Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Bly Kalm en Seks

by in Gesonde Huwelik
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 3227
  • Print
3227

Ek het nog nie veel aandag aan die “BLY KALM”  beweging gegee nie. (Dalk is ek te veel van ‘n rebel om te doen van wat ander doen.) Maar ek het vandag die wysheid agter die twee woorde BLY KLAM besef. Studies wys dat ons al hoe vlakker begin asem haal, ons oefen minder en stres meer. Dan bereik ons ‘n punt waar ons uitbrand. Om uit te brand is nie iets wat oornag gebeur nie. Dit is iets wat opbou en opbou en as jy nie “BLY KALM” nie, gaan jy uitbrand.

Die lewe is ‘n gejaag (die rat race). Ons voel gedwonge om deel  te neem aan hierdie oneindige gejaag na meer, beter, vinniger, groter en sterker. Die beste voorbeeld waaraan ek nou kan dink is dié van Usain Bolt. Om hom te sien hardloop, is atletiek op sy beste. En kyk na hom voor ’n wedstryd, dan is hy so kalm en koel  soos ‘n komkommer. En wanneer die tyd aanbreek om te hardloop, is hy nie moeg ,uitgeput of nié lus nie. Hy kan wen.

So hardloop slegs wanneer jy moét. En bly die res van die tyd tog net kalm.

Laat ons dan kyk hoe hierdie BLY KALM – beweging by Gesonde Seks inpas.

Ek sien heelwat paartjies wie se sekslewe agteruit gaan,  nie omdat hulle nie meer lief is vir mekaar nie, ‘n mediese probleem het nie of nog met onverwerkte trauma sit nie. Nee, menigte paartjies se sekslewens gaan agteruit want die atmosfeer vir seks is nie reg nie.

Die ‘mood’ is nog nie geskep nie.

Die tyd is nie reg nie.

Die kinders is nog nie in die bed nie.

Die ligte is nog nie af nie.

Die hond het nog nie kos gekry nie.

Die TV is nog aan.

Die werk vereis nog  tyd op die laptop.

Die skoonouers is amper hier.

Die huis is nog nie skoongemaak nie.

Die higiëne is nie skoon genoeg nie.

Die voorspel was nie lank genoeg nie.

Ensovoorts...

 

BLY KALM... en...SEKS

 

Is jy lief vir jou man?

Is hy lief vir jou?

 

Dan BLY KALM en SEKS

Waarvoor wag jy?

Want om te wag dat dit weer moet voel soos laas, of hy weer dit moet doen soos  toe julle op wittebrood was of sy weer so moet lyk soos voor die kinders.

Hey!

BLY KALM en SEKS

Moenie dat jou seksuele voorkeure met jou weghardloop nie.

BLY KALM en SEKS

Moenie ‘n berg van ‘n molshoop maak nie.

BLY KALM en SEKS

Tensy jou man nie dronk op jou skree nie.

BLY KALM en SEKS

Tensy jou vrou nie jou wil kastreer nie.

BLY KALM en SEKS

 

Daar is sommige van die huwelike daar buite wat serious probleme het en hulle moet hardloop, hulle moet so vinnig moontlik hardloop – reguit  na hulle naaste huweliksberader. Hardloop na hulp en hardloop vinnig.

 

Vir die res van julle wie se huwelik NIE ‘n katastrofiese gemors is nie.

BLY KALM en SEKS

 

 

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top