Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Hou aan om julle vuur te poke, blaas en stook...

by in Wenk vir die Week
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 4811
  • Print
4811

Om die vonk in jou huwelik aan die gang te hou, maak nie saak hoe lank jy al getroud is nie, is so eenvoudig soos om 'n kaggelvuur te maak.

In die begin pak jy al die droë hout, stokkies en blits, koerantpapier, en steek aan. Die vlamme is vinnig groot en warm. As jy soos die meeste paartjies die fout maak om terug te sit en die hitte te geniet, gaan jy gou-gou wonder hoekom is die vuur uit. Want alhoewel daar baie groot vlamme was in die begin, was die hout nog nie aan die brand nie. Dit is maar oppervlakkige vuur gewees. 

Daar is net een manier om 'n kaggelvuur aan die brand te kry en te hou. Om die vuur te dokter, om aandag aan die vuur te spandeer, om te poke, blaas en stook... 

In ander woorde, jy moet gedurig met die vuur peuter, en liefde aan die vuur wys. As jy dit kan leer hoe om in jou verhouding te doen, dan sal jy selfs op jou oudag nog 'n vonkel vir mekaar in julle oë hê.

Maar Timothy dis, te moeilik op ons eie. Ek weet nie waar om te begin nie?
Wel, vir daardie rede het ek en Janet 'n maandelikse Mentorskap program ontwikkel waar ons vir julle ons geheime vertel en 'n padstap saam met julle via email om elke week 'n herinnering te gee vir julle om julle vuur te poke, blaas en stook. 

As jy deel wil word van ons Mentorskap program, gaan na www.gesondeseks.co.za en kliek op Mentorskap

Jy kan ons ook email by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om meer informasie te bekom oor ons Mentorskap program.

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top