EasyBlog

This is some blog description about this site

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Team Blogs
    Team Blogs Find your favorite team blogs here.
  • Login
    Login Login form

Is ek besig met ’n affair as ek met ander vrouens sms, skype, bbm, mxit, whatsapp, Facebook, Tweet, chat?

Posted by on in Huwelik op die rotse
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 10823
  • 33 Comments
  • Subscribe to this entry
  • Print

Wel, as jy al hierdie kommunikasie mediums gebruik om met net een ander vrou te praat is die antwoord seker ja, jy het ’n affair met haar.

Hierdie is een van die vrae wat ek oor en oor en oor elke dag kry, waar die man of vrou konstante sosiale kommunikasie handhaaf, met ander persone van die teenoorgestelde geslag.

Rooi ligte of net onskuldige geselsies?

In vorige generasies was daar net so veel egbreuk en cheating wat vandag aangaan, die enigste verskil is met wie jy dit doen.

In die verlede (voor sosiale media) was die affairs wat aangegaan het met iemand vanuit jou vriendekring, familie, werkskollega’s of kerk  (ja, verbaasenlik baie daarvan.)

Met sosiale media, is ons nie meer beperk met wie ons ’n ‘affair’ het nie. Dit is soos ’n ‘affair buffet’.

Wag, ’n bietjie Timothy, ons praat net met mekaar. Daar is niks seksueel nie. Ek cheat nie op my vrou nie.

Wel, dit is die hele probleem, dat julle net praat. Julle leer mekaar ken.  Is dit nie wat jy en jou vrou gedoen het toe julle net ontmoet het nie?  Wat het toe gebeur toe julle lank genoeg gepraat het?

Waar is die groot gevaar?

’n Kuber-verhouding is ’n fantasie-verhouding. Die gras is altyd groener aan die ander kant.  Duh, want jy loop nie die hele tyd daarop nie. Elke keer wanneer jy en jou vrou ’n rissie het,  wie gaan jou troos? Jou Kuber-maatjie.

Hier is een van die eerste dinge wat mense in ’n kuber-verhouding vir my sê om my te oortuig dat hulle NIE besig is met ’n affair nie. “Ons praat so baie oor ons huweliksmaats.” Luister, tensy jy met jou berader praat, praat jy nie oor die slegte dinge van jou huweliksmaat nie.

Na my mening is ’n kuber-verhouding BAIE meer (x10) gevaarlik as die ergste pornografie verslawing. Al twee die kuber-verhouding en die porn is fantasieë, ’n vinnige manier vir jou om jou seksuele of (emosionele) koppie vol te maak, met amper geen moeite.  Sjoe, om konstant hierdie koppie vol te hou by die huis is so veel moeite, voorspel, naspel, rose, komplimente, help met die kinders, kos maak, vrek – dit is soveel makliker om “big breasted woman” te Google of gou vinnige “Wat maak jy? Ek maak AL WEER die kos” te bbm na jou anonieme (fantasie kuber-verhouding) persoon.

En hier is hoekom porn minder gevaarlik is as ’n kuber-verhouding. Want die kanse dat jy ooit seks gaan hê of ’n verhouding gaan hê met hierdie persoon wie jy nou op jou skerm sien, is nul. (sorry stud.)

Maar wag net lank genoeg en ’n verhouding, (’n regte een), ’n seksuele verhouding, selfs ’n toekoms met hierdie nuwe persoon wie jy vir die laaste paar maande so getrou ge-‘date’ het via sosiale media vir jou soos die enigste uitweg uit jou vertrapte-grasperk huwelik lyk.

Kom ek deel ietsie van myself met julle.

Net voordat ek Janet ontmoet het, was ek in ’n sms-verhouding met ’n meisie wat my nommer gekry het van een van my vriendinne toe ek by haar Hoërskool gepreek het. Sy het gesê ek het sexy gelyk. (Goeie oë vir ’n matriek meisie wie van heel agter die saal kyk.) Maar hey, sy is ’n meisie, ek is ’n ou, so ek moet sexy wees. Ek was gevlei en my vriendin permissie gegee om my selnommer vir haar te gee. Binne so paar minute het ek my eerste sms ontvang en ek was hooked. Nog nooit haar gesien nie maar die gevoelens en emosies en die band het sterker geword met elke sms.

Ons het tussen mekaar 100 sms per dag vir mekaar gestuur. (Onthou dit is in die dae toe jy nog moes betaal vir jou boodskappe. 100 was baie!) Ek het twee selfoon batterye gehad want ek kon nie bekostig om net 1 sms te mis nie. Ons het oor alles gepraat en ook oor niks nie.

Ons het drie keer probeer reël om mekaar te ontmoet, maar dit het nooit uit gewerk nie. (Prys die Here. Ek weet presies wat sou gebeur het.)

Ek ontmoet toe vir Janet en van die begin af, was ek hals oor kop verlief op haar. (Wow, het jy haar al gesien? Ek is so ‘n lucky man!) Binne daardie eerste maand, het ek besef ek sal nie kan voortgaan met die sms-verhouding nie. Want dit sal altyd vir my soos ’n ‘back door’ wees. Sodra Janet my kwaad maak of seer maak (of nee sê), sal ek versoek word om ’n sms te stuur. "Raai wat?"

Ek besluit toe om een laaste sms te stuur vir hierdie meisie wie ek nog nooit ontmoet het nie, maar wie ek in ’n baie kort tydjie leer lief kry het, op ’n manier wat mens nie sal verwag nie. Dit was ’n totsiens-sê sms. Ek het haar vertel ek het ’n meisie ontmoet wie ek dink die een mag wees. En ek wil graag die verhouding die kans gee om te sien waar dit eindig en ek sal dit nie kan doen as ek voortgaan om haar te sms nie. So baie dankie vir wat ook al hierdie was, dit het verskriklik baie vir my beteken en sy moet weet hierdie is vir my ’n baie moeilike besluit om te neem, maar een wat ek weet wat ek moet neem. So vir solank soos wat ons mekaar se sms sal onthou, liefde en groete, maar hierdie sal my laaste sms wees. Totsiens.

Ek delete toe haar nommer en gaan slaap, voelend soos ’n vark. (Maar ’n verligte vark.)

Sy het my vir 2 maande daarna nog elke dag ge-SMS wat ek net delete het sonder om dit te lees. Ek het haar seer gemaak, maar hier is wat ek geleer het: Soms moet jy iemand ‘offend’ om jou huwelik te red. Soms moet jy ’n vriend af sê om jou vrou te respekteer. Soms moet jy ongeskik wees om ’n heer te wees. So vergeet daarvan dat jy Mr. Nice wil wees en niemand seer maak nie. Jy is klaar besig om jou vrou seer te maak!

Dis nie die moeite werd om almal op jou Facebook blad of mxit (WATDE #@$# SOEK ’n VOLWASSENE OP MXIT?) gelukkig te hou en jou vrou by die huis voel hoe jy met elke boodskap, verder en verder emosioneel van haar wegdryf.

As jy nog steeds nie enige iets fout vind met jou kuber-verhoudings nie, skryf hierdie neer:

Timothy Kieswetter, Huweliksberader

Spreekkamer in Pretoria, Moreletapark

Beradingsure: Maandae tot Vrydae 9am – 5pm

Besprekings: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Prys: Minder as wat die kuber-verhouding jou alreeds gekos het.

 

Maak seker jy doen wat jy kan om jou huwelik te affair-proof. Luister na my 1uur praatjie oor hoe om jou huwelik te affair-proof. Beskikbaar as ‘n MP3 of CD. Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel

0

Comments

  • Guest
    Vanessa Tuesday, 04 June 2013

    Gedurige kuierery op 'n chat site het my 'n verhouding gekos 'n paar jaar gelede - hy was wel nie my trou man nie, maar nadat die verhouding verby was, het ek ernstig begin kyk na my benadering tot sosiale media. Ek het my trouman deur Facebook ontmoet 2 jaar gelede en ons albei besef die belangrikheid van deursigtigheid, eerlikheid en kommunikasie in ons huwelik. Ek wend my nie tot sosiale media as ons 'n struweling het nie, ek probeer eerder om die geskil dadelik op te los.

  • Guest
    marilise Sunday, 26 May 2013

    I agree with your argument

  • Guest
    george brewis Thursday, 31 October 2013

    Dit laat n ou aan die dink sit ,n mens het tyd vir dai gaaga maar nie tyd vir mekaar nie!!!!!

  • Guest
    Anthea Wednesday, 08 May 2013

    Ek is nou al die afgelope 3 jaar in die situasie. Man werk oorsee, maand weg, maand by die huis. Terwyl hy weg is, is dit net chats,date sites,skype, lysie te lank om te noem en ja van die verhoudings het wel oorgegaan na die regte ding.... hy het op stadiums tot 3 of meer "dames"met wie hy so gesels en internet-seks mee het, die mooiste beloftes en troetelnampies. die oproepe om vir hulle lekker slaap te sê (nooit vir my nie). Ek wil nie skei nie, ek het my man lief, met al sy foute, maar hoe maak mens om hom te help? Wanneer daar 'n rusie is, is die verhouings ook in die kollig, alles word sumier deur hom ontken en dan word ek beskuldig dat ek seksbehep is, skelm verhoudings het en uitgeskel as 'n hoer???
    Eerlik waar ek het van die boodskappe gelees, dis soos pornografie, en natuurlik is die invloed op ons huwelik enorm. Hy onttrek van my en raak koud en afsydig, ek kom dit so gou agter dat daar weer "iemand" is. My vertroue in hom is totaal na die maan, Wat maak ek nou om my man te red uit hierdie bose plek, ek bid en huil my snags aan die slaap, maar die hele storie is besig om van my 'n mens te maak wat ek nie is, ek is depressief (op medikasie) maar die seer en daardie gevoelens van wraak en hulpeloosheid is net te oorweldigend.
    Ek het al probeer om sexy nagklere/onderklere aan te trek, dinge so bietjie meer exciting te maak in die bed, dan gaan dit goed vir 'n rukkie, maar dit voel asof ek op 'n rollercoaster lewe. Eendag in die wolke en die volgende platgetrap in die modder.
    Ek kan nie meer nie......

  • Guest
    Anell Wednesday, 26 June 2013

    Shoe dankie Tim.
    Hierdie het beslis my oë laat oop gaan en aan n soortgelyke situasie, waardeur ek en my verloofde gegaan, het laat dink.
    Dankie!!

  • Guest
    Savva, Melane Wednesday, 24 April 2013

    Flip ek wens rerig jy wil in engels skryf! Dis so waar als wat jy hier onder se...

    ________________________________

  • Guest
    Philip fuls Wednesday, 24 April 2013

    Hi
    My eerlike oepinie oor tegnologie is wonderlik maar dis die direkte oorsaak van soveel skeidings tussen mens... self is ek skuldig soek ook geselskap maar toe ek in 'n verhouding was was daar net 1 persoon met wie ek gepraat het... van haar kant af was dit onskuldig om met almal te praat... en soos in jou berrig is dit toe iemand wavoor sy my gelos het.... vandag is ek nog so hartseer maar so dankbaar.... sekere dinge is neti bedoel nie.

    maar baie dankie vir julle berigte en en en leer baie en sal als 1 dag wanne ek die regte meisie ontmoet wil toe pas

    NB die regte fondasie vir 'n verhouding is GOD

  • Guest
    Sindy Wednesday, 24 April 2013

    Die gras is groener aan die ander kant so-ook is die waterrekening hoog.

  • Guest
    isabel Wednesday, 24 April 2013

    Hello Timothy,

    Baie dankie vir die artikel wat jy hier geplaas het. Ek is ook op fb vriende met julle maar gee nooit my kommentaar of like omdat ek nie wil he my familie moet weet nie.

    Ek het ook n baie diepe seer binne in my. Soos ek selfvertroue kry sal ek meer my hart oopmaak. Ek is ook in sulke verhoudings, maar soos ek se ek sal later meer met julle deel. Ek wil net annoniem bly. Baie dankie ek geniet jou gesonde seks op fb.

    Groete

  • Guest
    Marie-Lize Welters Thursday, 25 April 2013

    Dis uitstekend! Dankie Timothy!

  • Guest
    @optimisties Thursday, 25 April 2013

    This is a crucial topic to be discussed. It's a pity that so many men hide behind a phone. People do not realise what is does to them. You can end up loosing your identity being someone else you are not. Know lots of men who have more than 3 woman they chat to.

  • Guest
    Joffie Thursday, 25 April 2013

    Hi Timothy, dit is baie waar.

  • Guest
    Jo-Ann Thursday, 25 April 2013

    ek was in i verhouding met i man,ons het saamgebly..2 begin gesels ek met i man op mxit..en elke keer dat ek n my ou stry gkry het dan is d mxit ou daar met vertroosting..vandag is d mxit ou my getroude man..maar ons het alle vorns van chat sites delete bhalwe fb

  • Guest
    Arianna Thursday, 25 April 2013

    It ends up destroying everything you build up and once trust is gone you can never get it back.

  • Guest
    Christo Thursday, 25 April 2013

    Hi Timothy,

    Dis 'n great artikel en 100% waar wat jy daar skryf!

  • Guest
    Marie Thursday, 25 April 2013

    Wens daar was meer mans wat soos jy redeneer. :)

  • Guest
    Гоша Плюшенко Monday, 29 April 2013

    ХУЙ

  • Guest
    Ekke Monday, 29 April 2013

    Wens so my man kon die lees. Dankie tog ander mense sien dit in soos wat ek dit doen, gedink ek is dalk besig om mal te word.

  • Guest
    Al so seer gekry Monday, 29 April 2013

    Ai hoe wens ek nou my man kon hierdie artikel n paar maande terug gelees het. Dit sou so baie seer kon vermy het. Dankie Timothy

  • Guest
    Chrizelda Monday, 29 April 2013

    Baje dankie.

Leave your comment

Guest Sunday, 08 December 2019

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Nuwe Kursus

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top