Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Hoekom het U my so warm gemaak en my vrou so koud?

by in Uncategorized
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 2501
  • Print
2501
Here ek glo dat U alles goed gemaak het en dus alles goed deur dink het, maar Here as ek na my sekslewe kyk, kan ek soms nie help as om te twyfel nie.

 

Twyfel in U perfekte ontwerp? Dit kan ek tog nie vir lank betwyfel. Twyfel in my eie opregte gedagtes? Dit moet seker die wortel probleem wees. Twyfel in my vrou se liefde vir my? Nee, daarvan is ek verseker.

Here, hoekom het U die man gestraf met sy hoë seksdrang? Ek weet op die huwelikskamp het hulle geleer seks is 'n goddelike geskenk, maar sekerlik net as dit aan jou vrou ook geskenk is. Wat maak ek met dit op my eie? Hoe is dit 'n geskenk as ek voel my vrou reageer slegs uit plig?

Ek wil ook begeer word. Ek wil ook geliefd wees. Ek wil ook een wees met my vrou. Ek wil ook hê sy moet my wil hê. Ek is mos nie dom nie, al hou ek myself so soms, ek weet wanneer sy haar huweliksplig eer. Hoe is dít veronderstel om 'n goddelike geskenk te wees? Moenie my verkeerd verstaan nie, Heer. Dit is nie iets wat ek bereid is om te weier op beginsel nie. U het my tog so geskape? Die drang tot seks is menslik. Manlik?

Hierdie is mos 'n resep vir moeilikheid. Die man altyd lus en die vrou onder huweliksplig. Maar Here, daar is so baie vrouens daar buite wat ook lus lyk. Ek weet dit is net 'n lokval. Dit moet wees, of het ek met my huwelik in die slaggat getrap? Dalk is seks net 'n wapen van die vrou om 'n man te vang en gebruik vir haar eie moederlike instink. Ek weier om te glo seks is net vir voortplanting. Waarom het U dit dan so lekker gemaak dan? Ek weet as my vrou net eers die lekker van seks smaak, sal sy dit net so begeer soos ek. Maar daar bly min van my Casanova ego oor.

Ek lees in Hooglied hoe sy beminde skryf hoe sy na hom verlang. Hoe sy hom nooi om van haar keurig tuin te kom eet. Hoe haar man se soene vir haar beter is as enige soet wyn. Ek kan nie U perfekte goeie plan twyfel nie. Ek wil glo U het seks vir die mens gegee as 'n geskenk. Maar ek wil dit in my huwelik ook hê. Ek wil hê dat my vrou dit ook moet kry.

Dalk lê die probleem by my? Dalk voel sy nie genoeg geliefd nie? Hoe gee ek haar meer emosionele ondersteuning as ekself emosioneel voel dat sy my weier? Kan ek ooit sê dat sy my seks weier as sy nooit die woord, nee, geuiter het nie? Sekerlik spreek aksies meer as woorde? Sy inisieer nie, sy gryp my nooit, sy lê net daar vir haar huweliksplig.

Here, ek besef dat ons in 'n afwaartse spiraal vas gevang is. Ek kan selfs voel hoe my eie seks drang, al hoewel dit nog daar is, al hoe minder begeerbaar word. Hoe is dit moontlik om seks te wil hê sonder om te voel dat jy dit wil hê?  Vir my is dit heel eenvoudig: Huweliksplig-seks maak my onbegeerbaar voel.

Hoe moet sy voel?

Wat is die gevoel wat haar keer om in te gee tot hierdie geskenk van God?

 

© Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top