Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Hoe om jou man se emosies te verstaan

by in Gesonde Huwelik
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 3833
  • Print
3833

Baie vrouens kla dat hulle mans nie met hulle praat nie, dat hulle nie weet wat in haar man se kop aangaan nie en dat hulle mans nooit hulle emosies met hulle deel nie. Ons maak selfs grappies van hoe mans boksie breine het en vrouens meer emosionele persone is.

 

Ek glo nie in hierdie stereotiepiese kommunikasie verskille tussen man en vrou nie. Ja sure, daar is baie meer mans wat hulle emosies terug hou en vrouens wat hulle emosies deel, maar so is daar ook baie meer manlike CEO’s as vrouens maar dit maak nie mans beter CEO’s nie. (Ek is seker daar is baie mans wat hiermee sal stry.)

Nee, dit is hoe ons as kinders groot gemaak is. ‘n Seun skop bal buite en as hy seer kry en huil, dan maak ons hom net meer tough en jaag hom weer buitentoe om verder te gaan bal speel. Baie min ouers sit en luister na hulle seuns - na hulle emosies - na hulle vrese en drome nie. Ons het ons seuns groot gemaak slegs om te fokus op wat hulle kan bemag. Wat hulle kan doen. Waarmee kan hulle ons trots maak. Ons behandel ons seuns soos wat ons ‘n stoetbul op veiling behandel: Ons stel net belang in watse krediet ons kan kry van hoe wonderlik die seun lyk, maar stel nooit regtig belang in die seun se emosies self nie.

Geen wonder as hierdie seuns groot word, is hulle emosioneel afgestomp en sukkel om te praat. Maar in my berading kantoor, huil hierdie tawwe mans soos wat hulle emosioneel oopmaak. Dan kyk die vrou hierna en wonder hoekom praat haar man met my en nie met haar nie? Wel, kom ek leer jou hoe jy jou man kan help sodat hy ook sy emosies met jou kan deel.

Wel, dit is nie dat hy dit nie deel nie, hy kommunikeer dit net op ‘n baie subtiele manier, maar as jy weet waarvoor om te kyk, sal jy sy vrese en drome vinnig-vinnig kan vind en ‘n dieper konneksie met die man wie jy lief het, kweek.

 

Identifiseer of dit ‘n vrees of droom is.

Moenie dink jou man gaan vir jou vertel “Liefie, ek voel so en so oor dit of dat nie.” Nee, dit gaan nie gebeur nie. Maar hy gaan wel sy vrese en drome met jou kommunikeer en as jy weet waarvoor om te luister, sal hy meer van sy hart met jou deel.

Wanneer jou man iets sê, voordat jy daarop reageer, verbaal of met jou liggaamstaal, probeer om te identifiseer is dit ‘n vrees of droom wat hy nou kommunikeer.

Kom ons oefen.

Manlief sê: “Liefie,ek sien ‘n krap merk op die BMW.” Vrees of Droom?

Vrees. Moenie jouself probeer verdedig nie. Ontmoet die vrees. “O gits, dis nie goed nie.” Dan ontmoet jy jy man waar hy is en bespreek die krapmerk en sê jammer indien jy moet. Wat is sy dieper vrees hier? Dat sy kar se waarde gaan afgaan. So dis geldsake. Dis nie te sê hy wil met jou raas of skel of skoor soek nie. Hy kommunikeer se vrees. Hoor hom!

 

Manlief: “My baas het my genooi om die game saam hom te gaan kyk.”

Hierdie klink soos net ‘n feit. Maar daar skuil ‘n droom hier as vroulief reg antwoord. In plaas van sug of kwaad word oor nog tyd weg van jou man, hoor hoe sê jou man hierdie sin. Met trots? Hoop dalk? ‘n Goeie respons sal wees: “Sjoe, dis ‘n eer! Hy nooi nie aldag mense na sy losie toe nie!?” Meskien is hierdie ‘n droom van jou man. ‘n Hoop vir promosie. Iets wat jy volhartig moet ondersteun en saam oor bly kan wees.

Besluit of die volgende sinne drome of vrese is:

·         Ek dink ons is nou klaar met kinders. 

·         Piet sê dat hy twee buffels geskiet het die naweek.  

·         Is die Pa-seun kamp die naweek of volgende naweek? 

·         Ek het gedink ek wil geld belê in hierdie maatskapy.

 

 

Hoe om te reageer as dit ‘n vrees is?

Kry die prentjie in jou kop van ‘n persoon wat ‘n gelaaide geweer in sy hand het, wat alleen is en baie bang is. Wat sal gebeur as jy daardie persoon konfronteer? Of selfs net nader om verder te gesels? Hy gaan jou skiet!  Want sy emosionele kapasiteit is reeds in die rooi en dit gaan nie veel neem vir hom om daardie sneller te trek nie.

Die beste manier om te reageer tot ‘n persoon met ‘n gelaaide geweer wat bang is, is om jou hande in die lig te plaas, oor te gee en te sê jy is jammer.

Doen min of meer dieselfde as jy hoor jou man kommunikeer ‘n vrees. Wees versigtig en moenie iets aanvallend of kwaai sê nie, anders volg ‘n geveg. Die voorbeeld hierbo van nie nog kinders kry nie, kan moontlik die vrou baie kwaad en seer maak. Maar dis nie nou die tyd om te praat oor jou gevoelens nie, omdat jou man eerste begin praat het hieroor. Die een wie die gesprek begin mag eerste hulle emosies deel. So vroulief hoor haar man klink benoud en ONTLONT sy gevoelens deur om te smile en sê, “Hulle lawaai baie né?” Of “Ja, dis ‘n duur storie.” of watookal die konteks van wat gebeur het. Kom aan sy kant en beaam sy gevoelens. Dit beteken nie dat jy saam stem nie. Dalk loop die gesprek later tot jou gevoelens of hy vra jou wat jy voel daaroor, maar praat eers oor SY vrese.

 

Hoe om te reageer as dit ‘n droom is?

Kry die prentjie van iemand wat op ‘n ander man se vuur piepie nadat hy baie opgewonde dit aan die brand gesteek het. Dit is wat die meeste van die kere gebeur wanneer ons maat ‘n droom met ons deel. Ons sit daaivuurtjiebaie vinnig uit. (Onbewustelik en nie aspris nie, ek is seker, maar dit stink nog steeds.)

Het jou kind al ooit ‘n prentjie vir jou geteken en baie opgewonde dit na jou gebring om dit te prys? Die verkeerde reaksie is om te vra: “wat is dit wat jy hier probeer teken het? Het jy binne of buite die lyne probeer bly?” Jou kind gaan nooit weer vir jou ‘n prentjie bring nie. Nooit weer met daai selfde opgewondenheid en liefde nie.

Want dit gaan nie oor die mooi van die prentjie nie, dit gaan oor ‘n deel van die kind se hart wat hy met jou wil deel.

Die voorbeeld bo van die man wat deel dat sy vriend buffels geskiet het.’n Verkeerde reaksie sou wees om dit af te skiet of weg te praat, oor Piet se vrou of jag-gewoontes kommentaar te lewer. So maklik, kan ‘n liefdevolle vrou die geleentheid mis om haar man se hart te hoor deur om bo oor hom te praat of haar opinie oor ‘n saak te vinnig te uiter. Hier deel die man dat hy graag ook graag sou wou jag of dalk spesifiek buffel skiet. Dis dalk ‘n lang-gebêrede droom van hom! Vra eerder meer uit daaroor: “Is dit moeilik om buffel te skiet?”

Vrees en Drome maak die deur oop tot jou man se wêreld en as jy korrek reageer het jy die voorreg om oor te stap tot in sy wêreld in. Eers daar, sal jy besef jou man het soveel meer emosies en gevoelens as wat jy nog ooit sou kon raai. Maar jy sal op jou tong moet byt om dit nie oor jou te wil maak nie. Jy is nou in sy wêreld nie, nie joune nie. Respekteer dit en reageer ooreenstemmend daarmee.

 

In dien jy meer belangstel om julle kommunikasie te verbeter, kry my nuwe boek "Gesonde Seks" by jou naaste boekwinkel of direk vanaf my website www.gesondeseks.co.za en leer hoe om naak voor mekaar te staan en geen skaamte te ken nie.

 

 

 

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top