Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Wenk vir die Week

2756

Ek hoor elke dag hoe mense (gewoonlik die vrou) wil hê hulle maat moet spontaan en vanself dinge doen wat hy of sy gedoen wil hê, SONDER om vir hul maat te sê of vra daarvoor.

As ek eers vir my maat moet sê wat ek wil hê, en hy/sy doen dit, dan hoe weet ek dit kom vanuit hul hart en nie net omdat ek dit gesê het nie?

Ons almal wil hê ons maats moet spontaan wees en die dinge doen en sê wat ons graag verlang, vanself!

Ek wil vandag vir jou sê hierdie is snert!

Jou maat is nie ingestel op hoe jy voel, wat jy dink of wat vir jou lekker of minder lekker is nie. Hy/sy kan slegs voel, dink en reageer op wat hulleself voel en dink.

Daarom die belangrikheid van KOMMUNIKASIE.

Kommunikasie is die brug tussen jou gevoelens, gedagtes, drome, fantasieë, behoeftes, begeertes en jou maat se “To do list”

Elke gesonde huwelik moet mekaar op hulle “To do list” hê.

 

Die liefde wat jou maat vir jou het, sal sorg dat jy heel bo aan hulle “To do list” bly, MAAR dit is jou eie kommunikasie vermoë wat sal sorg dat hulle presies sal weet wat die “do’s and don’ts” is en hoe om jou te “do”.

4589

Om die vonk in jou huwelik aan die gang te hou, maak nie saak hoe lank jy al getroud is nie, is so eenvoudig soos om 'n kaggelvuur te maak.

In die begin pak jy al die droë hout, stokkies en blits, koerantpapier, en steek aan. Die vlamme is vinnig groot en warm. As jy soos die meeste paartjies die fout maak om terug te sit en die hitte te geniet, gaan jy gou-gou wonder hoekom is die vuur uit. Want alhoewel daar baie groot vlamme was in die begin, was die hout nog nie aan die brand nie. Dit is maar oppervlakkige vuur gewees. 

Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top