EasyBlog

This is some blog description about this site

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Team Blogs
    Team Blogs Find your favorite team blogs here.
  • Login
    Login Login form

Hoekom sê my man nee vir seks maar ja vir porn?

Posted by on in Pornografie
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 3980
  • 8 Comments
  • Subscribe to this entry
  • Print

Hoekom sê my man nee vir seks maar ja vir porn?
Deur Janet Kieswetter

Bevind jy jouself in dieselfde situasie? Jy is sexy met ʼn hoë libido, maar hy masturbeer en kyk eerder porn!

Wel, daar kan net ʼn sielkundige rede hieragter sit! Elke man sit met dieselfde vraag: “Is ek mans genoeg?” Mans doen verskillende dinge om hulle manlikheid te bevestig. Party stoot gewigte by die gym, ander klim die korporatiewe leer en party slaap rond en gaan na ontkleedans-klubs toe. Ander kyk weer na pornografie en masturbeer – alles in die naam van manwees. Dit laat hom soos ʼn man voel!

Maar hoekom kan hy nie saam met jou slaap om soos ʼn man te voel nie? Dis omdat hy voel dat hy in daardie area gefaal het. Dalk sukkel hy met premature-ejakulasie, dalk sukkel hy jou ʼn orgasme te laat bereik. Dalk neem sy gedagtes hom na ander plekke toe . . .
Dalk voel hy skuldig oor iets wat hy gedoen het.

Die grootste oorsaak is dat hy nie jou kan “face” nie. Die vrou vir wie hy baie lief is, veroorsaak dat hy skaam voel . . . en baie skuldig voel. En dis hierdie skuldgevoel, of gevoel van ek is nie man genoeg nie, want hom weer terug pornografie toe stuur!

Hoe breek ʼn mens die siklus? Hoe laat jy jou man soos ʼn man voel?

1. Bevestig sy manlikheid met jou woorde.
- Komplimenteer hom oor sy voorkoms. (Mans wil ook hoor dat hulle goed en sexy lyk.)
- Wanneer julle liefde maak, vertel hom dat hy jou plesier, dat sy penis vir jou mooi/groot/viriel is.
- Spog met hom voor julle vriende en familie. Vertel hulle hoe hard hy werk en hoe goed hy met die kinders is.
- Vertel hom hoe baie jy hom waardeer.

2. Bevestig sy manlikheid met jou dade.
- Hanteer jou man soos die hoof van die huis. Wys hom jy respekteer hom.
- Smelt sy skudgevoel weg met jou liefde en aanvaarding.

3. Wees sy berader

Dit sal goed wees vir sekere mans om formele berading te kry maar min mans sal instem vir so iets. So hoe kan jy sy berader wees?

Die Here het die huwelik geformuleer sodat mense heel kan word deur verhouding met mekaar. Wetenskap het bewys dat ons maats kies volgens die pyn wat in ons harte is van ons kinderdae. Dikwels sal ons eggenoot ons juis toets of seermaak op 'n soortgelyke saak waarmee ons as kinders geworstel het. Nou is dit ons groot voorreg om Jesus te wees vir mekaar en deur kommunikasie en onvoorwaardelike liefde mekaar se wonde te genees.

So, gesels met jou man oor dinge wat met hom as seun en tiener gebeur het. In ʼn informele gesprek waar julle gemaklik gesels oor julle verlede kan julle albei die volgende vrae bespreek:

* Wat was jou pa en ma se houding oor seks?
* Wat was jou eerste seksuele ondervinding?
* Was jy ge'bully' op skool?
* Hoe en wanneer het jy jou eie seksualiteit ontdek/ begin eksperimenteer?

Deur openlik met mekaar te praat, gaan julle mekaar beter kan verstaan en sal dit positiewe gevolge in julle sekslewe hê. Jou man moet jou sό kan vertrou dat hy vir jou sal sê wanneer hy porn gekyk het. Soos wat die vertrouensverhouding groei, sal hy ook later vir jou kan sê voordat hy porn kyk en wanneer hy in die versoeking is om dit te doen. Jakobus sê dat julle jul sondes eerlik teenoor mekaar moet bely en vir mekaar moet bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van ʼn gelowige het groot krag.

En wat doen jy met jou eie seer oor jou man wat porn kyk? Vertel hom hoe dit jou laat voel en neem ook jou gevoelens na die Here toe. Praat jou hart uit en Hy sal jou weer kom nuut maak en jou leer om te vergewe soos Hy vergewe.

Vra jou man om vir jou te sê as hy weer in die versoeking is om porn te kyk en dat jy l ʼn plan sal maak om hom te help. Natuurlik moet hy ook sy deel bydrae, maar die stryd is groot en jy sal moet kan help waar jy kan.

En onthou, bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek alles.


0
Tagged in: Porn

Comments

  • Guest
    Heidi Friday, 23 September 2011

    WOW!!! Dankie vir die nuusbrief. Nou verstaan ek ook beter.

  • Guest
    nien Monday, 03 October 2011

    Thank you, I've been married for almost 10years, thanks to you, I finally understand.

  • Guest
    natasja Monday, 08 October 2012

    Dankie vir hierdie stukkie inligting waardeur dit!

  • Guest
    Drienie Viljoen Monday, 08 October 2012

    Ek stem WOWWWWW laat my dink en beter uitkyk he oor waar die dinge vandaan kom en gaan ek nou rerig hard werk om die ding reg te probeer maak, baie dankie vir die brief !!!!

  • Guest
    bruin oog Tuesday, 12 March 2013

    Wow dis fantasties, ek kyk ook graag porn saam my man en geniet dit, maar het nooit so daaraan gedink nie

  • Guest
    Pieter Tuesday, 08 October 2013

    Kom ons draai die situasie om: die man is die een met die sterker libido, die vrou keer vir haar wickets, wat nou as hy hom na porn wend? Veral as sy amper niks seksuele aantrekking vir haar man het nie en dink alles is"ok"?

    'n Man raak moeg vir 'n koue vrou in 'n sweetpak....

  • Guest
    george brewis Tuesday, 08 October 2013

    dis nou net wat die dokter ge order het gewonner hukom da so baie porn freaks is nou weet ek

  • Guest
    anoniem Saturday, 26 October 2013

    My man se reguit toe ek hom vra hoekom kyk hy daarna. Ek is insecure.

Leave your comment

Guest Tuesday, 12 November 2019

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Nuwe Kursus

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top