Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Hoekom mans verslaaf raak aan pornografie

by in Pornografie
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 6258
  • Print
6258

 

 

Kom ons begin gou om so paar mites te breek.

1. Om ‘n man sleg te laat voel en hom te vertel hoe laag hy is omdat hy porn kyk gaan hom nie keer om weer te kyk nie.

2. ‘n Man se porn verslawing het niks te doen met hoe begeerbaar hy sy vrou vind nie.

 

Porn is ‘n fantasie wêreld. Dit is hoekom dit beide nie ‘n groot probleem is nie, maar ook ‘n reuse probleem.

 

Die vrou moenie haarself vergelyk of jaloers raak met porn nie, want dan bring sy haar realiteit in haar man se fantasie wêreld in. En as daar ‘n kompetisie is tussen regte wêreld en fantasie wêreld, gaan die fantasie wêreld elke keer wen. Want die gras in so veel groener aan die ander kant.

 

So my boodskap aan vrouens is: moenie jou man se porn verslawing op jou trek nie en toelaat dat iets waarmee jou man worstel, jou minderwaardig laat voel.

 

Dit is sy stryd, sy worsteling, sy verslawing.

 

Moenie vir een sekonde toelaat dat dit by jou vrouwees steel nie.

 

Terug tot hoekom mans porn kyk.

Die beste manier om dit te verstaan is om porn te vergelyk met fastfood soos McDonalds en KFC. Niemand eet fastfood vir sy voedingswaarde nie. Jy koop dit omdat dit gerieflik, gemaklik, goedkoop en beskikbaar is. Ons het in ‘n kitskos samelewing verval.

Ons lewens is so besig dat ons nie meer genoeg tyd het, of maak, om kookkos te maak, om ‘n tafel te sit en saam te eet nie. En vir die vitamine en minerale wat ons nie meer in ons kosse kry nie, neem ons maar net ‘n pilletjie.

 

So ook het ons samelewing die gesonde gesin gekniehalter. Ons het nie meer tyd vir mekaar nie, en wanneer ons saam is en gesels, het een van ons altyd ‘n selfoon in die hand besig met ‘n ander gesprek op Facebook. Omdat ons dan ons emosionele konneksie verloor, voel ons nie altyd lus om nog ons alles te gee in die slaapkamer nie. En as ‘n huwelik se sekslewe eers afneem, kan jy maar seker wees dat dit die res van die huwelik gaan saam aftrek.

 

Fastfood is ‘n simptoom van ons gejaagde lewe, so is porn ‘n simptoom van emosionele diskonneksie.

 

Die emosionele diskonneksie begin nie met die huwelik nie, dit begin met jouself. Die meeste mans wie ek sien wat verslaaf is aan pornografie, gebruik porn om ‘n emosionele vraag te beantwoord.

 

Is ek goed genoeg?

Is ek begeerbaar genoeg?

Is daar geluk daar buite vir my?

 

Nou dat ek daaraan dink, is dit seker dieselfde redes hoekom so baie vrouens dit geniet om Mills and Boons te lees. Dit antwoord die vraag “Hoe kon my lewe anderste gewees het?”

Hierdie is ‘n normale vraag en ons almal wonder soms of dinge anderste sou uitgedraai het vir ons. Maar totdat ons nie ‘n plek van innerlike vrede met ons hier en nou kan vind nie, sal daar altyd ‘n emosionele vraag wees wat fastfood en pornografie vir ons sal beantwoord.

 

Skryf in by ons Gesonde Seks Mentorskap program waar ons 24 verskillende aanlyn kursusse het wat jou gaan kan leer hoe om jou seksualiteit beter te verstaan en gesonder te bestuur in jou huwelik.

 

 

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top