Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Jou sexy-gevoel bepaal hoe gereeld jy gaan lus voel vir seks.

by in Artikels vir die Vrou
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 3117
  • Print
3117

positive-self-talk

Die manier hoe jy oor jouself voel het ʼn direkte impak op hoe gereeld jy lus voel vir seks. Ons is nooit regtig geleer hoe om sexy oor onsself te voel nie, want sexy het so baie keer ʼn goedkoop en vuil konnotasie. Ons het dalk sexy gevoel toe ons nog jonger was, voor die kinders.

Ek vra eendag vir ʼn vrou hoe sal sy haarself score op haar moederskap? 8/10 antwoord sy dadelik.


Sy voel goed oor haar ouerskap en is selfverseker in alles wat sy doen in daardie verband. Die kind kan siek wees, moeg wees, stout wees, bang wees, maak nie saak nie.

She’s got it covered.

Almal rondom haar voel so veilig en secure want hier is ʼn vrou wat haarself sien as ʼn 8/10 moeder en daarom tree sy soos een op.

Maar hoe sexy voel jy? 2/10

Dit is moeilik vir ʼn vrou wat haarself as ʼn goeie moeder sien, ook in dieselfde tyd as ʼn sexy-vrou te sien. Maar die sexy jy hoef nie plek te maak vir die moeder jy nie. Die sexy jy en die moeder jy is twee kante van dieselfde muntstuk. Al twee is jy.

Lees ʼn bietjie hierdie artikel oor hoe om die balans te vind tussen die sexy jy en moederskap.

So nou omdat jy vir jouself ʼn baie lae sexy telling gee, beteken dit dat jou gedragpatrone ook baie min seksueel van aard gaan wees. Hierdie los jou man om al die inisiasie werk te doen wanneer dit kom by seks en dit los hom met die onderliggende vrees “Begeer sy my so baie soos ek haar begeer?”

Wanneer hy iets seksueel inisieer terwyl jy in jou moederskap mode is, is jou natuurlike reaksie ʼn negatiewe een teenoor sy wink-wink. Hy word afgeskiet en voel hy is nie begeerbaar genoeg nie.

Hy trek terug en begin al hoe minder inisieer en dit los ʼn onderliggende boodskap by jou dat hy nie meer jou aantreklik vind nie. Dus word jou 2/10 sexy-gevoel al hoe meer bevestig. En so gaan die sexylose kringloop om en om.

Lees hierdie artikel om jou eie selfbeeld op te bou en nie op jou man se komplimente staat te maak nie.

So hier is my advies vir almal wat ʼn lae sexy score vir jou gegee het. (Enige iets onder ʼn 7/10 is ʼn lae sexy score)

Begin om deur die loop van die dag, (in ander woorde terwyl die 8/10 mamma heers) die sexy jy wakker te maak. Wanneer jy jou man in die oggend groet, moenie net vir hom ʼn pik soen gee nie. Soen hom ordentlik. Terwyl jy hom soen, laat jou hand sak en sy sak ferm maar saggies druk.

Geniet die krag wat jy as vrou oor jou man het. Laat toe dat die sexiness opswel en hoe jy in jou nuwe selfvertroue gemaklik raak.

Moenie wag tot jou man jou laat sexy voel nie, want dit gaan weg wees die volgende dag.

Begin jy om elke dag sexy dinge te doen, wat jou 2/10 na ʼn 3/10 sal neem, en jou 4 na ʼn 5 en jou 6 na ʼn 7.

Jy en slegs jy het die sleutel om die seksgodin in jou te ontsluit.

So, sit nou neer jou foon, skakel af die rekenaar en gaan doen iets sexy.

 

Om ‘n gesonde sexy selfbeeld te kry is nie iets wat oornag gebeur nie. Daarom het ons verskillende e-Kurusse ontwikkel waarin ons ‘n pad stap saam met jou om jou te help om daardie inner seksgodin in jou te vind.

e-Kursusse wat ons aanbeveel is: Die Hooglied vrou, Styl en Voorkoms en Orgasme 101

Gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/e-kursusse om meer te lees oor ons e-Kursusse.

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top