Ek wil graag vandag se artikel begin met een van Salomo se wyshede. Wanneer dit gekom het by huweliksdinge, het hy geweet waarvan hy praat. Met ‘n duisend vroue het hy verseker dalk nie alles reg gedoen nie, maar hy het beslis geweet wat alles in ‘n huwelik kan verkeerd gaan, en net so ook reg gaan.
Spreuke 10:12
“Haat bring rusie. Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.”
So ‘n eenvoudige kort vers wat só ‘n diep en kragtige waarheid vir ons bevat. Haat bring rusie en liefde bedek wat verkeerd gedoen is.
Visualiseer nou dat jou huwelik twee kamers bevat. Daar is ‘n haat-kamer en ‘n liefdeskamer. En die kamer waarin jy woon, is die kamer wat jou huwelik die meeste gaan beïnvloed.
Jy mag dalk nou dink dat haat ‘n vreeslike sterk woord is. Jy het nie haat in jou hart vir jou man of vrou nie. Ons eerste gedagte van haat is daai emosie wat jy voel net voordat jy iemand doodmaak, en omdat jy nie regtig jou huweliksmaat wil doodmaak nie, haat jy nie regtig die persoon nie.
Daarom wil ek graag vir jou uitwys dat haat, soos enige ander emosie, het grade van intensiteit. En maak nie saak hoe oulik jou man of vrou is nie, ons almal het ‘n “haat-kamer” in ons hart.
Daar is ’n aantal duidelike verskille tussen ons haat-kamer en ons liefdeskamer wat vir ons vinnig gaan kan uitwys, in watter kamer ons die meeste van ons tyd in deurbring.
- Haat word gemotiveer deur wat reg en verkeerd is, waar liefde gemotiveer word deur genade. As jy die hele tyd gefokus bly op die reg en verkeerd in jou huwelik, gaan dit altyd die bitterheid en haat emosies ontlok eerder as genade en versagting.
- Haat fokus altyd op die gedrag van ‘n persoon, waar liefde altyd die groter prentjie probeer insien. Byvoorbeeld; jou man kom dronk by die huis aan, en dadelik zoom jy in op die negatiewe gedrag van jou man en dit sit jou dadelik in jou haat-kamer. Maar as jy in jou liefdeskamer is, probeer jy altyd die KONTEKS van jou man se gedrag plaas. Jy vra vir konteks deur genade, nie deur kruisverhoor nie. Dan mag jy dalk agter kom dat hy sy werk verloor het, of dat sy pa oorlede is en dan (omdat liefde altyd die konteks najaag en nie die gedrag nie) bevorder intimiteit, in plaas van vyandskap tussen mekaar.
- Haat maak jou altyd die slagoffer. Jy begin jammer voel vir jouself, want jy verdien beter. Bly lank genoeg jammer voel vir jouself en jy is een tree nader om in depressie te verval. Liefde aan die anderkant, is nie gefokus op die EIE EK nie, maar op die gebrokenheid van die ander persoon. Omdat dit die groter prentjie en konteks van jou maat se gedrag verstaan, het jy die emosionele kapasiteit om die geveg nie nou oor JOU te maak nie, maar om jou maat se uitskreeu vir aandag en aanvaarding raak te sien.
Gebroke mense gebruik negatiewe gedrag om aandag en liefde te kry. Dit is natuurlik nie die beste manier om enige van die twee te kry nie. Dus, wanneer ons in ons haat-kamers bly sal ons presies die teenoorgestelde gee as wat die gebroke persoon soek en benodig. Ons sal net hulle gebrokenheid verder verdiep en só langer vasgevang bly in hierdie negatiewe en ongesonde gedrag siklus.
- Haat oordeel ‘n mens op wat hy gedoen het. Dit is goed om ou koeie op te grawe en maak ‘n gewoonte om ‘n mens se waarde en karakter te koppel aan daardie persoon se foute. Haat laat nooit die verlede rus nie en keer die persoon om ooit aan te beweeg met sy lewe of om reg te maak wat verkeerd gedoen is nie. Hierdie oortreding sal verewig oor die persoon se kop hang soos ‘n swaard.
Liefde werk ‘n bietjie anders. Liefde koppel nie ‘n mens se waarde aan wat ons doen of nié doen nie, maar fokus eerder op die goddelike potensiaal in elke persoon. Dit spreek tot die goed en mooi in die persoon.
In watter kamer bevind jy jouself?
Watter atmosfeer is teenwoordigheid in jou huwelik? Rusie of vrede? Haat of liefde?
Die deur tussen jou haat-kamer en jou liefdeskamer is genoeg VERGIFNES. Begin vandag om jouself te vergewe, die mense rondom jou te vergewe en ook God te vergewe. Beweeg uit jou haat-kamer en tree in jou liefdeskamer in, waarin jy mag rus en vrede beleef.
Kliek hier om erens te neem van die gesondheid van jou huwelik en laat toe dat ons julle help om 'n gesonde huwelik en sekslewe te bou met ons verskillende aanlyn self-help programme. Begin jou GESONDE SEKS MENTORSKAP program vandag. e-pos ons by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of kliek hier: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/mentorskap