Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Uncategorized

2030

ImageGesonde Seks Huiswerk #44

Balletjie Balletjie,  Bal Bal!

 

Dink n bietjie terug na die atletiek liedjie wat jy op skool gesing het "Balletjie Balletjie", "Bal Bal", "Wie se bal", "Jou bal".

Met vandag se Gesonde Seks huiswerk gaan daardie liedjie 'n nuwe betekenis inhou vir jou volwasse verhouding. Die man se skrotum (of balsak in plein Afrikaans) is dikwels 'n afgeskeepte deel van seksuele spel.

Moontlik het vrouens die wanpersepsie dat dit net 'n plek van pyn is. Ons almal het al gesien hoe 'n man inmekaar sak nadat 'n bal hom op die 'sweet spot' getref het. Die pyn word veroorsaak deur die knyp of stamp van duisende senuwees wat daar vergader. Maar die sensitiwiteit kan gebruik word tot jou voordeel!

As deel van orale seks kan die vrou elke teste (bal) afsonderlik in haar mond suig of die velletjie saggies trek. Tydens voorspel kan die vrou met die balle speel deur hul te kielie en te betas.  Selfs gedurende penetrasie, kan die vrou op 'n manier haar hand daar in kry en die balle lekker vashou. Haar man kan haar laat weet hoe hard en styf sy moet vashou. 

Net soos daar meer as een genotvolle deel is van die vrou se geslagsdele, so is daar meer as een plek (en balletjie) waar 'n man kan lekker kry. So volgende keer as jou man roep "Balletjie Balletjie" antwoord jy met oorgawe "Bal Bal"

"Wie se bal?"

"Jou bal!"

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Continue reading
1978

ImageGesonde Seks Huiswerk #43

Kombuis Seks

 

Ons almal weet dat die pad na ʼn man se hart deur sy maag loop. Maar, dit is darem nie die volle waarheid nie. Wanneer ʼn vrou dit geniet om saam met haar man te slaap en nie seks sien as ʼn huweliksverpligting nie, het sy beslis ʼn spesiale plek in sy hart gevind. In vandag se Gesonde Seks-huiswerk gaan ons hierdie twee waarhede meng sodat die vrou ʼn definitiewe pad na  haar man se hart toe kan vind.

 

Seks in die kombuis klink al te eroties en kinky. Passie oorval julle en al wat ʼn koppie en bord is word eensklaps van die tafel gevee om plek te maak vir die wonderlikste seks ooit. Dis dalk iets wat jy moet oorweeg . . . Dit hoef darem nie so dramaties te wees nie; dit sal dalk ʼn paar vrouens heeltemal afsit as sy sien hoe haar man haar fyn porselein teekoppies op die vloer neergooi. Sy gaan die verkeerde tipe warm onder die kraag wees!

 

Probeer dalk een van die gunsteling kombuis-seks-posisies. Die man lig die vrou op en sit haar op die kombuistafel neer. Die meeste kombuistafels is net die regte hoogte vir die man om na die volgende stap oor te gaan. Julle kan self besluit hoe ver julle hierdie kombuis-seks wil neem.

 

Dalk is jy baie ingesteld op netheid en higiëne en sal dit nou glad nie eroties wees om iewers seks te hê waar jy die volgende dag weer moet kos maak nie. Gebruik dalk net kombuis-seks as voorspel en hou dit by ʼn warm gevryery en neem dinge dan in die slaapkamer verder.

 

Maar as sulke dinge jou nie pla nie en julle kan nie lank genoeg uithou nie, sal die kombuistafel, -vloer, -stoel of stoof die perfekte plek wees om die hitte aan te draai!

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

 

Continue reading
1848

ImageGesonde Seks Huiswerk #42

Ontbyt Seks

Ontbyt in die bed is sinoniem met bederf en om iemand spesiaal te laat voel. Staan bietjie vroeër op as jou maat en glip stilletjies uit die kamer. Slaan ʼn heerlike ontbyt aanmekaar met vars lemoensap of koffie en neem dit vir jou maat wat nog snoesig in die bed lê.

Afhangend van hoe honger julle is, gaan die volgende aksie verskil. Of julle gaan die tyd neem om die ontbyt wat met soveel liefde voorberei was te geniet of julle gaan toelaat dat die passie wat in julle harte besig is om op te bou julle in ʼn heeltemal ander rigting stuur! Dit maak nie saak of jy eers wil eet of betaal vir die ontbyt in die bed nie, dit is mos nou om jou brood aan albei kante gebotter te hê!

Vind die heuning . . . Baie vrouens kla oor die feit dat hul mans nie genoeg tyd aan voorspel spandeer nie. Hier is ʼn lekker “soet” idee om dit vir julle albei pret te maak. Blinddoek jou man en begin stadig jouself ontklee. Neem die heuning of enige iets anders waarvan hy hou (biltong kan ook werk!) en plaas dit iewers op jou naak lyf. Jy kan op meer as een plek heuning smeer. Dit is dan jou maat se beurt om met sy tong die heuning te soek. 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Continue reading
1716

Image

Image

Kursus: Maak jou saamgestelde gesin werk
Geskryf deur: Gustav en Elna Muller (Keys4Marriage)
Lengte: 4 weke

Jy sal vir die volgende 4 weke die volgende kursus per e-pos ontvang:

ʼn Saamgestelde-gesin vorm wanneer twee mense trou en een of beide van hulle was voorheen getroud en het kinders uit die vorige huwelik. Sό ʼn gesin word ook soms ʼn hersaamgestelde-gesin of stiefouer-gesin genoem .

ʼn Gelukkige huwelik kan die beste ervaring aan hierdie kant van die hemel wees. Maar, om ʼn huwelik te laat werk, is nie kinderspeletjies nie; veral nie ʼn huwelik binne in ʼn saamgestelde gesin nie. Ek en my vrou het dit gou agtergekom nadat ons onderskeidelik baie jare terug geskei is, mekaar ontmoet het en in 1987 getroud is. Ons het ervaar dat ons huwelik, in ons saamgestelde gesin, unieke uitdagings het wat dit van ʼn eerste huwelik onderskei.

Ons het ook agtergekom dat ons nie alleen is nie, maar dat baie paartjies in saamgestelde gesinne dit nogal as uitdagend beleef. As huweliksberaders wat die afgelope sewentien jaar meer as 3000 paartjies gehelp het, hoor ons daagliks hoe paartjies in saamgestelde gesinne soek na wenke wat hulle kan help om hul huwelik te laat werk. Ongelukkig kry baie paartjies dit nie reg nie en skei hulle soms makliker en vinniger as paartjies in die eerste huwelik.

Wanneer ons met jou in hierdie kursus gesels, is dat vanuit persoonlike ervaring en ook vanuit professionele ervaring wat ons oor sewentien jaar as huwelikberaders opgedoen het.

In hierdie kursus gaan ons na vier areas kyk en vir jou wenke gee wat kan help om elkeen van hierdie belangrike areas van jou huwelik, binne ʼn saamgestelde gesin, te laat werk.

Les 1: Hoe om kinders te hanteer
Les 2: Hoe om mekaar se ekse en vorige families te hanteer
Les 3: Hoe om finansiële kwessies te hanteer
Les 4: Hoe om emosionele bagasie te hanteer

 

Om in te skryf vir die Gesonde Seks Mentorskap Kursusse besoekwww.gesondeseks.co.za of stuur ‘n epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Continue reading
1637

Image

Image

Kursus: Hoe om teleurstellings in die huweik te verwerk
Geskryf deur: Gustav en Elna Muller (Keys4Marriage)
Lengte: 4 weke

Jy sal vir die volgende 4 weke die volgende kursus per e-pos ontvang:

In hierdie kursus gaan ons vier onderwerpe bespreek. In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelsturie in. Na die kursus sal dit vir jou makliker wees om teleurstelling in jou huwelik reg te verwerk.

Waarna kan jy uitsien:
· Les 1 - Sal ons huwelik weer herstel?
· Les 2 - Is die baie vrae, woede en moedeloosheid normaal?
· Les 3 - Vergifnis is 'n proses
· Les 4 - Herbou die liefdeskonneksie

Om in te skryf vir die Gesonde Seks Mentorskap Kursusse besoek www.gesondeseks.co.za of stuur ‘n epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top