Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Hierdie is beter as ‘n ‘DATE-NIGHT’. Probeer ‘n bietjie ‘n ‘DISCONNECT-NIGHT’

by in Gesonde Huwelik
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 5157
  • Print
5157

Paartjies wat nog nie kinders het nie ken nie iets soos ‘n “date-night” nie, want dit is net soos enige ander dag van die week vir hulle. Hulle “date-night” elke aand. Maar die oomblik wanneer jy kinders kry, moet jy eintlik moeite maak om weer ‘n gesprek tussen pappa en mamma te stimuleer. Jy (die vrou) reël ‘n babysitter en gewoonlik ook die plek of fliek wat julle gaan sien, en dan moet Pappa dit neerpen in sy dagboek, dan kan jy begin uitsien daarna. Die aand is jy so moeg, jy wil eintlik net vroeg gaan slaap! Sal die oppasser omgee as jul nie uit gaan nie, maar sy nog die kinders in die bed kry? wonder jy.  Manlief spoor jou aan en jy soek deur jou kas vir iets moois. Nadat jy jou mooi klere afgestof en aangetrek het - net om agter te kom jy het ‘n bietjie dikker geraak vanaf jy laas hierdie aandrok  aangetrek het – klim julle vinnig in die kar sonder dat julle kinders jul sien gaan, want dan gaan hulle die hele aand huil.

 

Julle arriveer, nie by die beste of jou gunsteling restaurant nie, want hy is aan die ander kant van die stad, so julle eet maar eerder by die naaste een aan die huis. Jy bestel dadelik, want jy wil nie die kinders te lank alleen los of die babysitter meer betaal as wat jy vir hierdie T-Bone gaan betaal nie.

Jy eet net helfde van jou kos en besluit jy sal ‘n woefkardoes neem, want dit is tyd om huis toe te gaan. Die woord woefkardoes laat jou dink aan jou seuntjie wat dit so geniet om oor en oor te sê. Jy verlang skielik huis toe.

Het ek genoem dat jy deur dit alles elke 5 minute op jou foon kyk of daar enige boodskap is van die oppasser wat jou laat weet dat jou jongste weer iets in sy neus opgedruk het. En as daar geen nuus van die oppasser is nie, moet jy die gevoel veg om nie die buurvrou te bel en vra dat sy op-‘check’ op die babysitter nie, om te hoor hoekom alles so stil is. Ek oordryf seker. Ek is seker al die mamma’s skakel maklik af en kyk diep in hulle maat se oë die hele tyd. 

Nee, nie heeltemal nie want hy is op sy foon besig om sy game te speel/e-pos te stuur/met sy buddy te chat en jy besluit dit is ‘n goeie tyd om gou ‘n foto van jou “date-night” se kos te neem en op Facebook te plaas.

En wanneer julle wel oog-kontak maak, selfone is neergesit, vind julle dat julle niks het om vir mekaar te sê nie. Daar is ‘n ongemaklike stilte tussen julle, wat julle vinnig besluit om te breuk deur om julle fone weer te check.

Hierdie tipe “date-nights” moet eerder gelos word, want dit werk nie. Dit help nie jou huwelik nie, dit bring julle nie nader aan mekaar nie. Dit beklemtoon net dat julle afgesny is van mekaar.

So hier is wat ek voorstel julle van nou af doen. In plaas van ‘n “date-night” reël julle ‘n DISCONNECT-NIGHT of in suiwer Afrikaans, ‘n Ontkoppel Aand. Ek het hierdie idee gekry tydens ‘n Eskom beurtkragaand. Kinders was vroeg in die bed, fone is pap, TV is swart, rekenaar slaap, te donker om boek te lees (is daar nog mense wat boeke lees?) en heeltemal te vroeg om te gaan slaap.

In hierdie ontkoppel van al die lawaai rondom ons, iewers in die wete dat daar niks anderste is om te doen nie, vind jy weer jou maat deur om net eerlik en lank, lekker te gesels. Dit neem soms moeite om niks anders te vind om te doen nie, behalwe praat met jou maat. Partykeer is die emosionele belegging te veeleisend en daarom val mens maklik terug op die ander ‘veilige’ aktiwiteite. Tegnologiese dinge vra nie dat jy met emosies moet deel nie. Hulle vra nie dat jy onselfsugtig moet luister nie. Ons moet waak darteen dat ons lui raak vir mekaar en die ‘issues’ wat ons eintlik in ons huwelik moet aanspreek, en tegnologie kies as ‘n uitweg, ‘n wegkruip plek, ja, selfs ‘n toevlug.

 

So vir jou volgende “Date-Night” raak ontslae van al die dinge wat raas rondom jou. Sit af jou foon, nie net neer nie, en forseer jouself om deur die ongemaklik stilte wat eers daar tussen julle heers te beweeg, sodat julle DISCONNECT van die wêreld en mekaar probeer vind.

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top