Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Kan 'n huwelik 'n affair oorleef?

by in Vraag & Antwoord
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 2753
  • Print
2753
     
 

V & A oor Timothy Kieswetter se nuwe boek "Maak jou huwelik Affair-bestand" #2 "KAN 'N HUWELIK 'N AFFAIR OORLEEF?"

Bestel jou "affair-bestand" boek vandag nog!!!

V. Hoe reageer mense gewoonlik wanneer hulle uitvind hulle lewensmaats het ‘n affair?

A.Die beste manier om dit te verduidelik is om dit te vergelyk met ‘n sterfte in die familie. Dit begin met ‘n krippelende skok, waar jy die nuus van die dood of affair verwerp as realiteit. Maar soos wat die skoknuus ‘n realiteit word, begin dit ‘n wêreld van emosies by jou los, alles van haat, woede, pyn en seer tot self-kritiek (“Wat kon ek beter gedoen het?”), skuldgevoelens (“Dalk was dit my skuld?”)

Die belangrikste ding om te verstaan in hierdie tydperk is dat alles wat jy voel of nie voel nie, heeltemal normaal is. Jy moet vir jouself tyd gee vir hierdie skok nuus van die affair om ‘n realiteit te word. Moet asseblief nie enige lewensbesluite neem soos om te skei of om iemand te vermoor in hierdie tydperk nie. Al wat jy nou moet doen is om die deel van jou huwelik wat afgesterf het te rou.

 

redBestel jou kopie van "Maak jou huwelik affair-bestand"

V. Kan ‘n mens regtig van iemand verwag om ooit weer ‘n ontroue lewensmaat te vertrou? Hoe kan iemand wat ontrou was aan sy eggenote, haar vertroue terugwen?

 

A.Hy kan nie. Daar is niks wat die skuldige persoon kan doen om vertroue terug te wen nie. En dit moet ook nie so wees nie, want as jy mooi daaromtrent dink was daar niks in die begin wat hy of sy gedoen het om daardie vertroue te regverdig in die eerste plek nie. Vertroue is nie iets wat verdien word nie, maar eerder iets wat gegee word. Ons besluit wie ons vertrou. Vertroue is iets wat in my beheer is om te gee of te weerhou.

Vertroue kan nie en moet ook nie gekoppel wees aan die vermoë van ‘n persoon om perfek te wees nie, want niemand van ons is perfek nie. Vertroue moet eerder gekoppel wees aan my besluit met wie ek naby my gaan toelaat, met wie ek ‘n toekoms gaan bou, aan wie ek my hart gaan wys, met wie ek my drome gaan deel.

En wanneer ons só na vertroue kyk, is die antwoord verseker JA. Ja daar kan weer vertroue wees in ‘n huwelik nadat iemand ‘n affair gehad het, maar nie omdat hy of sy perfek is nie, maar omdat die ander persoon hulle oorgegee het tot onvoorwaardelike liefde en genade.

 

V. Wanneer is ‘n affair ‘n affair – eers wanneer daar seks betrokke is? Is dit ook ‘n affair indien die ontroue party nie noodwendig ‘n emosionele verhouding met iemand het nie, maar wel soms oppervlakkige seks met ander vroue het?

 

A. Die woordeboek se definisie van ‘n affair is wel eers wanneer dit ‘n seksuele verhouding geword het. Maar in die praktyk kan ek vir jou sê dit is baie meer ingewikkeld as dit. En so ook het ek baie kliënte wat met my sal stry oor presies wat ‘n seksuele verhouding is. So die punt is nie wanneer begin die affair nie, maar eerder wanneer kan ons dit stop sit. En sodra dit seksueel begin raak, is dit feitlik onmoontlik om self dít stop te sit. Ons moet wakker word tot die feit dat seksuele affairs nie net vanuit niks begin nie, daar is ‘n oploop, ‘n opbou wat gebeur voordat dit seksueel raak. En dit is dan wanneer jy nog ‘n kans het om dit stop te sit.

Moet dus nie fokus op “Het ek ‘n affair of nie?”, vra eerder vir jouself die vraag af, waar belê ek tans die meeste van my emosies, tyd en energie. As die antwoord nie by jou huweliksmaat is nie, is jy besig om te belê in ‘n toekomstige affair.

 

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

verbeterV.  Kan berading regtig help om ‘n huwelik ná ‘n affair te “red” – of stel dit maar net die onafwendbare uit?

 

A. Die idee dat die huwelik verby is omdat iemand verneuk het, moet end kry. ‘n Huwelik is deur dik en dun, goeie en slegte tye, en ja soms is daar ‘n dal van doodskaduwee wat ‘n huwelikspaartjie moet deur gaan, maar dit beteken nie die einde van die huwelik nie.

Ons almal wil ‘n sprokieshuwelik hê, waar ons eindig om te sê “They lived happily ever after”. En ons as Christene het daardie belofte, dat dit wel so met ons kan wees as ons Romeine 8:28 lees wat sê “Alle dinge gebeur ten goed vir dié wie Christus lief het.”

Dit is nie waar dat sprokiesverhale nie pyn en seer, monster en drake, slegte mense en krisisse in het nie. Daar is in alle sprokiesverhale ‘n tragedie iewers in die middel. Maar die groot verskil tussen ‘n sprokiesverhaal en ‘n tragedie is hoe die storie eindig. ‘n Tragedie eindig tragies, waar ‘n sprokiesverhaal met ‘n gelukkige einde eindig.

My advies vir alles paartjies wat hulleself in die dal van doodskaduwee van ‘n affair bevind, is om nie nou jou huwelikstorie te beëindig nie, want dan het jy ‘n tragedie op jou hande. Werk daardeur, gaan sien ‘n berader wat julle kan help, kry goeie vriende, raak betrokke by ‘n ondersteunende selgroep. Doen alles in jou vermoë om nie nou julle liefdestorie te beëindig nie, werk daardeur, sodat jy ook eendag kan sê, selfs dit het ten goede mee gewerk, want ons het nie op die liefde opgegee nie.

 

 

V. Hoe weet ‘n mens wanneer jou huwelik, na jou maat se affair, nie meer gered kan word nie, al het julle hard probeer?

 

A. Solank soos wat julle die huwelik wil red, kan hy gered word.

 

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

 

versterkV. In jou boek verwys jy na “Vergifnis en insig”. Kan jy, in ‘n kort paragraad en sonder om verbatim uit die boek aan te haal, verduidelik wat dit behels?

 

 

A.Ons is geleer om te vergewe en vergeet, maar ek dink dit doen meer skade as goed. Vergifnis se doel moet nooit wees om te vergeet nie. Vergifnis se doel is om insig te kry. Insig tot jou maat se seer en pyn, asook insig tot jou eie seer en pyn. Terwyl Jesus op die kruis gehang het en na die soldate gekyk wat hom daar gesit het bespot het, het hy gesê “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

Jesus kon vergewe want Hy het iets meer geweet as hulle. Hy het insig gehad wat hulle nie gehad het nie.

Ek weet jy voel nou pyn en is besig om emosioneel binne jouself te sterf. Maar daar is ‘n opstanding aan die einde van hierdie emosionele dood. Daar is weer lewe hierna, indien jy dit so kies. Moet nie enige iets onder die mat vee, of van jou pyn en seer hardloop nie. Kyk dit in die oë en werk daardeur. Stoei met dit. Vloek dit. Werk met dit.

Want hoe meer insig jy gaan kry, hoe meer gaan jy kan vergewe. Al is die enigste insig wat jy het, dat julle huwelik hierdeur gaan kan kom, is dit genoeg insig om die vergifnis proses aan die gang te sit.

 

 

V. In jou boek verwys jy na “Bou weer julle paradys”. Kan jy, in ‘n kort paragraaf en sonder om verbatim uit die boek aan te haal, verduidelik wat dit behels?

 

A. “Die liefde is blind”, is iets wat ons almal gehoor en selfs beleef het. Dit is hoe liefde begin, blind. Maar hoe meer ons in die rigting van liefde vir mekaar beweeg hoe meer insig kry ons van mekaar en die wêreld rondom ons. En eweskielik is die druk op ons spontane liefde soveel meer as in die “blinde” stadium. Nou moet ons mekaar liefhê, ten spyte van wat ek sien en weet.

En ja, dit is ware liefde. ”Bou weer julle paradys” is om te besef dat ons in die begin blind was vir mekaar en nou sien ons mekaar naak. Dit help ons om nie die verkeerde afleidings te maak, soos dat ons huwelik perfek of sonder foute is nie. Dit help ons op ‘n plek te kom waar ons besef dat hoe meer ons van mekaar weet, hoe harder gaan ons moet werk om verlief te bly op mekaar.

Om te skei en weer blindelings verlief te raak op ‘n vreemde persoon is maklik, maar wat gebeur wanneer jou oë oop gaan in die nuwe verhouding en jy kan sien. Dan sit jy met dieselfde uitdaging om lief te hê ten spyte van al jou maat se tekortkominge.

Die liefde bly nooit blind nie, want dit is oppervlakkig en kan nie waarlik enige vervulling bied nie. ”Bou weer julle paradys” is om oop oë in jou huwelik te gaan en te bly, en moeite te doen om te beskerm en veg vir wat julle het.

 

 

V. In jou boek verwys jy na “Kry afsluiting”. Kan jy, in ‘n kort paragraaf en sonder om verbatim uit die boek aan te haal, verduidelik wat dit behels?

 

A. “Closure” soos die Engelsman sê, is iets wat baie belangrik is vir enige groot gebeurtenis in ons lewe. Die persoon wat die affair gehad het, moet afsluiting kry met die skelmpie en nie net wegstap nie. Ek raai my kliënte aan om ‘n afskeidsbrief te skryf vir hulle skelmpie. Hulle hoef nie dit noodwendig vir die skelmpie ooit te gee nie, dit gaan meer oor om in jou eie gemoed totsiens te sê. Die persoon op wie verneuk was moet afsluit kry en die realiteit van wat gebeur het aanvaar en nie vir ewig met “hoekom?” vrae rondloop nie.

Afsluiting van die affair stel julle in staat om die spesifieke hoofstuk in julle sprokiesverhaal om te blaai en verder te skryf aan julle “Happily ever after” verhaal.

 

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

Bestel nog vandag Timothy Kieswetter se nuutste boek "Maak jou huwelik affair bestand". Besoek ons webtuiste of enige goeie boekwinkel. Die boek is ook beskikbaar op alle eboek platforms.

 

 

Kliek hier vir jou droom huwelik.

of stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

of skakel ons kantore by 086 111 2329

 

Hoofstukke in die boek "Maak jou huwelik affair bestand" 

 

Deel 1: Die ontwikkeling van 'n affair

  • Die paradysprentjie
  • Die emosionele swart gat
  • Die listige slang
  • 'n Onbetrokke, ongewillige, onaktiewe huweliksmaat
  • Die gehiem
  • Die ontnugtering
  • Die wegkruipery
  • Die verskonings
  • Die skeiding

Deel 2: Die herstel na 'n affair

  • Vergifnis en insig
  • Bou weer jul paradys
  • Steun op jou ondersteuningsnetwerk
  • Pasop vir die halfpad-duister-terugslag
  • Jy begin weer dors na iets
  • Kry afsluiting
  • Gee weer, totdat jy jou hele self kan gee.

 

Kliek hier om in jou verhouding te begin belê.

 
     
 



 DIE STRIPSHOW - CENTURION (21 Oktober) Centurion Teater

 DIE STRIPSHOW - BLOEMFONTEIN (26 - 29 Oktober) Andre Huguenot Teater

 

Kom kyk hoe hierdie Bybel en seksualiteitskenner al die seksuele taboes en huwelikmites een vir een vir ons kom weg-strip.

Hy strip darem nie met sy klere nie, maar met sy woorde. Maak seker jy loop hierdie skreeu snaakse komedie nie mis nie.

Lees wat ander van “DIE STRIPSHOW” gedink het.

 

Dit is snaaks...

“Die hele show was amazing! Humor tussen die erns het jou laat lag maar tog laat dink.”

“Die show was so waardevol en so brood nodig in ons tyd.”

“Die Stripshow was skreeu snaaks van begin tot einde.” “Als was flippen snaaks gewees, maar die masturbasie deel het ek uitgehak van die lag. Goeie werk aan almal. Hierdie gaan nog ‘n populere show word in ons land.”

 

Dit is sexy...

“Die strip geel in die begin het die ys gebreek.”

“Die stilletto-ballans-toertjie EN die blou ballas... Ons was in die voorste ry, kon dit nie miskyk nie...”

“Die opblaaspop... Goed om dit uit ‘n ander man se stem te hoor dat die generasie verander en die vrouens is nie net ‘n sekspop nie.”

 

Dit is leersaam...

“Mens kan jou seksualiteit explore en geniet. God het dit gemaak om te geniet.”

“Dat seks nie ‘n taboe is nie. Ek voel Timothy het ook die geloof aspek saam met seks baie intelligent koördineer, sonder om dit vuil en disrespekvol te laat klink.”

“Dit vat skill om so iets aan te vat. Goeie werk Timothy en almal wat aan die show se konteks gewerk het. Ek wil dit graag weer sien, want ek het vriende wat dit sal geniet, want ek het my gat af gelag heeltyd. AWESOME!!!”

 

 

 

CENTURION, 21 Oktober

 

As jy 6 of meer kaartjies vir die CENTURION of BLOEMFONTEIN vertoning koop, skenk ek vir jou my nuwe boek “Maak jou huwelik AFFAIR-bestand” absoluut GRATIS.

 

Centurin kaartjies beskikbaar by Computicket.

BLOEMFONTEIN kaartjies beskikbaar by PACOFS, skakel 051 447 7771

 

 

 

God seën en Gesonde Seks

Timothy en Janet Kieswetter

 

 

 

 
 
  Follow us | facebooktwitterpinterestrss  
 
 
  {unsubscribe}If you don't want to receive our news anymore, unsubscribe{/unsubscribe}  

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top