Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Drie redes hoekom jou Nuwejaar resolusie nie gaan werk nie.

by in Gesonde Huwelik
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 1016
  • Print
1016

Wat ‘n depressiewe artikel om die jaar mee te begin. Praat van piepie op ‘n man se vuur. As jy nou al ‘n rukkie my volg en van my boeke en show gelees en gekyk het sal jy agterkom dat my styl is nie die verdere opbou van korttermyn fantasieë en Cinderella stories nie, maar om oop oë deur die lewe te gaan, met volhoubare veranderinge.

Kom ons begin met daai woord: veranderinge. Ons almal sal wil hê ons huweliksmaat moet verander op een of ander vlak. Sommige van ons wil aan onsself ook verander. Maar verandering is moeilik, self onmoontlik.

Die rede hoekom ons nie kan verander nie, is want die huis word gebou op die fondasie. Jy kan nie aan die huis werklik verander as jy nie aandag aan die fondasie gee nie.

Daarom hou maar op om te probeer verander en fokus eerder om te GROEI.

Groei kan ons wel doen. Dit neem dalk langer, is meer emosioneel uitputtend, maar dit gee vir ons ‘n langer termyn nuwe mens.

Die grootste verskil tussen verander en groei is dat mense wat wil verander, stel net belang om hulle gedrag te verander en niks anderste nie. Die manier van dink, emosionele erkenning en kinderjare se onderdrukte trauma word nie aangeraak nie.

Om werklik te verander, met ander woorde om te groei, moet jy jou denke vernuwe, jou emosies erken en absoluut jou kinderjare se trauma verwerk.

 

Met dit ingedagte hier is die 3 algemene foute wat ons maak wanneer ons Nuwejaarsvoornemens maak.

 

1)     Ons maak te veel.

Om lysies op te trek is baie goed vir as jy nie iets wil vergeet tydens jou weeklikse kruideniersware inkopies nie, maar nie wanneer dit kom by self-verbetering nie. Wanneer ons aan onsself wil verander, kyk ons krities na onsself. Hierdie is baie moeilik vir die ego om te hanteer, want dit voel asof ons, onsself aanval.

En wanneer ons met ‘n hele lysie van dinge vorendag kom met kritiese veranderinge, gaan die ego in ‘n shut-down mode waar hy homself net wil beskerm, wat ons los met gevoelens van minderwaardigheid en selfbejammering.  Wat mens nou sou laat dink dit is al hoe meer rede en motivering om dat te verander, maar dit werk teen ons, en ons sement net verder ons ongewenste gedrag verder in.

Maak dit maklik op jouself. Maak ‘n lysie van net EEN ding wat jy graag in wil groei en fokus net op dit. Aanvaar die res van jou ego nes hy is, die goeie, slegte en lelike van hom. (vir nou!)

 

2)     Ons doen dit vir verkeerde redes.

Wanneer ons aan onsself wil verander om iemand anderste gelukkig te maak, gaan dit nooit volhoubaar kan bly nie. Ons moet groei in ons menswees en in die areas wat ons ongewenste gedragspatrone toon, vir onsself.

Sodra ons verandering gekoppel is om iemand anderste se aandag, aanvaarding en liefde te ontvang, kommunikeer ons weer net een ding aan onsself: “Ek is nie goed genoeg nie.”

En met hierdie boodskap gerig na ons siel toe, gaan ons sukkel om die energie te kry om ware groei te toon.

Maak ‘n besluit om op hierdie een ding op jou lysie te fokus, omdat JY daarin groei wil sien. Praat dit deur vir jouself.

Hoekom wil ek hierin verander?

Hoe gaan my lewe verbeter as ek in hierdie area groei kan toon?

 

3)     Die Wil is soos ‘n spier

Die Wil van die mens kan ons beter verstaan deur om terug te kom tot die voorbeeld van die fondasie van ‘n huis en die verskil tussen verander en groei.

As ek nooit aan my siel se pyn aandag gee nie, gaan ek altyd met my Wil ‘n override knoppie moet druk om my gedragspatrone in ‘n seker begeerbare rigting in te stuur. Die probleem egter is dat ons Wil, is soos ‘n spier, in die feit dat dit moeg word.

Enige persoon wat gym toe gaan kan net vir ‘n seker tyd oefen voordat sy spiere nie meer kan nie. So is dit ook so met ons gedragspatrone. As ons nooit ons kinderjare trauma verwerk nie en net fokus om te doen wat ons WIL doen om die verandering in ons met pure wilskrag te WIL, gaan dit net ‘n kwessie van tyd wees voordat ons wilskrag-spier moeg is en net nie meer kan nie.

Dit gaan veroorsaak dat ons terugkeer tot ons ongewenste gedragspatrone, ten spyte van ons sterk WIL om te verander.

En al wat dit weer aan ons siel kommunikeer, is weereens dat jy nie goed genoeg is nie.

 

 

So hê ‘n bietjie meer genade vir jouself in 2018 en gee tyd om ware groei in jouself raak te sien soos wat jy fokus net op een nuwejaarsvoornemens.

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top