Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Uncategorized

1740

ImageGesonde Seks Huiswerk #34

Trappe-Seks

Die meeste van ons klim trappe elke dag of dit nou by die huis of die werk is of wanneer ons oor die naweek in die winkelsentrums rondloop. Sommige van ons klim die trappe na sukses waar ander weer hulle tyd op die stairmaster spandeer.

Ek is seker daarvan jy het nog nie gedink om seks op die trappe te hê nie! As jy trappe by die huis het, sal jy darem dit by die huis kan doen. Maar, die hele idee van Gesonde Seks-Huiswerk is om dit uit die slaapkamer te neem. Mans dink gewoonlik baie meer aan seks as vrouens en daarom is hulle ook altyd meer lus vir seks! Ek belowe jou, as jy meer aan seks gaan begin dink, sal jy ook meer lus raak vir seks.

Dink ʼn bietjie terug toe jy die eerste keer by my Gesonde Seks-blad aangesluit het . . . Hoeveel seks het jy toe gehad en hoeveel seks het nou deur net aan seks te dink? Wanneer jy dus iets alledaags soos trappe neem, koppel  ʼn lekker wit-warm seks-aand aan dit en jy sal elke keer daaraan dink as jy die trappe klim!

As jy teëls op die trappe het, moet jy dalk eerder ʼn dik kombers neerlê. Speel rond met watse posisie die beste vir jou werk. Begin dalk waar die vrou onder lê en die man so ʼn paar trappe onder haar. Die 45 grade waarteen julle gaan liefdemaak, sal ook ʼn nuwe gevoel van opwinding vir julle al twee meebring.

Trap vir trap sal julle mekaar na nuwe hoogtes neem!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Continue reading
3937


Image
Gesonde Seks Huiswerk #33

Kegel-Seks

No pain, no gain. Practice makes perfect. Dit is ook waar as dit by jou sekslewe kom, dus gaan vandag se Gesonde Seks huiswerk oor oefeninge hoe om jou sekslewe radikaal te verbeter.

Mens kry basies twee tipes oefeninge, fiksheid- en krag-oefeninge. ʼn Paar weke terug het ons na seksuele fiksheid gekyk en julle uitgedaag om elke dag van die week seks te hê. Hoe meer seks jy het, hoe meer wil jy hê. Maar, dit is nie goed genoeg om net baie seks te hê nie – dit moet ook die regte tipe seks wees. Dit moet ongelooflike seks wees!

Ons gaan vandag fokus op kegel-oefeninge. Dr Arnold Kegel, ʼn ginekoloog, het hierdie oefening ontwerp om pasiënte te help om beter beheer oor hul blaas te hê. Hierdie oefening was daarop gemik om jou pelvis spiere te versterk om sodoende beter blaasbeheer te hê. Sy pasiënte het hom meegedeel dat hierdie oefeninge ook hul sekslewe drasties verbeter het.

Hierdie oefeninge is voordelig vir mans en vrouens om hul sekslewe te verbeter en hul orgasmes meer intens te beleef. Dit sal die man ʼn sterker ereksie gee en hom help om langer uit te hou voordat hy kom.

 

Hoe doen mens die kegel-oefening?

Die eenvoudigste manier is om te knyp terwyl jy urineer.  Op dié manier kan jy presies vasstel waar jou kegel-spiere geleë is. Nadat jy presies weet watse spiere om styf te maak, kan jy dit deur die loop van die dag oefen. Soos met enige oefening neem dit tyd en dissipline voordat jy resultate kan sien.

 

Die metode:

Knyp en hou vir so 5-10 sekondes en ontspan.

Doen drie stelle van tien elk deur die loop van die dag. Na 30 dae sal jy al die resultate kan geniet en baie bly wees jy het so mooi geoefen!

 

Kegel-balle

Mans kan gewone vry gewigte gebruik terwyl die vrouens van kegel-balle kan gebruik maak. Daar is klomp verskillende soorte op die mark, maar in beginsel werk almal dieselfde.

Die metode:

Plaas die kegel-bal in jou vagina en doen dan die gewone kegel-oefeninge soos wat hier bo beskryf is. Probeer om dit so lank as moontlik in te hou. Nie net is dit goeie oefening nie, maar dit verskaf plesier en genot soos wat die balle binne in jou rondbeweeg.

Op my webblad, www.gesondeseks.co.za het ek twee kegel-balle spesiaal uitgekies vir hierdie tipe oefeninge. Die duurder produke wat ek verkoop het drie verskillende grotes beskikbaar en kan gebruik word soos wat jou vaginale spiere sterker word.

Dalk dink jy dat hierdie oefening nie die moeite werd is nie. Maar die eintlike waarheid is dat wanneer jou kegel-spiere baie sterk is, kan jy jou man laat kom deur net hierdie spiere te beweeg. En as hy getrou sy kegel-oefening doen, sal hy ʼn sterker ereksie vir langer kan behou. 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Continue reading
1693

ImageGesonde Seks Huiswerk #32

Klere-aan-seks

 

Dit mag dalk vir jou na ʼn fout klink – hoe het ʼn mens seks met jou klere aan? Dis nie ʼn fout nie en as jy dit reg doen, kan ek jou belowe  dat dit jou sekslewe sal opkikker! Meeste paartjies wat wel seks het met hulle klere aan, doen dit omdat hulle te skaam is om naak voor mekaar te verskyn. Sulke paartjies het ook baie keer  ʼn negatiewe konnotasie met seksualiteit.

Hierdie klere-aan-seks is anders. Jy gaan dalk nie fisies naak voor mekaar staan nie, maar julle gaan voor mekaar staan sonder enige skaamte. Jy gaan jou seksuele fantasieë saam met jou maat uitleef sonder om daaroor skaam te wees. Klere-aan-seks is net nog ʼn manier hoe jy jou eie seksualiteit kan vier en geniet!

Ons almal het mooi klere in ons kas wat ons sexy laat voel. Vandag se huiswerk is om daardie goedvoel-hormone wat jy van sexy klere kry in jou sekslewe in te stort. Trek daai hoë, rooihakskoene aan waarvan jou man so baie hou. Die man kan altyd daardie pak klere aantrek wat al vir jare onaangeraak in sy kas hang.

 

Hier is wat jy moet doen:

  • Trek jou sexyste klere aan. As jy nie iets sexy het nie, trek iets aan wat jou baie goed oor jouself laat voel.
  • Begin om mekaar warm te vry – ek hoop julle doen nog baie hiervan!
  • Weerstaan die begeerte om mekaar se klere uit te trek – vandag hou jy jou klere aan.
  • Vry stadig en stop so elke nou en dan om mekaar se uitrustings te komplimenteer. Omdat julle teen hierdie tyd al lekker warm behoort te wees, sal die komplimente ook gelaai wees met seksuele innuendo’s.
  • Gly jou man se gulp oop en trek sy gereedskap liefdevol uit sy broek uit.
  • Die man glip weer sy hand onder die vrou se rok in en trek haar deurtrekke eenkant toe om by haar uit te kom. Deel van die erotiese plesier is om na mekaar deur julle klere te soek!

 

Jy kan ook hierdie huiswerk met ʼn vorige Gesonde Seks huiswerk kombineer – kommando-seks – om makliker oor te skakel na penetrasie sonder dat jy veel van jou klere hoef uit te trek.

Een van die voordele om op dié manier seks te hê, is dat wanneer jy weer oor ʼn week of so hierdie uitrusting gaan aantrek, gaan jy onthou wat jy daarin gedoen het en dit sal jou dadelik weer lusmaak vir jou maat!

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Continue reading
1584

ImageGesonde Seks Huiswerk #31

Multiplayer-Seks

Nee dit is nie ʼn threesome nie! Vandag se huiswerk is net nog ’n briljante Gesonde Seks tegniek om die gevoelens, sensasies en uiteindelik die orgasme te verbeter. Ek hoor weekliks hoe paartjies kla dat hul sekslewe gestagneer het en vervelig is. Die orgasme is gewoonlik die hoogtepunt en as dit nie bereik word nie, dan raak die motivering om weer seks te hê al hoe minder.

Die orgasme is glad nie die holy grail van seks nie, maar slegs een element van plesier. Leer om die hele liefdesmaaksessie te geniet en nie net uit te sien na die klimaks nie  – vanaf die voorspel, die heen-en-weer-plesier makery tot die aanskouing van jou geliefde se klimaks. Selfs die na-spel.

Maar dit is slegs moontlik as julle al twee saam gaan liefde maak. Met ander woorde, die een kan nie net al die werk doen terwyl die ander een rustend toekyk nie. Moenie net daar lê nie, neem deel. Moet ook nie so vinnig moontlik na jou klimaks beweeg nie. Spandeer tyd om mekaar se liggame te ontdek en om die voorspel so lank as moontlik uit te rek.

Hier is dus iets wat jy kan doen.

Terwyl die man die vrou penetreer kan hy sy lyf effens lig om ruimte te maak vir die vrou om haar hand tussen hulle lywe in te skyf en sy penis te gryp. Terwyl die man aanhou om haar te penetreer, het die vrou ʼn goeie greep op die basis van sy penis en kan sy haar eie bewegings met haar hand doen.

Dis amper asof sy hom ʼn handjob gee terwyl hy haar penetreer. In hierdie posisie kan die vrou rowwer met haar man werk as wat sy gewoonlik sou omdat die penis in ʼn veilige plek is. Die vrou kan ook van tyd tot tyd afgly van sy penis en haar man se skrotum ferm met haar bakhand vashou om hom na nuwe hoogtes van plesier te stuur. Hierdie multi-player posisie is nie net lekker vir die man nie, maar ook vir die vrou. Haar hand sal ook herhaaldelik kontak met haar klitoris maak en dit sal haar net verder aanspoor om harder en vinniger met haar nuwe speelding te werk.

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Continue reading
1447


Image
“Ek is ’n getroude dame van 45 jaar. Ek sien altyd dat die tydskrifte oral sê dat mans hou van sexy uitrustings. Een aand het ek vir my man ’n sexy nagrokkie aangetrek, maar geen reaksie daarop gekry nie. Is mans regtig ingestel op sexy nagklere of kan hulle net bloot nie wag vir ons om daarvan ontslae te raak nie?” – Nadia, KwaZulu-Natal

 

 

Timothy Kieswetter, ’n Bybel- en seksualiteitskenner, antwoord:

Dit is ’n interessante verskynsel by mans dat wanneer hulle na ander vrouens kyk, hulle aandag gee aan die sexyness van die uitrusting en die vrou se voorkoms. Maar wanneer ’n man na sy eie vrou kyk, is dit amper asof hy nie haar aanloklikheid raaksien nie. Hoekom dan so? Dalk is dit omdat die verste wat ’n man mag gaan met ’n ander vrou is om haar sexyness te geniet, maar met sy eie vrou is dit soos jy gesê het, hulle kan bloot nie wag om ontslae te raak van die nagrokkie nie. Want met jou as sy vrou mag hy baie meer geniet as net jou voorkoms. So wat staan dit jou te doen? Dra nog steeds die verleidelike nagrokkies, maar nie om jou man se onthalwe nie, maar eerder vir jou eie. As jy goed voel oor jouself en jy raak gemaklik met jou eie sexyness, dan sal jou man jou van nuuts af weer raak sien.

 

Hierdie vraag verskyn in die Feb-Mrt 2012 uitgawe van Intiem Tydskrif

Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top