Hierdie klink soos ‘n teenstrydigheid en spanning is seker nie die regte woord nie. Ek praat nie van die spanning wat angs veroorsaak nie. Ek verwys hier na die spanning wat opwinding veroorsaak. Ons almal het al gehoor van “opposites attrack”, maar niemand verduidelik dit regtig verder nie.

 

Wel, dit is as gevolg van die opwindende spanning wat tussen hierdie twee opposites is waar die passie en verliefdheidsgevoel in lê.

 

Net soos wat ons tussen die twee teenoorgestelde pole van ‘n magneet die magnetiese aantrekkingskrag vind, vind ons in die teenoorgesteldheid van ons persoonlikhede, begeertes en belange van mekaar ons liefde vir mekaar.

Maar hierdie teenoorgesteldheid kan vinnig negatief word en frustrasie en kwaadgevoelens veroorsaak. Die kuns is om nie met die gesindheid alles of niks, swart of wit, my manier of geen manier, na jou huwelik kyk nie.

Baie paartjies kla dat hulle maats nie genoeg tyd aan hulle spandeer nie. So hulle besluit om op vakansie te gaan en spandeer vir ‘n paar dae baie meer tyd met mekaar as normaal weg. Wat gebeur gewoonlik na ‘n lang vakansie? Julle raak gefrustreerd en moeg om konstant in mekaar se spasie te wees en wens net om weer terug werk toe te gaan. Dan kom jy by die werk in jou eie spasie en dan verlang jy en mis jy jou maat weer.

Die verlange na jou maat, die aantrekkingskrag na jou maat toe, word veroorsaak deur die feit dat jy nie nou by haar/hom kan wees nie, maar by die werk moet sit en werk. Dit is nie die tyd alleen spandeer op vakansie wat die verlange veroorsaak nie, want daar is dan geen spanning wat opwinding bou nie.

En dit is belangrik dat ons hierdie konstante spanning in ons huwelik identifiseer en reg interpreteer anderste gaan ons met die verkeerde gevolgtrekke eindig van frustrasie en kwaadgevoelens.

Besef dat die feit dat jou maat jou in ‘n ander rigting trek as wat jy wil trek nie altyd ‘n slegte ding is nie, maar iets is wat juis vir jou kan uitwys wat regtig vir jou belangrik is en wat vir julle as ‘n paartjie gesond is.

 

So probeer ‘n bietjie minder jou maat te kry om te doen wat jy wil doen en laat toe dat hy/sy jou ‘n bietjie trek en uit jou gemaksone trek en laat toe dat daardie spanning ‘n opwinding by jou opwek en ek waarborg jou dat jou passie vir mekaar weer sal opvlam.