek weier om te glo seks is net vir voortplanting. Waarom het U dit dan so lekker gemaak dan? Ek weet as my vrou net eers die lekker van seks smaak, sal sy dit net so begeer soos ek. Maar daar bly min van my Casanova ego oor.

Ek lees in Hooglied hoe sy beminde skryf hoe sy na hom verlang. Hoe sy hom nooi om van haar keurig tuin te kom eet. Hoe haar man se soene vir haar beter is as enige soet wyn. Ek kan nie U perfekte goeie plan twyfel nie. Ek wil glo U het seks vir die mens gegee as 'n geskenk. Maar ek wil dit in my huwelik ook hê. Ek wil hê dat my vrou dit ook moet kry.

Dalk lê die probleem by my? Dalk voel sy nie genoeg geliefd nie? Hoe gee ek haar meer emosionele ondersteuning as ekself emosioneel voel dat sy my weier? Kan ek ooit sê dat sy my seks weier as sy nooit die woord, nee, geuiter het nie? Sekerlik spreek aksies meer as woorde? Sy inisieer nie, sy gryp my nooit, sy lê net daar vir haar huweliksplig.

Here, ek besef dat ons in 'n afwaartse spiraal vas gevang is. Ek kan selfs voel hoe my eie seks drang, al hoewel dit nog daar is, al hoe minder begeerbaar word. Hoe is dit moontlik om seks te wil hê sonder om te voel dat jy dit wil hê?  Vir my is dit heel eenvoudig: Huweliksplig-seks maak my onbegeerbaar voel.

Hoe moet sy voel?

Wat is die gevoel wat haar keer om in te gee tot hierdie geskenk van God?

 

© Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012
Continue reading
1927
Gesonde Seks Huiswerk #53

Warm & Koud Seks

As gewone orale seks nie vir ’n man goed genoeg is nie, gaan jy sy ‘mind blow’ of meer gepas as ons dit in Afrikaans vertaal ‘jy gaan sy kop blaas’ met hierdie ene. Maak vir jou ’n koppie tee of koffie asook ’n glas yskas water met ys in. Neem al twee drankies slaapkamer toe en sê vir hom hy moet net ontspan en sy oë toe maak. (Hierdie sal hom help om meer op die gevoelens en sensasie te konsentreer). Neem een slukkie warm tee, spoel dit rond in jou mond en dan sluk. Dan neem sy penis in jou warm mond en doen jou ding. Maar nie te lank nie, neem nou ’n slukkie van die yskas water, spoel rond in jou mond en sluk. Neem sy nog warm penis in jou nou koue mond en geniet hoe jou man onder jou beheer smelt. Herhaal die warm-koud seks vir so lank dit sy tone laat omkrul.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012
Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top