Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Jesus, die groot vegter vir vroueregte

by in Uncategorized
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 1842
  • Print
1842
woman rights

Jy hoef nie baie vêr rondom jou te kyk om te sien die wêreld is nie ʼn baie regverdige plek nie. Veral nie as jy ʼn vrou is nie. Alhoewel ons in 2013 lewe, in ʼn land met die mees progressiewe vroueregte in die wêreld, is daar nog steeds ʼn gevoel, atmosfeer, geloof wat heers dat die man die baas is.

Wanneer ons die Bybel lees, veral die Ou Testament, dan dink ons maar dit is hoe God die man en vrou gemaak het. Maar soos baie dinge sien ek dit anderste. (Ek gaan nie nou hier my hele geslagsiening met jou deel nie – dalk sal ek dit eendag in ʼn boek sit.) Hierdie is maar net om ʼn klein klip in die bos te gooi (en hoop niks word terug gegooi nie).

Daar is twee stukke waar ek lees hoe Jesus opgestaan het vir vroueregte.

#1. Johannes 8, lees ons van ʼn vrou wat op heterdaad betrap is besig met owerspel. Die wet het gesê so ʼn vrou moet dood gemaak word. En die Fariseërs het gereed gestaan met klippe om haar te stenig. Wat het die wet gesê van die man wat in owerspel betrap is? Niks nie.

Jesus kom en spreek haar vry. Hy is die vrou se seksuele reg op dieselfde vlak as die man se seksuele reg. As die man nie gedood moet word nie, moet die vrou ook nie gedood word nie.

#2. Matteus 5:28, een van my gunsteling verse waar Jesus met die getroude man praat en sê al kyk hy net na ʼn ander vrou en haar begeer, het hy alreeds egbreek in sy hart gepleeg.

(Ek glo nie Jesus praat hier teen wellus nie, maar maak egter ʼn dieper geslagsidentiteit-punt. Lees my ander artikels en interpretasies van hierdie vers hierso:

Kyk en begeer of kyk en bekeer,

A deeper truth revealed in Matt 5:28,

Sondig ek in my hart as ek na 'n mooi vrou kyk?

Hou in gedagte in watse klimaat Jesus hierdie vers gespreek het: in ʼn tyd waar dit toelaatbaar was vir die man om owerspel te pleeg, maar die vrou nie. (Johannes 8 storie)

En hier drop Jesus ʼn bom wat die manlike patriarg-kultuur tot sy fondamente skud. Nie net spreek hy die manlike egbreker aan nie, maar ook dat al bedink hy dit net, is hy alreeds skuldig aan egbreek. En hierdie sê hy vir die manne wat nie eers geglo het hulle is skuldig aan egbreek al word hulle op heterdaad daarmee betrap nie.

Ek glo die groot geslagsrif tussen man en vrou is te danke aan die sondeval. Dit is nie hoe God dit bedoel het om te wees vir man en vrou nie. Is jou huwelik onder die vloek? Is daar ʼn groot gesagsverskil in julle huis? Of lewe jy in die tuin van Eden, as gelykes?

 

Wonder jy ooit oor die manne genoem in die Bybel? Abraham, Dawid, Salomo? Het hulle ooit gesukkel met hulle seksualiteit en wat het die Bybel daaroor om te sê? - Ja, maak seker jy lees my boek "Wat Adam my van seks geleer het". Om meer te lees gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top