Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Uncategorized

1453

ImageGesonde Seks Huiswerk #30

Middernag-Seks

Dis baie kosbaar om mekaar in die middel van die nag te vind. Om te droom van liefdemaak en dan wakker te word en te vind dat julle reeds aan mekaar vat en dan die droom ʼn realiteit te maak . . .

Maar nie almal raak opgewonde oor middernagseks nie as gevolg van ʼn paar redes:

  • Te moeg! Want as jou lyf so swaar voel dat jy nie eers behoorlik kan wakker word nie, is niks pret nie. Wat kan jy doen? Sê vir jou maat dat hy maar met jou kan maak net wat hy wil, maar jy gaan net daar lê as hy nie omgee nie. Dié scenario kan nogal eroties wees...veral as jou lyf begin saamspeel!

 

  • Nie lus om aan aangevat te word nie! Party vrouens skrik wakker om te vind dat hul maat se hand al heelwat ver afgeskuif het. Moenie skrik nie . . . dis jou man se onderbewussyn wat skreeu vir seks! Begelei sy hand tot waar dit vir jou lekker is  en verlustig jou in sy soeke na jou.

 

  • Baba in die bed! As daar ʼn kleinding in die bed is, is seks by die venster uit. Dis interessant om te hoor dat dit dikwels die ouers is wat hierdie reëling verkies. Jou kind sal slaap waar jy vir hom sê om te slaap, maak nie saak of dit op ʼn matras langs jou bed is of in sy eie kamer nie.  Dis net jou eie wil wat jy moet oortuig. Gebruik ʼn baba-monitor as jy bang is jy gaan jou  te veel bekommer, maar uit moet hulle uit! Jou huwelik en jou maat moet eerste kom.

 

  • Nie in die bui nie. Baie paartjies kyk TV tot laat, is op Facebook of werk nog ʼn bietjie voordat hulle bed toe gaan. En as jou maat jou dan nader vir seks, dan raak jy moedswillig: “En nou? Wat soek jy nou?” Ek kan dit verstaan . . .

 

As jy as man deur die dag horny is, moet jy haar met woorde en aksies in kennis stel. Doen wat nodig is om haar ook in die bui te kry. As sy eers spasie nodig het, gee haar spasie. Partykeer het mens nodig om net eers af te skakel en asem te skep. Gun haar hierdie tyd. Dis nou wanneer jy tee aandra, voete masseer en haar vra hoe haar dag was.

 

As julle mόét TV kyk, kyk iets komies dat julle saam kan lag of iets romanties sodat julle kan lus word vir mekaar. Ek kan jou belowe dat CSI voor bed nie tot seks gaan lei nie!

 

As jy moeite doen met voorspel en emosionele konneksie, sal julle al twee in die bui wees vir middernag-seks! As julle klaar is, sal die slaap wat volg diep en soet wees. En dan kan julle weer van mekaar begin droom!

©Gesonde Seks, Janet Kieswetter 2012

Continue reading
1674
Image

Meneer Luister plaas van Mr Fix-it

Hoekom is dit so, dat wanneer ons vrouens vir ons vra om iets rondom die huis te fix kan dit tot twee jaar neem om 'n kasdeur reg te maak, maar wanneer sy net van ons verwag om te luister, dan spring ons tot die uitdaging om haar emosies te ‘fix’?

  • Leer wanneer om die Alfa-man te wees en wanneer om jou sagter emosionele kant te wys.


Daar is niks beter as om jou vrou veilig te laat voel nie. En dit is die Alfa-man deel van jou, wanneer jy as koning, priester en profeet van jou huis optree. Maar wanneer jou vrou met ‘n emosionele probleem na jou toe kom, werk hierdie macho, Alfa-man rol nie so goed nie.

'n Gesonde huwelik is een waar jy as man nie net leiding kan neem nie, maar een waar jy jou sagte kant wys. 'n Deel van jou wat nie al die antwoorde het nie, 'n deel van jou wat nie elke bul by die horings wil gryp nie. Maar eerder net iemand wat bereid is om in stilte te sit en luister en probeer verstaan.

  • Wat kommunikeer jy aan haar?


Elke keer wanneer jy iets wil ‘fix’ wanneer jou vrou net wil hê jy moet luister, is jy besig om aan haar te kommunikeer dat sy alleen is in die huwelik. Maar deur om simpatie te gee deur om haar hand vas te hou en toe te laat dat sy kan huil sonder om te vra "wat is nou fout?". Om oog kontak te hou terwyl jy simpatiek luister of wanneer jy terug reflekteer dat jy haar emosies verstaan, bevestig jy vir haar dat sy nie alleen in die huwelik is nie, maar dat jy saam met haar in die huwelik is, nie net as die Alfa-man nie, maar ook as die Emosionele-man.

 

  • Twee dinge wat emosies verlang


Daar is slegs twee dinge wat emosies verlang: Om gedeel te word en om verstaan te word. So volgende keer as jou vrou na jou toe kom met haar emosies, laat toe dat sy dit met jou deel en wys haar jy verstaan, al doen jy nie 100% nie. Want die antwoord lê nie in wat jy moet doen of sê nie, maar eerder in die kans wat jy haar gun om haar hart met jou te deel.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Hierdie artikel het verskyn in die Intiem tydskrif Feb-Mrt 2012 uitgawe
Continue reading
1682

ImageGesonde Seks Huiswerk #29

Skilpad-en-haas-seks

Ons almal ken die kinderstorie van die skilpad en die haas. Hulle het gestry oor wie die vinnigste is en het besluit om teen mekaar resies te hardloop. Haas was arrogant in sy verkleinering van Skilpad en het hom vinnig in die stof gelaat. Haas het halfpad moeg geraak en het besluit om ʼn vinnige slapie in te werk en was glad nie bekommerd oor Skilpad nie want hy was nog ver.

 Toe Haas wakker skrik het Skilpad stadig maar seker oor die wenstreep geloop en die resies gewen!

Wanneer dit by seks kom, het hierdie storie ʼn baie duidelike boodskap. As jy wenstreep toe jaag, gaan dit nie lank wees voordat jy moeg raak ek kom voordat jy gearriveer het. Ek kan al hoor hoe die vrouens “Amen!” skree.

Mans is gewoonlik soos Haas, hulle dink hulle moet so vinnig as moontlik hul eindbestemming bereik. Nie baie mans het al die tegniek aangeleer om langer seks te hê sonder om vinnig te kom nie. 

Die Gesonde Seks-Huiswerk vir die week is om te leer hoe om julle ritme af te wissel en nie net in een rat te bly nie. Begin stadig. Neem jou tyd. Jy is besig om liefde te maak met jou sielsgenoot. Volg mekaar se leidrade om te weet watter ritme vir die ander een lekker is.

Wanneer jy voel soos Haas en besig is om moeg te raak en jy wil kom, dink terug aan Skilpad wat haar tyd neem. Neem ʼn oomblik om stil te lê tot jou kragte weer hernu is en dan gaan julle voort om skilpad-en-haas-seks te hê.

Eksperimenteer met ritmes en intensiteit en jy sal sien hoe daar ʼn hele nuwe wêreld van Gesonde Seks vir jou sal oopgaan!

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Continue reading
1884

ImageGesonde Seks Huiswerk #28

Seks in die bad!

Verlede week se huiswerk was stort-seks, maar omdat baie van julle net baddens het en nie kon deelneem nie, doen ons vandag bad-seks! Enige iemand wat al seks in die bad probeer het, sal verstaan dat dit nie die maklikste ding in die wêreld is nie! In die eerste plek is dit moeilik om die vrou te penetreer want die water spoel al haar lubrikasie weg en net wanneer die man sy lê gekry het en sy ritme reg het, spat al die water uit die bad uit!

Om seks in die bad te hê, gaan nie oor penetrasie van die liggaam nie, maar eerder oor die penetrasie van die siel. Wat is meer romanties as ʼn bad vol skuim, die vars reuk van skoonheid en sagte kerslig wat jou maat se gesig verhelder?

Ons gejaagde lewens laat ons nie toe om een oomblik te ontspan nie . . . en dis amper iets wat ons in ons dagboek moet inskryf. So as jy nodig het om dit te doen, doen dit. Skryf in jou dagboek: Bad-seks! Daar is niks beter as om saam met jou maat in die bad te ontspan nie.

Tap vanaand vir jou maat ʼn bad en masseer mekaar se kop, skouers en hakke. “Groom” mekaar soos wat die Engelse sal sê. Skrop hakke, spons af en vryf warm! Hierdie sal julle na ʼn nuwe vlak van intimiteit neem!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Continue reading
1829

ImageGesonde Seks Huiswerk #27

Stort- Seks

Stort-seks behoort hoog op jou seksaktiwiteit-lysie te wees! Dis iets wat al twee van julle ewe veel kan geniet. Ongelukkig lewe so baie van ons verby mekaar . . . sien mekaar netso in die verbygaan. Stort-seks kan dit alles ten goede verander sonder dat julle jul besige lewens hoef te verander.

Mens stort gewoonlik aan die begin of die einde van die dag; dus nooi jou maat volgende keer saam as jy gaan stort – jy kan vertel wat die dag alles vir jou inhou of hoe dit verloop het. Hierdie is ʼn baie intieme manier om weer deel van mekaar se lewens te word. Die stort is nie net die ideale plek vir ʼn geselsie nie, maar kan ook baie romanties wees. Daar is min dinge in die lewe so intiem, romanties en eroties as om mekaar se lywe in ʼn stort te was.

Soms sal daar net genoeg tyd oorbly vir julle om stort-seks na die 3de vlak te neem, maar dis die moeite werd om die kans te vat en dalk bietjie laat te wees vir werk! Laat die water ʼn bietjie sagter loop en draai die stortkop weg van jou af; jy wil nie die intieme oomblik bederf met ʼn sterk straal water in jou gesig nie. Daar is twee gunsteling posisies wat jy kan probeer:

1. Druk haar ferm teen die muur vas – net nie teen die stortdeur nie, want dan gaan julle dit moet voortsit op die badkamervloer! Jy kan haar nou vasdruk en penetreer. Sy kan soos wat dit vir haar gemaklik en plesierig is, haar heupe al die pad vorentoe stoot. Hou haar heupe vas om haar te ondersteun.

Jy kan hierdie posisie nog méér eroties maak deur haar heupe nader aan die waterstraal te skuif sodat jy kan sien hoe die water op haar uitgestote lyf val. Jy kan met wille plesier dophou hoe die water die seep van haar lyf laat vloei . . .oor haar borste, dan haar maag . . . en dan opdam waar jy een word met haar.

2. Hierdie posisie is netso eroties! Sy kan omdraai sodat jy haar van agter af penetreer; sy buig vorentoe sodat die water op haar rug val. Dit gaan vir die man voel asof hy seks onder ʼn waterval het! Maak seker haar boude is deeglik met seep gesmeer om die gevoel te bevorder. Die man bepaal die tempo en staan regop agter haar terwyl hy haar met sy hande op die heupe ritmies vorentoe en agtertoe beweeg!

Die stamp van haar seepgladde boude teen sy manlikheid sal genoeg wees om hom aan haar vir die res van die dag te laat dink! Dit maak nie saak of jy die stort gebruik om met mekaar te gesels of stomende seks te hê nie; moet net nie vergeet om klaar te maak voor die warm water opraak nie!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top